Dinsdag 24 September 2019

Ons moet versigtig wees wat ons oor of van ander Christene sê...

Kwaadspreek (1 Pet. 3:16; Jak. 4:11; Hand. 23:5; Mark. 9:39; Ps. 109:20; 41:5) is nie veel anders as om te "laster" (Jud. 1:8) nie - in die AOV word ook die woord "belaster" gebruik (Jud. 1:10; 2 Pet. 2:10; Tit. 3:2). Kwaadspreek of laster kan gesien word soos "bedrog pleeg" - (1Pe 3:10 - "Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie)(Ps. 32:2; 34:33...). Dit het te doen met wanneer iemand die waarheid oor iemand anders verdraai (baie soos "verkeerde oordeel")- die een wat kwaadspreek is m.a.w. vals en verkondig iets wat vals is...  Die wat hierdie soort bedrog pleeg se doel is om ander mense eerder die leuen oor iemand te laat glo, as die waarheid - hulle wil m.a.w. hê dat ander 'n verkeerde persepsie van daardie persoon (van wie hulle kwaadspreek) vorm. Die oorsprong hiervan is gewoonlik "haat", nooit liefde nie! Somtyds neem mense deel aan kwaadspreek omdat hulle glo dat wat hulle hoor is die waarheid, maar ons moet versigtig wees om iets te herhaal wat ons oor iemand anders hoor, want in die proses speel jy in die vyand se hand en word miskien self die een wat laster! Om te laster is 'n ernstige sonde, en een vd sondes wat bloedskuld veroorsaak het in die O.T. (en terloops steeds 'n sonde wat bloedskuld veroorsaak!).  In die O.T. moes iemand met sy eie lewe betaal vir hierdie sonde, want dit kan vgl. word met soos wanneer iemand sy broeder doodmaak  (1Jn 3:15 - "Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie").

Maar hoe beïnvloed hierdie sonde ons in die N.T.? 
Sal Christene eendag geoordeel word op hulle WOORDE, en kan dit enige invloed  op saligheid? 
Meeste Christene is vandag van mening dat daar niks is wat die Christen kan doen of sê wat kan veroorsaak dat hy sy saligheid verloor nie, maar is dit regtig wat die Skrif leer?
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------In die eerste gemeentes was gelowiges gewaarsku teen "sonde tot die dood" (m.a.w. sonde wat tot die dood lei...), maar hoekom sou Christene hierteen gewaarsku word as dit geen invloed het op saligheid (soos baie glo) nie?  "Sonde tot die dood" is  "sonde wat die dood voortbring" - natuurlik verwys "dood" hier nie net na wanneer die uiterlike mens sterwe nie, maar ook na "die tweede dood". Maar ons moet verstaan dat sondes is slegs "tot die dood" waar iemand hom/haar nie wil bekeer van daardie sonde nieSelfs vir sondes wat bloedskuld veroorsaak is daar vergifnis in Jesus Christus en dit is dus moontlik om vergifnis te kry vir enige sonde (behalwe natuurlik lastering teen die Heilige Gees).  Maar as 'n Christen weier om hom te bekeer van 'n sonde soos kwaadspreek (1 Kor. 6:10; Rom. 1:30; 2 Tim. 3:3), word daardie sonde 'n "sonde tot die dood"...  Daar is bv. sommige Christene wat 'n gewoonte het om kwaad te spreek van ander en nalaat om hulle sonde te bely, en weier om die sonde neer te lê - sal hierdie Christene eendag onvoorwaardelik vergewe word?, of is dit sonde wat "tot die dood" (tweede dood-Openb. 21:8; 20:6,14) sal lei? 

In die eerste gemeentes was broeders geleer om nie te bid vir 'n broer wat "sonde tot dood" doen nie - maar hoekom? (1Jn 5:16,17). Die rede is nie onbarmhartigheid nie, maar dit gaan hier oor die feit dat die persoon weier om hom van sy sonde te bekeer (en dus word daardie sonde "sonde tot die dood"). Dit is m.a.w. nodeloos om vir so iemand te bid want sy wil staan in die pad ! - in so 'n geval voel jou gebed tot niet. Dit help nie jy spandeer ure in gebed vir so 'n persoon asof die Here hom wonderbaarlik sal dwing tot gehoorsaamheid of insig nie, want die persoon kies self  "sonde tot die dood". Die Here dwing nie mense om Hom gehoorsaam te wees nie;  alhoewel, Hy tugtig die vir wie Hy lief is om hulle tot gehoorsaamheid te lei, ja... Maar elke mens het 'n vrye wil en moet self kies om gehoorsaam te wees. Niemand kan vergifnis kry vir sondes wat tot die dood lei, as hulle hul nie daarvan bekeer nie.  Anders as kwaadspreek is daar heelwat ander soortgelyke sondes wat in die Skrif (ook in die N.T.) aangespreek word as sondes wat nie op die ou end vergewe sal word nie, en Christene wat so in hierdie sondes wat tot dood lei, stap, word op die naam genoem -  bv. hoereerders, afgodedienaars, gierigaards, rowers, egbrekers, wellustelinge, dronkaards, moordenaars, ongelowiges, sodomiete ens. - waaronder kwaadsprekers terloops ook genoem word! (1 Kor. 5:10; 1 Tim. 1:10; 1 Kor. 6:10 ens.). "Kwaadspreek is 'n ernstige onderwerp! "Kwaadsprekers" word in die Skrif gestel onder die ONREGVERDIGES, en hulle word gereken onder die wat NIE die koninkryk sal beërwe nie (1 Kor. 6:10).  Ons moet versigtig wees vir die soort Christen wat loop en laster;  inteendeel, Paulus beveel dat ons ons selfs moet afkeer van sulke mense (2 Tim. 3:5) want hulle is soos suurdeeg wat die hele deeg kan suurmaak...   - M.a.w., moenie deelneem aan hulle praatjies en jou ore vir hulle uitleen nie. Hulle praat kwaad van ander (opregte) Christene en vd waarheid, en probeer so keer dat mense na die waarheid luister. Jesus het ook gedurig Sy dissipels gewaarsku teen hierdie soort "gelowiges" (Matt. 16:6; Luk. 12:1) - Hy het hulle o.a. "geveinsdes" genoem (want hulle is soos akteurs, en speel die rol van iemand wat die waarheid verkondig, maar verkondig die leuen).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

"Kwaadsprekers" verwys nie net na die wat kwaadspreek van ander mense nie, maar ook na die wat kwaadspreek vd waarheid. In 2 Tim. 3:2-5 word kwaadsprekers bv. voorgestel as die wat "liefhebbers is van hulleself" en "die gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het" (2 Tim. 3:5). Hulle kom voor as broers, maar verhard hulle teen die waarheid en is ongehoorsaam aan die Here - en is daarom ook daardie mense wat gewoonlik in opstand kom teen die wat die waarheid verkondig!  Baie Fariseers en skrifgeleerdes het so vir Christus en Sy dissipels verkeerd geoordeel omdat hulle hul gesien het as "vals";  tog was daar eerder onder hulleself die baie valse broeders! "Verkeerde oordeel" kom gewoonlik deur die wat "verkeerd sien" en "verkeerd hoor", nie die wat reg sien en reg hoor nie.  Bv., die geval waar Christus die dissipels waarsku teen die suurdeeg van die Fariseers, kan nie gesien word as "kwaadspreek" of  "verkeerde oordeel" nie... Net so kan die geval waar Paulus die gemeente waarsku teen valse broeders nie gesien word as kwaadspreek of verkeerde oordeel nie. Ons moet dus verstaan wat bedoel word met "kwaadspreek" en verstaan dat daar ook 'n plek is vir "regte" oordeel (m.a.w. "om die wat binne is te oordeel" -  en moenie "regte oordeel" verwar met kwaadspreek nie-  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-2.html).Wat die skrif veral vir ons leer oor "verkeerd oordeel" en wat dit beteken om kwaad te spreek of sleg te praat van die Weg, is dat dit juis geskied deur die wat NIE AG GEE OP DIE WAARHEID NIE.  Hulle oordeel dus volgens "hoe hulle sien" en "hoe hulle (wil) hoor". Dit is bv. gewoonlik die wat nie ag gee op Jesus se leringe nie wat in hierdie vreeslike strik val om ander broeders verkeerdelik te oordeel (belaster). Sulke mense word tipies kwaad vir die wat die WAARHEID verkondig.  Om ander te waarsku teen 'n valse broeder word egter nie gesien as kwaadspreek of verkeerde oordeel nie, maar as jy hulle waarsku omdat jy die broer verkeerd oordeel (bv. voorgee dat hy vals is of dat die woord wat hy bring vals is terwyl hy nie is nie), wel, dan is jy beslis besig om kwaad te spreek of hom te laster!

Baie Christene het al so gelaster teen ander gelowiges deur wie die Gees werk, omdat hulle self so behep is met hulle eie wil en mensgemaakte geloof dat hulle nie die waarheid, of die ware Christen erken nie. Wees nou versigtig wat jy van die Gees sê wat deur 'n opregte Christen werk!!, want as jy voorgee dat hy uit homself praat terwyl hy eintlik deur die Gees praat, mag jy dalk besig wees om die Gees van God te laster! (en jy word dan terloops skuldig aan 'n onvergeeflike sonde).  Die opregte Christen is veronderstel om 'n ander (opregte) Christen te erken;  en moet onderskei tussen wanneer dit die Gees van God is en wanneer dit 'n "ander gees" is wat deur iemand werk (1 Joh. 4:6; 2 Kor. 11:4);  en moet onderskei tussen wanneer dit die ware Evangelie is, en wanneer dit 'n "ander evangelie" is wat gepreek word (Gal. 1:6-8; 2 Kor. 11:4);  en moet onderskei tussen wanneer iemand die regte Jesus verkondig, en wanneer hy 'n "ander Jesus" verkondig.(2 Kor. 11:4; Hand. 4:12; 1 Tim. 2:5) .....Maar as jy hierdie onderskeiding nie kan maak nie, bly dan liewer stil.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------ 

Maandag 27 Mei 2019

Kinders vd koninkryk se identiteit (2)

Alhoewel die begrip "kinders vd koninkryk" gewoonlik gebruik word vir die "kinders van Israel" (Matt. 8:12; Eks. 19:6; Matt. 13:38; 3:9,10; 21:43; Rom. 9:4 ens.) en dus vir die aan wie die beloftes gemaak was van toekomstige verlossing, opstanding, die uitstorting vd Heilige Gees en erfenis, verwys die term nie net na die wat fisies gebore is uit die geslagslyn van Abraham nie maar ook na die wat deur die geloof ingedoop word onder die kinders van Israel (dus, "die wat geestelik kinders word" van Abraham)(Hand. 3:25; Gal. 3:7).

Mense is soos saad wat in die wereld geplant word..., maar nie almal is "goeie saad" nie.
In Matt. 13:38 het Jesus vir ons geleer dat die "kinders vd Koninkryk" verwys na GOEIE SAAD (Matt. 13:38; Hand. 3:25 ens.), en hierdie "saad" word deur Hom self gesaai (Matt. 13:37,38). Die wat in Jesus Christus glo word deur Hom in die wêreld gesaai om te groei en vrug te dra, en iemand se "vrug" sal uiteindelik wys of hy goeie saad is of nie - in daardie opsig is iemand se vrug 'n bewys van wat se soort saad hy werklik is. "Onkruid" word nie deur Jesus gesaai nie maar deur die vyand, en l.w. dat Jesus in die gelykenis in Matt. 13 geleer het dat die vyand (somtyds) onkruid "onder die koring" saai. Daar is dus mense tussen die "kinders vd koninkryk" wat lyk soos koring maar is nie koring nie - hulle noem hulleself dus Christene, maar hulle is nie werklik Christene nie. ("Onkruid" moet natuurlik nie vgl. word met "kaf" nie.  Onkruid verwys na die wat lyk soos koring maar is nie koring nie, terwyl kaf verwys na die wat wel koring is maar nie vrug dra nie). Dit is eers wanneer saad begin groei en die soort vrug sigbaar word, wat dit duidelik word wat presies is koring en wat is onkruid. Daarom is dit nie altyd onmiddellik moontlik om te sien wie is koring en wie is onkruid nie, maar elkeen se vrug sal met die tyd wys wat hulle regtig is. Almal wat hulleself gelowiges noem sal eendag voor die regterstoel van Christus verskyn (Rom. 14:10).  Die tyd van Sy wederkoms word ook immers voorgestel soos 'n OES;  m.a.w. die tyd wanneer elkeen se vrug geoes word.
_________________________________________________________________________________
GEDAGTE:


Alhoewel "kinders vd koninkryk" verwys na die gebore uit die geslag van Abraham, is dit beter om die term "kinders van die belofte" te gebruik waar daar verwys word na die wat eendag sal erf, siende nie almal gebore uit daardie geslag wel sal erf nie! Slegs die "kinders van die belofte" (Rom. 9:7,8) sal erf en is dus die ware nageslag. Die wat nie kinders vd belofte is nie word dus wel "kinders" genoem omdat hulle uit daardie geslag gebore is, maar is nie noodwendig "kinders" nie - doen dus nie noodwendig die werke van Abraham (as sy kinders) nie (Joh. 8:39; Luk. 3:8). Dit is bv. nie almal gebore uit die geslag van Abraham wat die beloftes het nie, maar slegs die gebore uit die geslag Abraham - Isak - Jakob (Israel) - en die beloftes is verder slegs vir die wat die GELOOF het! (Matt. 8:10-12; Gal. 3:7). Hulle is m.a.w. nie almal Israel wat uit Israel is nie... (Rom 9:6). (Rom 9:8 - "Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag").

Op dieselfde wyse is die wat geestelik kinders van Abraham word (deur die geloof in Jesus Christus, en waarvan die Christelike doop o.a. 'n teken is) nie almal "kinders" nie, maar slegs (1) die wat gebore is uit die geslag van Jesus Christus ("geestelike geboorte" - m.a.w. deur die geloof in Jesus Christus, "gebore uit God" deur Sy Gees), en (2) slegs die wat in die GELOOF (in Jesus Christus) bly! As iemand deel word van die kinders van die koninkryk en hom/haarself sien as 'n kind van Abraham maar nie die werke doen van Abraham nie (of dus sien as 'n kind van Jesus Christus maar nie Sy werke doen nie/Hom nie gehoorsaam nie), is hy nie 'n kind van die belofte nie (Matt. 7:21,26; Joh. 8:41-43; 6:47-49). Die waarheid is dus dat nie almal wat deel is vd kinders vd Koninkryk eendag wel sal ingaan in die koninkryk nie. Jesus het o.a. geleer dat as iemand (l.w., verwysend na die wat in Hom GLO) nie in Hom bly nie, hy uitgewerp sal word soos die loot en verdroog en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die VUUR en dit verbrand (Joh 15:6). Vgl. dit gerus ook met die gelykenis vd saaier. Jesus m.a.w. in soveel woorde geleer dat wanneer gelowiges nie in Hom bly nie, hulle in die vuur kan beland. Hierdie verwys egter nie na "onkruid" nie maar na "koring" (m.a.w. mense wat werklik Christene is maar nie in Hom bly nie). Tog is daar vele Christene wat vandag die teendeel van Jesus se woorde glo, en glo dat geen Christen saligheid kan verloor of in die vuur kan beland nie.  Hulle bely m.a.w. dat hulle "in Hom glo" maar glo nie in Sy woorde nie? Die waarheid is dus dat as 'n Christen nie vashou nie, dan staan hy die gevaar om sy saligheid te verloor. Wat help dit iemand word 'n kind van Abraham deur die geloof, maar hy het nie die werke wat saam met die geloof gaan nie? Geloof sonder werke is dood (Jak. 2:20).

Dit is nie altyd maklik om hierdie te verstaan nie want immers is elkeen wat die Gees van God het verseël tot die dag van verlossing! Christene word alreeds gesien as deel van God se koninkryk (deel vd kinders vd koninkryk), maar soos ons gesien het is nie almal wat kinders is, wel kinders nie! Daar kan dus onderskei word tussen "kinders vd koninkryk" en "kinders vd belofte", want nie almal wat kinders vd koninkryk is is inderdaad ook kinders vd belofte (is die wat gaan erf) nie.  Anders as die wat "van die wêreld is" is kinders vd Koninkryk veronderstel om hulle DEUR DIE HEILIGE GEES te laat LEI (Rom. 8:14). Dus, as iemand nie die Gees van God (die "asem" wat hom laat lewe) het nie, is hy nie 'n kind van God nie (Rom. 8:14-16,23; Gal. 4:6; 2 Kor. 1:22; Ef. 1:13; 4:30). Die inwoning vd Heilige Gees is 'n belangrike kenmerk van wie is wel kinders van God (dus kinders vd Koninkryk). Kinders vd Koninkryk (m.a.w., die wat die Heilige Gees het) dink anders, "sien" anders,en doen anders... Hulle dra vrugte wat bewys wat hulle identiteit is, en leef nie vir hulleself nie (want hulle is duur gekoop) maar leef vir die Here;  maar as hierdie selfde kinders nie in die Here BLY nie, staan hulle die gevaar dat hulle uitgewerp kan word (Joh. 15:6). Soos die liggaam nie kan lewe sonder gees / asem nie, so kan die geloof ook nie lewe sonder werke nie! (Jak. 2:26)(en die innerlike nie lewe sonder die asem vd Heilige Gees nie;  dus, wat sal gebeur met die een wat die Heilige Gees bedroef?). Sonder "kos en water" kan die innerlike (wat terloops alreeds lewe) nie aan die lewe bly nie! As die een wat glo, nie in die Here bly nie, kry hy nie die kos en water wat hy nodig het om aan die lewe te bly nie. "Koring" (ware Christene) se identiteit word dus nie net beskryf deur die saad waaruit hulle gebore is nie, maar hulle VRUG is self ook 'n getuienis van hulle kindskap/geloof  ("vrug"/gehoorsaamheid is 'n bewys van wie se kind iemand werklik is, en wie dit is vir wie hy vertrou/glo...)."Vrug" is dus nie net 'n bewys van wie is gebore uit die geslag wat deel is vd kinders vd koninkryk nie, maar is ook 'n bewys van wie is kinders van die geloof / "kinders vd belofte". Daar moet dus nie net onderskei word tussen koring en onkruid nie, maar ook onderskei word tussen koring en kaf. In die geval van "koring en onkruid" verwys onkruid na die wat hulleself gelowiges noem maar nie werklik Christene is nie (en dus nooit gewederbaar nie);  maar in die geval van "koring en kaf" verwys kaf wel na Christene (wat gewederbaar is), maar na daardie Christene wat geen vrug dra nie, of wat onvrugbaar word... (Matt. 3:12; Luk. 8:5-15). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 24 Mei 2019

Wat is SALIGHEID? (1)

Wat is "saligheid"?, en hoekom het die mens saligheid nodig? Die woord "saligheid" is die Gr. woord "so-tay-ree'-ah", wat beteken: -"om te red, gesondheid, red, redding...", en is bv. dieselfde woord wat as "redding" vertaal word (AOV) in Luk. 19:19, Hand. 7:25, 13:47, Rom.1:16 e.a. Ons kan ook kyk na die woord "sode'-zo" wat vertaal word as "gered" (wat basies dieselfde beteken)(bv. 1 Pet. 4:18; Tit. 3:5 ens.). As ons beweer dat die mens "redding" nodig het, dan moet ons weet wat dit is waarvan hy GERED moet word (m.a.w., wat die tema van saligheid aanbetref kan ons die volgende vrae vra): 
- (1) Wat is dit waarvan die mens GERED moet word? (bv., vyand?, slaaf?, is hy "siek"?);
- (2)  Is daar 'n manier hoe hy van hierdie vyand en/of slaaf gered kan word?en wat moet hy doen om hierdie "saligheid" te verky?;
- (3) Hoedanig lyk hierdie redding (saligheid) wat hy beërwe wanneer hy gered word?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)(a) Die DOOD is ons groot VYAND (1Kor. 15). Die mens was nie geskep om dood te gaan nie, maar in sy huidige toestand is hy bestem om een maal te sterwe en daarna die oordeel (Hebr. 9:27).  Die blote feit dat elke mens sterwe is bewys dat dit wat in die tuin van Eden gebeur het, werklik gebeur het! (Gen. 2:17; 3:3). Ons moet verstaan dat dit SONDE is wat hierdie vyand aanbring het...(1 Kor. 16:56; Ps. 90:3; Joh. 8:24; Rom. 5:15; 6:23), en dat dit die duiwel (die VYAND van alle geregtigheid - Hand. 13:10; Matt. 13:39) is wat die mens verlei het om te sondig (Gen. 3:4). As die mens nie gesondig het nie, dan sou hy nie sterwe nie! (Gen. 2:17). Die loon vd sonde is die DOOD (Rom. 6:23), maar die mens is nie net uiterlik van aard nie, maar elkeen het ook 'n innerlike mens ('n gees word in elke mens se binneste geformeer-Sag. 12:1). Dus, wat gebeur met die innerlike mens wanneer die uiterlike mens sterwe? Wat presies is die "oordeel" waarna verwys word in Hebr. 9:27?, want as die loon vd sonde die dood is, dan moet hierdie oordeel ook na iets soos "dood" verwys... Die Skrif leer vir ons wat hierdie oordeel is en noem dit "die oordeel vd hel" (Matt. 23:33; 10:28), ook genoem die "tweede dood" (Openb. 20:14; 21:8). Die loon vd sonde is die dood - die wat die sonde dien is m.a.w. tot TOORN bestem (Ef. 2:3; Kol. 3:6; Ef. 5:6; 1Th 5:9; 2:16; Hebr. 3:11...) en het dus redding nodig! - het m.a.w. nodig om GERED te word van "die dood"... ("die tweede dood" nl. die ewige oordeel (Ps. 78:5), asook oorwinning oor "eerste dood" m.a.w. belofte van opstanding tot lewe), want as hulle nie daarvan gered word nie dan sal hulle onder God se toorn val ("die ewige oordeel"). Vir iemand om hierdie toorn of oordeel vry te spring, moet hy dus VAN DIE DOOD GERED WORD (1 Thess. 1:10), en die woord "saligheid" beskryf o.a. hierdie redding.

Net soos 'n vyand iemand agtervolg en inhaal en verwoes, so maak "die dood" met die mens - dit agtervolg en haal hom in, en vewoes elke mens... In ander woorde kan ons sê dat die mens word geoordeel... tot die DOOD, maar dit verwys (1) nie net na wanneer die uiterlike mens STERWE (m.a.w. wanneer hy sy laaste asem uitblaas) nie, maar (2) verwys ook na die OORDEEL wat daarna volg... (die ewige oordeel - die tweede dood), want wanneer die mens doodgaan sterf sy "uiterlike mens" wel en keer terug na stof, ja, maar dan wag hy (die mens as siel / gees - m.a.w. "die innerlike mens") op die (ewige) oordeel... (Matt. 10:28). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)(b)  Die natuurlike mens is 'n SLAAF van die SONDE (1Kor. 15) - soos iemand wat verkoop word as slaaf is die natuurlike mens verkoop onder sonde (Rom. 7:14). In daardie opsig "dien hy die sonde" soos 'n slaaf sy heer dien. Elkeen wat 'n slaaf is van sonde is van nature kinders vd TOORN (Ef. 2:3). As die loon vd sonde "die dood" is, dan is die enigste manier waarop iemand nie tot dood geoordeel word nie, is om nie die sonde te dien/doen nie! Hierdie is onmoontlik siende elke mens in sonde gebore is... (en daarom verganklik/gaan dood)(genoem die "natuurlike mens" -gebore uit vlees / "gebore uit Adam se saad"). Elke natuurlike mens gebore uit vlees en verganklike bloed (Gen. 2:17; 3:3,4), is dus soos 'n "SLAAF of dienskneg" van SONDE (2 Pet. 2:19; Rom. 6:17; Rom. 5:15,17) want hulle is "in sonde gebore" (Ps. 51:5; 1 Joh. 1:8) - want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword! (2Pe 2:19)(vgl. hierdie met die verhaal van Adam en Eva). Ons sien dus dat die NATUURLIKE MENS in 'n probleem gewikkeld is omdat hy in sonde gebore is, en is dus soos 'n slaaf is van sonde - iets waarvan hy REDDING NODIG het. As hy nie redding hiervan kry nie, sal hy beslis onder die ewige oordeel val. Die (natuurlike) mens het dus nie net AFWASSING nodig nie, maar ook VERNUWING... (bedoelende "uit ander saad gebore word")(Tit. 3:5)(sodat hy ophou sondig-1 Joh. 3:6), want as hy nie weergebore word nie, dan bly hy 'n slaaf van sonde.  Die wat in Jesus Christus glo word deur Hom deur die Heilige Gees weergebore (gebore uit God se saad)("die innerlike mens").  Die geestelike mens (die wat weergebore is) se uiterlike gaan wel steeds sterwe, ja, want wanneer hy "vernuwe" word (deur die wedergeboorte) is dit nie sy uiterlike wat vernuwe word nie maar sy innerlike mens. Hy begin wel anders dink en doen (want sy innerlike is vernuwe) en hy gee sy uiterlike mens as slaaf vir Christus, maar hy het nog gedurig afwassing van sondes nodig (omdat sy uiterlike mens nie vernuwe is nie, en sy uiterlike mens gaan daarom steeds sterwe...). Maar alhoewel die geestelike mens se uiterlike mens sterwe, net soos die natuurlike mens, het die geestelike mens die belofte van opstanding tot lewe eendag (en sy uiterlike mens sal dus so ook die dood oorwin - 1 Kor. 15:54). Die Christen (se innerlike mens) het dus wel LEWE in die onverganklike bloed van Christus, ja, maar sy "uiterlike mens" is nog in 'n verganklike liggaam... (Rom. 7).

Wie dit is vir wie "kinders" gehoorsaam en dien, het dus te doen met watter saad dit is waaruit hulle gebore is (1 Joh. 3:9)(bv. kinders gehoorsaam hulle ouers - is uit hulle saad gebore). Die natuurlike mens is gebore uit vlees (gebore uit die saad van Adam en dien dus die sonde), maar die geestelike mens is uit Gees gebore (Joh. 3:5-8)(uit God gebore-Joh. 1:13; 1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) en dien dus die Here (hy verkry 'n goddelike natuur-2 Pet. 1:4).  Die gelowige is duur gekoop en hy gee sy liggaam as slaaf vir Christus... (nie meer 'n slaaf vd sonde nie).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Wat is dit waarvan die mens GERED moet word (vyand, slaaf, is hy "siek") ?

Dit is duidelik dat elke mens REDDING NODIG het, nie net
(1)(a) van hulle vyand , die dood, nie;  maar ook redding nodig van
(1)(b)die sonde wat hy soos 'n slaaf dien (omdat hy in sonde gebore is)(en is dus verganklik).

Na regte kan "die natuurlike mens" gesien word soos 'n "kind van die duiwel" omdat hy die sonde DIEN, want dit gaan oor wie dit is vir wie jy dien/vertrou/gehoorsaam (Eva het na die slang geluister / Adam het na Eva geluister en dus indirek ook die slang vertrou )(1 Joh. 3:8a - "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af....")(1 Joh. 3:10; 1 Joh. 5:19; Joh. 8:44; Ef. 2:2). Daar is 'n plek berei vir die duiwel en sy engele (Matt. 25:41), nl. "die ewige vuur/oordeel" of "die poel van vuur", en alhoewel hierdie plek nooit bedoel was vir mense nie sal alle "natuurlike mense" wat uit vlees en verganklike bloed gebore is, daar opeindig (omdat hulle VERGANKLIK is)... - almal wat sondig kan dus gesien word soos "kinders vd duiwel" en moet dus na dieselfde plek gaan wat berei is vir die duiwel want die loon vd sonde is die dood! (Rom. 6:23). Hierdie "oordeel" word ook genoem "oordeel vd hel" (Matt. 23:33) of die "tweede dood" (Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8).
(1)(c) In daardie opsig kan die mens gesien word as "siek" (want elke mens gaan dood) en het "genesing" nodig (Mal. 4:2; Matt. 9:11-13). Nie alle mense sal gered word, m.a.w. "saligheid beërwe" (of "saligheid van siel" verkry-1Pet.1:9) nie, maar slegs 'n uitgesoekte groep mense op aarde..., en hierdie "hoop" is slegs in een Persoon (nl. Jesus Christus), en dus slegs op een manier verkrygbaar... (Hand. 4:12; Hebr. 9:28; Luk. 1:77; Joh. 4:22; Rom. 11:11). (Heb 2:14,15).  Christene (die wat in Christus Jesus GLO) deel in hierdie gemeenskaplike saligheid (Jud. 1:3) en het die hoop op saligheid... (1 Thess. 5:8; Rom. 13:11; 1 Pet. 1:5,9 ens.) - nie net is hulle innerlike mens vernuwe nie, maar hulle het ook die hoop dat hulle uit die dood uit OPGEWEK sal word wanneer Jesus Christus terugkom, in nuwe verheerlikte liggame (1 Kor. 15)(en sal so die dood oorwin - verwysend na die uiterlike mens). Hierdie is iets waarna die volk van God nog altyd uitgesien het en is oor die eeue deur vele profete geprofeteer (Dan. 12:2,3; Hos. 13:14; Ps. 49:15; Joh. 11:24), en ook deur Jesus Christus self bevestig (Joh. 11:25,26;  5:28,29; Matt. 22:23-32; Luk. 14:14 ens.). In die eerste Christelike kerke is daar baie gepreek oor die opstanding van die dode en is met rede een van die basiese beginsels van Christenskap (Hand. 17:31,32;  24:15 ens.).

Niemand kan bely dat hy nie SALIGHEID nodig het nie want alle mense het dieselfde VYAND, en almal sondig (is 'n SLAAF van sonde), en almal is dus "geestelik" siek.  As iemand nie REDDING (saligheid verkry) nie, kan hy nie vir ewig (op aarde) lewe nie, en sal dus onder die oordeel van die tweede dood val. As VERGANKLIKE (1 Kor. 15:22; Rom. 5:12) en SLAAF van sonde, het elke mens nodig om vrygekoop te word. M.a.w. solank iemand lewe, het hy "redding" nodig!, want wanneer hy sterwe, volg die oordeel...(Hebr. 9:27). Die saligheid wat egter belowe word vir die wat glo in Jesus Christus en Hom gehoorsaam, is nie net tydelik nie maar 'n EWIGE SALIGHEID! (Heb 5:9). Vir die wat "ingaan" word belowe dat daar nooit meer dood sal wees nie... (Openb. 21:4; Jes. 25:8) - hulle sal reg hê op DIE BOOM VD LEWE en ingaan deur die poorte in die stad, die nuwe Jerusalem (Openb. 22:14). Die woord "SALIGES" verwys na dissipels van Jesus Christus (Luk. 6:20) - die wat nie aan Hom aanstoot neem nie (Matt. 11:6) en "waak en hulle klere bewaar" (Openb. 16:15) en DEEL HET AAN DIE EERSTE OPSTANDING (Openb. 20:6)...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 21 Mei 2019

Soorte Christene in die Christelike familie

Elke huishouding het sy eie reëls.  Afhangende van die huishouding aan wie iemand behoort bepaal wie dit is aan wie hy gehoorsaam is (moet wees). Bv., kinders behoort hulle ouers te gehoorsaam en daar word van hulle verwag om by die reëls van hulle huishouding na te kom, maar jy kan bv. nie van iemand wat aan 'n ander huishouding behoort verwag om die reëls van jou eie huishouding na te kom nie;  tensy hy in jou huis bly of jou huis besoek, dan word daar beslis van hom verwag om die reëls te respekteer.  In daardie opsig "oordeel ons die wat binne is", nie die "wat buite" is nie (1 Kor. 5:12).

Christene behoort aan dieselfde huishouding (die huishouding van God) en alle Christene val onder hierdie huishouding se reëls. Daar word verwag dat belydende kinders van God Hom gehoorsaam en Sy huishouding se reëls nakom, maar in elke huishouding en familie is daar gehoorsame en ongehoorsame "kinders". Sommige kinders respekteer die reëls, maar ander kom in opstand omdat hulle wil doen wat hulle wil of omdat hulle nie hulle ouers vertrou nie maar dink hulle weet beter. Daar is selfs gesins -of familielede wat soos wolwe optree en verkeerd praat van hulle familie of gesinslede, en verdeeldheid veroorsaak. En dan is daar mense wat hulleself voordoen as deel van 'n familie bloot vir die voordele wat hulle daaruit kan kry - hulle gee dus voor dat hulle opreg is en die  reëls van daardie huishouding respekteer maar met tyd is dit duidelik dat hulle vrug nie goed nie. Elke familie of huishouding het hulle kruis en dit is nie anders in die Christelike familie nie. Die feit dat Christene aan dieselfde familie behoort, beteken nie dat almal van hulle gehoorsame kinders is en die nodige of goeie vrug dra nie. Sommige Christene is ongehoorsaam, sommige is wolwe, sommige is vals, en sommige begin in gehoorsaamheid maar eindig op as ongehoorsame kinders...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

- (1) Christene word voorgestel soos skape, maar nie almal in die Christelike kerk is SKAPE nie maar sommige is WOLWE (hulle tree soos wolwe op - hulle jaag die skape uitmekaar en vang/verskeur)(Matt. 7:15; Hand. 20:29; Matt. 10:16 ; Eseg. 22:27). Daarom het Christus Sy dissispels beveel om "versigtig te wees soos slange" en "opreg soos duiwe", want wolwe kan 'n gemeente verdeel, en skape vang (om bv. liewer in hulle te glo as in die waarheid)(Matt. 10:16; Hand. 20:29). "Wolwe" PRAAT verkeerde dinge (Hand. 20:30) en probeer mense verlei om agter hulle aan te gaan. Baiemaal mislei hulle so ander gelowiges om hulle te volg (2 Pet. 2:2) en "trek so voordeel uit hierdie mense" (wat hulle volg en so begin dwaal...)(2 Pet. 2:3,18). "Wolwe" dra nie "goeie vrug" nie (Matt. 3:10) maar "SLEGTE VRUG".  Hier moet ons onderskei tussen punt 3 en 1, want "wolwe" verwys nie na gelowiges wat goeie vrug dra en dit dan verloor of geen en/of nie die nodige vrug dra nie (soos in punt 3, rol af...), maar verwys na die wat "slegte vrug" dra.  In die geval van "slegte vrug" dra iemand ook wel vrug, ja!, maar hulle vrug is "sleg". Johannes die doper het geleer dat hierdie "bome" (gelowiges wat slegte vrug dra) eendag uitgekap en in die vuur gegooi sal word... (Matt. 3:10). Jesus het dieselfde geleer! (Matt. 7:15-19). Hierdie groep mense stel dus "gelowiges" voor, maar gelowiges wat slegte vrug dra...., en kan vgl. word met valse profete en valse leraars wat die kudde mislei deur valse leerstellings en bedieninge (Matt. 7:15; 24:24), deur tekens en wonders en verderflike ketterye heimlik in die kerk in te voer (2 Pet. 2:1);  hulle probeer ook om die wat waarheid verkondig, stil te maak (Mig. 2:6). Hierdie mense bely dat hulle glo maar na regte verloën hulle die Here (2Pe 2:1; Jud. 1:4).  M.a.w., in der waarheid bely Hom nie werklik nie (Matt. 10:32,33)(maar bring 'n "ander evangelie") en is nie bereid om hulle lewens om die Here se ontwil te verloor nie (Mark. 8:34,35) maar is SKAAM VIR JESUS SE WOORDE! (Mark. 8:38).

- (2)  Christene word ook soos KORING voorgestel in die Skrif, maar daar is mense in die (Christelike) kerk wat gesien word as "ONKRUID" (Matt. 13:25-30) - m.a.w., mense wat hulle voordoen as koring maar hulle is nie koring nie (is onkruid - is m.a.w. vals - hulle lyk soos koring maar is nie!)(en sal terloops eendag met OESTYD, wanneer Christus terugkom (Matt. 13:39), soos onkruid bymekaargemaak word OM VERBRAND TE WORD, want hulle is nie werklik koring nie! - Matt. 13:30,40-42).  "Onkruid" is "kinders vd Bose" (Matt. 13:38) en word deur die duiwel gesaai onder die kinders vd koninkryk (m.a.w. word   onder   Christene   gesaai -Matt. 13:25 - hulle is nie kinders vd Here nie!, maar sit in die kerk asof hulle is). L.w. dat hierdie mense nie 'n groep verteenwoordig wat eens gewederbaar is (en die Heilige Gees ontvang het) soos die groep in punt 3 nie!; alhoewel hulle hulself voordoen as Christene - hulle is eintlik "kinders vd bose" (en lyk soos koring maar is nie). Hierdie mense sit binne-in die Christelike kerk (onder Christene), asof "Christene" maar is nie werklik Christene nie. Ongelukkig is hulle nie altyd onmiddellik sigbaar nie, want net soos saad eers moet opskiet en vrug dra voor jy kan sien of dit koring of onkruid is, net so weet ons nie altyd wie presies koring of onkruid is wanneer iemand onder Christene gesaai word nie, maar tyd sal dit uitwys... "Onkruid" verwys na daardie mense in die koninrkyk wat die ongeregtigheid doen (Matt. 13:41) - die wat nie die Here se wil doen nie (die "slegte mense" - Matt. 13:49), en kan moontlik vgl. word met "struikelblokke" - die wat die koring laat struikel (Matt. 13:41; 18:6,7).

- (3)  Daar is ook KAF teenwoordig in die Christelike kerk - dit is die wat soos koring lyk maar nie die vrug dra nie - hulle is m.a.w. "nie bruikbaar nie". Hulle is wel "koring", ja!, maar dra nie die vrug nie... - of dra nie die nodige vrug nie omdat hulle bv. onvrugbaar word (en sal soos kaf eendag weggegooi en verbrand word...Matt. 3:12,17, want hulle is onbruikbaar).
Vgl. hierdie gerus met die tweede en derde groepe in die gelykenis vd saaier, bv.:
-(A) In die geval vd 2de groep: -hulle het nie wortel nie - is soos saad wat nie wortel skiet nie en dus nie groei en vrug dra nie...  Hulle het wel die woord met blydskap aangeneem, ja!, maar glo net vir 'n tyd en in tyd van versoeking, of verdrukking en vervolging a.g.v. die woord, struikel hulle en val af (Luk. 8:13; Matt. 4:17) - en kan dan nie NIE VRUG DRA NIE  - (verwysend na "vrug tot ewige lewe", want l.w. dat sonder vrug tot heiligmaking niemand die ewige lewe kan beërwe nie - Joh. 4:36; Rom. 6:22).
-(B) In geval vd 3de groep: - hulle word verstik deur die sorge vd wêreld, verleiding vd rykdom en genietinge vd lewe, en begeerlikhede t.o.v. ander dinge... (Luk 8:14; 18:25; 17:26-28; Matt. 13:22; 1 Tim. 6:9,10; 2 Tim. 4:10; 1 Joh. 2:15-17; Luk. 21:34 ens.). Hierdie groep verwys na mense wat wel die woord aanneem, groei en vrug dra! (en l.w. "goeie vrug"!), maar hulle verloor hulle vrug (WORD ONVRUGBAAR)(a.g.v. die dorings in hulle lewe). Geen wonder dat Jesus beveel het dat ons in Hom moet bly, want as ons nie in Hom BLY nie kan ons nie (die regte soort) vrug dra nie (verwysend na "vrug tot ewige lewe")(Joh. 15:2-6)...en eendag uitgewerp word soos die loot en verdroog, en bymekaargemaak en in die vuur gegooi word...(Joh 15:4,6). Die Christen wat onvrugbaar word of eendag sonder vrug is, kan nie verwag om steeds die ewige lewe te beërwe nie, maar sal inteendeel sy saligheid verloor en in die vuur opeindig... Daar is dus CHRISTENE wat eendag soos kaf weggegooi sal word, om verbrand te word omdat hulle (A) nie wortel het nie en afval, of (B) omdat hulle hul vrug verloor.. (bv. deurdat dit verstik word deur ander dinge...)(vgl. met "wanneer daar onder dorings gesaai word").  Hierdie verwys na Christene wat nie "vashou" nie en nie in die Here "bly" nie (nie dat die Here hulle los nie, maar hulle "los" self - hulle los Hom - m.a.w., dit verwys na die wat nie oorwin nie...). Kaf word ook voorgestel met "goddelose mense" (soos kaf wat die wind verstrooi-Ps. 1:4-6; m.a.w. die weg vd goddelose sal vergaan...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 20 Mei 2019

Liggaam, siel en gees

Die mens bestaan uit LIGGAAM, SIEL en GEES (1 Thess. 5:23).
Elke mens is nie net UITERLIK MENS nie, maar het ook 'n INNERLIKE MENS (want " 'n gees word in elke mens se binneste geformeer ")(2 Kor. 4:16; Sag. 12:1; Rom. 7:22; Ef. 3:16; Job 32:18; Ps. 51:10; Jes. 26:9).

Die liggaam word somtyds vgl. met die uiterlike mens en die siel met die innerlike mens, maar na regte verwys elk nie net na of liggaam of siel of gees nie, maar beide die uiterlike en die innerlike verwys elk na "liggaam, siel en gees". (uiterlike mens = liggaam, siel en gees, asook die innerlike mens = liggaam, siel en gees). Bv., in heelwat skrifte word onderskeidelik die liggaam, siel of gees van die innerlike mens behandel, net soos daar ook onderskeidelik na die uiterlike mens se liggaam, siel of gees verwys word in ander skirfte. Anders gesproke, die "uiterlike mens" verwys nie net na liggaam nie maar na liggaam, siel en gees.  Net so verwys die "innerlike mens" nie net na gees nie, maar is 'n "gees" wat verwys na liggaam, siel en asem/gees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer die mens doodgaan is hy wel soos 'n "gees sonder vlees en bene" (geeste van afgestorwenes), maar "gees" hier verwysend na die innerlike mens, en "vlees en bene" verwysend na die uiterlike mens (alhoewel die uiterlike nie net liggaam is nie).  Die innerlike mens gaan nie dood wanneer die uiterlike mens sterwe nie., maar sal uiteindelik doodgaan (tweede dood) as sy liggaam, siel en gees (verwysend na innerlike mens) nie vernuwe was en aan die lewe gehou is nie. Daarom is dit belangrik dat die mens ag gee op die toestand van sy innerlike mens (ook genoem, "die toestand van sy siel"), want net soos die uiterlike mens lig (asem) nodig het om te kan lewe en vernuwing vd liggaam (en siel) om vir ewig te kan lewe, net so het die innerlike mens lig (asem) nodig (asem vd Heilige Gees) om te lewe en vernuwing vd liggaam en siel om vir ewig te kan lewe...  En net soos die uiterlike mens kos en water nodig het om aan die lewe te bly, net so het die innerlike mens kos en water nodig om in die lewe te bly.  Ons kan dus sien hoe belangrik dit is om nie net vir die uiterlike mens te sorg nie maar ook vir die innerlike mens! (wat sommige noem "sielkunde", alhoewel wereldse sielkunde nie die regte evangelie bring wat lewe gee nie, en gee ook nie die regte soort kos en water wat die siel aan die lewe hou nie). Dit is belangrik om vir die uiterlike mens te sorg maar veel belangriker om vir die innerlike mens te sorg, want in hierdie lewe is daar geen hoop vir die uiterlike mens nie behalwe om "langer te lewe" (1 Tim. 4:8) - almal (se uiterlike mens) gaan dood! en daar is dus geen hoop vir die uiterlike mens om vir ewig te lewe nie behalwe vir 'n toekomstige hoop op opstanding (in 'n nuwe liggaam wat onverganklik is) vir die wat in Jesus Christus GLO.  Die wat in Hom glo sal eendag deur Hom opgewek word wanneer Hy terugkom - hier verwysend na die uiterlike mens (en die liggaam waarin hulle opgewek sal word, sal nuwe soort liggame wees, nl. "verheerlikte liggame"). Wat die innerlike mens aanbetref moet ons onderskei tussen die natuurlike mens en die geestelike mens. Die natuurlike mens se innerlike kan gesien word as "dood" - hy het geen hoop op opstanding tot lewe nie en sal deur die tweede dood gaan want hy dra nie vrug wat vir hom die ewige lewe kan gee nie en het ook nie die (regte soort) kos en water wat hom aan die lewe hou nie. Die geestelike mens het hoop, want behalwe dat sy uiterlike mens eendag opgewek sal word tot ewige lewe, is sy innerlike mens se liggaam en siel vernuwe (lewe in die bloed van Christus en is van Sy vlees en bene) en hy het die Lig van die Heilige Gees wat sy innerlike in 'n "lewende siel" verander (Eseg. 36:26,27),  en het die kos/B(b)rood (Joh. 6:35,51; Luk. 4:4) en water (Joh. 4:10,11; 7:38; Jer. 2:13) wat hom aan die lewe hou...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

LIGGAAM verwys na die (menslike) wese, VLEIS EN BENE (vlees, mensdom, die self, vel, naaktheid, nageslag, liggaamlik, verganklik ens.), en kan vgl. word met GROND (bv. waarin saad geplant word)(en het kos en water nodig om vrugbaar te wees).


------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEES verwys na ASEM, en kan vgl. word met LIG ('n plant het lig nodig).


------------------------------------------------------------------------------------------------------------

SIEL verwys na die SIEL IN DIE BLOED, "HART" (sintuie en organe, menslike wese, verganklik), en kan vgl. word met SAAD, PLANT of BOOM wat VRUG dra (word in grond geplant, en het lig, kos en water nodig). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------



Saterdag 18 Mei 2019

Wat glo die Christen van vandag regtig?

Die rede waarom mense somtyds niks te doen wil hê met Christenskap nie het veral te doen met die feit dat Christene nie altyd eens is in dit wat hulle GLO nie...  Sommige is wel onkundig ja, maar ander weier bloot om Jesus se leringe te ontvang en al bely hulle dat hulle in Hom glo, glo hulle nie werklik in dit wat Hy geleer het nie (??). 

Geloof in Sy leringe was nog altyd 'n bewys dat iemand in Hom glo. Geloof in Jesus se woorde bring sekerheid en eenheid, maar wanneer Christene nie ag gee op Sy woorde nie bring dit onenigheid in wat dit is waarin ons glo.  Daar word bv. verskeie geleenthede genoem in die Skrif van mense wat aanstoot geneem aan Sy woorde...(Mat 15:12; Mark. 6:3) en so dus bewys het dat hulle twyfel in Hom. Selfs baie van die wat vir Jesus gevolg het wou op 'n stadium nie verder na Hom luister nie omdat "Sy woorde vir hulle te hard was"... (Joh. 6:60,61). Hulle het aanstoot geneem en onder mekaar gemurmereer oor Sy woorde. In Joh. 6:64 verduidelik Jesus wat die rede is hiervoor: (Joh 6:64ab - "Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie...."). Die feit dat hulle nie in Sy woorde geglo het nie, was 'n bewys dat hulle nie in Hom glo nie!  Wanneer Christene in opstand kom teen Jesus se leringe of iets anders leer en glo as dit wat Hy geleer het, is dit 'n bewys dat hulle nie werklik in Hom GLO nie Die wat in die naam van Christen valse en menslike leerstellings verkondig is nie besig om die Christelike geloof enige gunste te doen nie;  inteendeel, hierdie is die rede waarom die weg van die waarheid gelaster word! (2 Pet. 2:2). Jesus het bv. geleer dat die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam die belofte van ewige lewe het  (Joh. 3:15,36 ens.),  maar Hy het ook geleer dat die wat Hom ongehoorsaam is, nie die lewe sal sien nie... (Joh. 3:36);  en Hy't ook geleer dat daardie lote (l.w. dat "lote" verwys na gelowiges) wat nie in Hom bly nie, uitgewerp sal word en in die vuur gegooi en verbrand word... (Joh 15:6). Tog is daar baie Christene vandag wat die teendeel leer en dus nie in Jesus se woorde glo nie, maar eerder leer dat ongehoorsaamheid geensins iemand se saligheid kan beinvloed nie en leer dat geen "loot" ooit in die vuur kan beland nie (??). So, in wie glo jy nou eintlik? In Jesus en in Sy woorde?  Of glo jy in wat mense leer?    
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

Baiemaal word daar debateer oor iets waarop Jesus alreeds 'n duidelike antwoord gegee het. Natuurlik is mense somtyds net bloot onkundig (en moet dus tot kennis gebring word, hetsy deur 'n debat of lering of watookal), maar onkundigheid is nie altyd die rede waarom mense steeds sal redeneer oor 'n vraag waarop Jesus reeds die antwoord gegee het nie.  Die ander rede is dat daar Christene is wat wel nie onkundig is nie maar bloot nie in Sy woorde glo nie! So iemand glo eerder in homself of in iemand anders (m.a.w. in sy eie sieninge of in wat iemand anders leer).  Hulle saai graag twyfel by die wat alreeds die waarheid ken en in Jesus se woorde glo, en verdraai Sy woorde om hulle eie opinies te bevestig en mense te beweeg om eerder in hulle te glo. 

Debatte is nodig om valse leerstelling uit te wys of om mense tot kennis te bring, maar is in sommige gevalle niks anders as 'n beheerde nuttelose stryery nie, en die rede hiervoor is bloot dat nie almal die waarheid ontvang nie. Met sommige mense, meer presies die wat  Jesus se woorde hard vind of eerder wil murmureer daaroor, moet jy liewer nie in 'n debat gaan nie. Die wat onkundig is moet natuurlik tot kennis gebring word, maar die wat kies om nie te glo in Jesus se woorde en leringe nie, glo nie in Hom nie, en het dus klaar besluit wat dit is waarin hulle glo (1 Tim. 6:3-5: "As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense"). Baie wat hulleself Christene noem weier  om Jesus se woorde te ontvang, of neem aanstoot in Sy woorde, net soos sommige van die in Joh. 6.  Wanneer iemand nie in Jesus se woorde glo nie, is dit 'n bewys dat hy nie in Jesus glo nie.  

(Mat 11:6)  "En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie". Ons moet ag gee op Jesus se woorde - ten minste as ons bely ons GLO in Hom! Die persoon wat regtig die waarheid soek, raak nie opgeblase nie maar besef eerder hoe min hy eintlik weet. Christene moet bv. seker maak dat hulle begrip vd evangelie en geloof nie verkry word deur dit wat 'n kerk of 'n betrokke leermeester leer nie, maar dit moet van die Skrif en van Jesus se leringe verkry word (1 Joh. 4:1). Nie almal in die kerk is opreg nie, en nie alle kerke verkondig die waarheid nie. 'n Kerk en 'n leermeester se leerstellings moet beoordeel word. Baiemaal verkeer Christene onder 'n wanindruk dat die Here van hulle verwag om hulle leiers of kerk te gehoorsaam al is hulle leringe verkeerd of effens verdraai, maar dit is natuurlik in stryd met wat Jesus geleer het. Jesus het selfs Sy dissipels gewaarsku teen die suurdeeg van hulle dag se leiers en leermeesters..!.- Matt. 16:7,12. Ons moet dit wat vir ons geleer word meet aan die Skrif en aan Jesus se leringe, want nie almal in die kerk is opreg nie. Wat van die Christen verwag word is om die Here Jesus Christus en Sy leringe te volg, nie mensgemaakte leringe nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 22 Februarie 2019

Die mens as Lewende siel

In sommige skrifte word "siel" in die Afrikaans vertaal as "wese", en die woord wese is ook die dieselfde Hebreeuse woord wat in sommige skrifte vir "siel" gebruik word. "Lewende WESE" verwys egter nie altyd na iets wat "op aarde" beweeg en lewe nie.  Daar is baie soorte lewende wesens (m.a.w. "volgens hulle soorte" en het verskillende soorte liggame, en ook nie almal "op aarde" nie)(Gen. 7:23; 1 Kor. 15:39), maar terwyl die woorde "lewende WESE" beide verwys na dit in die vlees (Ps. 8:5; Gen. 9:15,16)(bv. "gees met vlees en bene") of 'n gees (1 Sam. 28:13)(bv. gees sonder vlees en bene), is die woorde "lewende SIEL" ook meer verwysend na dit wat die lewensasem het (ook genoem, "iets waarin 'n lewende siel is" - Gen. 1:30).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Lewende siel verwys na dit wat DIE LEWENSGEES IN HULLE NEUSGATE HET, want "asem" verander iets of iemand in 'n lewende siel (Gen. 7:22,23). Daarom, as iemand die laaste asem uitblaas gaan hy dood en is nie meer 'n lewende siel op aarde nie... - alhoewel dan steeds nog 'n lewende "wese" (m.a.w. gees sonder vlees en bene en wag óf op die komende oordeel óf die opstanding). Die woord LEWENSASEM verwys na "asem in die neus" (Jes. 2:22), m.a.w. die "asem" wat God aan 'n wese gee - wanneer die mens doodgaan, verlaat hierdie asem sy liggaam en dit gaan op boontoe, terug na God wat dit gegee het (Pred. 12:7). (Job 34:14,15 - "As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer").

Maar asem ("gees") verwys nie net na letterlike asem waarsonder die uiterlike mens nie kan lewe nie, maar verwys ook na asem waarsonder die innerlike mens nie kan lewe nie (nl. die asem vd Gees)(Job 11:20; Ps. 146:4; Mark. 15:37,39; Luk. 23:46; Ps. 104:29). M.a.w., net soos die uiterlike mens nie kan lewe sonder asem nie net so kan die innerlike mens ook nie lewe sonder die asem van die Heilige Gees nie.  As iemand die Gees van God nie het nie kan sy innerlike gesien word soos iets wat "dood" is (asof nie 'n "lewende" siel).  Maar die wat die Gees van God het, LEWE !  (verwysend na die innerlike-Joh. 6:63; Rom. 8:10 ens.)  (en hulle het ook die belofte van eendag letterlike opstanding van uiterlike, maar natuurlik dan in 'n ander soort liggaam).  Sonder "asem" kan die mens m.a.w. nie 'n lewende siel wees op aarde nie. Sonder letterlike asem (lig/gees) wat God gee kan die uiterlike mens nie lewe nie. Op dieselfde wyse kan die innerlike mens ook nie lewe sonder die asem (die Gees) van God nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


'N LIGGAAM word gesaai'n ASEM (gees) daaraan gegee, EN DIT BRING 'N LEWENDE SIEL VOORT... (Gen. 2:7).

Die woorde "lewende siel" (hier verwysend na die mens as lewende siel) verwys nie net na die uiterlike mens (m.a.w. letterlik liggaam, siel en gees) nie, maar verwys ook na die innerlike mens. Waar iemand uit vlees gebore word, word 'n natuurlike liggaam gesaai (is m.a.w. verganklik)(1 Kor. 15:44,45). Sou iemand egter "uit Gees" gebore word, sou 'n geestelike liggaam gesaai word... (m.a.w. 'n "onverganklike" liggaam). Elke mens word uit vlees gebore en is daarom verganklik want 'n natuurlike liggaam word gesaai, maar die Christen wat weergebore word (gebore uit die Gees) het die belofte van 'n geestelike liggaam (in "die opstanding") omdat hy uit Gees gebore word. Hy staan dus figuurlik gesproke op in 'n nuwe liggaam (Kol. 2:12; 3:1; Ef. 2:6; Rom. 6:4,5), nie 'n liggaam wat die dood voortbring nie maar 'n liggaam wat kan vrug dra tot ewige lewe... Alhoewel die Christen gebore is uit vlees en sy uiterlike daarom verganklik is, lyk hy as LEWENDE SIEL anders as "die natuurlike mens", en word nou al gesien soos "geestelike mense" omdat hulle innerlike vernuwe is. Hulle innerlike "LEWE" en is ONVERGANKLIK want 'n nuwe liggaam is gesaai en hulle het die Gees (asem) van God wat hulle innerlike aan die lewe hou; altans lewe gee! Hulle het ook die belofte van eendag letterlike opstanding in geestelike liggame - 'n natuurlike liggaam is dus wel oorspronklik gesaai, maar 'n geestelike liggaam sal opgewek word!  - 1 Kor. 15).

Die weergeborene het God se saad in hom (1 Joh. 3:8,9) en verkry dus 'n "goddelike natuur" (2 Pet. 1:3,4)(staan op in nuwe liggaam, ontvang die Heilige Gees, en kry 'n "nuwe hart"). As iemand uit Gees gebore is, dan is hy "gees"! (Joh. 3:6; Rom. 5:12,13,19)("in die gees"). Die Christen as LEWENDE SIEL is m.a.w. nie soos die "natuurlike mens" nie, maar is 'n "geestelike mens
-'n NUWE LIGGAAM word gesaai
-'n ASEM daaraan gegee (nl. hy ontvang die Gees), 
-en dit bring 'n LEWENDE siel voort!
_________________________________________________________________________________