Sondag 13 April 2014

God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes!


(1)  Die "opstanding van die dode" is nie fiksie nie! 
(2)  Daar sal 'n opstanding wees van regverdiges sowel onregverdiges (Hand. 24:15);  
(3)  Almal sal weer herlewe, maar nie almal sal die ewige lewe (die "opstanding tot die lewe") ontvang nie - almal sal ook nie op dieselfde tyd herlewe nie!  Met Christus se wederkoms, sal baie "opstaan" - sommige tot lewe, en ander tot veroordeling.

Die onderwerp van "die opstanding", was baie gepreek in die eerste kerke.  Dat daar 'n opstanding sal plaasvind met 'n "eclipse", is ook wel nie fiksie nie (alhoewel daar nou natuurlik nie zombies sal wees nie!)Die skrif verklaar dat daardie dag van Jesus se wederkoms, "‘n dag sal wees van wolke en wolkenag; ‘n dag van duisternis en donkerheid. Net voor Hy terugkom, sal die son verduister, en die maan sal sy glans nie gee nie, die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word... Die Skrif verklaar verder dat God "die hemel sal laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef".  ( http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wederkoms.html); (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/u-z.html).
--------------------------------------------------------------------------------------

*  WAT ONS EGTER NIE ALTYD BESEF NIE, IS DAT "HIERDIE OPSTANDING" GEPAARD SAL GAAN MET OORDEEL!, en dit is eers met hierdie opstanding wat die dood finaal oorwin gaan wees (deur die wat die opstanding tot lewe verkry)! (1 Kor. 15:51-55).  SLEGS DIE WAT DIE NODIGE VRUG DRA, SAL INGAAN IN SY KONINKRYK, (m.a.w., sal die OPSTANDING TOT LEWE ontvang). Dit is die tyd van die OES, wanneer die vrug geoes sal word.  Die oordeel begin by die huis van God! (1 Pet. 4:17).  In hierdie opstanding, sal die Here Jesus Christus skeiding maak tussen die skape en bokke (ook tussen skape en "skape)! - die koring en die onkruid sal geskei word, asook die kaf  van die koring ...
*  IETS ANDERS WAT BAIE GELOWIGES NIE BESEF NIE, IS DAT DIE "WEGRAPING" EINTLIK DEEL IS VAN HIERDIE OPSTANDING! Die wegraping sal nie plaasvind voor die Groot Verdrukking soos baie leer nie!, maar wel met die tyd van die Wederkoms, nadat baie dooies opgestaan het... Die skrif verklaar dat hierdie gebeurtenis ook sal plaasvind met die "laaste basuin"... Om dit beter te verstaan, moet ons verstaan wat die doel is van die wegraping! - (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/die-doel-van-die-wegraping.html). -"DIE DODE SAL ONVERGANKLIK OPGEWEK WORD, EN ONS, wat in die lewe oorbly met Sy wederkoms, SAL VERANDER WORD"...   
================================================================
Vir 'n beter uiteensetting met skrifte rakende die onderwerp van "die opstanding", gaan na:  
================================================================

GEDAGTE VIR DIE WEEK:
 Die doop van die gelowige, is 'n teken van die hoop tot "opstanding tot lewe" - net soos ons begrawe is deur die doop in die dood, so sal ons (net soos Christus opgestaan het), opstaan in 'n nuwe lewe!  Paulus verduidelik dit baie mooi in 1 Kor. 15.  Hy verduidelik van hoe daar  hemelse liggame is, en aardse liggame, en dat die heerlikheid van die twee verskil. Wat mens saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie (en mens saai ook net 'n blote korrel, nie die liggaam wat dit gaan word nie)(en l.w., WAT JY SAAI, SAL JY MAAI!). (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/waarna-verwys-oes-in-die-skrif.html). 
So se hy, is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, maar opgewek in onverganklikheid - ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek.    Maar die koringkorrel moet eers sterf voor hy kan lewe! -  "die wat hulle lewens liefhet, sal dit verloor; en die wat dit verloor, sal dit wen".  

-----------------------------------------
================================================================

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.