Sondag 21 Desember 2014

As julle nie vergewe, sal die Here julle ook nie vergewe

DIE HERE WIL HE DAT ONS   barmhartig   MOET WEES TEENOOR MEKAAR, MET 'N BEGEERTE OM LIEWER VRY TE SPREEK, AS OM IETS TEEN IEMAND TE HOU, MAAR ONS MOET OOK VERSTAAN DAT GEEN GELOWIGE KAN "VRYSPREEK" SONDER DAT DIE HERE SE VOORWAARDES NAGEKOM WORD NIE!  

Baie Christene dink dat dit altyd verwag word om onvoorwaardelik te vergewe, maar dit is nie presies hoe Jesus Christus vir ons geleer het nie. As ons barmhartig moet wees soos Hy barmhartig was, dan moet ons darem verstaan wat Hy sien as "barmhartigheid".  Die Here vergewe bv. nie almal onvoorwaardelik nie! - so dit is duidelik dat die manier hoe Hy "barmhartigheid" sien, verskillend is van die manier hoe meeste van ons "barmhartigheid" verstaan.  Ons dink ons "doen goed" wanneer ons mense onvoorwaardelik vergewe, maar as gevolg daarvan, word baie mense in hulle kwaad gesterk, en dink hulle dat die Here hulle ook onvoorwaardelik vergewe.  Geen Christen het groter mag as die Here nie, en net soos die Here vergewe met voorwaardes, so moet ons ook Sy reels gehoorsaam as dit kom by vergifnis. Dit is slegs waar "goed doen" uit diensbaarheid aan die Here geskied, wat dit vir die Christen vrug sal dra!   Waar iemand wat wetend gesondig het teen jou, bv. geen berou het oor sy sonde nie, sal die Here dit nie vergewe nie; net so kan jy ook nie in so 'n geval vergewe nie, want VERGIFNIS IS ONDERWERP AAN DIE HERE SE VOORWAARDES!   Maar, as ons weier om te vergewe wanneer die wat teen ons gesondig het berou het, dan sal die Here ons ook nie ons sondes vergewe nie! 
-----------------------------------------------------------
Met bestudering van die onderwerp oor vergifnis in die skrif, is dit duidelik dat die dissipels ook nie altyd vergewe het nie;  inteendeel, die Here Jesus het hulle die "mag" gegee om "te vergewe", maar ook om "sondes te hou" (en gese: "as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou").  Natuurlik was Sy bedoeling met "sondes hou" nie "onbarmhartigheid" nie, maar dieselfde reels waaronder die Here vergewe, is hoe ons moet vergewe. Dit is eintlik die Here wat sondes vergewe - Hy het die mag om sondes te vergewe;  as ons dan die mag deur Hom verkry, dan moet dit tog ondergeskik wees aan Sy reels!  Jesus het bv. vir ons geleer dat ons mekaar tot 70 x 7 keer moet vergewe!;  tog, in dieselfde hoofstuk verduidelik Hy hoe jy jou broeder moet bestraf wat teen jou gesondig het.....(en Hy gee nog verdere instruksies)(sodat die persoon gelei word tot berou - om te erken dat hy verkeerd gedoen het!), ...en as hy nie na jou wil luister nie, hy vir jou moet wees soos die heiden en die tollenaar!????? (Matt. 18)(so, in hierdie sin, "as hy nie berou het nie", moet hy nie vergewe word nie!?). Ja, dit is wat Jesus Christus self vir ons geleer het.  Dit word dus hier van die broeder wat teen jou gesondig het, verwag om eers berou te he, voor jy hom vergewe!  Vgl. dit ook met Luk 17:3,4: "Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.  En as hy sewe maal op ‘n dag teen jou sondig en sewe maal op ‘n dag na jou terugkom en sĂȘ: Ek het beroumoet jy hom vergewe". 

=================================================

Ons moet natuurlik ook onderskei tussen die wat WETEND teen ons sondig, en die wat ONWETEND teen ons sondig:  
-  IN DIE GEVAL VAN WETENDE SONDE moet iemand eers berou he voor hy vergifnis kan ontvang, MAAR AL KOM HY 70 X 7 KEER OM JAMMER TE SE, DAN WORD DAARDIE BARMHARTIGHEID VAN ONS VERWAG OM HOM ELKE KEER TE VERGEWE!  Waar so iemand egter nie berou het nie (maar natuurlik goed weet dat hy verkeerd gedoen het), moet hy tot berou gelei word.
-  IN DIE GEVAL VAN ONWETENDE SONDE, KAN IEMAND NIE KWALIK GENEEM word VIR IETS WAT HY NIE EENS BESEF HY TEEN JOU VERKEERD DOEN NIE -  HY MOET EERS TOT INSIG GEBRING WORD - dit is die verskil:  die wetende moet tot berou gelei word as hy nie berou het nie, maar die onwetende moet eers tot insig gebring word.  MAAR SOU HY TOT KENNIS KOM DAARVAN, WORD DAAR NATUURLIK VAN HOM VERWAG OM OOK  BEROU TE HE.   DAAR WORD DUS MEER BARMHARTIGHEID BEWYS IN DIE GEVAL VAN ONWETENDE SONDE, en iemand gaan nie onmiddellik vermaan word in so 'n geval waar hy nie berou wys nie, maar slegs tot insig gebring word (net soos 'n klein kindjie nie onmiddellik gestraf word wanneer hy verkeerd doen nie, maar eers gewaarsku word, en as hy die volgende keer dit weer doen en geen berou het nie, moet hy gestraf word).  Ons moet versigtig wees om mense kwalik te neem vir dinge wat hulle nie onmiddellik besef hulle verkeerd doen teen ons nie - baie gelowiges trap in hierdie strik waar hulle die persoon aankla by ander mense en eintlik kwaadpraat van die persoon, in plaas van om met hom/haar self daaroor te gaan praat.
=================================================


GEDAGTE:

Volgens Matt. 6 is dit duidelik dat "om iemand anders te vergewe", dieselfde is as soos "hoe die Here ons vergewe". In beide gevalle word die sonde weggevee en gelos in die verlede.
In die geval van waar die Here ons vergewe, sal ons nie onder oordeel val vir daardie sondes nie.  Vergifnis gaan m.a.w. daaroor dat ek nie meer hoef te "betaal" vir my sonde nie (sal nie onder oordeel val nie). Dit is iets wat elkeen van ons vir onsself wil he, maar het ons ons naaste ook so lief?  Sal ons hulle ook vergewe in so 'n mate?  Wanneer ons vergewe (en so barmhartig is), moet ons ook nie die persoon nog verder onder oordeel bring vir daardie sonde nie, want anders is dit nie regtig vergifnis nie!  -en dan beteken dit dat so iemand nie regtig vergewe het nie.
"As julle nie vergewe, sal die Here julle ook nie vergewe".   
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/jesus-het-mag-om-sondes-te-vergewe.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.