Saterdag 07 Februarie 2015

Die een wat glo, is die een wat ook vergewe...

Sonde teenoor mekaar, skend "vertroue".  Daarom gaan geloof (vertroue) en vergifnis hand aan hand, want met vergifnis van sondes, word vertroue herstel. 
Om vergifnis te ontvang, moet iemand die voorwaardes nakom: 
-  Iemand kan bv. slegs vergifnis van sondes by die Here ontvang wanneer hy die voorwaardes nakom van bekering (bekering van sonde, werke en denke), en geloof in die Here Jesus Christus (as offer vir die sonde) -(en dit is die Vader wat mense na Christus Jesus toe trek (Joh. 6:44) - die wat Hom vrees en Sy geregtigheid doen (Hand. 10:35), m.a.w., die wat hulle bekeer)(Luk. 13:3; Luk. 15:7; Hand. 2:38; 3:26; 14:15; 15:19; 17:30; 26:18; 26:20; 2 Kor. 3:16; 12:21; 1 Thess. 1:9; Jak. 5:19,20; Openb. 2:5,16,21,22; 3:3; 9:20...) .  
-  Die wat onbarmhartig is en nie bereid is om ook ander te vergewe nie, sal ook nie deur die Here vergewe word nie! (Matt. 6:14,15) - (l.w., voorwaarde).  
-  Wanneer iemand teen 'n ander sondig, moet hy eers berou he voor hy vergifnis kan ontvang (Luk. 17:3,4) - (l.w., voorwaarde).

Die Skrif is duidelik daaroor - om vergifnis te ontvang, moet iemand eers die voorwaardes nakom!
 VERGIFNIS MOET NOOIT GESKIED VOLGENS AANNEMING VAN DIE PERSOON NIE, MAAR WEL VOLGENS DIE HERE SE VOORWAARDES!
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer 'n kind verkeerd doen, dan is die vertroue tussen die kind en ouer geskend.  Geen kind wat nie in regstand is met sy ouer, het sekerheid ("geloof") nie - solank hy nog nie deur sy ouer vergewe is nie, gaan hy nie dieselfde vrymoedigheid teenoor sy ouers he nie. En solank die kind geen berou toon nie, sal die ouers hom nie kan vertrou nie!  Wat doen 'n kind wat oortree het? Wat het Adam en Eva gedoen toe hulle oortree het? Hulle het weggekruip en was bang, skaam...  Stout kinders kom bv. nie goed met hulle ouers oor die weg nie, hulle onttrek hulle ook en sukkel om in 'n normale gesprek met hulle ouers te wees - hulle is bang en skaam...  In sulke gevalle weet die ouers en die kind ook nie heeltemal hoe om oor mekaar te voel nie. Hulle vertrou nie meer mekaar nie!  Dit is wat sonde aan ons doen.  

*  As die ouer die kind onvoorwaardelik sou vergewe en maak asof niks gebeur het nie (soos die manier hoe baie Christene die begrip "vergifnis" vandag verkeerd verstaan!), gaan daardie kind aanhou om te oortree, en selfs meer oortree as tevore! So 'n ouer is nie baie barmhartig teenoor sy kind nie, want hy gee hom nie die geleentheid om berou te kry en vergifnis te ontvang nie.  Hy mag miskien dink dit is liefde deur hom onvoorwaardelik te vergewe, maar dit is nie!, want hy sterk sy kind in sy kwaad.   En dit is ongelukkig wat met baie stout kinders gebeur waar ouers net eenvoudig die daad ignoreer. Hulle raak al stouter.   Die Here vergewe ons ook nie onvoorwaardelik nie, en dit word ook nie van ons verwag om onvoorwaardelik te vergewe nie (maar dit word natuurlik ALTYD van ons verwag om te vergewe waar iemand berou het!). As 'n kind berou het oor wat hy verkeerd gedoen het, dan kan die verhouding herstel word, EN DAN WORD DIT OOK VERWAG VAN DIE OUER OM TE VERGEWE.   Net so word daar van ons verwag om "te bekeer" tot die Here, voor ons vergifnis van sondes kan ontvang. Johannes die Doper het mense opgeroep tot bekering  -  Jesus se bediening het ook so begin, deurdat Hy mense opgeroep het tot bekering.  Deur bekering het hulle hulself onderwerp aan die Here, onderwerp aan Sy gesag (soos die kind homself onderwerp aan die ouer se gesag wanneer hy berou het).  Die woord "bekering" in die skrifte waar Johannes, en waar Jesus die mense opgeroep het tot bekering, verwys na "bekering van gedagte".  Hulle moes hulle onderwerp aan die manier hoe die Here dinge sien (nie hoe hulle dit sien nie) - vgl. dit gerus met die konteks van  Hand. 8:22 .  Net so bekeer 'n kind hom van die manier "hoe hy sien" wanneer hy berou het.  Dit is ook gewoonlik die probleem met iemand wat nie berou het nie - HY WIL HOM NIE BEKEER VAN DIE MANIER "HOE HY SIEN" NIE, en sal enige iets probeer om te regverdig die manier hoe hy glo en sien, en ander probeer oortuig dat hy reg is, al is hy verkeerd.

*  Ons moet natuurlik ook onderskei tussen wanneer iemand wetend sondig, of onwetend sondig.  Iemand kan eers "berou" he wanneer hy "wetend" raak van sy sonde...  Somtyds moet 'n kind eers TOT INSIG gebring word (nie vermaan word nie!), maar as hy wel weet wat hy verkeerd doen, maar nie berou het nie, moet hy vermaan word (sodat hy tot berou kom en vergifnis kan ontvang). 

*  As die ouer egter weier om te vergewe wanneer 'n kind berou het, is dit baie onbarmhartig!, en het tot gevolg dat die kind ook nie vergewe wanneer die ouer iets verkeerd doen nie.  Dieselfde gebeur in huweliksverhoudings - wanneer 'n man bv. berou het oor optrede, maar die vrou weier om te vergewe en hou aan om die man kwalik te neem en herinner hom gedurig daaraan, dan gaan hy ook, wanneer sy oortree, nie so maklik vergewe nie!  Net so sal die Here ons ook nie vergewe, as ons nie vergewe nie.  Die vrou wat bereid is om te vergewe, het vertroue dat haar man haar ook sal vergewe wanneer sy weer oortree - net so het die Christen wat bereid is om ander te vergewe, VERTROUE dat die Here hom/haar ook sal vergewe!   
=================================================================================

GEDAGTE:



Dit word van ons as Christene verwag om die wat teen ons sondig EN (l.w.) BEROU HET, altyd te vergewe.... Die vergifnis wat ons gee, is nie onderwerp aan ons reels nie, en is nie volgens aanneming van die persoon nie, maar "om te vergewe" moet onderwerp wees aan die Here se reels - vergifnis geskied bv. nooit sonder voorwaardes nie...  Om self vergifnis te ontvang, is ook onderwerp aan voorwaardes, en een van hierdie voorwaardes is dat ons ook ander moet vergewe.

========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/soos-ons-ook-ander-vergewe-3.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.