Woensdag 05 Augustus 2015

'n Wortel van Bitterheid

In Hebr. 12 word Christene aangemoedig om die tugtiging van die Here aan te neem; en word verder beveel om nie verbitterd te wees wanneer getugtig word nie.  HIERDIE WOORDE in Hebr. 12,  "want onse God is 'n verterende vuur", IS 'N WAARSKUWING VIR DIE WAT VERKEERD STAP EN NIE DIE TUGTIGING AANNEEM NIE ! (maar l.w. dat met "tugtiging" hier nie bedoel word "vermaning deur verkeerde oordeel nie, maar vermanding deur regte oordeel! ").  Die Hebr. skrywer gebruik ook o.a. die woorde, "en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie" (Hebr. 12:15).  Soveel maal sien ons dat wanneer iemand getugtig word, hy eerder kies om verbitterd (kwaad en ontevrede) te wees as om te erken dat hy verkeerd is, en dit gaan gewoonlik gepaard met kwaadpraat. En as ander ag gee op sy klaagliedere, dan word hulle ook hierdeur besoedel!  Baie het al in so 'n soort depressie verval en dit lyk niks anders as die dronkverdriet van die dronk mens nie. Hulle kerm oor die "Timotheus in hulle lewens" wat hulle probeer terugruk tot kennis van die waarheid, voel vreeslik te na gekom en gee voor dat hulle verkeerd beoordeel word.

Die konteks waarin die woorde "jaag die vrede na met almal" in Hebr. 12:14 gebruik is, is egter nie bedoel vir die persoon "wat vermaan nie", maar bedoel vir die persoon wat kwaad  of verbitterd is omdat hy tereggewys is. Die persoon wat tereggewys word maar verbitterd raak, word beveel om vrede na te jaag met die deur wie hulle getugtig is...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Om "bitter te wees", wys nie noodwendig net na (1) die wat nie die tugtiging aanneem nie, maar verwys ook na (2) die wat kwaad of ontevrede is oor hulle omstandighede, en in plaas van om die Here te raadpleeg, is hulle vir Hom kwaad of weier om hulle lot te aanvaar. Waar die Skrif verklaar dat "alle bitterheid van ons verwyder moet word" (Ef. 4:31), verwys dit na iemand wat BITTER KWAAD of ONTEVREDE is. Hierdie gevoelens is nie dinge wat verdra moet word nie, maar moet eerder afgele word. Elke mens is in beheer van sy eie gedagtes, en Christene word beveel om elke gedagte gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus (2 Kor. 10:5). BITTERHEID word gesien soos SONDE in Heb. 12:14,15.  'n Ander vb. van bitterheid in die Skrif, is die van Simon in Hand. 8:18-24.  Petrus verwys na Simon as "in 'n gal van bitterheid". Hierdie is 'n goeie vb. van wanneer iemand sg. GOED wil DOEN , maar OM DIE VERKEERDE REDES! Simon was ontevrede omdat hy nou nie meer as iets besonders gesien is nie en wou ook die gawe he om hande op mense te le sodat hulle die Heilige Gees kan ontvang. Hierdie ontevredenheid van hom het hom gedryf om die gawe te begeer vir verkeerde redes.  Baie Christene verkeer is so 'n posisie en begeer gawes om verkeerde redes, (3) omdat hulle ONTEVREDE is en graag as besonders gesien wil word. Dit gaan gewoonlik gepaard met jaloesie, en gaan nie oor die Here se wil nie, maar oor wat hulle wil!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer die woord "kwaadspreek" in die Skrif gebruik word, verwys dit veral na "kwaadpraat wat spruit uit sondes soos verbittering".  "Om kwaad te spreek van iemand", word gesien as (verkeerde) OORDEEL (Matt. 12:37).  Dit is ook in konteks gebruik met "dade" - waar iemand 'n tekort het aan barmhartigheid. Wanneer iemand kwaadspreek, dan wys dit op onbarmhartigheid, 'n onderwerp wat baie ernstig opgeneem word deur die Here!  So iemand kom nie die tweede gebod na nie. Kwaadspreek gaan oor wanneer daar dinge gese word teen iemand anders a.g.v. afguns, jaloesie, selfsug en ontevredenheid.

Mat 12:37 - "Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word".  Ons moet versigtig wees wat ons van ander Christene sê!  Sommige Fariseers het graag kwaadgespreek van Jesus.  Hulle was die foutsoekers van die dag!  Die Here hou nie daarvan as iemand valse getuienis lewer nie. Om opsetlik ander mense te probeer beinvloed om iemand anders verkeerd te oordeel, is 'n bewys van afguns en jaloesie.  Om kwaad te spreek van iemand anders, wys wat in jou hart aangaan (Matt. 12:35). Ons moet verstaan hoe 'n gevaarlike sonde dit is, en dat sou iemand aanhoudend in hierdie sonde stap, dit hom selfs sy saligheid kan kos!  (1Kor. 6:10). In hierdie sin OORDEEL iemand deur sy woorde, deur kwaad te spreek van ander - die gevolg?  Hy sal self uiteindelik veroordeel word vir dit (v.37)- elkeen sal rekenskap gee van wat hy teen ander  spreek - (Mat 12:36)  "Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag". Net so kan iemand se DADE homself veroordeel, omdat hy voorgee dat sy hart reg is, maar hy toon nie barmhartigheid nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Mans word in Kol 3:19 beveel dat hulle hul vrouens moet liefhe EN NIE TEEN HULLE VERBITTER WORD NIE - die Christelike man moet dus nie kwaad bly of ontevrede wees met sy vrou nie (bv. ontevrede met omstandighede, selfsugtig, of dink dat hy nie vermaan kan word deur sy vrou nie). Wanneer paartjies ontevrede is met mekaar, dan eindig dit gewoonlik op in kwaadspreek en selfs vervloeking in sommige gevalle! 1 Pet. 3:7 leer vir ons dat as 'n man nie verstandig met sy vrou saamleef en aan haar die nodige eer bewys nie,  SY GEBEDE VERHINDER SAL WORD!  Onbarmhartigheid is baiemaal die rede waarom Christene se gebede nie beantwoord word nie.   Die liefde is lankmoedig en vriendelik;  nie jaloers nie; praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie...
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


Om in 'n GAL VAN BITTERHEID te wees, wys wat in iemand se hart aangaan.

Christene wat (1) nie ag gee op die tugtiging nie en (2) weier om hulle gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus, of (3) hulle eie wil bo die Here se wil stel, kan maklik verval in 'n gal van bitterheid.  Skrifte oor "bitterheid", IN KONTEKS, wys op AFGUNS en SELFSUG (Jak. 3:14), en sit gewoonlik om in KWAADSPREEK en VERVLOEKING (Rom. 3:14; Ef. 4:31);  en baie kan hierdeur besoedel word... (Hebr. 12:15).
________________________________________________________________________________
http://promisedkingdom.blogspot.co.nz/2013/03/in-gall-of-bitterness.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/soos-ons-ook-ander-vergewe-2.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/sou-jy-paulus-nog-respek-betoon.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-4.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.