Maandag 19 Oktober 2015

Gaan die Opstanding en die Wegraping op dieselfde tyd gebeur?

Die opstanding is verseker een van die grootste gebeurtenisse waarna Christene uitsien oor al die eeue. En terwyl ons die huidige liggaam sien soos 'n vyand, sal die verheerlikte liggaam anders wees, en 'n liggaam wat "die dood oorwin" het! (Psa 37:29 - "Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon"). God is sowaar nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes! Almal sal weer herlewe (opstaan uit die dode - "make alive, give life - G2227 )(regverdiges sowel onregverdiges), maar nie almal sal opstaan TOT LEWE nie! Dit is net die regverdiges wat sal opstaan tot lewe;  die ander sal opstaan tot veroordeling.------------------------------------------------------------------------------------------------------------Daar vind verskillende opstandings plaas oor die eeue en almal herlewe ook nie op dieselfde tyd nie:
(1) DIE EERSTE OPSTANDING:  Daar was 'n opstanding net nadat Jesus opgestaan het uit die dood, toe baie liggame van ontslape heiliges ook uit die grafte uitgegaan het en in die strate van Jerusalem ingegaan en aan baie verskyn het (Matt. 27:50-53). Daar sal ook 'n opstanding plaasvind wanneer Jesus Christus terugkom (m.a.w. met aanvang van Sy 1000-jaar Ryk)(Rom. 6:5-7; 1 Kor. 15:12-58; 1 Pet. 1:3-6; Hebr. 6:2).  Hierdie word gesien as die "eerste opstanding", en die wat in hierdie opstanding opstaan tot lewe, oor hulle het die tweede dood geen mag nie (Joh. 5:24; Openb. 20:6). Christus Jesus was die eersteling in hierdie opstanding - aan Hom is die oordeel oorgegee en Hy sal besluit wie Hy gaan opwek tot lewe en wie nie.
(2) VOLGENDE SAL HERLEWE?: - daar sal ook 'n "opstanding" wees nadat Christus se 1000-jaar Ryk voleindig is (Openb. 20) - by die Wit troon oordeel.

Waar egter spesifiek van "DIE OPSTANDING" gepraat word in die Skrif, verwys dit gewoonlik na die opstanding wat sal plaasvind met Jesus Christus se wederkoms. Tog sal nie almal wat dan gaan opstaan, opstaan TOT LEWE nie; dit is dus duidelik dat die woord "opstanding" nie oral verwys na die wat "opstaan tot lewe nie", maar meer verwysend is na 'n spesifieke opstanding van dooies, in 'n spesifieke "eeu" (m.a.w. die opstanding wat plaasvind met Jesus Christus se wederkoms, die opstanding waarna Jesus verwys het wat sal plaasvind in "die laaste dag")
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alhoewel "die Opstanding" en "die Wegraping" twee verskillende gebeurtenisse is (en die opstanding die wegraping voorafgaan), gaan dit in beide gevalle oor om nuwe liggame te kry. Die doel van "die wegraping" is bv. nie om die Groot Verdrukking vry te spring soos baie leer nie, maar volg eintlik na "die opstanding"! 
-Die opstanding verwys na die wat in Christus gesterf het en opgewek word en nuwe liggame ontvang, maar 
-Die wegraping verwys na daardie gelowiges wat nog in die lewe is wanneer Christus terugkom, en in 'n oogwink verander word en ook nuwe liggame ontvang (1 Kor. 15:51,52).  

In beide gevalle verkry hulle nuwe liggame, en die woorde "die opstanding" of dit wat 'n "wegraping" beskryf, gaan meer spesifiek oor die wat OPSTAAN TOT LEWE. Die woord "wegraping" kom terloops nie in die Bybel voor nie, alhoewel die woord "weggevoer" in 1 Thess. 4:17 ("caught up") in die Grieks die woord "har-pad-so" is, wat beteken: "catch (away/up); pluck; pull; take (by force)". Baie Christene kwyn weg wanneer hulle die woord "wegraping" hoor omdat daar soveel verskille is oor die "tyd van die wegraping". Sommige glo in 'n pre-trib wegraping, maar ons moet verstaan dat daardie leringe veral gebou is op afleidings en predikers wat pre-trib wegraping verkondig sukkel om dit te verduidelik weens 'n tekort aan skrif! (1) Heelwat verse word ook uit konteks geneem om hierdie lering te staaf, o.a. 2 Pet. 2:9 wat verklaar dat "die Here weet hoe om die godsaliges uit VERSOEKING te verlos", en dan word die woord versoeking vgl. met die Groot Verdrukking.  Die waarheid is egter dat IN KONTEKS die woord "versoeking" daar verwys na "bewaring van die dag van oordeel" (Hy kom om te oordeel!); dit verwys nie na die Groot verdrukking nie. (2) Ander begrippe wat ook uit konteks geneem word om hierdie verdraaide leerstelling van pre-trib te verkondig, is Matt. 24:22 wat verklaar dat "as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie, maar TER WILLE VAN DIE UITVERKORENES sal daardie dae verkort word".  Wat hierdie Skrif eintlik vir ons leer is nie dat die uitverkorenes uit die weg geruim sal word voor die Groot Verdrukking nie, maar eerder dat hulle nog op die aarde sal wees in daardie dae!, en dat dit die rede is waarom die dae verkort sal word. (3) Iets anders wat ook verkeerd verstaan word is Jesus se woorde "meer werd as baie mossies" (Luk. 12:7; Matt. 10:31), en sommige gebruik dit om te probeer bewys dat dit nie God se wil is dat Christene deur verdrukking gaan nie, maar behalwe dat so 'n stelling geheel en al bots met wat Christus geleer het (Matt. 13:21; Joh. 16:33...), gaan hierdie skrif IN KONTEKS oor "vervolging" en "verdrukking", ook saam met "om te getuig".  Wat Hy eintlik vir ons leer is dat ons nie bevrees moet wees nie - hoekom nie?  Nee, nie soos sommige leer, dat Hy "ons sal verlos van verdrukking" nie, maar eerder dat die gelowige baie werd is vir die Vader en dat die DEUR WIE HULLE VERDRUK WORD, geoordeel sal word  (Matt. 10:26: - "daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie"). As die gelowige dus ter wille van sy geloof verdruk en vervolg word, en selfs doodgemaak word, sal dit wat die ander persoon aan die gelowige doen, aan die lig kom - die Christen (wat verdruk word) sal "nie op die aarde val sonder die Vader nie" (m.a.w. "sonder dat Hy weet nie", en dit sal uiteindelik aan die lig gestel word). DIT IS DUS DUIDELIK DAT DIE DOEL VAN DIE WEGRAPING VERSEKER NIE GAAN OOR "OM VERDRUKKING VRY TE SPRING" NIE!
---------------------------------------------------------------------------------------------
Jesus Christus het verskeie male vertel hoe Hy die wat in Hom glo sal opwek IN DIE LAASTE DAG (Joh. 6:39,40; 44; 54; 12:48).  Die woord wat gebruik word in die Grieks vir "laaste dag" is die woord "eschatos" (es'-khat-os):  ("A superlative probably from G2192 (in the sense of contiguity); farthest, final (of place or time): - ends of, last, latter end, lowest, uttermost" dit is bv. ook dieselfde woord wat gebruik word in Joh. 7:37 waar verwys word na die "laaste" of groot dag van die fees).  Dit is dus duidelik dat "laaste" beslis verwys na "laaste"!  Ook Martha het verstaan dat die opstanding sal plaasvind in die LAASTE DAG: (Joh_11:24  Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag).(Joh_6:40  En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hĂȘ; en Ek sal hom opwek in die laaste dag).  Paulus maak dit duidelik dat ons (in die "wegraping") die ontslapenes nie voor sal wees nie, maar dat hulle eerste sal opstaan voor die wegraping plaasvind (1 Thess. 4:13-17).  As die opstanding dan "in die laaste dag" plaasvind, is dit duidelik dat die wegraping ook nie voor die laaste dag sal plaasvind nie. 1 Kor. 15:52 verklaar dat die wegraping sal plaasvind onder die 7 de seel, met die LAASTE basuin (vgl. dit gerus met die 7 basuine in Openbaring, en l.w. dat Christus se wederkoms ook beskryf word onder die 7 de seel;  die Groot Verdrukking word egter beskryf onder die 5 de seel...). 
_________________________________________________________________

GEDAGTE:


Wanneer presies die wat in Christus gesterf het gaan opstaan, is egter duidelik dat dit gaan gebeur iewers voor die  wegraping  - sekere skrifte wys daarop dat die opstanding "op die laaste dag" gaan gebeur (Joh. 11:24; Joh. 6:40; 6:54; 6:39). (Mat 24:30,31 - "En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn (WEDERKOMS), en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan") - DIE WAT IN CHRISTUS GESTERF HET, SAL OPSTAAN (opstanding), EN DIE WAT IN DIE LEWE OOR IS, SAL VERANDER WORD ("wegraping")". Dit is onwaarskynlik dat die opstanding lank voor die wegraping sal plaasvind;  inteendeel, dit wil eerder lyk of die Skrif hierdie twee gebeurtenisse naby opmekaar beskryf (met die opstanding eerste en daarna die wegraping).  

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.