Maandag 20 Mei 2019

Liggaam, siel en gees

Die mens bestaan uit LIGGAAM, SIEL en GEES (1 Thess. 5:23).
Elke mens is nie net UITERLIK MENS nie, maar het ook 'n INNERLIKE MENS (want " 'n gees word in elke mens se binneste geformeer ")(2 Kor. 4:16; Sag. 12:1; Rom. 7:22; Ef. 3:16; Job 32:18; Ps. 51:10; Jes. 26:9).

Die liggaam word somtyds vgl. met die uiterlike mens en die siel met die innerlike mens, maar na regte verwys elk nie net na of liggaam of siel of gees nie, maar beide die uiterlike en die innerlike verwys elk na "liggaam, siel en gees". (uiterlike mens = liggaam, siel en gees, asook die innerlike mens = liggaam, siel en gees). Bv., in heelwat skrifte word onderskeidelik die liggaam, siel of gees van die innerlike mens behandel, net soos daar ook onderskeidelik na die uiterlike mens se liggaam, siel of gees verwys word in ander skirfte. Anders gesproke, die "uiterlike mens" verwys nie net na liggaam nie maar na liggaam, siel en gees.  Net so verwys die "innerlike mens" nie net na gees nie, maar is 'n "gees" wat verwys na liggaam, siel en asem/gees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer die mens doodgaan is hy wel soos 'n "gees sonder vlees en bene" (geeste van afgestorwenes), maar "gees" hier verwysend na die innerlike mens, en "vlees en bene" verwysend na die uiterlike mens (alhoewel die uiterlike nie net liggaam is nie).  Die innerlike mens gaan nie dood wanneer die uiterlike mens sterwe nie., maar sal uiteindelik doodgaan (tweede dood) as sy liggaam, siel en gees (verwysend na innerlike mens) nie vernuwe was en aan die lewe gehou is nie. Daarom is dit belangrik dat die mens ag gee op die toestand van sy innerlike mens (ook genoem, "die toestand van sy siel"), want net soos die uiterlike mens lig (asem) nodig het om te kan lewe en vernuwing vd liggaam (en siel) om vir ewig te kan lewe, net so het die innerlike mens lig (asem) nodig (asem vd Heilige Gees) om te lewe en vernuwing vd liggaam en siel om vir ewig te kan lewe...  En net soos die uiterlike mens kos en water nodig het om aan die lewe te bly, net so het die innerlike mens kos en water nodig om in die lewe te bly.  Ons kan dus sien hoe belangrik dit is om nie net vir die uiterlike mens te sorg nie maar ook vir die innerlike mens! (wat sommige noem "sielkunde", alhoewel wereldse sielkunde nie die regte evangelie bring wat lewe gee nie, en gee ook nie die regte soort kos en water wat die siel aan die lewe hou nie). Dit is belangrik om vir die uiterlike mens te sorg maar veel belangriker om vir die innerlike mens te sorg, want in hierdie lewe is daar geen hoop vir die uiterlike mens nie behalwe om "langer te lewe" (1 Tim. 4:8) - almal (se uiterlike mens) gaan dood! en daar is dus geen hoop vir die uiterlike mens om vir ewig te lewe nie behalwe vir 'n toekomstige hoop op opstanding (in 'n nuwe liggaam wat onverganklik is) vir die wat in Jesus Christus GLO.  Die wat in Hom glo sal eendag deur Hom opgewek word wanneer Hy terugkom - hier verwysend na die uiterlike mens (en die liggaam waarin hulle opgewek sal word, sal nuwe soort liggame wees, nl. "verheerlikte liggame"). Wat die innerlike mens aanbetref moet ons onderskei tussen die natuurlike mens en die geestelike mens. Die natuurlike mens se innerlike kan gesien word as "dood" - hy het geen hoop op opstanding tot lewe nie en sal deur die tweede dood gaan want hy dra nie vrug wat vir hom die ewige lewe kan gee nie en het ook nie die (regte soort) kos en water wat hom aan die lewe hou nie. Die geestelike mens het hoop, want behalwe dat sy uiterlike mens eendag opgewek sal word tot ewige lewe, is sy innerlike mens se liggaam en siel vernuwe (lewe in die bloed van Christus en is van Sy vlees en bene) en hy het die Lig van die Heilige Gees wat sy innerlike in 'n "lewende siel" verander (Eseg. 36:26,27),  en het die kos/B(b)rood (Joh. 6:35,51; Luk. 4:4) en water (Joh. 4:10,11; 7:38; Jer. 2:13) wat hom aan die lewe hou...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

LIGGAAM verwys na die (menslike) wese, VLEIS EN BENE (vlees, mensdom, die self, vel, naaktheid, nageslag, liggaamlik, verganklik ens.), en kan vgl. word met GROND (bv. waarin saad geplant word)(en het kos en water nodig om vrugbaar te wees).


------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEES verwys na ASEM, en kan vgl. word met LIG ('n plant het lig nodig).


------------------------------------------------------------------------------------------------------------

SIEL verwys na die SIEL IN DIE BLOED, "HART" (sintuie en organe, menslike wese, verganklik), en kan vgl. word met SAAD, PLANT of BOOM wat VRUG dra (word in grond geplant, en het lig, kos en water nodig). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.