Wys tans plasings met die etiket 7 donderslae. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket 7 donderslae. Wys alle plasings

Sondag 30 Augustus 2015

Die 7 seels van Openbaring

Wat vir die Christen belangrik is, is nie om te kan voorspel presies wat wanneer gaan gebeur nie, maar om veral seker te maak dat ons "gereed is" voor Jesus terugkom.  Baie gelowiges sal nie gereed wees nie!, soos Jesus verduidelik het in die gelykenis van die 10 maagde (en l.w. dat maagde daar verwys na DIENsmaagde - http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/die-bruilof-van-die-lam-die-maaltyd.html). Die wat nie besef dat dit gaan oor "om die Here te DIEN" nie, sal nie gereed wees nie.  Baie Christene bely dat hulle die Here dien, maar is eerder besig om hulle eie wil te dien en is aan hulleself gehoorsaam, in plaas van aan die Here. Christene sal weet wanneer die tyd van die wederkoms naby is - die Here het vir ons baie tekens gegee. Heelwat skrifte gee die idee dat Christene uit die eerste eeu alreeds geglo het dat hulle in die laaste dae lewe (Hand. 2:17; Jak. 5:8; 1 Joh. 2:18), maar ander skrifte maak dit tog weer duidelik dat hulle ook geweet het dat die tyd nog nie daar was nie (2 Thess. 2:2). Wat belangrik is is dat ons altyd moet lewe asof die tyd naby is (1 Pet. 4:7; 1 Kor. 1:7; Openb. 1;3) sodat ons GEREED kan wees op daardie dag.  Ons moet die dag verwag, maar nie verhaas nie!  Die Here is lankmoedig omdat Hy tyd gee vir mense om tot bekering te kom...(2 Pet. 3:9). ------------------------------------------------------------------------------------------------------------Alhoewel ons 'n goeie idee het van wat elke seel in Openbaring voorstel, en daar alreeds heelwat dinge op die aarde gebeur wat ook onder die seels beskryf word, is niemand seker of ons alreeds onder die tydperk van die 7 seels is nie. Sommige mense is van mening dat die seeltydperke eers begin met die laaste 7 jaar ; ander is weer van mening dat dit al aangaan vir die laaste paar eeue;  en sommige dink selfs dat dit nou al die tyd is van die 7 de seel! (wat natuurlik onmoontlik is). Niemand weet regtig hoe lank elke seeltydperk sal duur nie, alhoewel ons weet dat die 5 de seel tydperk min of meer 3 en 'n half jaar sal wees.  In ag geneem praatjies van vrede jare gelede wat gepaard gegaan het met verskeie valse christusse, oorloe en gerugte van oorloe wat al 'n geruime tyd plaasvind, hongersnood, pessiektes, aardbewings, beroeringe, verskriklike dinge en groot tekens van die hemel, asook die verdrukking wat ons huidiglik sien op sekere dele v/d aarde, is baie mense van mening dat ons ons op die oomblik bevind onder die 4 de seel, maar net tyd sal leer of dit regtig die geval is... 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Iets wat interessant is van die 7 seels van Openbaring, is hoe dit vgl. met die volgorde van ander eindtydskrifte (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/hoe-vergelyk-die-verskillende.html):

* (1) Die eerste seel tydperk word gesien as 'n tyd van vrede (en valse christussse) - dit beteken egter nie dat daar reeds vrede is wanneer hierdie seel begin nie, maar dit kan wees dat die sg. "oorwinnaar" (wat kan dui op 'n valse Christus) iets daarmee te doen het waarom daar vrede op die aarde kom. As die oorwinnaar na die Antichris verwys, dan beteken dit ook nie dat hy noodwendig teen hierdie tyd al geopenbaar is nie. Of hierdie tyd kan bloot verwys na 'n tyd wanneer daar gepraat word oor vrede...

* (2) In die tweede seel tydperk word die vrede v/d aarde weggeneem, en hierdie tydperk word veral voorgestel as 'n tyd van "oorlog" (daar sal egter weer 'n tyd van "vrede en veiligheid" wees later onder die Antichris se bewind...).  Van hierdie tydperk het Jesus gese dat dit "nog nie (dadelik) die einde is nie".  Nasies en koninkryke sal teen mekaar opstaan.  Oorloe, gerugte van oorloe en opstande... 

* (3) Die derde seel tydperk gaan gepaard met hongersnood, pessiektes, aardbewings op verskillende plekke, beroeringe, verskriklike dinge en groot tekens van die hemel.  Jesus het hierdie tydperk opgesom as "die begin van smarte".  

* (4) In die vierde seel tydperk het "hulle" mag om dood te maak oor 'N VIERDE DEEL V/D AARDE.  Doodmaak, hongersnood, pes en wilde diere.  Ons sien dus alreeds verdrukking, maar net oor 'n 4de deel v/d aarde.  Ook volgens Matt. 24 wil dit lyk of hierdie tydperk gepaardgaan met verdrukking, maar ook met valse profete en is 'n "tyd van afval" -  Jesus het bv. gese dat die ongeregtigheid sal vermeerder en die liefde van meeste sal verkoel. In hierdie tyd sal die evangelie v/d koninkryk aan die hele wereld verkondig word... 

* (5) Die 5 de seel  is die tydperk van die Groot verdrukking. Jesus het ook gepraat van die gruwel van verwoesting en hoe die in Judea en in Jerusalem moet vlug na die berge.Verder het Hy gewaarsku teen valse christusse en valse profete.

* (6) Die 6 de seel tydperk word voorgestel as die tydperk net voor Christus se wederkoms. Almal nou bang vir die toorn van die Lam wat aan die kom is.... benoud, radeloos en mense se harte beswyk van vrees en verwagting - konings, grotes, rykes, owerstes, magtiges, slawe, vrymense steek hulleself weg in spelonke/rotse van berge.   Ander gebeure:  die son verduister en swart soos harige sak;  maan sal sy glans nie gee nie en soos bloed; die kragte v/d hemele sal geskud word; sterre val op die aarde soos 'n vyeboom wat geskud word; die hemel wyk weg soos 'n boek wat toerol; berge en eilande word uit hulle plekke versit; see en branders dreun.  AAN DIE EINDE v/d 6 de seel, word die 144 000 (uit stamme van Israel) verseel sodat hulle nie beskadig word onder die wraak nie (en l.w. dat die gelowiges wat dan nog in die lewe, is verseel deur die Heilige Gees tot op die dag van verlossing).

* (7) Onder die 7 de seel tydperk sal Christus Jesus terugkom;  Maar Hy kom ook om te oordeel ("in vuur"). Dit is ook die tyd wanneer die verderwers v/d aarde verderf word. Baie ander dinge sal gebeur onder hierdie seel, nl God se wraak:  
-die 3 Wee;  
-die 7 Basuine;  
-die 7 Donderslae; 
-die 7 Plae of Skale.
Ons sien ook gebeure soos 'n groot aardbewing soos daar nog nie gewees het nie, wat die groot stad in 3 verdeel. Stemme, Donderslae, Bliksemstrale, Groot hael... Ons sien ook die val van Babilon, val v/d nasies en die slag van Armageddon  -  met Christus se wederkoms sal die volk van God gered word en die opstanding (en wegraping) sal plaasvind (1 Kor. 15:52 verklaar dat die opstanding sal plaasvind "by die laaste basuin")  - sommige sal opstaan tot lewe, ander tot veroordeling. Dit is ook die tyd van die OES, die koring en die onkruid; koring en kaf; en skeiding v/d skape en bokke.  Dit is ook die tyd wanneer die Here loon gee aan Sy diensknegte, profete, heiliges en die wat Sy Naam vrees, en die Bruilof v/d Lam...  Dit dan aan die begin van die Here Jesus Christus se 1000 jaar Ryk (en Hy sal regeer vanuit Jerusalem oor die hele aarde).
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


_________________________________________________________________________________