Wys tans plasings met die etiket aarde. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket aarde. Wys alle plasings

Vrydag 04 Maart 2016

Wat leer die Bybel vir ons oor die Skepping?

Wat presies leer die Bybel oor die  SKEPPING ?  Dit moet 'n vraag wees op elke Christen se lippe. Is die aarde binne 7 geskep of het dit oor miljoene jare tot stand gekom?  Het ons perongeluk ontstaan deur evolusie of is ons geskep deur 'n Skepper?  Draai die aarde of staan dit stil? Hoeveel hemele is daar?  Is die aarde rond of is dit plat?  Waar is die hel?  In watter volgorde is alles geskep? Hoe het die aarde gelyk voor die skepping?  Waaruit bestaan die uitspansel? Waar is die hemel waar God woon?...........

Alhoewel ons nie altyd seker is oor wat presies die Bybel leer oor die skepping nie, weet ons ook dat daar baie dinge is wat geleer word in wetenskap en biologie wat nie so pluis is nie en in baie gevalle verskil dit geweldig van wat die Bybel leer. Maar juis ook om hierdie rede laat ons baiemaal na om te uit te vind wat presies die Bybel  leer, veral wanneer ons weet dit sal verskil van wat die wereld leer en dit dan makliker is om dit te ignoreer om konflik te vermy.  Ander se geloof is weer so sterk in die wereldse wysheid en sg. waarhede, dat hulle die waarheid van die Bybel in twyfel begin trek...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vele dele van Wetenskap en Biologie het in 'n ander "geloof" ontwikkel en is bloot gebou op afleidings. En alhoewel sommige wetenskaplikes getuig dat hulle ateiste is, is dit tog nie waar nie, hulle glo wel in iets - in wereldse wysheid - en hulle kies om dit liewer te glo.  Dit is jammer dat ons kinders gedwing word om hierdie afleidings in die skool te leer en die ongeluk is dat dit vir feite voorgegee word. Hulle gee voor dat dit wat hulle leer oor die skepping bewys kan word;  tog is die teendeel eerder waar en as jy begin ingaan op hulle feite sien mens gou dat hulle leerstellings bloot gebou is op afleidings en terloops kort-kort verander!  Die rede waarom hulle die Bybel afskiet is nie omdat hulle weet dit is bog nie, maar omdat hulle wil glo dit is bog. Hulle glo eerder in die waarheid wat hulle verkondig - dit is niks anders as 'n "geloof" nie!  
Maar die wetenskaplikes wat wel die waarheid soek, word onderdruk... 

Met al die verdraaide waarhede wat in omloop is, sal die Christen 'n keuse moet maak tussen of hy glo in die sg. waarheid wat die wetenskap of biologie handboek hom bring, of glo hy in die waarheid wat die Bybel leer?  Dit is baie eenvoudig - jy glo of die een, of die ander. Jy kan bv. nie op die een hand glo dat God die wereld geskep het in 7 fisiese dae, maar op die ander hand glo dat Hy dit geskep het oor miljoene jare nie!   
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


Ons kan nie altwee sieninge glo nie.  ONS MOET KRAGTIG WORD IN DIE HERE, nie in die wereld nie!  Ja, wat JY GLO, is toe wel belangrik!  Vandag word daar geleer dat dit nie saakmaak wat jy glo nie, en dat elkeen kan glo wat hy wil, maar dit is 'n strik van die duiwel waarmee hy mense probeer vang om nie na die waarheid te soek nie - sodoende word hulle kragtig in die wereld, maar nie kragtig in die Here nie.  En alhoewel daar geleer word dat elkeen kan glo wat hulle wil, word dit tog nie toegepas nie, want hulle self dwing kinders in die skool om hulle wetenskaplike afleidings te leer asof dit alles waarheid is!  Dit is soos om 'n kind groot te maak in 'n spesifieke geloof.  Hierdie magte is gou om ouers kwalik te neem wanneer hulle hul geloof "op hulle kinders afdwing", maar aan die ander kant doen hulle presies dieselfde deur kinders in die skool te dwing om hulle afleidings te leer, en op 'n globale skaal!  Groot dele van wetenskap en biologie is vandag niks anders as 'n geloof nie;  veral waar dit te doen het met "die skepping".  Die wetenskappe word onvoorwaardelik geglo deur baie (ook deur baie Christene!), en mense plaas maklik hulle hoop eerder daarin as in die Here of in die waarheid wat in die Bybel opgeskryf is.   Elke Christen moet homself afvra wat hy werklik GLO.  Niemand kan twee here dien nie... 


Wanneer Paulus praat van hoe ons moet kragtig word in die Here, dan maak hy o.a. die volgende stelling: Ef. 6:12:  "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug". 
Dit beteken nie dat jy die owerhede, magte, sekere wereldheersers en bose geeste moet aanval nie, maar 
- dat jy te midde van hulle ONWAARHEDE die WAARHEID moet kies;  
- dat jy te midde van afvalligheid en ongeregtigheid (wat deur hulle ook aangemoedig word), die geregtigheid moet kies;  
- dat jy te midde van die wat die evangelie verdraai (en 'n ander evangelie bring), die ware evangelie moet verkondig;  
- dat jy te midde van ongeloof (die wat hulleself nie ondergeskik stel aan hulle Skepper nie), moet vashou aan die geloof;  
- en dat jy te midde van wereldse wysheid, die woord van God moet opneem! 

_________________________________________________________________________________
VIR 'N STUDIE OOR "DIE SKEPPING", GAAN NA: