Wys tans plasings met die etiket boek van die lewe. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket boek van die lewe. Wys alle plasings

Dinsdag 27 September 2016

Niks wat verontreinig is, sal ingaan in die Nuwe Jerusalem nie

Die Skrif verklaar dat niks wat VERONTREINIG is, sal ingaan in die nuwe stad Jerusalem nie (Openb. 21:27), en verklaar ook verder dat geen ONREINE 'n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie (Ef. 5:5). Slegs die wie se name geskryf is in die boek van die lewe van die Lam, sal ingaan in die toekomstige heilige nuwe Jerusalem.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dit is nie verniet dat Christene glo dat Jesus Christus die enigste weg is tot saligheid nie, want Hy is die Een wie ons sal opwek TOT LEWE wanneer Hy terugkom.  Hierdie toekomstige opstanding (wat gepaardgaan met wat baie noem "wegraping") is iets waarna Jesus verskeie male verwys het in Sy bediening.  As ons die tema van "opstanding uit die dode/opstanding tot lewe" verstaan, dan verstaan ons ook beter waaroor die Christelike doop gaan, en dat die doop nie slegs verwys na vergifnis van sondes en 'n geestelike opstanding tot nuwe lewe nie, maar ook 'n teken is van die Christen se hoop in die toekomstige fisiese OPSTANDING TOT LEWE (tot ewige lewe). (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html)  / ( http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/opsomming-die-opstanding-wegraping.html).

Maar nie almal (en ook nie almal wat bely dat hulle Christene of kinders van God is) sal waardig geag word om deel te he aan hierdie "opstanding tot lewe" nie. Baie van die wat bely dat hulle kinders van God is, se name sal uitgedelg word uit die boek van die lewe, en alhoewel hulle ook sal opstaan, sal dit wees tot veroordeling (nie "tot lewe" nie).  Meeste Christene glo vandag dat niemand wat tot geloof gekom het in Jesus Christus (en wie se naam in die boek v/d lewe opgeskryf is), ooit uitgedelg kan word nie;  tog het Jesus Christus iets anders geleer ten opsigte van die wat nie vashou en in Hom bly nieOok Dawid het geweet dat dit moontlik is (Ps. 69:28).  Die Here Jesus het verder gese dat "baie geroep is, maar min uitverkies" (Matt. 20:16;22:14). In Openb. 3:5 waarsku Hy die wat "die naam het dat hulle lewe, maar eintlik dood is";  en se verder dat dit slegs DIE is WAT OORWIN wie se name NOOIT UITGEWIS sal word nie. Met hierdie stelling wys Hy dat die wat nie oorwin nie, se name wel uitgewis sal word uit die boek van die lewe. 

Ook Openb. 22:19 is 'n verdere bewys dat dit moontlik is dat iemand se deel weggeneem kan word uit die boek van die lewe, en uit die heilige stad!  Die Skrif is duidelik:  "Niks wat verontreinig is sal ingaan in die nuwe stad Jeruslem nie, en geen onreine sal 'n erfdeel he in die koninkryk van Christus en van God nie".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Maar wat is dit in Openb. 22:19 wat kan veroorsaak dat iemand se deel weggeneem word uit die boek van die lewe?    - IN HIERDIE VERS GAAN DIT OOR "DIE WAT DIE WAARHEID VERDRAAI".
Wat is dit in Openb. 3:5 wat kan veroorsaak dat iemand se naam uitgewis word uit die boek van die lewe?
-  IN HIERDIE GEDEELTE GAAN DIT OOR "DIE BESOEDELDES".  

Die Skrif gee vir ons 'n goeie aanduiding van watter Christene gesien word as "besoedeldes" (onrein) -  meer spesifiek is dit die wat in sondes stap sonder om hulle daarvan te bekeer. Bv.,  heelwat spesifieke dinge wat van binne kom, uit die hart uit, word deur Jesus genoem:  - slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid  (Mark. 7:21,22).  
Heelwat dinge wat in die O.T. veroorsaak het dat iemand besoedel word, word ook in die N.T. genoem as dinge waardeur iemand onrein word, bv.:
Christene wat deelneem aan afgodsaanbidding en heidense geloofspraktyke beoefen is ONREIN  (Lev. 18:24; 19:4,26; Hand. 15:20; 1 Kor. 10:8,20; 12:2; Matt. 6:7; 1 Joh. 5:21; 1 Tim. 4:1...)
-  Christene wat wederstrewig is en die wat geeste van afgestorwenes raadpleeg, hulle besig hou met towery en geeste wat waarse...is ONREIN  (Lev. 19:31; 20:6; Deut. 18:10; Hand. 8:9; 19:19; Gal. 5:20; Openb. 18:23...).
-  Christene wat hoereer, owerspel of egbreuk pleeg, sodomiete, of die wat met 'n dier gemeenskap het, die wat bloedskande pleeg..., is ONREIN (Lev. 19:29; Hand. 15:20; 1 Kor. 5:1; 6:10; 1 Tim. 1:10; Openb. 2:14;  Rom. 1...). 
 Christene wat afgodsoffers eet saam met die wat dit aan afgode offer, of bloed eet of dit wat verwurg is..., is ONREIN.  (1 Kor. 8; 2 Kor. 6:16....  )
-  Christene wat die waarheid verdraai en hulle eerder besighou met twisvrae, fabels verkondig en gebooie van mense leer..., het 'n slegte gewete en is ONREIN. (Lev. 24:16; Hand. 26:11; Kol. 3:8; 1 Pet. 4:4; 1 Joh. 2:4; 4:6; Ef. 4:17; Rom. 1:25.... ) 
-  Christene wat eiesinnig is, m.a.w soos koning Saul ongehoorsaam was aan die Here en eerder staatgemaak het op sy eie insig, is besig met afgodery en beeldediens; ook die wat hulle hoop plaas in wereldse rykdom en sekuriteit... is besig om twee here te dien,  en is ONREIN. (1 Sam. 15:23; Eseg. 28:4; Rom. 2:8; Tit. 1:7; Jak. 5:2; 1 Tim. 6:17; Mark. 4:19...)  

Christene wat hulleself verontreinig het nodig om weer rein te word!  Om sonde te regverdig gaan nie die reiniging aanbring nie.  Sonde moet bely en afgele word...  (Ef. 5:5 - "Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie").

_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/07/die-heilige-stad.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/10/gaan-die-opstanding-en-die-wegraping-op.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/wie-op-onwaardige-wyse-eet-of-drink-sal.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/08/die-christelike-doop.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/nuwe-jerusalem.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/verdere-aantekeninge-oor-die-nuwe.html