Wys tans plasings met die etiket eerste liefde verlaat. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket eerste liefde verlaat. Wys alle plasings

Maandag 07 Julie 2014

Kan iemand weer tot bekering kom?

 As ons verstaan wat die woord "bekeer" beteken, dan moet ons begryp dat "om te bekeer" nie net verwys na een van die voorwaardes wanneer iemand 'n kind van die koninkryk word nie, maar ook belangrik is waar:
-gelowiges weer die sonde begin dien, 
-die Here as hulle eerste liefde verlaat, 
-of van die waarheid afdwaal...  
Dit is duidelik dat daar in die eerste gemeentes van die afvalliges verwag was "om hulle te bekeer", sou hulle terugval in hierdie dinge  - 2 Kor. 12:20,21;  Jak. 5:19,20 - en let wel dat hierdie gerig was aan gelowiges, aan Christelike kerke! 
Ook in Openb. 2:1-7 (brief aan die gemeente van Efese), word die wat "HULLE EERSTE LIEFDE VERLAAT HET", die volgende beveel (deur die Here Jesus self!):   "Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie" (Openb. 2:5).
Kyk ook Openb. 2:16,21,22;  3:3. 
========================================================================

Vele Christene stap vandag in aanhoudende sondes sonder om hulle te bekeer daarvan, of ken nie die Here as eerste Liefde nie, en het van die waarheid afgedwaal terwyl hulle van mening is dat hulle nooit hulle saligheid kan verloor nie!, maar Jesus het dit baie duidelik gemaak dat die wat NIE IN HOM BLY NIE, uitgewerp sal word, en in die vuur gegooi word:  (Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand").  Natuurlik verwag die Here van ons dat ons ons BEKEER sou ons afvallig raak! 

Ons dink altyd dat wanneer 'n gelowige "afvallig raak" dit slegs beteken dat hy niks meer met die Here te doen wil he nie, maar wat die Skrif ons nog leer oor wat "afvalligheid" beteken, is bv.:

- "waar gelowiges van die waarheid afdwaal" (m.a.w. diesulkes was WETEND oor wat die waarheid is)(Luk. 23:14;Hand. 5:37; 1 Tim. 4:1...) 

-of in die geval van "waar iemand die Here versoek" soos die volk vir God in die woestyn versoek het (verbittering, bose en ongelowige hart...)(Hebr. 3:12)http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/wanneer-iemand-die-here-versoek-wys-dit.html.;  

-ook "die wat nie die Here soek en Hom raadpleeg nie" (Sef. 1:6);

-en die wat weer die sonde begin dien (Hos. 4:12).   

===========================================================

GEDAGTE:

BEKERING uit dooie werkeWAS DEEL VAN DIE FONDAMENT WAT GELE IS IN DIE EERSTE GEMEENTES (Hebr. 6:1,2). Dit moet ook deel wees van ons fondament!