Wys tans plasings met die etiket versigtig soos slange. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket versigtig soos slange. Wys alle plasings

Donderdag 19 Junie 2014

Die Here het nie gekom om vrede op die aarde te bring nie?

(Mat 10:34)  "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard".

========================================================================

IN HIERDIE GEDEELTE HET JESUS GEPRAAT MET SY DISSIPELS, OOR HOE HULLE VERVOLGING SOU LEI TER WILLE VAN HULLE GELOOF EN DIE WOORD (DIE WAARHEID)-(Mat 10:14) " En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af".
HY MAAK OOK DIE VOLGENDE OPMERKING:
(Mat 10:16)  "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe".  

Daar is 'n miskonsepsie onder baie gelowiges dat die waarheid en die evangelie, veronderstel is om vrede te bring tussen alle mense, maar alhoewel dit vrede beteken vir die persoon wat dit aanneem, vrede tussen hom en sy Skepper, en vrede tussen die wat die waarheid liefhet, i s   d i t   s o o s   'n   s w a a r d   i n   d i e   g e v a l   w a a r   i e m a n d   d i t   n i e   a a n n e e m   n i e ! Die Christen word wel beveel om, WAAR MOONTLIK,  in vrede te leef met alle mense:  (Rom 12:18)  "as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense";  tog weet ons dat dit nie altyd moontlik is nie!  Ook die dissipels van Jesus het nie in vrede kon leef met alle mense nie;  ook Jesus self, kon nie in vrede leef met alle mense nie!  Kyk maar die geval van sommige skrifgeleerdes, Fariseers en Sadduseers - DIE WAT NIE DIE WAARHEID WOU AANNEEM NIE.  Jesus het hulle nie gepaai en in liefde liewer stilgebly oor die waarheid nie, nee Hy het des te meer die waarheid gebring!  En in die geval van mense wat voorgegee het asof  hulle die waarheid dien, maar dit nie gedien het nie, het Hy hulle selfs tereg gewys, hulle selfs "akteurs" (geveinsdes) genoem!, en Sy dissipels gewaarsku teen hierdie mense.  Ook Sy dissipels was nie afgeskrik deur "voorgee-gelowiges" wat die waarheid weggewys het nie, maar het hulle eerder tereg gewys en ook die ander gelowiges gewaarsku teen diesulkes. Die liefde van God staan nie los VAN DIE WAARHEID nie!, maar word eerder bewys deur die waarheid. Deesdae dink baie gelowiges dat liefde beteken dat ons stilbly oor die waarheid en sodoende vrede behou.  Die Christen moet goed doen aan ander, selfs vir hulle vyande liefhe, ja, maar nooit beteken dit dat jy die waarheid in die proses opgee nie! (2 Thess. 2:10).  (1Kor. 13:6 - "(die liefde) is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid").
 Jesus en Sy dissipels het vir ons hierdie vb. gestel waar hulle goed was vir ander mense, ook hulle vyande liefgehad het, maar nooit "die waarheid" in die proses opgegee nie.  IN DAARDIE SIN HET JESUS NIE GEKOM OM VREDE OP DIE AARDE TE BRING NIE, WANT DIE WAARHEID IS SOOS 'N SWAARD.

 (2Ti 2:15)  Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
(2Ti 2:16)  Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
(2Ti 2:17)  en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is,
(2Ti 2:18)  wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WANNEER 'N GELOWIGE DIE WAARHEID VERLOEN TER WILLE VAN SG. "LIEFDE", DAN WYS DIT EINTLIK DAAROP DAT HY EERDER DIE AANNEMING VAN MENSE SOEK, AS DIE AANNEMING VAN GOD.  
(Gal 1:8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:9)  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:10)  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
(Gal 1:11)  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.

IN SO 'N GEVAL, LYK DIT OOK OF DIE GELOWIGE SKAAM IS VIR DIE HERE (EN VIR DIE WAARHEID) - kyk na die opmerking wat Jesus gemaak het in dieselfde konteks waar Hy genoem het dat Hy nie gekom het om vrede op die aarde te bring nie:

(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.    VGL. DIT OOK MET (Mar 8:38 - "Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele").

========================================================================
GEDAGTE:

(Rom 1:16)  "Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek".

========================================================================