Wys tans plasings met die etiket vyand. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vyand. Wys alle plasings

Saterdag 18 Junie 2016

Vriend?, of Vyand?

ONS MOET VERSTAAN WIE DIE "VYAND" IS .  Die vyand verheug hom daaroor as die    regverdige   struikel,   val   of   ly
- die regverdige se gesindheid is egter anders (Spr. 24:17; 25:21)(Matt. 5:43,44). Die regverdige het sy vyande lief en wens nie die slegte vir hulle toe nie, en is barmhartig teenoor hulle.

Mense wat mekaar haat is nie barmhartig teenoor mekaar nie.  Johannes gaan selfs sover om te sê dat elkeen wat sy broeder haat, 'n moordenaar is!  (1Jn 3:15).  Dit dan die rede waarom die ongelowige Jode vir Jesus laat kruisig het;  ook die rede waarom soveel Christene ter wille van hulle geloof doodgemaak is...  - dit was a.g.v. hulle vyande se  HAAT.  Hul vyande se begeerte was om te sien hoe die regverdige struikel, val en ly...  Die regverdige het egter eerder 'n gesindheid van LIEFDE - om eerder sy lewe af te lê vir sy broeders...  (soos Jesus vir ons gedoen het)(1 Joh. 3:16), as om dit te neem of te verwens...  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe tree die vyand op?  
Ester het vir Haman 'n teëstander en vyand genoem (Est. 3:6) omdat sy begeerte was om die Joodse volk in daardie provinsie uit te roei.  Om dit te bereik het Haman koning Ahasvéros se hart opsetlik opstandig gemaak teen die Jode in die provinsie  (Est. 3:8-10) - in so 'n mate dat die koning sy toestemming gegee het dat hulle uitgeroei kan word.  Hierdie optrede van Haman was 'n tipiese optrede van iemand wat 'n VYAND is - so iemand sal selfs lieg om te sorg dat ander dink die regverdige is vir hulle 'n bedreiging, of om hulle te beweeg om te glo dat die regverdige nie die waarheid praat nie, soos bv. hoe die ongelowige Jode teenoor Paulus en Barnabas gedoen het.  Die ongelowige en ongehoorsame Jode het alles in hulle vermoe gedoen om die dissipels STIL TE MAAK en om hulle doel te bereik het hulle die mense VERBITTERD gemaak teen hulle  (Hand. 14:2; 13:50) - (net soos Haman gedoen het!).  Die gevolg was dat baie doodgemaak is as gevolg hiervan.  Ook Paulus en Barnabas is a.g.hiervan vervolg en hulle het selfs vir Paulus probeer stenig (Hand. 14:19)... Dit is die vyand se begeerte om die regverdige uit te roei (Eks. 15:9; Joh. 11:53) sodat mense nie na die regverdige luister nie Psa 37:12 -  "Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hierdie vyandskap is ongelukkig baiemaal te sien onder kinders van die Here!  Kyk ons na die vb. van koning Saul en hoe hy vir Dawid probeer doodmaak het, moet ons vra waar hierdie "haat" vandaan gekom het?  Die Bybel gee vir ons 'n antwoord in 1 Sam. 18:28,29 - "Toe Saul sien en merk dat die HERE met Dawid was, en dat Migal, die dogter van Saul, hom liefhet, het Saul nog meer bevrees geword vir Dawid, en Saul het Dawid se vyand geword al die dae".  Om hierdie rede het hy besluit om Dawid se vyand te word, want hy was bang vir hom omdat die Here met Dawid was - hy was bang, en kwaad dat die Here met Dawid was en nie meer met hom nie (natuurlik het dit gebeur a.g.v. sy ongehoorsaamheid);  en op die ou end so kwaad dat die Here nie meer vir hom antwoord wanneer hy Hom raadpleeg nie dat hy selfs 'n dodebesweerder opgesoek het!  Dit is presies wat baie Christene doen teenoor ander broeders wanneer hulle ongehoorsaam is en ervaar dat die Here aan iemand anders se kant is. Ongehoorsame en ongelowige kinders van die Here, wat hul nie wil bekeer nie, begin soos vyand optree en haat of praat kwaad van die regverdige met die doel om ander verbitterd te maak teenoor hulle.  En soos Saul gemaak het toe die Here hom nie meer wil antwoord nie, gaan soek hulle dan antwoorde by heidense praktyke en begin staatmaak op wereldse wysheid in plaas van om hulle te bekeer tot die Here...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html). Maar ons moet verstaan dat wanneer iemand die Heilige Gees bedroef, hy op gevaarlike grond begin beweeg, want kyk wat het met sulke kinders van die volk van God gebeur in die verlede :  - Jes. 63:10 - "Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry". En dit is inderdaad ook wat met Saul gebeur het...  (1Sa 28:16).   (Jak. 4:4 - "Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God").
_________________________________________________________________________________


GEDAGTE:


Sommige wat bekend staan as broeders, verander in VYANDE omdat hulle die regverdige probeer stilmaak.  Dit dan ook die rede waarom Kain vir Abel doodgemaak het -  "Omdat sy (Kain) werke boos was en dié van sy broer regverdig" (Joh. 3:12)!  DIE VYAND HOU NIE VAN DIE WAARHEID NIE, want die waarheid beweeg hom om homself te verneder voor die Here (en hy wil hom nie bekeer nie). Hy maak die regverdige stil (deur kwaadspraak en maak ander verbitterd teen hom), sodat hy nie hoef te erken dat dit wat die regverdige verkondig die waarheid is nie. Verder beweeg hy ander om ook in die valse waarheid te glo, want anders word hy uitgevang as 'n bedrieer. In die proses word hy 'n vyand van God omdat hy nie gehoorsaam is aan die Here nie.

Elkeen wat homself 'n kind van God noem, moet hom/haarself afvra:
"IS JY VRIEND ?, OF IS JY VYAND" ?


(Joh 15:14 - "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel".

_________________________________________________________________________________