Wys tans plasings met die etiket water en Gees. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket water en Gees. Wys alle plasings

Dinsdag 29 Augustus 2017

Onder wie se mag is jy?

Die term "wedergeboorte" verwys na 3 dinge:
(1)  wedergeboorte vd gelowige (deur water en Gees),
om die hoop op opstanding tot (ewige) lewe te verkry (1 Pet. 1:3);
(2) die nuwe lewe van die Christen (dood en staan op in nuwe lewe)(Kol. 2:12),
en vernuwing deur die Heilige Gees (Tit. 3:5);
(3)  die term "wedergeboorte" verwys ook na die tyd van Christus se wederkoms wanneer Hy op Sy heerlike troon sal gaan sit... (Matt. 19:28).

Die Skrif verklaar verder dat die wat WEER GEBORE is,  is "UIT GOD GEBORE"
(Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------ In heelwat skrifte verwys "saad" na "nageslag" (Hand. 3:25; Gal. 3:16,19,29; 1 Joh. 3:9). 'n Kind is uit die SAAD van sy ouers gebore.  Daarom is kinders ook soos hulle ouers in baie opsigte en verkry van hulle besondere karaktertrekke en talente.  'n Kind wat bv. aangeneem is, verskil van sy ouers omdat hy nie uit hulle saad gebore is nie. Alhoewel hy sekere optredes en talente kan aanleer van sy aanneem ouers, het hyself ander karaktertrekke en talente wat hy van sy bloedouers geeerf het.

Iemand wat "weer gebore" word, m.a.w. UIT GOD GEBORE WORD (die een wat dus "uit die Gees gebore" is) het GOD SE SAAD binne-in hom. (Joh 3:6 - "Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees")  (1Pe 1:23 - "want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly"). Dit is interessant om te sien hoe iemand verander wanneer hy/sy "weer gebore" word (1 Sam. 10:6) - dit is beslis die invloed van God se saad binne-in iemand.  Die wat uit God gebore word - die wat "KINDERS VAN DIE HERE" word - begin anders te "dink en sien", en anders optree - hulle begin dinge verstaan wat hulle nooit verstaan het nie, en kry oorwinning oor dinge waarmee hulle vir baie lank gesukkel het.  Net soos wat 'n kind se karaktertrekke en talente beinvloed word deur die saad van sy ouers, net so word die kind van God beinvloed deur die saad van God (deur die Gees van God), en hy verkry karaktertrekke en gawes soos die Gees aan elkeen toebedeel (1 Kor. 12:11). Die Gees VERANDER iemand en gee hom mag om dinge te doen wat hy nooit kon doen nie! http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/die-gees-van-god-1.html. Behalwe dat hy ons onderrig, lei Hy ons ook om te weet wat ons moet, wanneer ons dit moet doen, hoe ons dit moet doen... (Matt. 4:1; Neh. 9:20; Matt. 10:20 ens.).   Dit is duidelik te sien wie die Heilige Gees ontvang het, want die Gees van God is die GEES VAN WAARHEID (Joh. 14:17; 15:26; 16:13) - die wat die Gees vd waarheid het, luister na die waarheid en stem saam met die wat die waarheid praat! (1 Joh. 4:6).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Daar is ook baie "ander" geeste in hierdie wêreld (bv. "gees van afgestorwene", gees wat waarsê", "gees van hoerery", "stomme gees" .......ens.) en enige iemand wat hierdie geeste ontvang, word deur hulle VERANDER. Kyk die invloed van onreine geeste ("duiwels"-Joh. 10:21)(wat tuiste binne-in mense soek -Matt. 12:44,45) - hoe die wat hierdie geeste binne-in hulle het somtyds abnormaal optree (Matt. 17:18; Joh. 10:20); somtyds lyk of hulle mal is; sommige buitengewoon sterk word (Mark. 5); selfs beheer verloor oor hulle eie liggame, skreeu, stuiptrekkings, skuim in die mond, gooi hulleself in die vuur ens. (Mark. 5; Luk. 4:35; Hand. 8:7). Onreine geeste kan tekens doen (deur mense), en mense beweeg of lei om iets spesifiek te doen... (Openb. 16:14). In Bybelse tye was die met onreine geeste gesien as "kranksinnig" omdat hulle baiemaal soos kranksinniges opgetree het - hulle is ook gekenmerk deur snaakse optredes soos om deure te krap en allerhande bog kwyt te raak... (1 Sam. 21:13; Joh. 10:20).  Maar natuurlik verwys die woord "gees" nie oral na bose geeste nie, want in sekere skrifte beskryf dit slegs 'n gevoel in iemand se eie gees, soos 'n "gees van jaloersheid" (Num. 5:14,30) - wat nie noodwendig beteken dat die persoon 'n onrein gees binne-in hom het nie.  En al is dit so dat sekere siektes wel deur onreine geeste veroorsaak word (Mark. 9:25; 12:22; Hand. 8:7),  moet ons verstaan dat siektes nie altyd die gevolg is van onreine geeste nie (Joh. 9:2,3) - so, ons moet versigtig wees om sommer enige snaakse optrede of siekte toe te skryf aan "ander geeste"!  https://warechristene.blogspot.co.nz/2016/12/onreine-geeste.html . Dit is duidelik dat onreine geeste wat in mense ingaan, daardie mense VERANDER (maar nie ten goede) - hierdie "duiwels" is sleg en sommige slegter as ander (Matt. 12:45), maar hulle bly nie noodwendig in iemand nie (soos bv. in geval van waar 'n gees van 'n afgestorwene in iemand bly -Lev. 20:27 -nie).  Maar hulle word somtyds geraadpleeg deur mense in wie hulle nie woon nie - iets wat natuurlik ook spesifiek deur die Here verbied word! (Deut. 18:10,11).  Wanneer 'n onreine gees in iemand bly, dan "werk hy DEUR daardie persoon.

Die met 'n onreine gees, is "onder die mag van die duiwel" (Hand. 10:38),
MAAR DIE WAT DIE GEES VAN GOD HET, IS ONDER DIE MAG VAN DIE HERE!, en word deur die Gees GELEI (Ps. 143:10; Joh. 16:13). Wanneer iemand die Heilige Gees ontvang, dan word hy deur die Here verander, en die Here werk DEUR hom.
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


Christus het verklaar dat as iemand nie weer gebore word nie, m.a.w. nie gebore word uit water en Gees nie, hy nie die koninkryk van God sal sien (ken, verstaan) nie, of daar kan ingaan nie (Joh. 3:3-6).  Om die koninkryk van God te beërwe, moet jy deel wees van Sy nageslag wat slegs gebeur deur WATER en GEES (wedergeboorte). As iemand nie die Gees van Christus het nie, dan behoort hy nie aan Christus nie (en het dus nie "Sy Saad" nie)(Rom. 8:9, 14-16), en sal dus nie opgewek word in die laaste dag nie (Joh. 6:40,44,54).  Vlees en bloed kan nie die koninkryk beerwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie... (1Kor. 15:50).  Dus, vir 'n KIND van God om te kan ingaan in die Here se (fisiese) koninkryk, het hy hierdie onverganklike liggaam nodig, maar as iemand nie Sy Gees het nie, dan sal hy nie eendag opgewek word tot lewe nie - en l.w. dat die opstanding plaasvind deur die Gees van God! (Eseg. 37:14). 

(Rom 8:9)  "julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon". Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie".  DIT IS DUIDELIK TE SIEN WIE ONDER DIE MAG VAN DIE HERE IS, WANT DIT IS DIE WAT DIE GEES VAN CHRISTUS HET! - en die wat hulle deur Hom laat LEI ! 
Hulle is gehoorsaam aan Hom, en het Sy waarheid lief... 
Hulle word verander deur die vrug van die Gees en verkry gawes van die Gees...