Wys tans plasings met die etiket water onder aarde. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket water onder aarde. Wys alle plasings

Maandag 03 April 2017

Is die aarde rond?

Die aarde soos ons dit ken, is sowat 6000 jaar oud.  Die idee van 'n ronde aarde het eers in die laat 1800's (n.C.) ontstaan, en is nie heeltelmal dieselfde as wat mense geglo het vir meer as 5000 jaar nie! Tog, sou die aarde inderdaad plat wees soos wat oorspronklik geglo is, dan is dit ook nie te verkeerd om van 'n "aardbol" te praat nie, siende die Bybel verklaar dat die hemel soos 'n tent of koepel oor die aarde (grond) gespan is, asook dat daar dinge onder die aarde is (soos wat dit inderdaad geskets was op vroee kaarte), maar om die woord "aardbol" te gebruik is miskien nie so korrek nie!, want "aarde" is nie dieselfde as "skepping" nie!, Wanneer ons van "aarde" praat, verwys dit na die grond waarop ons woon (NIE die hemele of die onderwereld daarby nie). Wanneer ons praat van "aardbol", praat ons verkeerd.  Ons moet dus onderskei tussen  "skepping" (Mark. 10:6; 13:19; Rom. 1:20; 8:19-22; Kol. 1:15; Hebr. 9:11; 2 Pet. 3:4; Openb. 3:14)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-2.html), en "aarde", wat verwys na die grond-gedeelte waarop ons woon (Gen. 1:1,10,11,12,15,17,20,22,28,29,30;  2:7,19; 3:17,19;  Openb. 20:8;  21:24 ens.). "Die aarde" is nie dieselfde as "die skepping" nie.   So, die skepping kan miskien wel voorgestel word min of meer soos 'n bal, maar die vraag wat ons nou moet vra is of die grond waarop die mens woon rond of plat is?, en wat leer die Bybel hieroor?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
So, nou moet ons weer vra:  "Is die aarde rond"?  -  maar verstaan dat wanneer ons hierdie vraag vra, ons nie verwys na die skepping nie, maar eerder na die grond waarop ons woon.  Wanneer ons kyk na ou Hebreeuse kaarte van die skepping, dan wys dit vir ons hoe die vroee vaders die skepping verstaan het volgens Skrif en oorlewering. Die voorstelling van die Skepping volgens die Bybel, is nie heeltemal dieselfde as wat vandag in skole geleer word nie, kyk bv. na leringe rondom die ouderdom en ontstaan van die skepping....!  Alhoewel die voorstelling van die skepping volgens ou Hebreeuse kaarte lyk soos 'n aardbol, was die aarde (grond-) gedeelte plat geteken (nie op die ronding van aardbol nie, want dan sou ons in die hemel woon!...).

So, wat leer die Skrif regtig oor hierdie onderwerp? Die waarheid is dat nerens in die Bybel in soveel woorde verklaar word dat die aarde plat is nie......maar, daar word ook nerens verklaar dat die aarde rond is nie!  - Tog, volgens dit wat van die aarde beskryf word in die Skrif, wil dit eerder lyk of dit 'n "plat aarde" (nie plat "skepping" nie) voorstel. Moet ons ook in aanmerking neem dat baie van wat ons leer oor die skepping en die aarde, uit die boek van Genesis en nog ander Ou Testamentiese boeke kom - boeke wat deur Jesus Christus self ook as geloofwaardig beskou was!, en waaruit Hy gedurig aangehaal het tydens Sy leringe...  Vele "Christene" sien vandag die Tora as blote stories en het die Skeppingsverhaal in Genesis vervang met dit wat die wereld leer, maar as ons bely dat ons glo in die Here Jesus Christus en Sy woorde, behoort ons ook hierdie boeke as geloofwaardig op te neem (net soos Hy gedoen het). En moet ons ook onthou dat die Bybel se feite vasstaan en terloops keer op keer as reg bewys word!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------ 
DIE OPDELING VAN DIE SKEPPING:
Ons weet dat, in die begin, alles ONDER WATER was, woes en leeg en donker...(Gen. 1:2).  
(1) Spr. 8:27 beskryf verder hoe God 'n kring (sirkel) afgetrek het op hierdie oppervlakte van die wereldvloed  (maar ons moet nie dink dat die woord wat in hierdie betrokke skrif gebruik word vir "sirkel" dieselfde is as die woord wat in die Hebr. gebruik word vir "bal" nie!, want wat hier met sirkel bedoel word, is amper soos wanneer iemand 'n sirkel met 'n kompas trek...).  Nadat Hy toe volgende die "lig" geskep het, het Hy 'n skeiding gemaak in hierdie waters (skeiding tussen waters en waters), en hierdie skeiding die "uitspansel" (hemel) genoem (Gen. 1:7,8) - daar is dus water bo die hemel (en natuurlik dan, bo die water bo die uitspansel, is God se troon...http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-4.html), en water onder die hemel (wat Hy op een plek versamel het, sodat die droë grond sigbaar geword het - en dit see genoem - Gen. 1:9,10). Die Skrif leer ook vir ons dat daar, behalwe die ander "dele" onder die aarde, ook water onder die aarde is (en terloops, al die waters word deur God beheer... (Job 38:7-11)(en God het ook hierdie feit van "water onder die aarde" bevestig in Eks. 20:4!). Die vraag is nou hoe hierdie prentjie van water bo die uitspansel en water onder die aarde ooreenstem met vandag se leerstellings?
(2) 'n Ander feit waarna ons moet kyk in die Skrif, is die van die uitspansel. Die woord UITSPANSEL in die Hebr. beteken "boog in die lug".  In ander woorde, dit wil voorkom of die hemel soos 'n boog oor die aarde gespan is -  en wel, natuurlik laat dit ons aan 'n bal dink!, maar nie "die aarde" wat rond is nie, maar die uitspansel wat rond sit bo die aarde - en vgl. ons hierdie inligting met ou Hebreeuse kaarte van die skepping, is dit presies hoe dit geteken was, 'n plat aarde met 'n boog bo-op. Bestudeer gerus ook Jes. 40:22 wat verduidelik hoe God die hemele "uitspan soos 'n dun doek en uitsprei soos 'n tent om in te woon", en verklaar ook die volgende:  -(Jes. 40:22a -  "Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane...").  Nog 'n interessante feit hieroor is in Job 37:18, wat verklaar dat die hemel "vas is soos ‘n gegote spieël"... 
(3) Nog 'n feit in die Skrif (maar wat tog heelwat verskillend geinterpreteer word), is die feit van 'n aarde wat vas is en nie beweeg nie. In die Bybel is daar verskeie verwysings na hoe God die aarde gegrond het (Ps. 102:25,26; Job 38:4), verwysings na die aarde se "fondamentklippe" en "hoeksteen" (Job 38:5,6; Jes. 24:18), en "pilare" vd aarde, en hoe die Here die aarde op hierdie pilare gevestig het (1 Sam. 2:8; Job 9:6; Ps. 65:3,4; 1 Sam. 2:8; Ps. 75:3), en hoe in die toekoms die Here die aarde sal laat sidder uit sy plek sodat sy pilare dril (Job 9:6-vgl. met Jes. 13:13 en Joel 2:10), en "dat die wêreld vasstaan!" (1 Kron. 16:30; Ps. 93:1, 96:10)...Kyk ook na  die woordgebruik in Jes. 44:24 - "hemel uitspan", maar aarde "uitsprei" ("spread abroad")!, en Jer. 10:12 - "wereld gegrond" en "hemel uitgespan"...  
(4) Nog 'n ander feit is die van die onderwereld, wat onder die aarde is - kyk ook die begrip "onderste van aarde" (Eseg. 26:20; 31:14,16,18; 32:24; Ps. 63:9; Ef. 4:9).  Met 'n bal-aarde prentjie kan hierdie baie problematies wees, siende ons dan nie weet "waar onder die aarde" is nie! ;  alhoewel, met 'n "bal-skepping" maak dit baie meer sin... http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-7.html
(5) Nog 'n feit in die Bybel is die feit dat God se woning nie op 'n planeet doer ver in die heelal is nie, maar dat dit  "bo die aarde" is...  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VOLGENS DIE SKRIF BESTAAN DIE SKEPPING UIT:

- Die aarde (dit wat
OP die aarde is, en dit wat 
ONDER die aarde is);  en
- Die hemel (die uitspansel):
(1)  dit wat LANGS die hemel is - m.a.w. waar die voels vlieg;  en
(2)  dit wat AAN die hemel is - m.a.w. die ligte: son, maan en sterre). Maar ons moet verstaan wat die Skrif bedoel met "hemel".  Hemel verwys nie slegs na dit wat direk bo ons is (m.a.w. waar die voels vlieg) nie, maar verwys ook na die deel waar die ligte is - en dan is daar natuurlik:
(3) die HOOGSTE HEMEL - m.a.w., waar God woon.  Daarom praat sommige van 'n 1ste hemel, 'n 2de, en 'n 3de hemel. Die eerste Christene het ook geglo in hierdie feit dat die hemele opgedeel is in verskillende dele, want Paulus verwys na die 3de hemel in 2 Kor. 12:2. Vgl. dit gerus ook met skrifte soos Luk. 3:22 waar God  vanUIT DIE HEMEL gepraat het, en natuurlik is Christus Jesus na die hemel OPgeneem en het gaan sit aan die regterhand van die Vader... (Luk. 24:51; Hebr. 1:3). Jesus Christus het self ook op verskillende geleenthede na hierdie verskillende dele van die HEMEL verwys: - die hemel waar die voels vlieg, die hemel waar die ligte is, en die hemel waar God se troon is (Matt. 5:34; 6:26; 8:20; 22:30; 24:29....). Jesus het ook hierdie feit van die aarde as die voetbank van God se voete, bevestig (Matt. 5:35), en verder verklaar dat die hemel Sy troon is (v.34). Nog ander skrifte verwys ook na die aarde as die voetbank van God se voete, soos Jes. 66:1; (Hand. 7:49 - "Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete......").  "Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus?" (Hand. 7:49).   Kyk ook na Psa 33:13,14 en Jes. 40:22:- "Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos ‘n dun doek en sprei dit uit soos ‘n tent om in te woon". 'n Interessante bespreking is die van die toring van Babel...;  asook die vele voorbeelde van God wat uit die hemel praat...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:



Die SKEPPING (nie aarde nie) bestaan uit:
- dit wat OP die aarde is, en
- dit wat BO die aarde is (die uitspansel wat soos 'n boog gespan is bo aarde - (1)langs, (2)aan;  -en (3)die hoogste hemel), en
- dit wat ONDER die aarde is (die onderwereld)(en daar is ook o.a. water onder die aarde (Eks. 20:4)).  
Met hierdie feite in ag geneem, pas die prentjie van 'n bol aarde nie so goed nie (veral nie 'n aarde wat draai nie)  - want waar is "bo" nou eintlik?  en waar is "onder"?  Terloops verklaar die skrif dat God die aarde "GEGRONDVES het" (Ps. 102:25,26), en dat die aarde fondamentklippe en/of pilare het, asook 'n hoeksteen! (Ps. 75:3,4; Job 38:6; 9:6)(en terloops, dat die hemel ook op pilare staan (Job 26:11)); alhoewel hierdie inligting deur sommige geleerdes nie as letterlik gesien word nie.  Tog, al sien baie hierdie tipe feite vandag as bloot beeldspraak, is dit tog duidelik volgens ou kaarte dat die voorvaders dit gesien het as letterlik bedoel.  Alhoewel die Skrif geensins verklaar dat die aarde plat is nie, wil dit tog voorkom asof 'n  plat-aarde (m.a.w. hier bedoel "grond", NIE "skepping" nie) voorstelling meer inval by wat die Skrif leer. 

Christene vir wie die waarheid belangrik is, moet verseker vandag skepties wees oor wat in skole geleer word oor die aarde en die skepping, want baie van dit wat geleer word is bloot op afleidings gebou en stem glad nie ooreen met wat die Bybel leer nie.

Dit sou dus skriftuurlik miskien meer korrek wees om te praat van 'n "bol" skepping (nie 'n bol-aarde nie)...
_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-1.html