Dinsdag 22 Augustus 2017

Wat doen jy met die "besittings" wat die Here aan jou toevertrou?

In Matt. 25:35,36 verduidelik die Here Jesus dat "om barmhartig" te wees beteken dat ons kos gee vir die wat honger is, iets te drinke vir die wat dors het, herberg gee vir die vreemdeling, klere vir die een wat naak is, besoek die een wat siek is en in die gevangenis...  In konteks kan hierdie gelykenis vgl. word met die gelykenis in die verse vooraf (Matt. 25:14-30) van DIE MAN WAT OP REIS GAAN EN SY DIENSKNEGTE ROEP EN AAN HULLE SY BESITTINGS TOEVERTROU.  Wat ons uit hierdie gelykenis leer is dat Christus (die "man wat op reis" gegaan het) Sy besittings aan Sy diensknegte toevertrou - en Hy deel vir elkeen "besittings" uit... "Besittings" verwys nie noodwendig net na letterlike besittings nie, maar ons leer uit ander skrifte dat dit ook kan verwys na werke of gawes of geld ens. Die vraag is nou hoe elkeen met hierdie "besittings" te werk gaan?, want wanneer Christus TERUGKOM (wanneer "die man op reis" terugkom), dan sal elke dienskneg geoordeel word op wat hy met dit gedoen het wat die Here aan hom toevertrou het...  Maak nie saak hoe min iemand ontvang, of hoe baie hy ontvang nie, die vraag is: "wat doen hy met dit wat hy ontvang"? (Luk. 19:12-27).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vgl. dit gerus met ander skrifte oor hierdie onderwerp, bv. Gal. 6:9,10 waarin ons beveel word om aan alle mense goed te doen, gelowiges sowel ongelowiges (maar eerste aan die gelowiges)...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html). Kyk ook Christus se woorde in: Luk 6:36 - "Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is" - in konteks het Hy hier bedoel dat ons goed moet wees vir alle mense, selfs ons vyande.  L.w. dat dit wat die Here aan Sy diensknegte toevertrou, steeds aan Hom behoort, en jy as dienskneg moet dit "reg gebruik", bv. o.a. aanwend vir barmhartigheid.  Sommige verstaan dit verkeerd en dink dat as die Here vir hulle seën met "besittings", bv. 'n spesifieke gawe van die Gees gee, dit is omdat hulle belangriker is as ander mense (??) en gebruik dan die gawe volgens eie wil en vir eie eer (Matt. 7:22).  Ander word geseën met geld en reken dat hulle meer geld ontvang omdat dit hulle eerder toekom as vir iemand anders (??), en hou al die geld vir hulleself en leef in rykdom terwyl ander broers en susters sukkel om te oorleef (Matt. 6:24). Ander word geseën met die vermoë om spesifieke werke te doen,  maar kyk neer op die wat dit nie kan doen nie (1 Kor. 1:26-29; Ef. 4:1-4). Ander word geseën met baie besittings, maar hou hulle oë toe vir die in nood en vergader meer en meer "skatte"... (Luk. 12:15-21; Jak. 5:3).  Elkeen van ons moet ag gee op Jesus se woorde en verstaan dat hierdie 'n belangrike saak is vir Hom. Natuurlik beteken dit nou nie dat ons mekaar loop en voorskryf wat ons dink elkeen veronderstel is om met sy geld of besittings of werk of gawes te doen nie! (Matt. 14:1-8), want elkeen moet self die Here raadpleeg en doen wat hy ookal weet die Gees hom lei om te doen.  As ons gehoorsaam is aan die Gees, dan sal ons outomaties barmhartigheid doen sonder dat die linkerhand weet wat die regterhand doen. En as ons verstaan dat dit wat die Here aan ons toevertrou steeds aan Hom behoort en nie aan ons nie, dan sal ons ag gee op die stem van die Gees. Toe deur die Heilige Gees te kenne gegee is dat 'n hongersnood oppad is, het die dissipels besluit dat iedereen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broeders wat in Judéa woon (Hand. 11:29). Toe die Gees vir sekere gelowiges uitwys dat die daaglikse versorging vd weduwees in die gemeente oorgesien is, is daar manne gekies (vol vd Heilige Gees en wysheid) om hierdie bediening te vervul.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wil jy iets vir die Here doen? - (Mat 25:40b - "......... vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen").Ons verstaan miskien hierdie goed wanneer dit kom by barmhartigheid t.o.v. fisiese dinge soos kos gee vir die maag, maar verstaan ons dat "om barmhartig te wees" uit gehoorsaamheid aan die Gees nie net gaan oor die fisiese nie, maar ook oor die geestelike? (m.a.w. jy ONTVANG kwytskelding, maar gaan jy ook ander kwytskeld?).
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


Die gelowige se "werke" (m.a.w., wat hy doen met die "besittings" wat aan hom toevertrou is) moet gesien word as 'n teken van geloof en moet geskied uit gehoorsaamheid aan die Here.  As iemand bely dat hy geloof het maar sy werke getuig van iets anders, dan kan so 'n geloof hom nie red nie - Jak. 2:14-16 - "Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?  As daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie—wat baat dit?". Die eerste Christene het op 'n stadium alles gemeenskaplik besit, eiendomme en besittings verkoop en die opbrings tussen almal verdeel... (Hand. 2:44,45; 4:35) - hierdie drastiese optrede was in opdrag van die Gees (Hand. 5:3), en dit beteken nie dat dit altyd op hierdie manier gedoen was nie want wat hulle ookal doen met dit wat hulle ontvang, sou moes wees soos die Gees hulle lei, nie wat hulle WIL doen nie, maar wat DIE GEES WIL doen.  Hulle het die belangrikheid van barmhartigheid verstaan en verstaan dat dit geskied uit GEHOORSAAMHEID AAN DIE GEES (wat Hy ookal wil doen, en hoe Hy dit wil doen). Dit is 'n fout as ons dink dat die Here ons seën om te doen wat ons wil met dit wat Hy aan ons toevertrou - so 'n dienskneg se manier van dink is verkeerd en hy dink dat dit wat die Here aan hom gee, aan hom behoort, maar die waarheid is: "dit behoort aan die Here"! (Luk 17:33 - "Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou")http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/07/wat-jy-opgee-in-hierdie-lewe-sal-jy-wen.html.


Die eerste Christene het duidelik verstaan dat alles wat hulle het nie werklik HULLE EIE is nie, maar eintlik aan die Here behoort - en hulle is aangestel en geseën met hierdie "besittings" met die doel om dit te gebruik om Sy wil uit te voer.  Vgl. dit gerus met Luk 16:12 - "En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?". As ons nie getrou was IN DIE HERE SE GOED nie, hoe sal ons eendag ons eie kry?
_________________________________________________________________________________

Donderdag 10 Augustus 2017

Waarna verwys "die sleutel van Dawid"?

Daar is slegs 2 skrifte in die Bybel wat na "die sleutel van Dawid" verwys:
-Jes. 22:22 - "En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie". 
-Openb. 3:7 - "En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie". 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dit is duidelik dat daar 'n verband is tussen hierdie twee skrifte, en soortgelyke spraak word in beide gebruik. Om te verstaan waarna Christus verwys het in Openb. 3:7 (in Sy brief aan die gemeente van Filadelfia waarin Hy verklaar dat HY die sleutel van Dawid het) moet ons natuurlik na die konteks van Jes. 22 gaan kyk.  "Sebna" was 'n bestuurder wat oor die paleis (van Dawid) aangestel was. In sy pos as bestuurder, het hy die mag en outiriteit gehad om oop te maak en toe te sluit, m.a.w. hy het die sleutel (van die huis van Dawid) gedra. Maar die Here was nie tevrede met Sebna nie, en het die pos van hom weggeneem en aan 'n ander gegee... (nl. aan Éljakim - Jes. 36:3). Wat dit beteken is dat die mag en outoriteit wat Sebna gedra het, van hom weggeneem is en aan 'n ander gegee is, m.a.w. "die sleutel van Dawid" is van hom weggeneem en aan 'n ander gegee.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Ons kan dus opsom deur te sê dat die persoon wat die mag en outoriteit het ook die een is wat in besit is van die sleutel van Dawid!  Christus Jesus het die sleutel van Dawid - Hy is die Een met die mag en outoriteit om toe te sluit of oop te maak (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/die-koninklike-geslag-uit-die-stam-van.html).  In Openb. 3:7 gebruik Hy hierdie beeldspraak met die doel om 'n ander belangrike punt te maak:  (Openb. 3:7,8 - "En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:  Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie").  Hiermee verklaar Hy dat Hy die mag het om die deur vir iemand te sluit, of om dit oop te maak... Hierdie feit is nogal iets wat in sekere gelykenisse ook aangehaal word - kyk bv. die gelykenis van die 10 (diens)maagde (Matt. 25:1-13), waar Jesus Christus die deur sluit sodat 5 van hulle nie kan ingaan nie.

Wanneer ons die brief aan die gemeente van Filadelfia lees, sal ons ook vind dat Hy hulle verder wil BEWAAR in 'n spesifieke "uur", die "uur van beproewing (versoeking) wat oor die wêreld kom" (nie noodwendig dat hulle dit sal vryspring nie, maar as hulle daardeur gaan, sal Hy hulle die krag en oorwinning gee om vas te staan). Ons moet natuurlik verstaan wat met die woord "beproewing" bedoel word (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/bewaar-in-die-uur-van-beproewing.html), en verstaan watter gevolge dit op iemand kan he, en sal dan ook verstaan hoekom die Here hulle wil bewaar in daardie "uur" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/08/die-uur-van-beproewing-wat-oor-die-hele.html). Hy het die deur vir hulle oopgemaak, en Hy sal nie toelaat dat daardie tydperk van beproewing hulle beinvloed sodat die deur vir hulle gesluit word nie - m.a.w., niemand sal die deur vir hulle kan sluit nie! Nou ons weet goed dat dit in tye van versoeking/beproewing is wat baie AFVAL, maar die Here besluit watter deure gesluit word en watter oop bly, en Hy kyk na die hart.  Baie wat deur die uur van beproewing gaan, sal vind dat die deur vir hulle gesluit is wanneer Christus terugkom omdat hulle nie GEREED was nie - moontlik omdat hulle afgeval het in die tyd van beproewing... (m.a.w., hulle het nie soos hierdie gemeente 'n "geopende deur" nie).  Dus, nie alle Christene sal noodwendig deur die "uur van beproewing" gaan nie, of meer presies, as hulle daardeur gaan, sal hulle "opgepas" word sodat hulle nie "val" nie. Ons moet natuurlik nou nie dink dat dit bedoel dat die wat 'n geopende deur het glad nie verdruk gaan word nie!\ - nee, want dit is duidelik dat die gemeente van Filadelfia weet wat dit is om te ly terwille van die woord... (v.8,10). Die uur van beproewing gaan oor "om getoets te word".  Die woord "beproewing" beteken nie "verdrukking" nie; alhoewel beproewing (om getoets te word) daartoe kan lei dat iemand moontlik verdruk word as gevolg van die feit dat hy nie afgeval het in tyd van beproewing nie. 

(Luk 13:23)  Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle:
(Luk 13:24)  Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.
(Luk 13:25)  Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Donderdag 27 Julie 2017

Die Here se wingerd

In Mark. 12:1-12 ("in die gelykenis van 'n Man wat 'n wingerd geplant het en dit aan landbouers uitverhuur het terwyl Hy op reis gaan"), gebruik Christus 'n soort beeldspraak wat tog nie onbekend was by die volk nie.  Hulle het goed verstaan waarna die woord "wingerd" in die gelykenis verwys, want in Jes. 5 word die huis van Israel voorgestel as "die Here se WINGERD" - (Jes. 5:7 - "Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel, ...........................").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die begrip "huis van Israel" verwys na "die volk van God, die stamme van Israel" (Eks. 16:31; 40:38; Hebr. 8:10; Hand. 2:36; Jes. 5:13; Matt. 10:16; 15:24), maar dit verwys ook na die land waarin die volk woon, en na Jerusalem (Jes. 5:3,5,6). Ons kan miskien ook hierdie WINGERD (die heilige land en Jerusalem, met sy landbouers) sien as beeldspraak vir "koninkryk van God" (Eks. 19:6), en die landbouers, die "kinders vd koninkryk" (Matt. 8:12). Die WINGERD word deur die Vader geplant  - (vgl. Mark. 12:1 met Jes. 5:1,2 - "'n heining daarom gesit, 'n parskuip gegrawe en 'n wagtoring gebou"....-vgl. met Jes. 5:2). Die Man gaan dan op reis en verhuur die wingerd (huis van Israel / "koninkryk van God") aan landbouers (kinders van Israel / "kinders van die koninkryk")... Die landbouers geniet die vrug van die aarde, maar skuld natuurlik vir die Man wat die wingerd geplant het uit die vrug vd wingerd!, want na regte is dit wat hulle het nie hulle eie nie, maar hulle is eintlik besig om na die Man se goed om te sien. Om hierdie "vrug te oes", stuur die Man (die Vader) diensknegte uit. Ons moet dus verstaan wat dit beteken as die diensknegte uitgestuur word en hoe iemand se vrug geoes word...  Daar is verskillende "oeste" in die Skrif, maar in hierdie geval van oes word diensknegte uitgestuur om die Here se wil bekend te maak, die waarheid te bring en die evangelie te verkondig en terwyl hulle dit doen, word DIE VRUG GEOES, want die manier hoe elkeen HOOR, sal wys hoedaning hulle  vrug  is en wat hulle het om te gee (m.a.w. "wat het hulle gedoen met dit wat aan hulle toevertrou is?").  Vgl. hierdie gerus met die gelykenis in Luk. 19:11-27, van hoe Christus Jesus weggaan om Sy koninskap te ontvang en daarna sal terugkom - maar terwyl Hy weg is, gee Hy vir Sy diensknegte elk ponde waarmee hulle moet handel dryf, en wanneer Hy terugkom sal Hy kyk wat elkeen met daardie ponde gedoen het!  Op dieselfde wyse wat die Vader " 'n wingerd geplant het" (en weggegaan het en landbouers aangestel het), "saai Christus landbouers in die wingerd", nl. dat Hy ons soos "goeie saad" in die land saai (Mat 13:24) - en l.w. dat die saailand hier vgl. word met die wêreld, en die goeie saad die "kinders van die koninkryk" (Matt. 13:38).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
As die kinders vd koninkryk nalaat om die Een wat die wingerd geplant het te dien en respekteer (bv. die eerste gebod breek), en die wingerd misbruik deur dit te gebruik vir eie eer en selfsug en die barmhartigheid nalaat (bv. die tweede gebod breek), dan is die vrug wat van hulle geoes word, nie goeie vrug nie, en daar sal dan geen vrug wees wanneer die Man diensknegte uitstuur, of self kom om dit te oes nie!  En dit is inderdaad wat gebeur het toe Christus die eerste keer gekom het, want toe Hy kom om die vrug te oes, toe vind Hy dat baie van die landbouers slegte vrug dra, en dus geen goeie vrug nie (of nie die nodige goeie vrug nie)! Hy verwys hierna in Mark. 12:10, want toe die landbouers opgeroep word tot bekering (deur Johannes die doper en deur Christus), en die waarheid en die evangelie deur Christus Jesus aan hulle verkondig word, het hulle hul verhard daarteen en gewys watter soort vrug hulle dra. Vgl. hierdie gerus ook met die beeldspraak in Jes. 5 waar die Here 'n druiwe-oes verwag, maar die "wingerd" wilde-druiwe voortgebring het ! (Jes. 5:2 - "En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ‘n toring daar binne-in gebou en ook ‘n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring").  Die uiteinde was dat die muur gebreek is, die land vertrap en dit is 'n wildernis gemaak is... (Jes. 5:5,6).
Ons leer uit Jes. 5 wat die dinge is wat die toestand van hulle vrug veroorsaak het:
 - hulle was bv. selfsugtig, en die "grotes en mooies" het verkeerd gewerk met dit wat die Here aan hulle toevertrou het, en het in plaas van om barmhartigheid te betoon en die armes te help en aan hulle grond te gee, liewer gekyk hoeveel grond hulle vir hulleself kan bymekaarmaak! (Jes. 5:8).  Hulle was dus ONBARMHARTIG.  Hulle was RYK in die verkeerde dinge!  In plaas van om ryk te wees in die Here, was hulle verstik deur die rykdom en die sorge en die genietinge van die lewe (Jes. 5:11,12) - vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier (Luk. 8:14), waarin die uiteinde van so iemand is dat hy GEEN RYP VRUG DRA NIE, of hy word ONVRUGBAAR (Matt. 13:22). 'n Volk wat hulle so gedra word genoem " 'n volk sonder kennis!" (Jes. 5:13);  hoogmoedig (v.15), eiewys (v.21), laat nie geregtigheid geskied nie, maar onderdruk die regverdige (v.23), noem sleg goed, en goed sleg (v.20)....   Met die oes was gekyk wat hulle gedoen het met die besittings, geld, werke, krag ens. wat die Here aan hulle toevertrou het, en dit is gevind dat meeste van die landbouers selfsugtig daarmee gewerk het, staatgemaak het op hulle eie insig, hulleself hoër geag het en armes en geregtiges onderdruk het -  in so 'n mate dat hulle selfs die waarheid verdraai het deur goed sleg te noem en sleg goed!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons kan 'n paar interessante dinge leer oor die begrip "wingerd" aangaande die heilige land en heilige volk (wat ook sekerlik soos beeldspraak gebruik kan word vir DIE KONINKRYK VAN GOD"):
-  Net soos die volk nie toegelaat was om twee soorte saad in een WINGERD te saai nie (Deut. 22:9), net so sal die saad wat nie deur die Vader in Sy koninkryk gesaai is nie (m.a.w., die wat nie deur die Vader geplant is nie, maar deur die duiwel gesaai is)(Matt. 15:30; Mark. 13:27,28,38,39), eendag ontwortel word (vgl. dit met die tema van die koring en die onkruid).
-  Die volk was ook beveel dat hulle die land 6 jaar mag saai en WINGERD snoei en opbrings daarvan versamel, maar in die 7de jaar moes dit vir die land volkome rus wees! ('n SABBAT vir die Here)(Lev. 25:3-5).  Dan mag hulle nie gesaai het nie en ook nie snoei nie, en dit wat opgaan, nie afoes nie - en die opbrings vd sabbat vd land sou almal se voedsel wees... Dit is om hierdie rede waarom geleerdes die koms van Christus Jesus verwag wanneer die aarde 6000 jaar oud is (wat wel nou die geval is). Daar is 'n SABBATSRUS belowe vir die volk van God! (...m.a.w., die 1000 jaar wat volg op die 6000 jaar?)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/06/die-sabbat.html) maar nie almal sal ingaan in hierdie "sabbatsrus" nie! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/05/in-sy-rus-ingaan.html).
-  Die volk was ook verder beveel dat hulle nie hulle WINGERDE skoon moet afoes nie en ook nie die trossies wat van die wingerd val moes versamel nie, maar dit moes laat oorbly vir die arme en die vreemdeling (Lev. 19:10). Op dieselfde wyse voorsien die Here vir Sy kinders besittings, geld, krag, werke, gawes en bedieninge in hierdie (geestelike) koninkryk van God, en verwag natuurlik dat hulle nie alles vir hulleself hou nie, maar barmhartig wees en deel wat hulle ontvang (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/07/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_1.html).  As ons nie hierin getrou is nie, m.a.w. getrou is in "Sy goed" wat Hy aan ons toevertrou (soos die Vader Sy wingerd aan die landbouers toevertrou) nie, dan sal ons nie ons eie kan erf nie! (Luk. 16:12).  Wat doen ons met die besittings, geld, krag ,werk... wat Hy aan ons toevertrou? Gee ons om vir die wingerd?  (Matt. 10:32,33).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Met hierdie tipe van Ou Testamentiese beeldspraak, het die dissipels ("diensknegte") goed verstaan wat Jesus bedoel het toe Hy hulle uitgestuur het met die woorde:  (Luk 10:2 - "............ Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur"). Toe Christus die eerste keer gekom het, het Hy o.a. gekom om van die vrug vd wingerd te ontvang - so dus, uiteindelik, soos in die gelykenis, het die Vader Sy ERFGENAAM, nl. Sy SEUN gestuur (en hulle het Hom doodgemaak...Mark. 12:7,8). Die manier hoe hulle ge"HOOR" het (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/die-waarheid.html), het gewys hoe hulle VRUG lyk!  Die een wat die waarheid en evangelie hoor maar nie daarop ag gee nie of homself daarteen verhard, wys dat hy nie goeie vrug dra nie (vgl. hierdie met die gelykenis van die saaier, waarin die klem lê op hoe elkeen HOOR).  Christus het verskeie male dieselfde soort beeldspraak gebruik soos in Mark. 12:1-12 en deur gelykenisse geleer dat ons soos saad in die wêreld gesaai word OM VRUG TE DRA (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html).  Dit is slegs die wat vrug dra wat sal ingaan in die (fisiese) koninkryk van God (die "sabbatsrus" wat vir die volk van God belowe is);  maar die wat nie vrug dra nie, sal uitgekap word... (Joh. 15:2; Matt. 3:10; 13:7-9; Hebr. 6:7,8).

Die Vader saai die saad in hierdie wingerd, nl. in die (geestelike) koninkryk van God (m.a.w., dit verwys na die wat geroep word) - en dit is veral wat van belang is in bg. gelykenis, want die landbouers (die "geroepenes") wat geen of nie die nodige vrug dra nie, maar hulle eie wette maak en alles wat hulle uit die wingerd ontvang vir hulleself hou, verwys na die ONGEHOORSAME en ONGELOWIGE landbouers (die selfsugtiges, onbarmhartiges, eiewyses ens.).  In die gelykenis word hulle (sommige landbouers uit die huis van Israel) OMGEBRING EN DIE WINGERD AAN ANDER GEGEE !, omdat hulle nie goeie vrug gedra het nie (Luk. 3:7-9; Rom. 11; Matt. 21:41).  Dit beteken nie dat die kinders van Israel nie meer uitverkies is nie, maar eerder dat die ongehoorsames en ongelowiges ontwortel is/word (Matt. 5:13) om plek te maak vir gehoorsames en gelowiges uit ander volke wat wel vrug sal dra (Joh. 15:2)(en hulle word dus deel van die "kinders van Abraham"-Gal. 3:7). Toe Christus die eerste keer gekom het is die opdrag tot bekering, en die boodskap van waarheid en evangelie eerste aan die "huis van Israel" gedeel (Matt. 10:6), en deur hierdie "oes" is hulle "vrug" beoordeel. Die ongehoorsame en ongelowige takke (die wat nie gehoorsaam is aan Christus Jesus nie, en die wat nie ag gee op die waarheid nie) is afgebreek (Rom. 11), en die Here is huidiglik besig om vir Hom 'n volk te versamel uit alle stamme, nasies, volke, tale van die aarde, mense wat eendag saam met die erfgenaam (Christus Jesus), die WINGERD (die "fisiese" koninkryk van God) op aarde gaan beerwe.   In hierdie sin verwys die wingerd nie meer net na 'n spesifieke land en volk nie, maar na die wêreld en na "die kinders van die (geestelike) koninkryk".  Maar as die landbouers/geroepenes geen vrug dra nie, of nie die nodige vrug dra nie, dus slegte vrug dra, sal hulle ontwortel word... Die uiteinde van landbouers (kinders vd koninkryk) wat wetend in opstand kom teen die waarheid en evangelie (wat deur die diensknegte gebring word), en deur hulle dade bewys dat hulle nie regtig die Here dien nie maar eerder hulleself, sal ontwortel word;  en dit is inderdaad wat gebeur het met die ongelowige en ongehoorsame kinders van Israel (Matt. 21:40-41). Paulus waarsku die Christene in die gemeente van Romeine dat as God nie eens die natuurlike takke wat ONGELOWIG was gespaar het nie, hulle nie hoogmoedig moet wees en dink dat Hy nie dieselfde ook met hulle sal doen as hulle ongelowig is nie! (Rom 11:21).

Daarom sal met die wederkoms skeiding gemaak word tussen die koring (ware Christene) en die onkruid (voorgee-Christene), maar ook tussen die koring (ware Christene) en die kaf (die wat lyk soos Christene, maar geen of nie die nodige vrug dra nie).  Die VRUG wat elkeen dra sal wel bepaal wat uiteindelik met hulle gebeur!, en sal bepaal of hulle saam met die Erfgeneem gaan erf! Nie almal wat geroep word sal ingaan in die koninkryk van God nie.  Die manier hoe iemand 'HOOR" (Luk. 6:46-49) is dus 'n bewys van watter soort vrug elkeen dra, en is ook 'n bewys van of iemand opreg is, of vals (Matt. 7:15-29).
_________________________________________________________________________________
(Mar 13:33)  Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
(Mar 13:34)  Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.
(Mar 13:35)  Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;
(Mar 13:36)  dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.

_________________________________________________________________________________

Saterdag 01 Julie 2017

Die koninkryk vd hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het (3)

In die betrokke gelykenis van  Matt. 22:1-14,  berei die koning (die Vader) 'n bruilof vir sy seun (Christus Jesus)...., en ons leef nou in die tyd waarin ons mense uitnooi na hierdie bruilof (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-is-die-bruid-van-christus.html).  Dus moet die (fisiese aardse) koninkryk nog kom, maar die koninkryk het ook al gekom in die sin van dat die koninkryk ook geestelik van aard is (Luk. 17:20), en binne-in ons (Luk. 17:21)(teenwoordig deur Sy Gees).  Tog, nie almal wat nou deel is van hierdie "geestelike" koninkryk sal uiteindelik ingaan in die "fisiese" koninkryk nie, maar slegs die wat OORWIN - die wat GEREED is vir die bruilof...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LEES  Matt. 22:1-14
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vgl. gerus hierdie gelykenis met Christus se woorde in Mark. 13:34-37:
Christus is die "man" wat op reis is en Sy huis agterlaat.... Hy gee vir Sy diensknegte volmag (ons kan dit miskien vgl. met verskeie ander gelykenisse waarin Hy verduidelik hoe Hy Sy besittings aan Sy diensknegte toevertrou..., maar Hy vul ook Sy diensknegte met krag en gee hulle volmag OM IN SY NAAM op te tree!- http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-beteken-dit-dat-daar-krag-is-in-die.html). Verder gee Hy ook vir elkeen 'n werk (dit kan miskien vgl. word met die gelykenis van die talente, en hoe ons moet "woeker" met dit wat Hy vir ons gee). As ons as Christene verstaan dat dit wat die Here aan ons toevertrou, eintlik aan Hom behoort en NIE AAN ONSSELF BEHOORT NIE, dan sal ons verstaan dat die rede waarom sommige meer besittings of geld kry, nie is omdat hulle belangriker is as ander mense of omdat dit hulle eerder toekom nie. En die rede waarom sommige meer krag of werke kry, ook nie is omdat hulle belangriker is of meer geseend is nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html). Inteendeel, as jy jou eie wil hê, dan moet jy eers bewys dat jy getrou is in 'n ander se goed!:  (Luk 16:12 - "En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?"). As jy nie getrou is in die Here se goed nie, in dit wat Hy aan jou toevertrou nie, hoe sal jy dan "jou eie" erf? Die manier hoe jy nou werk met dit wat die Here aan jou toevertrou, sal selfs ook bepaal "hoeveel" jy eendag erf! (Luk. 19:12-27; Mark. 12:41-44; Matt. 25:13-30).  M.a.w,,  wat die DIENSKNEGTE van die Here moet besef is dat hulle 'n verantwoordelikheid het terwyl die Here Jesus weg is! - 'n verantwoordelikheid om in die Here se Naam op te tree en om dit wat Hy aan hulle voorsien, ter wille van Hom aan te wend in die koninkryk van God.  Wat gaan hulle doen met die besittings wat Hy hulle gee?  Wat gaan hulle doen met die krag wat Hy hulle gee?  Wat gaan hulle doen met die geld wat Hy hulle gee?  Ons ontvang nie besittings, geld, krag, werk net vir onsself nie, maar sal verslag gee van wat ons met dit gedoen het wanneer Christus terugkom. Was ons barmhartig en het ons ons besittings en geld gedeel met die wat in nood is? (m.a.w., ons moet eerder "ryk wees in die Here"). Was ons "besig", en het die krag wat Hy ons deur Sy Heilige Gees gee gebruik om die evangelie te verkondig en Sy woord op tyd te bring?..(ons moet Hom vrees, nie vir die wat die liggaam doodmaak nie). Het ons die werk gedoen wat Hy ons gegee het? (was ons gehoorsaam en het Sy wil gedoen?).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Here gee vir elk van Sy diensknegte WERK om te doen (Mark. 3:34).Vir sommige gee Hy spesifiek die werk van "deurwagter" en is aangestel "om te waak";  alhoewel die opdrag van "om te waak" nie net gegee word aan die deurwagter nie, maar is ook vir almal bedoel: (Mar 13:37)  En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!  Die wat (geestelik) slaap kom maklik in versoeking (Luk. 22:45,46), en dit is om hierdie juiste rede waarom Christene somtyds val vir afgodspraktyke, of verval in sonde, of hulle hoop plaas in wêreldse wyheid...  Sommige glo net vir 'n tyd - hulle het geen wortel nie, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik (Matt. 13:21).  Ander se vrug word verstik deur die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom (Matt. 13:22). Hulle word geestelik dronk en kan dan nie mooi "sien" en "hoor" nie...  Terloops, dit is ook wanneer die diensknegte slaap, wat die vyand kom en onkruid saai onder die koring! (Matt. 13:25). Ons moet dus verstaan wat dit beteken om geestelik aan die slaap te wees, want dit is wanneer 'n kerk slaap wanneer valse leermeesters onder hulle gesaai word (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html). Christene moet altyd GEREED wees!, en al manier hoe jy gereed gaan wees, is om "wakker" te wees - m.a.w.,  "moet die wil van die Here soek en doen, nie jou eie wil nie". Vra Hom wat jy moet doen met dit wat Hy aan jou toevertrou, want die een wat nie die wil van die Here doen nie maar eerder sy eie wil, sal nie gereed wees vir die bruilof nie;  bv., die een wat nie regtig die Here KEN nie, maar die krag wat Hy aan hom toevertrou het gebruik het vir eie gewin, sal weggewys word... (Matt. 7:22).

(Luk 12:37 - "Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien").   In 1 Thess. 5 beteken "om wakker te wees" dieselfde as om "nugter" te wees (m.a.w., kinders vd dag).  In Ef. 5 beteken dit dieselfde, en bevestig verder dat dit verwys na die wat geloof het in Christus Jesus, en nougeset wandel (nie as onwyses nie, maar as wyses);  m.a.w. die wat verstaan wat DIE WIL VAN DIE HERE is (Ef. 5:17). Die wat volgens wêreldse wysheid wandel, is dronk van die wêreld (is onwys), maar die wyse raadpleeg en soek die wil van die Here en verkry sy wysheid van die Here.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


In Matt. 22:1-14 leer Christus vir ons dat alhoewel baie GEROEP word, (dus uitgenooi word na Sy bruilof,  "die bruilof van die Lam"), die geroepenes "sonder bruilofskleed" uit die bruilofsaal uitgegooi sal word (Matt. 22:14).  "Die sonder bruilofskleed" was dus nie gereed nie.  Dit kan vgl. word met die gelykenis van die 10 (diens)maagde, waarvan 5 nie GEREED was nie - 10 het na die bruilof gegaan, maar slegs 5 kon ingaan!  Die bekende gesegde "eenmaal 'n kind van God, altyd 'n kind van God" is nie heeltemal skriftuurlik nie, want dit is slegs van toepassing op die wat VASHOU, nie op die wat laat los nie!  

Slegs die wat GEREED is (Matt. 20:44; 25:10; Luk. 12:40), sal ingaan:
-  In Luk. 12:13-40 het Christus verduidelik dat "om gereed te wees" beteken:
 "om ryk te wees in die Here" (nie in aardse besittings nie).  
-  In Luk. 12:1-12 het Hy geleer dat "om gereed te wees" gaan oor:
dat ons nie moet vrees vir die wat die liggaam doodmaak nie, maar vrees Hom wat by magte is om in die hel te werp!  (In hierdie gedeelte leer Hy die belangrikheid van om Hom NIE te verloën nie, want die wat Hom verloën, is die wat eerder mense vrees in plaas van om die Here te vrees). 
-  In Luk. 12:41-59 het Hy geleer dat:
 "om gereed te wees" beteken dat ons die wil van die Here doen.

Met hierdie 3 punte in ag geneem, kry ons 'n goeie idee van wat dit beteken "om gereed" te wees.  Die wat nie gereed is wanneer Hy terugkom nie, sal nie ingaan in die "fisiese" Koninkryk van God nie. Matt. 22:10 bevestig hierdie feit en verklaar dat die bruilofsaal nie net vol word van "goeie" (genooides) nie, maar ook van "slegtes" (l.w., ook genooides!).  Huidiglik word baie geroep en die bruilofsaal word vol van goeies en slegtes (huidige "geestelike" Koninkryk van God), maar nie almal wat bely dat hulle Christene is, en nie almal wat deur die stappe is van bekering en geloof (en die Christelike doop) gegaan het, sal ingaan na die maaltyd nie, maar slegs die wat OORWIN en die wat VASHOU.  Baie "die woord hoor en dit met blydskap aanneem, verloën die Here die oomblik as daar vervolging en verdrukking kom ter wille vd woord (Matt. 13:20,21).  Ander begin selfs vrug dra, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hulle word onvrugbaar (Matt. 13:22).  In beide hierdie gevalle is dit mense wat bely dat hulle glo, maar hulle werke bewys dat hulle ongelowig of ongehoorsaam is.

 Die wat verval in afgodspraktyke en hulle nie daarvan bekeer nie, kan nie verwag om die ewige lewe te ontvang nie.  Die wat stap in sonde tot die dood en weier om hulle daarvan te bekeer, kan nie verwag om eendag die ewige lewe te ontvang nie. ONGELOWIGES en ONGEHOORSAMES sal nie eendag ingaan in die ("fisiese") koninkryk van God  nie! (Jud. 1:5; 1 Kor. 6:10).  Slegs die wat OPSTAAN TOT LEWE (nie die wat opstaan tot veroordeling nie) sal ingaan in die "fisiese" koninkryk van God;  m.a.w.,  "DIE WAT GEREED IS" (bv. ryk in die Here, die wat Hom vrees, en die wat Sy wil doen...).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

-  Die koninkryk vd hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het (1): 

 http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/05/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_23.html

-  Die koninkryk vd hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het (2): 


-  http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-is-die-bruid-van-christus.html
-  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html

Dinsdag 06 Junie 2017

Die koninkryk vd hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het (2)

Wat Christus vir ons geleer het uit die gelykenis waarin Hy die koninkryk vd hemele beskryf het as "soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het" (Matt. 22:1-14), leer Hy dat die wat eendag SONDER  KLEED opdaag by die bruilof, uitgegooi sal word uit die bruilofsaal... (Matt. 22:12,13). Hierdie verwys natuurlik na die "SONDER" kleed, en kan deels verwys na die wat nog nie 'n nuwe kleed gekry het nie (soos ons hieronder sal sien), maar kan ook verwys na die wat wel 'n kleed gekry het, maar dit nie bewaar het nie (sien vorige dagstukkie-http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/05/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_23.html),  en dus dan sonder kleed opeindig...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer Christus praat oor die belanrikheid van "om te vas" wanneer Hy, die BRUIDEGOM, weg is, dan vgl. Hy die kind van God met 'n "nuwe leersak" (Matt. 9:17);  wat ook vgl. word met 'n kleed (Matt. 9:16) (soos om 'n nuwe KLEED te kry). In die betrokke gedeelte verduidelik Hy dat "om te vas" is soos om die nuwe leersak (die persoon wat wedergebore is) te vul met nuwe wyn (te vul met die Here se woorde - Sy wysheid en kennis - geestelike voedsel). Die een wat tot bekering kom, bekeer veral van die manier hoe hy "sien" (en daarom begeer hy hierdie voedsel vd Here).  Dit is ook terloops veral waarna die woord bekering verwys het toe Jesus (en Johannes die doper) die mense opgeroep het tot BEKERING, nl. om jou te bekeer van die manier hoe jy "SIEN"!  Jesus se leringe het baie hieroor gegaan, oor hoe ons moet HOOR.  Deur "vas" RAADPLEEG ons die Here en soek Sy voedsel (nuwe wyn).  Let wel dat hierdie voedsel of nuwe wyn nie verwys na die Heilige Gees nie, maar verwys na die Here se woorde, Sy wysheid en kennis - en die Gees lei en leer en oortuig ons hierin/van (-om meer te leer oor "vas", voorwaardes ens., gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/om-te-vas.html)------------------------------------------------------------------------------------------------------------Somtyds laat die Here toe dat ons fisies honger het of 'n tekort het aan sekere kosse (soos Hy met die volk in die woestyn gemaak het) - met die doel om vir ons daardeur te leer dat DIE MENS NIE VAN BROOD ALLEEN LEWE NIE, MAAR VAN ELKE WOORD WAT UIT DIE MOND VAN GOD UITGAAN (Deu 8:3). 'n Christen wat nie tyd met die Here spandeer nie, of nooit tyd maak vir vas nie, sal vind dat iets skort, want ons is nie gemaak om van brood alleen te lewe nie!  Elkeen van ons het die woorde wat uit God se mond uitgaan, NODIG. (Mat 9:15)(Matt. 17:21; 9:16,17).  Baie Christene is vandag HONGER, en is bv. desperaat en voel daar's geen uitkoms of voel onseker of onvergenoegd of watookal, maar in hulle "hongerte" gaan soek hulle dan antwoorde op verkeerde plekke!??, terwyl wat hulle eintlik moet doen is om tyd te maak met die Here, en/of te vas, en Sy woorde te bepeins....  Wie is dit vir wie ons raadpleeg wanneer ons "honger" het? (Joh 6:35). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:



Die bruilofsgaste wat eendag na die bruilof gaan, het nou nodig om te vas terwyl die Bruidegom weg is (Matt. 9:15) sodat hulle van hierdie nuwe wyn kan kry. Maar wat met sekere bruilofsgaste of GEROEPENES gebeur, is dat wanneer hulle hierdie nuwe wyn in hulle sakke gooi, dit nie hou nie!  Christus het die beeldspraak gebruik dat dit is soos om 'n NUWE STUK LAP OP 'N OU KLEED TE LAP! - wat dan gebeur is dat die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom 'n erger skeur... (Mat 9:16). Hulle het dus nog nie 'n nuwe kleed gekry nie, alhoewel hulle deel is van die geroepenes...!  Die rede hiervoor? - nie alle GEROEPENES het hulle tot die Here Jesus Christus BEKEER nie. En omdat hulle hul nog nie BEKEER het van die manier hoe hulle SIEN nie, glo hulle nie die EVANGELIE vd koninkryk nie.  Hulle soek hierdie nuwe wyn (vd evangelie) en sit onder die geklank van Christus se woorde, maar hulle "HOOR" nie. In so 'n geval sal die woorde van die evangelie hulle nie verander nie, want die ou sakke kan nie die nuwe wyn dra nie (Matt. 9:15-17). Toe Christus die eerste keer gekom het, het die volk van God gesit onder die geklank van Sy woorde terwyl Hy vir hulle hierdie evangelie van die koninkryk gebring het, maar nie almal het in Hom en in die evangelie geglo nie. Hulle het nog die ou wyn begeer. Hulle het voorgegee dat hulle die Vader ken, maar hulle het nie, want as hulle Hom werklik geken het dan sou hulle na Sy Seun geluister het.  En omdat hulle Christus verwerp het, kon diesulkes nie die Gees ontvang nie, en nie nuut gemaak word nie... al is hulle deel van die GEROEPENES! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-2.html). Hulle mag dink dat hulle kinders is van die koninkryk omdat hulle kinders is van Abraham (waarvan die besnydenis 'n teken was onder die ou verbond), maar as hulle nie glo in die Een wat vir hulle kan opwek tot lewe nie, dan het hulle nog nie die nuwe kleed aangetrek nie.  Op dieselfde wyse is daar baie Christene vandag wat hulleself sien as kinders van die koninkryk omdat hulle geloof bely in Christus (en waarvan die Christelike doop 'n teken is), maar as hulle nie die werke het saam met die geloof nie (m.a.w. wat bewys dat hulle inderdaad in Hom glo), dan is hulle geloof dood en dan is hulle naak voor die Here. Baie wat voorgee dat hulle in Christus glo, gee nie ag op Sy woorde nie (glo nie die evangelie nie) en hulle is Hom nie gehoorsaam nie - hulle mag dalk deel wees van die wat UITGENOOI is na die bruilof, maar sal eendag in hulle ou klede bevind word, want in plaas van om 'n nuwe kleed te kry, het hulle die ou kleed probeer lap met 'n nuwe stuk lap... 

Daar is 2 voorwaardes wat die mens moet nakom voor hy weergebore kan word, nl. bekering en geloof (Mark. 1:15).  Min kerke preek vandag "bekering" saam met geloof. Inteendeel, Christene neem glad aanstoot wanneer werke (GEHOORSAAMHEID) saam met geloof gepreek word (of wanneer daar gepraat word oor die pad van godsaligheid!).  Vele Christene glo vandag dat geloof slegs 'n belydenis is en leef steeds vir hulleself;  hulle besef nie eens dat hulle 'n besluit moet maak om die Here te DIEN en vir Hom te leef (gehoorsaam) nie! Hulle besef nie dat BEKERING deel is van GELOOF nie. Hulle sit in die Christelike kerk as mense wat bely dat hulle Christene is, maar hulle is ongehoorsaam aan die Here en glo nie eens regtig die waarheid nie!  Kyk maar hoeveel Christene hang wereldse wysheid aan en probeer die waarheid van die Bybel verdraai om by hulle sieninge in te pas (in plaas van dat hulle hulle sieninge moet verander om by die Skrif in te pas). Baie kerke maak glad nie meer staat op die waarheid van die Skrif nie, maar besluit self wat is waarheid en wat nie -  lidmate dink glad dat die waarheid bepaal kan word deurdat die gemeente "stem"  oor wat hulle toelaat en wat nie! In plaas van om hulle lidmate lering te gee in die waarheid,  en hulle te waarsku teen afgodspraktyke en teen sonde tot die dood, is hulle liewer besig om wat sleg is goed te maak, en goed sleg! (Jes. 5:20). Die kerk is besig om te LASTER wanneer hulle hul eie waarhede begin skep bo die Here se waarheid, en hulle hoop al meer begin plaas op leringe wat in teenstelling is met dit wat Christus geleer het in die EVANGELIE van die koninkryk. 

Die wat nog met ou gelapte klede rondloop, het hulle nog nie bekeer van die manier hoe "hulle sien" nie, en kan dus nie die Gees ontvang nie! (en kan dus nie die dinge van die Gees verstaan nie).  Die probleem met die ou kleed of leersak is dat hulle die ou wyn bo die nuwe begeer (Luk. 5:39). En ons kan sien , soos bo genoem, dat hierdie direk verband hou met die manier "hoe iemand SIEN".  Die nuwe leersak begeer die kennis en wysheid van die nuwe verbond (die evangelie van die koninkryk), en het hom bekeer van sy eie, tot die manier "hoe die Here SIEN". Wat Christus vir ons geleer het is dat as ons NUWE wyn in ou leersakke gooi, dit sal bars! (Matt. 9:17).   As iemand nie regtig tot bekering kom nie, dan sal hy nie die dinge van die Gees verstaan nie, "soos iemand met 'n ou gelapte kleed"  (1Kor. 2:14 - Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word").  Die "broeder" wat dus nog nie werklik tot bekering gekom het nie (m.a.w. nog nie hom bekeer het van sy eie wil nie, en nie ag gee op die evangelie vd koninkryk nie), sal nie instaat wees om die nuwe wyn te dra nie! En dit sal ook met verloop van tyd duidelik word dat hy nie regtig die nuwe wyn begeer nie, want die oue smaak vir hom beter! Om die NUWE WYN te behou moet jy 'n nuwe leersak wees - soos om 'n nuwe kleed te kry! Maar die ou leersak wat nie die nuwe wyn kan behou nie, sal nie die vrug kan dra wat nodig is om die ewige lewe te beerwe nie... (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html).  Dit is slegs die nuwe leersak. of die een met hierdie nuwe KLEED, wat kan bely dat hy inderdaad "vry" is, want hy wil doen wat die Gees wil (en daarom "verstaan" hy die geestelike)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html).  Dit is maklik om te sien wie VRY is, want die vrye begeer die dinge van die Gees! (Gal. 5:17; Jak. 4).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Sommige wat wel 'n nuwe kleed ontvang het, se kleed is ongelukkig weer deur die sonde bevlek... (Jud. 1:23)(soos die wat wel begin vrug dra, maar hulle vrug verloor...)  -  daar is egter altyd hoop vir die een wat hom tot die Here bekeer!(Luk 15:21)  En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. (Luk 15:22)  Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.   Vir 'n dagstukkie hieroor, gaan na: 
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/05/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_23.html._________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/nuwe-wyn-moet-in-nuwe-sakke-gegooi-word.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/om-te-vas.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 23 Mei 2017

Die koninkryk vd hemele "is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het" (1)

In hierdie dagstukkie wil ons kyk na hoe Christus die koninkryk van die hemele beskryf het deur
DIE GELYKENIS:  "Die koninkryk vd hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het".

LEES  Matt. 22:1-14
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die term "koninkryk van God" verwys natuurlik na die koninkryk waar Hy "TEENWOORDIG" is en "IN BEHEER" (Hy is die Koning!)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html). M.a.w., in die hemel is Hy "teenwoordig en in beheer", maar Sy koninkryk is nie net 'n HEMELSE koninkryk nie, maar ook GEESTELIK van aard, (en het dus al gekom) in die sin van dat die gelowige die Here Koning maak van sy lewe, en Hom in beheer plaas, en die Heilige Gees ontvang (m.a.w., in hierdie "geestelike" koninkryk is Hy teenwoordig deur Sy Gees). Die koninkryk van God is verder FISIES van aard omdat die Here Jesus, wanneer Hy terugkom, Sy aardse fisiese koninkryk gaan verwek hier op aarde. Hierdie gebeurtenis is iets waarna die volk van Israel uitgesien het vir baie eeue, en hulle het daarna verwys as die "koninkryk van Israel" (Hand. 1:6) omdat daar geprofeteer was van hoe Christus die land en volk sal herstel en Sy ewige troon daar vestig. (Dan 2:44 - "Maar in die dae van dié konings ("voete op beeld wat  Nebukadnésar in droom gesien het) sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—"). Alhoewel die koninkryk van Israel meer verwysend is/was na die volk Israel in die beloofde land (en l.w. dat God by hulle was/teenwoordig was d.m.v. die tabernakel/tempel), moet ons verstaan dat Sy aardse koninkryk wat Hy sal verwek wanneer Hy terugkom, ook vanuit die beloofde land sal wees, en Hy sal Koning wees oor die hele aarde (in beheer), en FISIES SELF TEENWOORDIG! (Ps. 47:2)(Sag. 14:9 - "En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een").  Die profeet Jeremia het ook geprofeteer dat wanneer Christus terugkom, Hy vanuit JERUSALEM sal regeer oor die hele aarde (Jer. 33:16; 3:17)(1 Kon. 11:36)http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/jerusalem.html. Tog, al het die profete geweet van hierdie koninkryk en die volk hierna uitgesien, was die evangelie van die koninkryk eers begin preek met Johannes die Doper! (Luk. 16:16). Deur hierdie evangelie vd koninkryk het Christus vir ons baie geleer oor die koninkryk van die hemele (koninkryk van God). As ons nie ag gee op die EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK nie, dan sal ons sukkel om bg. te verstaan.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------   Iets wat Jesus geleer het oor die koninkryk van die hemele/God, is dat die KONINKRYK VD HEMELE vgl. kan word met 'N KONING WAT 'N BRUILOF VIR SY SEUN BEREI... Hierdie is huidiglik besig om te gebeur, want die Vader is besig om 'n bruilof vir Sy Seun Christus Jesus te berei...  Ook volgens O.T. profesiee sal die Here 'n maaltyd berei wanneer Hy die land herstel (Jes. 25:6). Dit is ook interessant hoe hierdie "beeldspraak" in die N.T. gebruik word...  -kyk bv. hoe die "diensknegte wag op die bruidegom" in Matt. 25.  In Matt. 9:15 het Jesus die dissipels "bruilofsgaste" genoem. Johannes het homself 'n "vriend vd bruidegom" genoem in Joh. 3:29.  (en hier in Matt. 22:11 word die bruilofsgas ook "vriend" genoem..).  Daar is ook die gelykenis vd 10 (diens)maagde (Matt. 25)..., en vgl. dit ook met Luk. 14:24 - ("Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie").... Hetsy beeldspraak of letterlik, dit is slegs die wat gesien word as "gereed" wanneer Christus terugkom (die wat nie naak bevind gaan word nie), wat sal deel he aan hierdie maaltyd: -("Luk 12:40)  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie".). Baie sal na die bruilof gaan, maar uitgegooi word (soos die gelykenis hier in Matt. 22 vir ons leer), en dus nie deelneem aan die maaltyd nie!  Ons moet dus seker maak dat ons verstaan wat bedoel word met die begrippe "om gereed te wees" en "om nie naak bevind te word nie". Rol asb. af "OM DIE GELYKENIS VAN NADERBY TE BESTUDEER (vir uitleg) - waar slegs een interpretasie bespreek word, maar maak nie saak watter interpretasie gebruik word nie, dit EINDIG altyd by die feit DAT DIE WAT SONDER BRUILOFSKLEED NA DIE BRUILOFSMAAL GAAN, UITGEGOOI SAL WORD UIT DIE BRUILOFSAAL...  Wat ons verder leer uit hierdie gelykenis, is dat ons huidiglik leef in die tyd waar die diensknegte uitgestuur word en mense uitgenooi word (mense van alle stamme, volke, tale en nasies) na DIE BRUILOFSMAAL, en l.w. "slegtes" sowel "goeies" ! (Matt. 22:10).  Sommige (wat uitgenooi is, en gaan om die bruilofsmaal te geniet), sal uitgegooi word omdat hulle nie 'n bruilofskleed aan het nie... (m.a.w., hulle was nie "gereed" nie - Openb. 3:18).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Om te verstaan wat bedoel word met die "bruilofskleed", moet ons gaan kyk na die besonderse betekenis van kleed in die Skrif, bv. "iemand wat NAAK is kan toegedek word met 'n KLEED" (Eseg. 18:16). Soos ons weet maak die N.T. veral bemoeienis met die geestelike, want die vleeslike onder die ou verbond was slegs 'n skaduwee van dit wat sou kom...  Die geestelike betekenis van naaktheid in die Skrif gaan oor "skaamwees" en "vernedering" weens ontbloting (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...) - en daarom het ons elkeen 'n kleed nodig!  Net soos die bewustheid van om fisies naak te wees (en skaam ontbloot), iets is wat na die sondeval gekom het (Gen. 2:25; 3:7,11),  OP DIESELFDE WYSE SAL DIE SONDER (BRUILOFS)KLEED SKAAM WEES EN VERNEDER VOEL (omdat hy/sy ONTBLOOT is). Die een wat kaal is, staan heeltemal bloot vir almal om te sien.  Deur GELOOF ontvang ons 'n bedekking (Rom. 4), amper asof ons 'n kleed ontvang.  Ons koop vir ons WIT KLERE dat ons ons kan aantrek en die skande van ons naaktheid nie geopenbaar word nie! (Openb. 3:18)(http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html)
(Rom 4:7 - "Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is").  

Maar DIE WAT NIE HULLE KLERE BEWAAR NIE, SAL HULLSELF steeds IN HIERDIE SKAAM NAAKTE POSISIE BEVIND - hulle sonde nie bedek nie en dus sal hulle onder oordeel kom daarvoor (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Wat help dit iemand kom tot geloof en sy sonde word bedek (hy kry dus klere of 'n kleed), maar hy bewaar nie sy klere nie?  Die gevaar van so 'n Christen wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, is dat hy "naak" bevind sal word op die dag van die bruilof!  Baie Christene loop rond soos mense SONDER KLERE - hierdie beeldspraak word in Openb. 3 gebruik waar die gemeente van Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk is en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat nie klere het nie en is NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7). (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien"). Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels van die wereld, en volgens Paulus "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13). Op dieselfde wyse sal die wat "geestelik" NAAK is a.g.v. ONGEHOORSAAMHEID en ONGELOOF, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal. Mag elkeen wat GEROEP word tog seker maak dat hy hom/haarself nie in hierdie vreeslike posisie bevind wanneer hy voor Christus Jesus verskyn nie... Kom, en koop van Hom, WIT KLERE! (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html). (Mat 22:14)  "Want baie is geroep, maar min uitverkies").
_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html (en rol af in pos om die geestelike betekenis van "naak" te verstaan)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
_________________________________________________________________________________



UITEENSETTING VAN SKRIFGEDEELTE:
(Mat 22:1)  En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:
(Mat 22:2)  Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het
(Mat 22:3)  en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.  - die Koning (die Vader) berei 'n bruilof voor vir Sy Seun (Christus Jesus), en Hy (Vader/Seun) stuur diensknegte (profete, Johannes die Doper, dissipels...) uit om die genooides te roep (Matt. 10:6,7; Mark. 6:7-11)("genooides = geroepenes" - in hierdie geval, die volk van Israel)("diensknegte = vriende = ook bruilofsgaste", m.a.w. self ook geroep" /  diensknegte verwys na die wat afgesonder word vir diens;  hulle stel hulleself ondergeskik aan hulle Koning).
(Mat 22:4)  Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.  - die genooides het nie geluister nie, so die Koning het weer ander diensknegte na hulle gestuur
(Mat 22:5)  Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak. - sekeres vd volk van Israel het vir Christus Jesus verwerp - hulle het nie regtig die Vader geKEN nie, anders sou hulle vir Christus Jesus ontvang het
(Mat 22:6)  En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak. - vervolging op Christene; (Mat 23:34 - "Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg")
(Mat 22:7)  Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. - verwoesting van Jerusalem, volk versprei oor aarde - 70 n.C. plaasgevind
(Mat 22:8)  Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. (Hand. 13:46) 
(Mat 22:9)  Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. - diensknegte wend hulle na die heidene, en nooi almal uit (alle stamme, nasies, volke, tale)("evangelie van vrede")(Hand. 10; Rom. 11)
(Mat 22:10)  En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies (Matt. 13:38 en 47; 1 Kor. 6:9-11; Openb. 2; 1 Joh. 2:19), en die bruilofsaal het vol gaste geword.
(Mat 22:11)  En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. - (WAS NIE GEREED NIE - HET NIE DIE VOORWAARDES NAGEKOM NIE)(onkruid-akteurs,die voorgee-gelowiges)(kaf-die wat geen vrug dra, of nie die nodige vrug dra nie)(bokke-die wat onbarmhartig is)
(Mat 22:12)  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
(Mat 22:13)  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 22:14)  Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Woensdag 12 April 2017

Wat beteken dit om 'n "rein of suiwer hart" te he?

Die met REIN harte word gesien as "salig", want hulle sal vir God sien (Matt. 5:8). Koning Dawid het ook die belangrikheid van 'n rein of suiwer hart verstaan, en het gebid dat die Here 'n rein hart in hom sal skep ...(Ps. 51:10).  Hierdie "besnydenis van die hart" is egter nie alleenlik iets wat net deur die Here in die gelowige gedoen word (soos baie glo) nie, maar is ook iets wat die Here van elke gelowige verwag om self te doen................................................................................................................................. Dit is interessant om te sien hoe die tema van "suiwer hart" aansluit by die tema van die "besnydenis" (vd hart).  Die tema van " die besnydenis" gaan nie net oor die "besnydenis van die vlees" (vleeslike besnydenis) nie, maar gaan ook oor (en veral oor) die BESNYDENIS VAN DIE HART! (Eseg. 44:9...). Die vleeslike besnydenis was wel 'n teken van die ou verbond, maar ONGEHOORSAMES was steeds gesien as onbesnedes al was hulle ook vleeslik besny! (Jer. 9:25...). Ook in die N.T. word die ONGEHOORSAMES en die wat die Heilige Gees weerstaan, voorgestel as die "wie se harte en ore nie besny is nie" (Hand. 7:51, Matt. 13:15, Hand. 28:27)In verskeie ander skrifte verwys 'n "onbesnede hart" veral na die wat (alhoewel "kinders van God")(en sommiges wat ook vleeslik besny was!) stap in sonde en ongehoorsaam is aan die Here (m.a.w. dit verwys na die ongehoorsame gelowiges, die wat die ongeregtigheid liefhet - Lev. 26:41; Eseg. 44:90), en "die wie se harte VERKEERD is" (Jer. 9:26) en gewentens besoedel (1 Kor. 8:7...)-soos die wyse wat hom beroem op sy wysheid, -of die sterke wat hom beroem op sy sterkte, -of die ryke op sy rykdom... (Jer. 9:23)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  Die Bybel leer vir ons hoe ons ons eie harte kan ondersoek om te sien of dit suiwer / rein is, of besoedel / onrein is.  Daar is bepaalde kenmerke wat bv. die met rein harte beskryf, soos dat die met rein (skoon/suiwer) harte ook die is wat die Here vrees (Ps. 19:9, en vgl. met Hand. 10:35).  Die wat NIE die Here vrees nie (bv. die wat "eie wil" bo die Here se wil kies, of nie bereid is om lewe te verloor ter wille van die Here nie...) se harte is nie suiwer nie. 

-  Verder is dit ook elkeen se eie WOORDE wat getuig wat in sy binneste aangaan (Spr. 15:26). Christus het ook hierdie feit bevestig in Matt. 12:34.  Dit wat die mens "praat" wys of sy/haar hart REIN (skoon), of ONREIN (besoedel) is - "want uit die oorvloed vd hart praat die mond..." Die begrip "suiwer" of rein hart verwys na die wat "skoon" van hart is (Ps. 51:10). Bv., die Here se woorde is altyd REIN ("skoon" - nie besmet nie)(Ps. 12:6), want in Hom is niks onrein nie, maar die wat valse leerstellings verkondig se woorde is BESMET en dit wys wat in hulle harte aangaan en dat hulle harte onrein is...


-  Selfs dit wat iemand dink (m.a.w. soos watter gedagtes hy koester of dit wat hy bedink), wys of sy hart suiwer is of nie!  Dit wat uit die hart uit kom, kan dus iemand BESOEDEL (sou die hart onrein wees). Christus het geleer dat dit nie dit is wat ingaan in die liggaam wat iemand besoedel niemaar dit wat uit die hart uit kom (Mark. 7:21; Matt. 15:19);  m.a.w., soos iemand wat onrein (besoedel) word DEUR SY GEDAGTES- Mat 5:28 - "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het" -  In hierdie geval is die persoon wat "in sy hart egbreuk pleeg", se hart NIE SUIWER nie. Dit is dus wat hy "in sy hart bedink" (in sy hart doen of bedink om te doen) wat hom onrein maak.  Net soos wat die fisiese daad van sonde die liggaam onrein maak, so kan sondige gedagtes en verkeerde of nie-opregte bedoelinge iemand ook onrein maak. Mense se begeerlikhede, in geval van dinge wat ons nie moet begeer nie, kan veroorsaak dat hulle deur die kwaad versoek word (Jak. 1:13,14).  Hierdie soort begeerlikhede of gedagtes baar sonde as dit ontvang word! (Jak. 1:15), en het tot gevolg dat iemand onrein word daardeur.  Elke Christen word geroep tot HEILIGMAKING! (1 Thess. 4:7)(m.a.w., nie geroep tot onreinheid nie, maar geroep om hom/haarself af te sonder vir die Here).  

(1)  Deels is die besnydenis van die hart iets wat die Here self doen in die gelowige (Deut. 30:6)(wedergeboorte - Sy saad...)
(2)  maar deels is dit ook iets wat van elke gelowige verwag word in die sin van dat elke Christen sy/haar eie lewenswandel moet heilig (afsonder) vir die Here (1 Pet. 1:15) - m.a.w., daar word ook van elke gelowige verwag om sy/haar eie "hart te besny" (Deut. 10:16) http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/10/die-godsaligheid.html.  
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Onreinheid is een van die "werke van die vlees" (Gal. 5:19).  Die begrip "onrein" word in verskillende kontekste in die Skrif gebruik, en ons moet besef dat "om onrein te wees", nie altyd beteken dat iemand sondig is nie!; alhoewel, in meeste kontekste van die N.T. verwys die woord "onrein" veral na die wat besoedel is van SONDE, hetsy deur: 
(1)  fisiese sonde (waardeur die liggaam besoedel word-Jak. 3:6; Kol. 2:11; Jak. 5:3; 1 Pet. 4:6; Gal. 5:19,24; 6:8;  Hebr. 9:13...), OF 
(2)  deur bedoeling, gedagtes, begeertes en oorlegginge van die hart (waardeur die gewete besoedel word-1 Kor. 8:7; Tit. 1:15; 1 Pet. 3:21), (en waardeur die hart besoedel word- 1 Joh. 3:17,20,21; 2 Pet. 2:14; Jak. 3:14; Openb. 18:7; Jak. 1:26; Hebr. 3:10,12; 1 Tim. 1:5; 2 Tim. 2:22; Ef. 4:18; 1 Kor. 7:37; Rom. 10:6...). 

M.a.w., die vraag wat elkeen moet vra is, wat in sy hart aangaan?  'n Interessante vb. is die van Mark. 10:17-23 van die persoon wat kom navraag doen het oor die ontvang van die ewige lewe...  In die betrokke gedeelte wys Jesus vir hom wat in sy hart aangaan en wys hom dat hy te geheg is aan sy besittings. Hy het gedink dat hy die eerste gebod nakom, maar hy het nie want die begeertes van sy hart het iets anders gewys. ELKE CHRISTEN MOET SEKER MAAK DAT HY OOK SELF SY HART BESNY DEUR AG TE GEE OP DIE OORLEGGINGE, BEGEERTES EN GEDAGTES VAN SY HART. As iemand bv. gedagtes van sonde koester, dan is dit dit wat in sy hart aangaan (Hebr. 4:12). In Ps. 24:3,4 word "suiwer hart" beskryf as die een wat nie sy siel ophef tot nietigheid nie en nie vals sweer nie;  maar die wat hulle verontreinig deur die BEGEERTE van nietighede, se harte word besoedel.  Die wat bv. vals sweer, se harte getuig van iets anders as wat hulle verklaar - alhoewel hulle voorgee hulle bedoel dit wat hulle verklaar, is hulle harte besig om te lieg - hulle harte is m.a.w. nie opreg of suiwer nie. Jakobus raak ook hierdie onderwerp aan in Jak. 4:8b - ".......suiwer die harte, julle dubbelhartighes!".  En l.w., hier geskryf aan Christene en in konteks met die wie se BEGEERTE is om vriende van die wêreld te wees - hulle is dubbelhartig en wil beide die Here en die wêreld dien.  Paulus leer vir ons in 2 Kor. 10:4,5 dat die wapens van ons stryd nie vleeslik is nie...., maar, Wat is hierdie wapens?, en hoe word hierdie vestings neergewerp?  Die "Wapens" wat hier genoem word is o.a. dat ons:
-  planne (gedagtes) en skanse (soos mure) wat opgewerp word teen die kennis van God, moet verbreek;  (1 Kor. 1:27; 3:19,20) (m.a.w. valse of verdraaide leerstellings; eie wil ens.)
en dat ons:
elke gedagte (bv. sondige gedagtes) gevange moet neem tot gehoorsaamheid aan Christus. (Hebr. 4:12; Rom. 1:21; 8:5; 1 Joh. 2:15,16)(Kol 3:2 - "Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie").
__________________________________________________________________________________________________________________________________

GEDAGTE:



In die Skrif is dit slegs die GEHOORSAMES wat gesien word "as besny" (m.a.w. besny na die hart)(Kol. 2:11).  Die vleeslike besnydenis was 'n teken of bewys van wie dit is wat glo (en ook soos 'n belydenis, m.a.w. het bewys wie dit is in wie hulle glo en vir wie hulle dien)(Rom. 4:11) - Op dieselfde wyse is die BESNYDENIS VAN HART 'n bewys of teken van wie dit is wat glo (en ook soos 'n belydenis van wie dit is in wie jy glo en vir wie jy dien!) Dit gaan dus oor wie dit is aan wie jy jouself ONDERWERP. As jy bely dat jy GLO, dan moet jou hart ook getuig dat jy GLO.  
-Waarvan getuig jou hart? Aan wie is jy gehoorsaam? Wat is dit wat jy in jou hart begeer?  Begeer jy eer van mense en/of dinge soos rykdom..., of is jou begeerte na die Here?  
-Wat is dit wat jy in jou hart bedink? Bedink jy die dinge van die wereld, of die dinge van God? Koester jy gedagtes van sonde, of lê jy die liggaam vd sondige vlees af?  Koester jy gedagtes en leringe van wêreldse wysheid, of soek jy eerder die waarheid en plaas jou gedagtes op die dinge daarbo?  
-Wie is dit vir wie jy soek, en wie is dit vir wie jy raadpleeg? Raadpleeg jy wêreldse wysheid en afgode (dus afgodspraktyke), of raadpleeg jy die Here?  
-Hoe klink die woorde wat uit jou mond uit kom?  Wat is jou getuienis? Wat is dit wat jy verkondig? Verkondig jy wereldse wysheid, of verkondig jy die waarheid en leringe wat Christus gebring het? 

Wat is dit wat in jou hart aangaan?, want dit wat in jou hart aangaan, wys of jy rein of onrein van hart is. Jou woorde en wat jy dink en wat jy doen is 'n getuienis van jou hart se toestand en wys wat dit is waarin jy glo en wat vir jou belangrik is... 

_________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/11/die-besnydenis.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/rein-skrifgedeeltes-en-betekenis.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html