Dinsdag 28 Januarie 2014

Voorwoord

Die bedoeling met "Ware Christene Dagstukkies", is nie om die warechristene blog te vervang nie, maar gaan oor die toepassing van die waarheid in vandag se lewe.  

Alhoewel die blogposts kort en kragtig gaan wees, moet dit nie Bybelstudie of persoonlike tyd met die Here vervang nie, maar bloot die persoon se gedagtes op die waarheid rig.  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Mar 4:24)  En Hy het vir hulle gesĂȘ: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.
(Mar 4:25)  Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
(Mar 4:26)  En Hy het gesĂȘ: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;
(Mar 4:27)  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
(Mar 4:28)  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.
(Mar 4:29)  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.