Vrydag 22 Februarie 2019

Die mens as Lewende siel

In sommige skrifte word "siel" in die Afrikaans vertaal as "wese", en die woord wese is ook die dieselfde Hebreeuse woord wat in sommige skrifte vir "siel" gebruik word. "Lewende WESE" verwys egter nie altyd na iets wat "op aarde" beweeg en lewe nie.  Daar is baie soorte lewende wesens (m.a.w. "volgens hulle soorte" en het verskillende soorte liggame, en ook nie almal "op aarde" nie)(Gen. 7:23; 1 Kor. 15:39), maar terwyl die woorde "lewende WESE" beide verwys na dit in die vlees (Ps. 8:5; Gen. 9:15,16)(bv. "gees met vlees en bene") of 'n gees (1 Sam. 28:13)(bv. gees sonder vlees en bene), is die woorde "lewende SIEL" ook meer verwysend na dit wat die lewensasem het (ook genoem, "iets waarin 'n lewende siel is" - Gen. 1:30).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Lewende siel verwys na dit wat DIE LEWENSGEES IN HULLE NEUSGATE HET, want "asem" verander iets of iemand in 'n lewende siel (Gen. 7:22,23). Daarom, as iemand die laaste asem uitblaas gaan hy dood en is nie meer 'n lewende siel op aarde nie... - alhoewel dan steeds nog 'n lewende "wese" (m.a.w. gees sonder vlees en bene en wag óf op die komende oordeel óf die opstanding). Die woord LEWENSASEM verwys na "asem in die neus" (Jes. 2:22), m.a.w. die "asem" wat God aan 'n wese gee - wanneer die mens doodgaan, verlaat hierdie asem sy liggaam en dit gaan op boontoe, terug na God wat dit gegee het (Pred. 12:7). (Job 34:14,15 - "As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer").

Maar asem ("gees") verwys nie net na letterlike asem waarsonder die uiterlike mens nie kan lewe nie, maar verwys ook na asem waarsonder die innerlike mens nie kan lewe nie (nl. die asem vd Gees)(Job 11:20; Ps. 146:4; Mark. 15:37,39; Luk. 23:46; Ps. 104:29). M.a.w., net soos die uiterlike mens nie kan lewe sonder asem nie net so kan die innerlike mens ook nie lewe sonder die asem van die Heilige Gees nie.  As iemand die Gees van God nie het nie kan sy innerlike gesien word soos iets wat "dood" is (asof nie 'n "lewende" siel).  Maar die wat die Gees van God het, LEWE !  (verwysend na die innerlike-Joh. 6:63; Rom. 8:10 ens.)  (en hulle het ook die belofte van eendag letterlike opstanding van uiterlike, maar natuurlik dan in 'n ander soort liggaam).  Sonder "asem" kan die mens m.a.w. nie 'n lewende siel wees op aarde nie. Sonder letterlike asem (lig/gees) wat God gee kan die uiterlike mens nie lewe nie. Op dieselfde wyse kan die innerlike mens ook nie lewe sonder die asem (die Gees) van God nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


'N LIGGAAM word gesaai'n ASEM (gees) daaraan gegee, EN DIT BRING 'N LEWENDE SIEL VOORT... (Gen. 2:7).

Die woorde "lewende siel" (hier verwysend na die mens as lewende siel) verwys nie net na die uiterlike mens (m.a.w. letterlik liggaam, siel en gees) nie, maar verwys ook na die innerlike mens. Waar iemand uit vlees gebore word, word 'n natuurlike liggaam gesaai (is m.a.w. verganklik)(1 Kor. 15:44,45). Sou iemand egter "uit Gees" gebore word, sou 'n geestelike liggaam gesaai word... (m.a.w. 'n "onverganklike" liggaam). Elke mens word uit vlees gebore en is daarom verganklik want 'n natuurlike liggaam word gesaai, maar die Christen wat weergebore word (gebore uit die Gees) het die belofte van 'n geestelike liggaam (in "die opstanding") omdat hy uit Gees gebore word. Hy staan dus figuurlik gesproke op in 'n nuwe liggaam (Kol. 2:12; 3:1; Ef. 2:6; Rom. 6:4,5), nie 'n liggaam wat die dood voortbring nie maar 'n liggaam wat kan vrug dra tot ewige lewe... Alhoewel die Christen gebore is uit vlees en sy uiterlike daarom verganklik is, lyk hy as LEWENDE SIEL anders as "die natuurlike mens", en word nou al gesien soos "geestelike mense" omdat hulle innerlike vernuwe is. Hulle innerlike "LEWE" en is ONVERGANKLIK want 'n nuwe liggaam is gesaai en hulle het die Gees (asem) van God wat hulle innerlike aan die lewe hou; altans lewe gee! Hulle het ook die belofte van eendag letterlike opstanding in geestelike liggame - 'n natuurlike liggaam is dus wel oorspronklik gesaai, maar 'n geestelike liggaam sal opgewek word!  - 1 Kor. 15).

Die weergeborene het God se saad in hom (1 Joh. 3:8,9) en verkry dus 'n "goddelike natuur" (2 Pet. 1:3,4)(staan op in nuwe liggaam, ontvang die Heilige Gees, en kry 'n "nuwe hart"). As iemand uit Gees gebore is, dan is hy "gees"! (Joh. 3:6; Rom. 5:12,13,19)("in die gees"). Die Christen as LEWENDE SIEL is m.a.w. nie soos die "natuurlike mens" nie, maar is 'n "geestelike mens
-'n NUWE LIGGAAM word gesaai
-'n ASEM daaraan gegee (nl. hy ontvang die Gees), 
-en dit bring 'n LEWENDE siel voort!
_________________________________________________________________________________

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.