Sondag 05 April 2020

Die mens gaan nie dood wanneer sy hart stop nie?

Die mens gaan nie dood wanneer sy hart stop nie maar wanneer hy sy laaste asem uitblaas (1 Kon. 17:17; Job 3:11; Gen. 25:8)- ...en dan stop die hart.  Ons weet goed dat solank iemand ASEM het die hart weer aan die gang gemaak kan word, maar sou die asem die liggaam (of meer presies "uiterlike mens") verlaat is dit nie meer moontlik nie en hy moet dan eers die asem terugkry voor sy hart weer aan die gang kan kom. 'n Goeie vb. hiervan is die van die twee toekomstige getuies in Openb. 11:11 - (Openb. 11:11 - "En nĂ¡ die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het"). Wanneer iemand die asem uitblaas, verlaat die "siel" ("siel" 'n woord wat somtyds gebruik word van die innerlike mens - die mens van binne) die liggaam. Ons sien 'n vb. hiervan in 1 Kon. 17 waar Elia tot die Here bid en vra dat 'n kind se siel in hom terugkeer (1 Kon. 17:21,22).

Asem verander iemand in 'n lewende siel (Gen. 2:7) en dus, sonder asem kan niemand op aarde lewe nie. In ander woorde, "geen dode se siel kan terugkeer sonder ASEM nie", of niemand kan 'n "lewende siel" wees sonder asem nie. Die hart is nie dit wat bepaal of iemand doodgaan of nie maar "asem" is dit (alhoewel die hart wys of iemand nog in die lewe is of nie).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Elke dag bid ons "dankie Here vir 'n nuwe dag" en tereg!, want elke dag is nog 'n dag wat aan die mens geleen word. Die gebore in verganklikheid en sonde verdien nie om te lewe op aarde nie, maar God is barmhartig en uit genade gee Hy aan elkeen asem en 'n kans om te lewe op aarde (asook terloops 'n kans om vir ewig te lewe!). Elkeen se "asem" is in Sy hande, nie in ons hande nie (Job 34:14,15 - "As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer"). In ander woorde, hetsy iemand Hom dien of nie dien nie, hy is afhanklik van die Here!, want sonder die asem wat God gee kan niemand lewe nie. (1Sa 2:6 - "Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom")(Rom. 14:9).

Maar Sy genade is baie groter as dit want dit is nie net lewensjare wat aan elkeen geskenk word nie, maar Hy gee ook aan elke mens die kans om vir ewig op aarde te lewe - natuurlik verwysend na die wat Sy voorwaardes nakom, bv. om te glo in Jesus Christus. Vir iemand om vir ewig te kan lewe, moet hy logies gesproke opgewek word siende almal doodgaan, maar niemand kan eendag opwekking tot lewe verkry as hy nie glo in die Een wat die mag het om hom op te wek nie.  Bv., Jesus Christus is die een wat hierdie "opwekking" sal doen (Joh. 6:39-44);  dus, as iemand nie in Hom glo nie, hoe sal hy dan opgewek kan word? En niemand kan hierdie opwekking verkry as hulle sondes nie afgewas is nie, en hierdie afwassing kan nie verkry word deur enige bloedoffer nie. En niemand wie se innerlike vrugte dra vir die dood, kan tog lewe verwag nie!  Slegs die wat die Heilige Gees of die krag vd Heilige Gees ontvang, is instaat om vrug te kan dra tot ewige lewe - en die Een wat hierdie Gees gee is weer-eens, Jesus Christus! M.a.w., niemand kan weergebore word as hy nie glo in die Een wat instaat is om sy sondes weg te was (en aan hom die Heilige Gees te gee nie). So ja!, GELOOF IN JESUS CHRISTUS is dit wat nodig is om eendag vir ewig te kan lewe. Daar is dus 'n groep mense wat (d.m.v. geloof) uitgekies word op hierdie aarde om eendag weer op te staan en vir ewig te lewe. Hulle sal weer "asem" kry...(Eseg. 37:5 - "So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word"). Almal gaan wel dood (verwysend na die uiterlike mens) en almal verdien om deur die tweede dood (oordeel vd hel) te gaan (verwysend na die innerlike mens), maar in Jesus Christus gee die Here elkeen die geleentheid om weer eendag opstanding te verkry (Joh. 5:28) asook vir ewig te lewe en hierdie mense sal die tweede dood (Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8) vryspring.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.