Wys tans plasings met die etiket tweede dood. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket tweede dood. Wys alle plasings

Dinsdag 28 Julie 2026

Is daar 'n volgende lewe?

 Is die dood finaal? Terwyl reïnkernasie beslis nie 'n Skriftuurlike lering is nie, beteken dit nie dat ons nie 'n volgende lewe kan hê nie. Weergeborenes (in wie die Heilige Gees, die Gees van waarheid is) glo bv. nie dat die mens eenvoudig ophou bestaan die oomblik wanneer hulle sterwe nie;  inteendeel, hulle hou vas aan die belofte dat, al kom hulle teenwoordige lewe tot einde, sal hulle vir ewig sal lewe. In die eerste gemeentes was daarna verwys as die "toekomende lewe" (1Ti 4:8). Ja, weergeborenes verwag 'n lewe na die dood..., en het bv. nie net die belofte dat hulle (liggame) eendag opgewek sal word uit die dood (wanneer Jesus terugkom) nie, maar die wat "opstaan tot lewe" het ook die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie... (Openb. 2:11; 20:6)(Joh. 5:25-29; 6:35; 10:28; 12:25; Hand. 13:48; Rom. 6:22; 1 Tim. 6:12; ens.). M.a.w., nie net sal hulle opgewek word om weer te lewe nie, maar die wat opgewek word tot lewe, sal vir ewig lewe!

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Nie almal het die belofte van hierdie volgende lewe nie, slegs die wie se name in die BOEK VAN DIE LEWE opgeskryf is (Fil. 4:3; Openb. 20:12). En ook nie alle mense se name is outomaties in die boek van die lewe nie (Openb. 13:8), want dit gaan oor "uit wie jy gebore is" en of jy GLO in die Here God (kyk die belangrikheid van geloof in die beloofde Messias en die weergeboorte). Dus, wat gebeur met kindes wat uit heidene gebore is en nooit die geleentheid gekry het om tot geloof te kom nie? - hierdie is een van daardie vrae wat die Bybel nie in eenvoud vir ons antwoord nie, maar die Skrif leer wel dat God wil hê dat alle mense gered word en tot kennis vd waarheid kom (1 Tim. 2:4);  dus is dit logies dat die Here almal 'n kans sal gee om tot geloof in Hom te kom... (en sal moet kies of hulle glo). Die wie se name in die boek van die lewe is word tipies gesien as "GEROEPENES", wat verwys na almal wat onder die volk van God gebore word - nie net fisies uit Sy heilige volk gebore nie, maar ook die wat dit op 'n geestelike manier verkry het ("kinders van Jesus Christus"/die wat in Hom glo; bestudeer die tema "met Christus beklee"), maar l.w. dat dit eintlik GELOOF is wat bepaal of iemand die ewige lewe kan ontvang of nie, en geloof sonder werke is dood. Nie almal wie se name alreeds in die boek van die lewe opgeskryf is, sal uiteindelik die ewige lewe beërwe nie! - daar is bv. twee skrifte waarvan ons kan aflei dat sommige (van die wie se name in die boek vd lewe is) se name uitgevee kan word...(Ps. 69:29; Openb. 3:5), want dit gaan nie bloot oor "uit watter volk jy gebore is" nie, maar eintlik oor of jy GLO (geloof in die Here God is dit wat uiteindelik bepaal of iemand vir ewig sal lewe).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer ons praat oor die onderwerp van DOOD (en OORDEEL), moet ons onderskei tussen "die dood" (wanneer die liggaam sterwe) en die "tweede dood" (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word). 

DIE EERSTE DING WAT GEBEUR NADAT IEMAND (nl. die liggaam) DOODGAAN, IS OORDEEL (Heb 9:27 - "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel"). Natuurlik is die dood self ook "oordeel"... (Gen. 2:17), maar of jy die ewige lewe gaan beërwe of nie, word bepaal in die oordeel nadat jy doodgegaan het, wanneer daar teruggekyk word na jou lewe.  Wat die kinders vd Koninkryk (die geroepenes) aanbetref, het Jesus geleer dat die wat goed gedoen het sal opstaan tot lewe, maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:29). Almal is en word m.a.w. alreeds geoordeel wanneer hulle liggame doodgaan (en almal gaan dan na verskillende plekke - Luk. 16:19-31). Daar is ook 'n TWEEDE DOOD..., nl. wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word (maar dit gebeur eers aan die einde van die "volgende bedeling";  maw, na die 1000-Ryk voleindig is). Die "tweede dood" word o.a. na verwys as "die ewige oordeel" ("oordeel vd hel"/"poel van vuur")(Mark. 3:29; Hebr. 6:2; Openb. 20:14; 21:8).  Mense wat deur die tweede dood gaan, sal noodwendig nie vir ewig kan lewe nie!, maar die wat gered word sal (1) die ewige oordeel vryspring (Openb. 20:6), en (2) het die belofte van opstanding uit die dood in nuwe "verheerlikte/geestelike/onverganklike liggame". 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Daar is heelwat verdraaide of valse leringe in die omloop rondom die tema van die "dood", waarvan een so 'n lering leer dat mense in engel (wesens) of sterre verander wanneer hulle doodgaan, en 'n ander leer dat ons vir ewig in die hemel gaan bly (?). Hierdie is maar net twee van vele miskonsepsies..., en dit gebeur gewoonlik wanneer mense skrifte uit konteks neem bv., alhoewel kinders vd koninkryk eendag "soos engele" (Matt. 22:30; Mark. 12:25; Luk. 20:36) sal wees (bedoelende "kinders van God" wat bv. nie trou en ook nie doodgaan nie...) en hulle ook voorgestel word met "sterre wat skyn" (bv. die regverdiges/verstandiges sal eendag skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader...Matt. 13:43, en glinster soos die glans vd uitspansel...sommige "soos die sterre"...Dan. 12:3)), is die bedoeling in die betrokke skrifte nie om te leer dat hulle letterlik in engel wesens gaan verander of in fisiese sterre nie, maar eerder dat die wat opstaan tot lewe nie sal trou en in die huwelik uitgegee sal word nie (soos die geval met engele); en hulle sal ook nie meer sterwe nie (soos die geval met engele)(Matt. 22:30; Mark. 12:25; Luk. 20:36). Net so word die term "burgerskap in die hemele" uit konteks geneem, wat bv. nie daarna verwys dat ons vir ewig in die hemele sal bly nie, maar in konteks gaan dit oor die erfenis wat vir ons in die hemele bewaar word en waarmee ons "vandaar" eendag oorklee sal word... (verwys na die onverganklike liggaam - opstanding tot lewe). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Natuurlik is daar 'n hemel, en natuurlik is daar 'n hel...  Jesus Christus het self ook melding gemaak vd hemel en die hel op verskillende geleenthede..., en bv. o.a. verklaar dat daar 'n onuitbluslike vuur in die hel is... (Mark. 9:43), en Hy't die hel o.a. voorgestel as 'n plek waar die siel en liggaam verderwe kan word (Matt. 10:28)(Matt. 10:28; 23:15,33). Dit is duidelik dat Hy self gepraat het van die hel asof dit bestaan, en as Hy van die hel praat asof dit bestaan, glo ons self ook so, want ons glo in Hom en glo in Sy woorde en glo dat Hy die waarheid ken. Hy het ook die begrip "HEMEL" gebruik in die verskillende kontekste, bv. o.a. verwys na die "die hemel waar die voëls vlieg" (Matt. 6:26; 8:20; 13:32), en ook na die plek van God se troon verwys as hemel... (Matt. 5:34)(derde hemel - "BO die uitspansel")(let egter daarop die woord "hemel" nie altyd verwys na die derde hemel waar God woon nie, maar somtyds verwys na die hemel waar die voels vlieg, "LANGS DIE uitspansel", en somtyds na die hemel AAN DIE uitspansel waar die ligte is). Die eerste Christene het ook geweet dat daar 'n plek soos die hel is... In 1 Pet. 2:4 word daar o.a. verwys na 'n deel in die hel waar die engele wat gesondig het gewerp en vasgemaak is... 'n Ander vb. is die gelykenis wat Jesus vertel het vd ryk man en Lasarus (Luk. 16), en in die betrokke gelykenis was dit nie net kenmerkend dat gelowiges en ongelowiges na verskillende plekke gaan wanneer hulle doodgaan nie (vgl. dit met die tema van "oordeel" en "doderyk"), maar dit is ook hier duidelik dat die doderyk uit verskillende dele bestaan... (waarvan die poel van vuur een is, waarna ook verwys word as die plek van "ewige oordeel"/Openb. 20:10).  In die ou bedeling was dit wel so dat gelowiges en ongelowiges na hierdie verskillende plekke in die doderyk gegaan het wanneer hulle sterwe, maar in die nuwe bedeling is baie geleerdes van mening dat die wat in Christus sterf nie meer na 'n plek in die doderyk gaan wanneer hulle sterwe nie, maar "inwoon by die Here" (2 Kor. 5:8-10) - vandaar die begrip "ons gaan hemel toe wanneer ons doodgaan". Hierdie is egter steeds 'n redenasie onder sommige geleerdes wat in siening hieroor verskil. Nietemin waarnatoe Christene (se geeste) gaan wanneer hulle doodgaan, hulle gaan nie na dieselfde plek as ongelowiges nie... (Luk. 16), en wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterf het, saambring(1 Thess. 4:14).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


(Joh 5:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Waarnatoe gaan die mens wanneer hy sterwe? Vir die vorige dagstukkie oor hierdie onderwerp (waarin veral gekyk is na hoe verskillend die dood is vir natuurlike mense as vir geestelik mense, asook o.a. gekyk na wat met die uiterlike mens gebeur wanneer iemand doodgaan en wat met die innerlike mens gebeur) gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/wat-gebeur-met-die-mens-wanneer-hy.html.

Dinsdag 05 Mei 2020

Wat gebeur met die mens wanneer hy doodgaan?

Siende almal doodgaan (Ps. 89:48) is hierdie sekerlik 'n onderwerp waaroor daar gesels moet word.
Wat presies gebeur met die mens wanneer hy doodgaan? Nie alles wat vir ons vertel word oor die dood is noodwendig die waarheid nie, en wat iemand glo oor "die dood" is baiemaal 'n aanduiding van watter geloof dit is waaraan hy behoort bv., daar is die wat glo in reïnkarnasie, ander glo dat jy in 'n engel of 'n ster verander, en sommige glo daar is niks na die dood nie of glo dat die mens dan geheel ophou bestaan... As die mens se siening oor die dood "vriend" is i.p.v. "vyand", dan kan hierdie leuen veroorsaak dat so iemand vir ewig wegval bv., somtyds word die dood voorgestel soos 'n tipe wedergeboorte i.p.v. om dit te sien soos 'n tyd van "oordeel".  Deels kan dood seker as "natuurlik" gesien word siende almal doodgaan en verganklik is, maar die dood is ook iets waarvoor mense "gereed" moet wees want elke mens word nadat sy uiterlike gesterwe het, geoordeel  (Heb 9:27 - "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Om te verstaan wat presies met die mens gebeur wanneer hy doodgaan, moet ons onderskei tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense", want die oordeel sal verskillend wees vir hierdie twee groepe. 

"Saad" bepaal wat se soort plant opkom, en wat se soort vrugte dit dra. Geestelike mense (weergebore mense; m.a.w. die wat die Heilige Gees het) is soos mense wat "uit God gebore" is (uit Sy saad);  dus, hulle het lewe... (dra vrug tot lewe), maar natuurlike mense wat nie weergebore is nie, dra vrugte vir die dood (is verganklik).Wanneer die mens sterwe word hy alreeds geoordeel bv., gelowiges en ongelowiges gaan na verskillende "plekke" wanneer hulle doodgaan (Luk. 16 ens.) - hierdie kan alreeds gesien word soos "oordeel".  In die geval van  "natuurlike mense" wag hulle gees dan op die "tweede dood", maar geestelike mense wag op "die opstanding" (en sal bv. nie deur die tweede dood gaan nie). Dus, daar vind alreeds 'n tipe oordeel plaas wanneer iemand doodgaan, en sal verder onder oordeel val die wat nie weergebore is nie, nl. sal deur die tweede dood gaan/die "ewige oordeel" Pet. 2:1-3,9; 1 Pet. 1:15-17; Jak. 3:1; Hebr. 13:4; Hebr. 10:29,30 ens.).  "Geestelike mense" is egter soos mense wat "oor gebore" word en hierdie keer nie uit Adam se saad nie maar uit God se saad (die soort plant wat opkom is instaat om daardie soort vrug te dra wat vrug is tot ewige lewe)(dus nie verganklik nie, maar onverganklik).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nog iets waarop ons moet inkyk om te verstaan wat gebeur wanneer iemand doodgaan, is die INNERLIKE MENS en die UITERLIKE MENS - elke mens het 'n uiterlike ("die liggaam") sowel 'n innerlike (die mens van binne)("die siel"). Dit is bv. nie die "uiterlike" wat vernuwe word met weergeboorte nie (want dan sou so iemand se uiterlike glad nie sterf nie!), maar dit is die innerlike mens wat vernuwe word (2 Kor. 4:16) - die uiterlike is op 'n pad van godsaligheid en wag op die opstanding waarin dit vernuwe sal word... (waarin hulle onverganklike liggame sal kry). 

Wanneer die mens doodgaan, is dit die uiterlike mens (liggaam) wat sterwe, nie die innerlike mens nie (in 'n ander dagstukkie word hierdie beter verduidelik). Geestelike mense gaan wel dood, maar het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood (oordeel vd hel/poel van vuur) sal gaan nie.


Ons ween nou wanneer 'n geliefde doodgaan, maar anders as die goddelose het gelowiges hoop om mekaar eendag weer te sien (m.a.w., wanneer hulle opgewek word-1 Pet. 1:3; Joh. 5:29; Dan. 12:2,3; Hand. 24:15...). Op dieselfde wyse het die dissipels se droefheid in blydskap verander met Jesus se opstanding uit die dode (Joh. 16:20-22; Rom. 6:9). Gelowiges het die wete dat hulle mekaar wel sal sien na die dood en het nie net hierdie hoop nie maar ook die hoop om mekaar weer te sien in die opstanding eendag.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


"Geestelike mense" (wedergeborenes) sal nie vergeet word in die graf nie maar het die belofte dat hulle die dood sal oorwin (verwysend na die wat "vashou" en hulle klere bewaar) - dieselfde kan nie gesê word van die wat nie glo nie.  Wanneer iemand sterf (verwysend na die uiterlike mens wat doodgaan) is dit 'n reg wat weggeneem word want elkeen wat sterwe kan nie lewe op die aarde nie, maar daar is iets groters waarvoor die mens nog meer moet vrees - en dit is nie wanneer net die liggaam (verwysend na die uiterlike mens) verderwe word nie maar wanneer beide die liggaam en siel (verwysind ook na die innerlike mens - die mens se gees) verderwe kan word (Matt. 10:28)(genoem "tweede dood", of "die oordeel vd hel").

Die dood is soos 'n VYAND en ons is veronderstel om dit te vrees! (Matt. 10:28). Jy kan bv. nie vir enige iemand vertel dat hy na die dood met sy geliefdes gaan verenig nie want die waarheid is dat gelowiges en ongelowiges na verskillende plekke gaan. Jy kan ook nie vir 'n ongelowige leer dat "dood" bloot natuurlik is en slegs 'n oorgang na die volgende lewe en hy dit glad nie hoef te vrees nie..., want die waarheid is dat almal alreeds 'n oordeel ontvang wanneer hulle doodgaan. Die dood is beslis iets wat moet gevrees word as iemand nie wedergebore is en "met Christus beklee" is nie, en selfs "geestelike mense" wat nie in die Here bly nie, moet dit vrees. Verder is die plek waarna ongelowiges gaan ook 'n plek van pyniging (kyk gelykenis van die ryk man en Lasarus), en die oordeel vd hel (die poel van vuur) 'n oordeel wat natuurlike mense en die wat gesien word as onregverdig of ongelowig, definitief nie gaan vryspring nie! Ja, die loon vd sonde is DIE DOOD, en as iemand nie afwassing kry van sondes nie dan is sy uiteinde "die dood". Elke natuurlike mens moet verstaan dat dit nie net hulle uiterlike is wat sterf nie maar dat hulle a.g.v. sonde en ongeloof bestem is vir ewige oordeel, en dus bestem is vir "die tweede dood" (poel van vuur);  tensy hulle hul  tot die Here bekeer en glo in die Een wat die mag het om hulle vry te koop van die dood! Daar is geen saligheid na die dood nie (1 Kor. 15:26,55) - saligheid moet verkry word voor iemand doodgaan (voor die uiterlike mens sterwe).  Elke mens het nodig om verlos (vrygekoop) te word uit die mag vd doderyk (Hos. 13:14), want as hy nie hierdie verlossing (redding/saligheid) kry nie, dan is hy nog oppad na dit waarvoor natuurlike mense (gebore uit die saad van Adam) bestem is, nl. "die ewige oordeel" (die tweede dood)(die oordeel vd hel).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 05 April 2020

Die mens gaan nie dood wanneer sy hart stop nie?

Die mens gaan nie dood wanneer sy hart stop nie maar wanneer hy sy laaste asem uitblaas (1 Kon. 17:17; Job 3:11; Gen. 25:8)- ...en dan stop die hart.  Ons weet goed dat solank iemand ASEM het die hart weer aan die gang gemaak kan word, maar sou die asem die liggaam (of meer presies "uiterlike mens") verlaat is dit nie meer moontlik nie en hy moet dan eers die asem terugkry voor sy hart weer aan die gang kan kom. 'n Goeie vb. hiervan is die van die twee toekomstige getuies in Openb. 11:11 - (Openb. 11:11 - "En ná die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het"). Wanneer iemand die asem uitblaas, verlaat die "siel" ("siel" 'n woord wat somtyds gebruik word van die innerlike mens - die mens van binne) die liggaam. Ons sien 'n vb. hiervan in 1 Kon. 17 waar Elia tot die Here bid en vra dat 'n kind se siel in hom terugkeer (1 Kon. 17:21,22).

Asem verander iemand in 'n lewende siel (Gen. 2:7) en dus, sonder asem kan niemand op aarde lewe nie. In ander woorde, "geen dode se siel kan terugkeer sonder ASEM nie", of niemand kan 'n "lewende siel" wees sonder asem nie. Die hart is nie dit wat bepaal of iemand doodgaan of nie maar "asem" is dit (alhoewel die hart wys of iemand nog in die lewe is of nie).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Elke dag bid ons "dankie Here vir 'n nuwe dag" en tereg!, want elke dag is nog 'n dag wat aan die mens geleen word. Die gebore in verganklikheid en sonde verdien nie om te lewe op aarde nie, maar God is barmhartig en uit genade gee Hy aan elkeen asem en 'n kans om te lewe op aarde (asook terloops 'n kans om vir ewig te lewe!). Elkeen se "asem" is in Sy hande, nie in ons hande nie (Job 34:14,15 - "As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer"). In ander woorde, hetsy iemand Hom dien of nie dien nie, hy is afhanklik van die Here!, want sonder die asem wat God gee kan niemand lewe nie. (1Sa 2:6 - "Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom")(Rom. 14:9).

Maar Sy genade is baie groter as dit want dit is nie net lewensjare wat aan elkeen geskenk word nie, maar Hy gee ook aan elke mens die kans om vir ewig op aarde te lewe - natuurlik verwysend na die wat Sy voorwaardes nakom, bv. om te glo in Jesus Christus. Vir iemand om vir ewig te kan lewe, moet hy logies gesproke opgewek word siende almal doodgaan, maar niemand kan eendag opwekking tot lewe verkry as hy nie glo in die Een wat die mag het om hom op te wek nie.  Bv., Jesus Christus is die een wat hierdie "opwekking" sal doen (Joh. 6:39-44);  dus, as iemand nie in Hom glo nie, hoe sal hy dan opgewek kan word? En niemand kan hierdie opwekking verkry as hulle sondes nie afgewas is nie, en hierdie afwassing kan nie verkry word deur enige bloedoffer nie. En niemand wie se innerlike vrugte dra vir die dood, kan tog lewe verwag nie!  Slegs die wat die Heilige Gees of die krag vd Heilige Gees ontvang, is instaat om vrug te kan dra tot ewige lewe - en die Een wat hierdie Gees gee is weer-eens, Jesus Christus! M.a.w., niemand kan weergebore word as hy nie glo in die Een wat instaat is om sy sondes weg te was (en aan hom die Heilige Gees te gee nie). So ja!, GELOOF IN JESUS CHRISTUS is dit wat nodig is om eendag vir ewig te kan lewe. Daar is dus 'n groep mense wat (d.m.v. geloof) uitgekies word op hierdie aarde om eendag weer op te staan en vir ewig te lewe. Hulle sal weer "asem" kry...(Eseg. 37:5 - "So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word"). Almal gaan wel dood (verwysend na die uiterlike mens) en almal verdien om deur die tweede dood (oordeel vd hel) te gaan (verwysend na die innerlike mens), maar in Jesus Christus gee die Here elkeen die geleentheid om weer eendag opstanding te verkry (Joh. 5:28) asook vir ewig te lewe en hierdie mense sal die tweede dood (Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8) vryspring.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------