DIE HERE OPENBAAR NIE ALLES AAN ALMAL NIE (slegs die wat Hom regtig soek), maar daar is DINGE WAT HY WEL AAN ALMAL OPENBAAR!; bv., ten spyte daarvan dat Hyself onsigbaar is, maak Hy homself sigbaar/bekend deur Sy werke (bv. die skepping/Rom. 1:20,22). Almal weet van Hom/weet hulle het 'n Skepper! (Joh 16:8). En almal weet hulle het 'n saligmaker nodig (nl. dat Hy deur Sy Gees die wêreld oortuig van sonde omdat hulle nie in Hom glo nie); en alhoewel almal ook nie die volle waarheid ken nie, word hulle tog oortuig van geregtigheid (hulle weet goed wat is reg en verkeerd, al wil hulle dit nie altyd erken nie en probeer om hulle eie reels op te maak), en almal weet goed dat elkeen wat verkeerd doen, geoordeel word daarvoor... - hierdie is no-brainers!, want die Here openbaar hierdie dinge AAN ALLE MENSE deur Sy Gees (Joh. 16:8-11). Dit beteken nie dat die Heilige Gees DEUR almal werk nie, maar Hy werk IN almal. Bv., almal ontvang nie die Heilige Gees nie (net die wat weergebore word ontvang die Gees en leer die Here KEN), maar deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees oor die hele aarde openbaar die Here sekere dinge aan elke mens op aarde (nl. hierdie 3 bg. dinge). Terwyl ongelowiges graag wil voorgee dat die Here homself glad nie aan hulle openbaar nie (en dit gebruik as rede om te sê dat Hy nie werklik is nie), is die teendeel waar:
- (1) die Here wys vir hulle dat daar 'n Skepper is agter alles,
- (2) dat hulle sonde het en vergifnis nodig het, en
- (3) dat daar 'n Wysgewer en Regter is oor die hele mensdom wat die reëls maak en die mensdom sal oordeel (Joh. 16:8-11). Des te meer moet ons verstaan hoe belangrik die EVANGELIE is..., want die Christelike evangelie praat bv, nie net van hoe die mensdom kan vry word van sy slaafskap onder sonde nie, maar ook hoe hy die dood (die vrug van sonde) kan oorwin (en dus nie onder oordeel kom nie)! Ons Skepper het vir ons 'n uitweg gegee, en die evangelie is dit wat hierdie uitweg verduidelik...------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ Kom ons kyk na 'n paar belangrike punte rondom die evangelie...; bv., alhoewel die mens aangestel is om oor die hele aarde, en alle visse, voëls, vee en diere op die aarde, te heers (Gen 1:26 - "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip"), is die mens onder 'n GEESTELIKE MAG - daar is 'n geestelike mag hoër as die mens wat oor die mens heers!..., nl. sy Skepper. Die mens is maw eintlik deel van die Here se Koninkryk!, maar nie alle mense sal "die koninkryk beërwe" (nl. vir ewig op die aarde leef en saam met Hom heers) nie, want die manier hoe die mens "heers op aarde" moet onderwerp word aan die wil van die Here (maar die wat hulle eie wil dien, of die wil vd bose doen, kan nie verwag om die koninkryk te beerwe nie). Wat God met "heers oor die aarde" bedoel was nooit dat die mens self besluit wat is reg en verkeerd nie (soos dat hy doen soos die vlees dink en sien nie), maar hierdie "regering" was veronderstel om onder leiding van die Here te geskied. Die probleem het begin met die sondeval, want die mens was basies "gevang" om die wil van die bose te doen en op sy eie insigte te begin staatmaak. Hierdie is baie duidelik sigbaar in die wêreld! - ons hoef nie te wonder of dit die waarheid is nie..., want ons kan dit sien (die Skrif verwys hierna as, "die natuurlike mens het 'n wêreldse gees" = dink en sien soos die "wêreld"). Die mens is oppad na sy dood omdat hy die WYSHEID VAN BO eenkant toe geskuif het en VERBODE KENNIS bekom het (verbode kennis verwys na eie wil en die wil van die bose) (https://warechristene.blogspot.com/2026/04/boom-van-kennis-van-goed-en-kwaad.html).
Om die Here se wil te doen word voorgestel soos 'n pad wat uitloop op ewige lewe..., maar as iemand self wil heers of 'n ander geestelike mag toelaat om oor hom te heers, dan is hy op 'n pad van nietigheid (sal doodgaan) - dit is die prys van wêreldse wysheid (dra vrugte vir die DOOD). Hierdie is wat verkeerd geloop het in die tuin van Eden..., is nl. dat die mens die pad wat tot nietigheid lei, gekies het in plaas van die pad van lig/ewige lewe. En dit is nie God se skuld nie! Hy het die mens hierteen gewaarsku... (Gen. 3:3). Om oor die aarde te kan heers het die mens nodig om op die pad te wees wat na ewige lewe lei..., want hoe kan die wat doodgaan vir ewig op 'n EWIGE aarde lewe? God is genadig en het vir ons 'n weg geskep deur Jesus Christus, en dit is o.a. waaroor die Christelike evangelie gaan - sien die "evangelie van die Koninkryk".
Die Christelike evangelie (goeie boodskap) bestaan eintlik uit 3 dele, nl.:
-die "Evangelie van Jesus Christus",
-die "Evangelie van die Koninkryk" en
-die "Evangelie van Vrede".
Hierdie 3 dele vorm saam DIE EVANGELIE, maar word noodwendig nie altyd alles op dieselfde tyd gepreek nie... (want dit hang grootliks af van wie die gehoor is, bv. hoeveel kennis hulle het van die Here, ens.). Kom ons staan bietjie stil by die "DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK"... Christene glo in 'n komende koninkryk wat vir ewig gaan bestaan!, want dit is wat die Here vir die mens belowe, nl. vir die wat GLO. As jy belangstel in politiek dan sal hierdie begrip vir jou meer sin maak. In die Christelike geloof glo Christene dat Jesus Christus gaan terugkom aan die einde van dae (ook na verwys as "die einde vd wereld", of "aan die einde van hierdie eeu/bedeling") en 'n koninkryk oprig wat vir ewig sal wees (dit sal begin met 'n tydperk van 'n 1000 jaar, en baie dinge sal nuut gemaak word; en wanneer die 1000 jaar verby is sal die hemel en aarde in geheel nuut gemaak word). Dit is logies dat Christene uitsien na Jesus se wederkoms!, want Hy kom nie net om te oordeel nie maar ook om hierdie ewige koninkryk op te neem, en die wat aan Hom behoort het terloops die belofte dat hulle saam met Hom sal regeer! Natuurlik sal nie enige iemand toegelaat word om saam met JESUS CHRISTUS te regeer nie (geloof in Hom is bv. die eerste voorwaarde..., en Hy verwag sekere dinge van die wat afgesonder/geheilig is vir hierdie doel - hulle word duur gekoop en behoort aan Hom, nie aan hulleself nie). Christene behoort eintlik alreeds aan hierdie koninkryk (van God) en is huidiglik besig om mense uit te nooi om deel te word van hierdie koninkryk. Die Christen is in hierdie sin soos 'n politikus - 'n spreekbuis vir die Here se party, vir Sy Koninkryk. Ons sien dus hoe belangrik die Christelike evangelie is.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die EVANGELIE VAN VREDE (wat deel is van die Christelike evangelie) leer dat enige iemand uit enige nasie, volk, of taal, gered kan word deur Jesus Christus! Oor die aarde is die Here besig om vir Hom 'n groep mense te versamel wat vir ewig op die aarde sal woon (https://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html), en hierdie belofte is gemaak aan 'n spesifieke volk op aarde, nl. die onder die geroepenes wat GLO. Om REDDING te kry, moet jy basies deel wees van hierdie betrokke volk (aan wie die beloftes gemaak was)..., en in Jesus Christus is dit moontlik om onder hierdie volk "ingedoop" te word (weergeborenes word basies gesien as "kinders van Abraham")(en natuurlik, wat presies bedoel word met kinders van Abraham, verwys nie bloot na die kinders van die vlees nie, maar eitnlik kinders van geloof). Ons sien dus hoe belangrik die Christelike evangelie is!, want Jesus Christus maak dit moontlik vir enige iemand in die hele wêreld om deel te word van hierdie volk deur Sy kind te word (alhoewel hulle dit deur geloof ontvang, nie gebore uit Sy fisiese vlees nie - kyk die tema "met Christus beklee").
Vertroue in die lewende Brood, Jesus Christus en in Sy woorde/waarheid, is belangrik vir REDDING, want wanneer die mens kies om nie die wil van die Here te doen nie maar eerder sy hoop plaas in ander bronne (hetsy homself of die bose), sal hy die dood oes.. (dit is die pad waarop die natuurlike mens homself bevind - natuurlike mense dra vrugte vir die dood/Rom. 7:5). Natuurlike mense het 'n wêreldse gees en dink en sien anders as die Here. Jy het die Heilige Gees nodig... (wie terloops deur Jesus Christus gegee word aan die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam). Die Heilige Gees maak iemand nuut en instaat om "vrug tot lewe" te dra. Geestelike mense (weergeborenes/nl. die wat die Heilige Gees het) is soos "bome van lewe" (wat vrug tot lewe dra)(hulle "oorwin die wêreld"). Watter "vrug" jy "eet", bepaal dus op watter pad jy is... Jy het die regte soort geestelike kos en water nodig (bv., soek jy die kennis van die Here?, of soek jy wereldse wysheid?). Die wat nie hulle hoop plaas in die Here en dus in die waarheid wat Jesus Christus gebring het nie, is op 'n pad wat tot nietigheid lei. Sien hoe belangrik die evangelie van Jesus Christus is!, want die mens het vrymaking nodig van sy slaafskap onder sonde.
Die "pad van nietigheid" kan o.a. beskryf word as: (1) die vlees dien (bv. self besluit wat is reg en verkeerd, kies NIE die manier hoe die Here "dink en sien" nie) (op die vlees vertrou)(Fil. 3:3; Rom. 8:6-8; Mark. 19:23; Luk. 18:17,24); EN (2) eie wil doen (die Here versoek/toets, bv. doen wat jy wil en toets of die Here steeds vir jou omgee, sondig opsetlik, en toets die Here of Hy jou steeds sal vergewe, ens.); EN (3) hoop plaas in ander geestelike bronne (ander geestelike bronne soek, aanbid, dien). Sommige wat tot geloof kom val terug op hierdie pad, wat terloops beskryf word as "hulle terg die Here" - hulle glo nie regtig nie, so hulle versoek Hom... (bv., kla, is ontevrede, plaas hoop in ander geestelike bronne) (bestudeer die temas van "verharde hart", "wederstrewigheid" en "dooie werke" om hierdie beter te verstaan)(Hebr. 3:7-13). Die wat op 'n PAD VAN NIETIGHEID is, doen maw nie die wil van die Here nie, maar hulle eie wil of die wil van ander geestelike magte, en die uiteinde daarvan is die DOOD. Ons kan kortom vra, KEN jy die Here?, of KEN jy die wêreld? Die vraag is dus nou, onder watter geestelike mag is jy? Die mens is veronderstel om sy vertroue in sy Skepper te plaas - alle mense word "in sonde gebore" (dien die sonde/is 'n slaaf van sonde), maar "wie jy DIEN", is belangrik!, want dit wys wie se "kind" jy is - dit wys uit watter saad jy gebore is... (maw, na wie luister jy?, want dit bepaal "van watter saad jy is"); dit is hoekom weergeboorte so belangrik is. In ander woorde, wie is jou "pa"? (geestelik bedoel..., want dit is die een vir wie jy vertrou en na wie jy luister / glo). Die mens is soos saad wat in die wêreld geplant word, groei en vrug dra - die vraag is nou, van watter saad is jy? (of uit watter saad is jy gebore?), want dit bepaal watter soort vrug jy gaan dra ("vrug" wys wat se soort boom jy is). Dit is hoekom elke mens nodig het om WEER GEBORE te word..., want as jy 'n saad/boom wil wees wat "vrug tot lewe" dra, moet jy uit die regte saad gebore wees (natuurlike mense is uit Adam gebore = bome wat "vrugte vir die dood" dra) (geestelike mense word voorgestel soos mense wat "uit God gebore is", en kan daarom "vrug tot lewe" dra - hulle word dus o.a. gesien soos "bome van lewe") - sien hoe belangrik die Christelike evangelie is. Jesus Christus gee vir ons die weg om WEERGEBORE te word...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------GEDAGTE:
Nie almal wat wil hê dat die Here Homself aan hulle openbaar, leer KEN die Here nie... (Joh. 14:21-23; Luk. 10:22; Matt. 11:27; Mark. 16:17) - die begrip "openbaarmaak" verwys bv. na om "tot kennis te kom" (2 Kor. 11:6; 1 Kor. 4:5; Mark. 4:22; Matt. 11:25). Dit is anders wanneer jy iemand leer ken as om net van hom te weet... (jy kan net iemand werklik leer ken deur gemeenskap). Al manier hoe iemand volkome oortuiging kan kry van wie die Here is en Hom begin KEN, is as die Here jou daardie openbaring gee! (Mark. 16:17). Jesus het geleer, "soek, en julle sal vind"... (Luk 11:10 - "Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word"). Mense wat die Here bevraagteken, vra bv. ook somtyds die Here moet Homself aan hulle openbaar, maar baiemaal is hierdie eerder 'n manier om die Here te toets; in ander woorde, hulle versoek die Here (bv., dat as Hy homself openbaar, sal hulle glo, en as Hy nie sal hulle nie glo nie). Dit is soos wanneer iemand vir jou sê hy't vir jou 'n kar gekoop en jy moet dit vind, maar as jy nie glo dat hy dit gekoop het nie (bv. dat dit nie logies is nie omdat die persoon nie geld het nie, of wat ookal), sal jy nie eens begin om vir die kar te soek nie. Wat mense somtyds in so 'n geval doen is om liewer te begin gekskeer (bv. om die kar in 'n kas te soek, onder 'n mat of waarookal... - dit wys eintlik dat hulle nie glo nie!). Mense doen dieselfde wanneer hulle nie in die Here Jesus Christus wil glo nie..., nl. dat hulle Hom begin soek op ander plekke, ander gelowe en gode waar hulle Hom beslis nie sal vind nie! Nee, om die kar wat vir jou gekoop is te vind, moet jy dit in die straat of jou "driveway" gaan soek.., nie in 'n kas of onder 'n mat nie. Die Here Jesus moet op die regte plek gesoek word - moenie 'n verspotting van Hom maak deur Hom in ander geestelike bronne te gaan soek nie.
As jy as mens dan nou vergifnis van sonde nodig het en vrymaking van jou slaafskap onder sonde, en oorwinning wil kry oor die dood, dan moet jy die Here Jesus Christus begin soek, want Hy is die weg wat ons Skepper gemaak het om hierdie dinge te verkry, nl. dat die Here mens geword het om ons te red! Heidene soek hulle gode hulle lewe lank en vind hulle nie, al spandeer hulle daaglikse gebede en ondersoek hulle skrifte gereeld; MAAR DIT IS ANDERS MET CHRISTENSKAP... - JESUS HET BV. BELOWE DAT AS JY HOM SOEK, SAL JY HOM VIND. Die vraag is, is jy bereid? Gaan jy Hom op die regte plek soek? Hoe lank dink jy kan jy Hom soek?, of gaan jy opgee na die eerste paar dae of weke? Mense wat VERTROU, hou nie op om te soek nie... (liewer, die wat ophou om te soek, wys eintlik dat hulle nie glo nie, want as jy geglo het sal jy nie ophou soek nie).
Sommige heidene se vertroue is so groot in hulle geloof dat hulle hulle lewe lank soek, maar wanneer dit kom by Christenskap dan dink mense die Here moet hulle onmiddellik antwoord, Homself onmiddellik openbaar... (hulle is eintlik net besig om Hom te versoek). Meeste weergeborenes wat sekerheid het en die Here ken en die Heilige Gees ontvang het, het jare na die Here gesoek voor Hy homself heeltemal aan hulle openbaar het - hoekom?, want hulle het VERTROUE gehad.... Hulle het aanhou soek omdat hulle hulle vertroue in die Here geplaas het. Daarom moet jy eers 'n BESLUIT MAAK om die Here te vertrou, want as jy dit nooit doen nie sal jy die Here nooit leer KEN nie.
As jy die Here KEN, is jy op 'n pad van lewe.
As jy op ander plekke soek (om dit liewer te KEN, nl. jou eie wil of die wil van die bose), is jy op die pad van dood (daardie pad kom tot niet...).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
