Woensdag 22 September 2021

Die geloofwaardigheid van 'n komende Koninkryk van God op aarde

Alhoewel baie mense vandag glo dat die Bybel sommer net 'n boek is van opgemaakte stories, is die teendeel oor en oor bewys. Vele mense het bv. al oor die eeue probeer bewys dat Bybelse gebeure nie werklik is nie of bloot wetenskaplike verskynsels was, of probeer bewys dat Christus nie opgestaan het uit die dood nie, net om tot die slotsom te kom dat hulle verkeerd was. Die waarheid is die boeke vd Bybel elke moontlike toets alreeds geslaag!  Ook deur argeologie en ander geskrifte is keer op keer bewys dat historiese gebeure in die Bybel akkuraat en waar is;  inteendeel, geen ander boek vd antieke wêreld beskryf historiese gebeure so deeglik soos die boeke vd Bybel nie, en geen ander is so akkuraat nie.  Behalwe dit, is daar baie meer kopieë vd boeke vd Bybel wat oorleef het as wat daar is van enige ander antieke boek, en die vergelyking tussen manuskripte (iets soos meer as 24000 vd boeke vd Bybel) is ook baie akkuraat.

Die Bybel kan inderdaad as 'n geloofwaardige boek gesien word. Geleerdes gebruik verskillende toetse (bv. die interne, eksterne toets, bibliografiese toets..ens.) om die geloofwaardigheid en akkuraartheid van Bybelboeke te bepaal - een so 'n toets wat die Bybel ook loshande slaag, is die "profetiese toets".  Kyk maar hoe daar alreeds iets soos 2000 van die sowat 2500 profesieë in die Bybel woordeliks vervul is (en nie net min of meer reg was nie, maar woordeliks gebeur het presies soos dit geprofeteer was, sonder enige foute). 'n Komende koninkryk en Christus se wederkoms is ook deel van hierdie profesieë (in die Bybel)...  As die Bybel voorspel dat Christus gaan terugkom, Hy 'n koninkryk op aarde oprig, en as koning oor die hele aarde sal regeer, kan ons dit maar glo.  Deur al die woordeliks vervulde profesieë is daar al genoeg bewys dat profetiese boeke in die Bybel, dus hierdie profete, opreg was en hulle bron regtig die Here was.  Inderdaad kan so 'n profeet se woorde vertrou word. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Jesus het self vir ons baie oor hierdie Koninkryk geleer (dit is immers een van die redes waarom Hy die eerste keer gekom het!)(Luk. 4:43; 8:1). Hy sit wel nou aan die regterhand van God (Mark. 16:19), maar Hy sal terugkom en hierdie ewige Koninkryk op aarde op te rig... (Hand. 1:11)(Luk 19:11,12 - "En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ‘n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn. Hy het dan gesê: ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom"). Die Bybel leer verder dat hierdie komende koninkryk alreeds berei is vd grondlegging vd wêreld af... (Matt. 25:34), en daar is van die vroegste tye af alreeds hieroor geprofeteer (in die dae van Genesis - Henog, sewende van Adam af; Jud. 1:14), oor hoe DIE HERE SAL KOM MET SY HEILIGE TIEN DUISENDTALLE.  Alhoewel die volk van God nie baie oor hierdie Koninkryk geweet het nie, het hulle dit altyd verwag. In Dan. 2:44 word o.a. geprofeteer van hierdie komende Koninkryk.  Bv., in 'n spesifieke reeks van 8 koninkryke wat mekaar opvolg (genoem in profesie) tot in die einde van dae net voor Jesus terugkom, verklaar Dan. 2 dat in die dae van die laaste van hierdie konings (nl. die 7de en 8ste of "verdeelde koninkryk"), DIE GOD VD HEMEL 'N KONINKRYK SAL VERWEK WAT IN EWIGHEID NIE VERNIETIG SAL WORD NIE (Dan. 2:44). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

Die evangelie oor die Koninkryk word somtyds verdraai, en terwyl dit eintlik deel is van die goeie boodskap/evangelie, hoor mense nie altyd die waarheid hieroor nie. In die tyd vd eerste kerke was daar ook alreeds baie verdraaide leringe in omloop deur mense wat hulleself gelowig genoem het maar iets anders verkondig het (het 'n "ander evangelie" verkondig -2 Kor. 11:4; Gal. 1:6). Hierdie soort leringe is bedoel om twyfel te saai en te keer dat die evangelie vd Koninkryk verkondig word, maar Jesus het geleer dat in die laaste dae die evangelie (vd Koninkryk) in die hele wêreld verkondig sal word!, tot ‘n getuienis vir al die nasies - en dan sal die einde kom... (Matt. 24:14). Niks sal hierdie komende Koninkryk kan stuit nie.

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

GEDAGTE:

Soos ons sien is die feit van 'n komende fisiese koninkryk op aarde waarin die Messias as Koning sal regeer oor die hele aarde, niks nuuts nie (Jer. 23:5) - en is alreeds 4000 jaar terug geprofeteer (Henog, Gen. 5; Jud. 1:14). Deur die eeue is die Here besig om vir Hom 'n volk (die "kinders van die Koninkryk")te versamel wat sal ingaan in hierdie (ewigeKONINKRYK (bv., "kinders vd geloof" - die wat gebore is uit 'n spesifieke geslagslyn, of hierdie "geboortereg" ontvang het deur geloof). 

Wanneer Jesus terugkom kom Hy wel om Sy ewige koninkryk op te rig en oor die aarde te regeer, maar natuurlik sal dit ook gepaardgaan met oordeel. Hy is die Een wie besluit wie in Sy koninkryk ingaan en wie nie. Bv., geen "vlees en bloed" (verganklikheid) kan die koninkryk beërwe nie (1 Kor. 15:50);  daarom, as iemand nie deel het aan die komende opstanding (tot lewe) nie (1 Kor. 15:50-58), dan kan hy nie ingaan in die Koninkryk nie, en Jesus Christus besluit wie sal opgewek word tot lewe, en wie tot veroordeling (Joh. 5:29). Die Vader het hierdie oordeel in Sy hande gegee. Ons moet ag gee op Jesus se leringe oor die Koninkryk, want baie sal nie gereed wees nie omdat hulle in 'n "ander evangelie" glo.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.