Woensdag 03 Junie 2020

Die verskil tussen die UITERLIKE MENS en die MENS VAN BINNE

Die mens bestaan uit LIGGAAM, SIEL en GEES:
- LIGGAAM verwys letterlik na vlees, familie, werke (e.a.)(uiterlike mens), maar het ook 'n figuurlike komponent wat bv. verwys na die innerlike mens (bv., vlees verwys figuurlik na die "ou mens" i.g.v. "die natuurlike mens" - gebore uit Adam se saad; maar i.g.v. die "geestelike mens" verwys dit na 'n "nuwe mens"- soos 'n opgestane en gebore uit God); (familie verwys figuurlik na "geestelike familie", of dit waarin iemand glo - aan wie is hy gehoorsaam? - aan die vlees?, of aan die Gees? - die Christen is bv. deel vd liggaam van Christsus en 'n lid van Sy liggaam) ; (werke verwys figuurlik na werke vd vlees i.g.v. die natuurlike mens; maar werke vd geloof  i.g.v. die nuwe mens nl. die geestelike mens).
SIEL verwys letterlik na bloed en hart (sintuie, organe ens.)(uiterlike mens), maar het ook 'n figuurlike komponent bv. vd innerlike mens (nl.  die "HART" - gevoel, wil, intellek, gedagtes, oorlegginge...)(en is verskillend vir die "natuurlike mens" as wat dit is vir die "geestelike mens")(natuurlike mens - ou hart;  maar die geestelike mens het 'n nuwe hart! - daarom "sien" en dink die geestelike mens anders as die natuurlike mens - gevoel, wil, intellek, gedagtes, oorlegginge is vernuwe)(die geestelike mens as nuwe mens LEWE deur die bloed van Christus, en is deel vd liggaam van Christus en een in SIEL met ander Christene). 
GEES (vd mens) verwys letterlik na die lewensasem (wat God gee)(asem waardeur die uiterlike mens lewe), maar het ook 'n figuurlike komponent bv. vd innerlike mens (nl. "die natuurlike mens" het 'n wereldse gees, maar die "geestelike mens" het die Heilige Gees)(ons kan hier onderskei tussen "kinders vd lig" - wat lewe deur asem vd Heilige Gees en is dus "verlig" -  hulle oog is reg;   en "kinders vd duisternis" -  hulle het nie die asem waardeur hulle kan lewe nie, maar het 'n wereldse gees/asem - nl. gees van dwaling en is steeds in duisternis - oog verkeerd).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die mens kan voorgestel word soos 'n plant wat lig nodig het, en kos en water om te kan groei en vrug te dra. "Vrug" is belangrik want dit is wat bepaal of iemand die tweede dood gaan oes, of die ewige lewe. In geval vd "natuurlike mens" dra hy vrugte vir die dood - saad bepaal wat se soort plant opkom en wat se soort vrugte dit dra.  En net soos plante lig nodig het om kos en water te verwerk, net so kan die natuurlike mens nie geestelike kos en water verwerk sonder die lig vd Heilige Gees nie (dus omdat die natuurlike mens 'n wereldse gees het, kry hy ten eerste nie die kos en water wat nodig is om vrug tot ewige lewe te dra nie, en hy kan dit ook nie verwerk nie, want hy het die lig vd Gees nodig om dit te kan doen). In geval vd "geestelike mens" dra hy vrug tot ewige lewe (want hy het die Heilige Gees, en kry die regte soort kos en water, en kan dit verwerk!).

Grond, saad, lig, kos en water, asook klimaat, is alles dinge wat groei en vrug bepaal of beinvloed. Wat grond en saad aanbetref is die natuurlike mens bv. gebore uit verganklike saad (uit Adam se saad) en die liggaam ("grond") is nie instaat om vrug te dra tot ewige lewe nie (is verganklik) en dra daarom vrugte vir die dood. Maar die geestelike mens is gebore uit onverganklike saad (gebore uit God / beklee met Christus) en die "liggaam" (grond) is daarom instaat om vrug te dra tot ewige lewe (is onverganklik). Maar daar is ook ander dinge wat groei en vrug kan beinvloed bv. klimaat, en dit kan miskien ook vgl. word met "klere".
Wat klimaat aanbetref word saad baiemaal eers in 'n kweekhuis geplaas en vertroetel om wortel te skiet - amper soos om vir dit klere aan te trek en die regte soort lig en klimaat word geskep sodat dit kan groei. Die baba-Christen word op dieselfde wyse "klere aangetrek" (bv. o.a. om sy naaktheid te bedek, of verwys na "huis of tent" - kyk tema "beklee met Christus") en is daarom instaat om wortel te skiet (afgewas van sonde en hoef nie skaam en naak te staan nie), en lig of asem word aan hom gegee wat hom laat lewe (die asem vd Heilige Gees) en hom instaat maak om geestelike voedsel te verwerk en dus te groei en vrug te dra. Geestelike kos en water is belangrik vir die geestelike mens want alhoewel hy lewe deur die asem vd Heilige Gees kan hy nie aan die lewe bly sonder kos en water nie! Elke mens het dus vir Jesus Christus nodig (die lewende Brood) en Sy woorde (waarheid), maar het ook nodig om in Jesus Christus te bly (soos 'n loot) anders kan hulle nie groei en vrug dra nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:



-----------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.