Saterdag 18 April 2020

Die Christelike kerk as NUWE MENS

Die begrip "nuwe mens" in die Skrif word nie net gebruik van iemand wat nuut word deur wedergeboorte en hom met die nuwe mens beklee (Ef. 4:24; Kol. 3:10) nie, maar word ook gebruik van die Christelike kerk (van Christene as 'n groep waarvan Jesus Christus die hoof is)(Ef. 2:11,15). As ons Israel, die Joodse volk (die gebore uit Abraham, Isak, Jakob, 12 stamme...) kon voorstel soos 'n mens (en word terloops voorgestel soos 'n vrou - Jes. 54:5), dan kan die Christen-volk gesien word soos 'n "nuwe mens" want hierdie "mens" lyk nou anders (omdat hulle nie net Israel is nie, maar Israel en heiden EEN vd wat in Christus glo).  In die O.T was sommige mense vervreemd vd burgerskap van Israel en uitgesluit vd beloftes, maar nou kan almal deel hĂȘ hierin deur Christus Jesus - Ef. 2:12 - word na verwys as die "evangelie van vrede".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Mens bestaan uit liggaam, siel en gees - sou iemand weergebore word dan lyk sy liggaam siel en gees anders (wat natuurlik verwys na die innerlike mens, maar Christene het ook hoop op opstanding vd uiterlike mens eendag).
As die Christelike kerk dan nou soos 'n (nuwe) MENS (wat terloops bestaan uit liggaam, siel en gees) voorgestel word, dan kan die kerk voorgestel word asof dit ook bestaan uit 'n LIGGAAM, SIEL en GEES.

Dus, 'n vernuwe Israel (die "nuwe mens") se "liggaam, siel en gees" lyk anders:
-  wat die LIGGAAM aanbetref (liggaam verwys na vlees, vel, nageslag ens..) het die "ou" mens bestaan uit die Joodse volk (die gebore uit die saad van Abraham, Isak, Jakob...)(en die besnydenis 'n teken hiervan), en het die belofte van eendag aanneming tot kinders verkry deur geboorte.  Die "nuwe mens" bestaan uit almal wat in Jesus Christus glo en gewederbaar is (Christelike doop 'n teken hiervan) - hulle het die belofte van eendag aanneming tot kinders verkry deur wedergeboorte ("gebore uit God se saad")(is die volk van "eersgeborenes").  Die nuwe mens is "Jood en heiden" EEN in Christus;
-  wat die GEES aanbetref (gees verwys na asem) het die "ou" mens die Heilige Gees in hulle midde gehad (die Here was by hulle d.m.v. die tabernakel of tempel).  Maar i.g.v. die "nuwe mens" het elkeen wat aan hierdie nuwe liggaam behoort, die Heilige Gees (lewe deur die asem vd Heilige Gees) - elkeen van hulle ontvang die Heilige Gees en is soos 'n tempel vd Gees en die Here is heeltyd by hulle.
-  wat die SIEL aanbetref (siel verwys na hart, bloed ens.) het die "ou" mens vergifnis verkry deur bloed- en lamsoffers wat met hande verrig was, en hulle was gelei deur priesters en profete en konings, en het die wet gehad (bv. die wet van Moses) (was m.a.w. "onder die wet", was 'n "slaaf vd wet"). Die "nuwe mens" het vergifnis en die belofte van lewe deur die bloed- en liggaamsoffer van Christus.  Wat die nuwe mens aanbetref is die Here se wette op die tafels van hulle harte geskrywe (hulle harte is besny en daarom word hulle nie gesien as onbesnedenes nie) - hulle word gelei en leer deur die Heilige Gees, en is dus nie onder die wet van Moses nie maar "onder" die Gees - is gehoorsaam aan die Heilige Gees (is 'n slaaf van Christus), en word deur Hom gelei en leer, en Hy werk deur elkeen van hulle gawes en bedieninge (om bv. te doen wat die priesters en profete en konings moes doen in die O.T. - die nuwe mens is soos 'n priesterdom).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Elke weergebore mens kan voorgestel word soos 'n NUWE MENS omdat hulle innerlike vernuwe is, asook word hulle daagliks vernuwe (in die sin van "nie onder die wet nie, maar is onder die Gees")(asook het hulle die belofte van eendag vernuwing vd uiterlike mens - "die opstanding"). Die term "met Christus beklee" is 'n goeie beskrywing van hierdie indoping onder die kinders van God, en verwys spesifiek na die wat in Christus gedoop is (kyk Christelike doop). In konteks Gal. 3 gaan "om met Christus beklee te word" veral oor "erfenis" - m.a.w. wie dit is wat eendag gaan erf! (bv., wie is dit wat beklee is met "die klere van heil"? - Jes. 61:10; Gal. 3:29). Vgl. hierdie met die onderwerp "kinders van Abraham". Bv., in Jesus Christus het elkeen wat in Hom glo dieselfde erfenis as die kinders van Abraham... (hulle is soos kinders van Jesus Christus, en word genoem,"kinders vd geloof")(Jesus Christus is gebore uit Abraham, Isak, Jakob... Dawid, uit dieselfde bloed maar uit onverganklike saad.  As kinders vd geloof uit Christus gebore is, m.a.w., uit Sy saad - natuurlik figuurlik nie letterlik - dan sal hulle ook eendag deel wees vd groep wat gaan erf want die erfenis is uit hierdie familie!). In ander woorde kan "vel en vlees", of "die ligaam" gesien word soos 'n bekleding of 'n huis. "Saad" bepaal hoedanig hierdie "huis" of bekleding sal wees (en hetsy verganklik of onverganklik)(vgl. met die tema van "vlees en been" wat veral gebruik word vir familie - is vlees en been van mekaar).  Op dieselfde wyse is kinders vd geloof vlees en been van Christus en is dus met Hom BEKLEE (met hierdie "huis" beklee). "Vlees en bloed" is 'n ander beskrywing maar weer meer in konteks met die hele mensdom (wat almal familie is van mekaar - almal deel in dieselfde bloed - Hand. 17:26). Die "natuurlike mens" is gebore uit die saad van Adam (en het daarom verganklike vlees), en verwys na die mensdom.  Die "geestelike mens" is gebore uit die saad van God, en is daarom onverganklik, en verwys na die kinders van geloof (in Christus Jesus) (verwysend na hulle innerlike, en hulle sal ook eendag nuwe uiterlike kry wat onverganklik is) - wedergeborenes ("kinders van Jesus Christus") verwys na die wat geskep is uit Christus se bloed..., en deur die Heilige Gees is hulle gebore uit Sy saad.

Elke weergebore mens word gesien as deel vd "Liggaam van Christus" ('n term wat gebruik word vir die Christelike kerk waarvan Jesus Christus die hoof is - 1 Kor. 12:27) en word as lede van hierdie liggaam gesien, elk met verskillende gawes en bedieninge soos die Heilige Gees aan hulle toebedeel. Dus, as die kerk genoem word "liggaam van Christus" dan word elke kind vd geloof gesien as 'n lid van hierdie "liggaam" en hulle deel almal in dieselfde bloed, die harte is vernuwe (wat verwys na die siel van die "liggaam van Christus") is uit dieselfde saad gebore (verwysend na die liggaam vd "liggaam van Christus"), en hulle haal asem deur dieselfde gees (verwysend na die Heilige Gees waardeur hulle lewende siele is en geword het).  Christelike kerk as "nuwe mens" en "liggaam van Christus":
-  liggaam verwys na die LEDE (die volk van eersgeborenes/priestervolk), na WERKE (hulle doen nie meer die ou werke nie), KLERE (sonde is bedek / heilskleed / is nie meer naak)(en sal ook eendag beklee word met 'n nuwe uiterlike / verheerlikte liggame), KOS en WATER (kan groei en vrug dra tot ewige lewe omdat hulle die regte soort geestelike kos en water kry).......ens. ;
- siel verwys na "lewende siel" (is 'n lewende siel deur die asem vd Heilige Gees), hulle deel almal in een BLOED (is familie van mekaar - weergebore/gebore uit God se saad) en is een van HART (harte vernuwe en hulle dink eenders)........ens.;
- gees verwys na die HEILIGE GEES (is elkeen 'n tempel vd Heilige Gees - God by hulle) (hulle innerlike lewe deur die asem vd Heilige Gees - kan nie doodgaan nie en die Gees hou hulle in bewaring tot die dag van verlossing); hulle word gesien as "geestelike mense" (natuurlike mense het die gees vd wereld, maar geestelike mense het die Gees van God......
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.