Alhoewel die begrip "kinders vd koninkryk" gewoonlik gebruik word vir die "kinders van Israel" (Matt. 8:12; Eks. 19:6; Matt. 13:38; 3:9,10; 21:43; Rom. 9:4 ens.) en dus vir die aan wie die beloftes gemaak was van toekomstige verlossing, opstanding, die uitstorting vd Heilige Gees en erfenis, verwys die term nie net na die wat fisies gebore is uit die geslagslyn van Abraham nie maar ook na die wat deur die geloof ingedoop word onder die kinders van Israel (dus, "die wat geestelik kinders word" van Abraham)(Hand. 3:25; Gal. 3:7).
Mense is soos saad wat in die wereld geplant word..., maar nie almal is "goeie saad" nie.
In Matt. 13:38 het Jesus vir ons geleer dat die "kinders vd Koninkryk" verwys na GOEIE SAAD (Matt. 13:38; Hand. 3:25 ens.), en hierdie "saad" word deur Hom self gesaai (Matt. 13:37,38). Die wat in Jesus Christus glo word deur Hom in die wêreld gesaai om te groei en vrug te dra, en iemand se "vrug" sal uiteindelik wys of hy goeie saad is of nie - in daardie opsig is iemand se vrug 'n bewys van wat se soort saad hy werklik is. "Onkruid" word nie deur Jesus gesaai nie maar deur die vyand, en l.w. dat Jesus in die gelykenis in Matt. 13 geleer het dat die vyand (somtyds) onkruid "onder die koring" saai. Daar is dus mense tussen die "kinders vd koninkryk" wat lyk soos koring maar is nie koring nie - hulle noem hulleself dus Christene, maar hulle is nie werklik Christene nie. ("Onkruid" moet natuurlik nie vgl. word met "kaf" nie. Onkruid verwys na die wat lyk soos koring maar is nie koring nie, terwyl kaf verwys na die wat wel koring is maar nie vrug dra nie). Dit is eers wanneer saad begin groei en die soort vrug sigbaar word, wat dit duidelik word wat presies is koring en wat is onkruid. Daarom is dit nie altyd onmiddellik moontlik om te sien wie is koring en wie is onkruid nie, maar elkeen se vrug sal met die tyd wys wat hulle regtig is. Almal wat hulleself gelowiges noem sal eendag voor die regterstoel van Christus verskyn (Rom. 14:10). Die tyd van Sy wederkoms word ook immers voorgestel soos 'n OES; m.a.w. die tyd wanneer elkeen se vrug geoes word.
_________________________________________________________________________________
GEDAGTE:
Alhoewel "kinders vd koninkryk" verwys na die gebore uit die geslag van Abraham, is dit beter om die term "kinders van die belofte" te gebruik waar daar verwys word na die wat eendag sal erf, siende nie almal gebore uit daardie geslag wel sal erf nie! Slegs die "kinders van die belofte" (Rom. 9:7,8) sal erf en is dus die ware nageslag. Die wat nie kinders vd belofte is nie word dus wel "kinders" genoem omdat hulle uit daardie geslag gebore is, maar is nie noodwendig "kinders" nie - doen dus nie noodwendig die werke van Abraham (as sy kinders) nie (Joh. 8:39; Luk. 3:8). Dit is bv. nie almal gebore uit die geslag van Abraham wat die beloftes het nie, maar slegs die gebore uit die geslag Abraham - Isak - Jakob (Israel) - en die beloftes is verder slegs vir die wat die GELOOF het! (Matt. 8:10-12; Gal. 3:7). Hulle is m.a.w. nie almal Israel wat uit Israel is nie... (Rom 9:6). (Rom 9:8 - "Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag").
Op dieselfde wyse is die wat geestelik kinders van Abraham word (deur die geloof in Jesus Christus, en waarvan die Christelike doop o.a. 'n teken is) nie almal "kinders" nie, maar slegs (1) die wat gebore is uit die geslag van Jesus Christus ("geestelike geboorte" - m.a.w. deur die geloof in Jesus Christus, "gebore uit God" deur Sy Gees), en (2) slegs die wat in die GELOOF (in Jesus Christus) bly! As iemand deel word van die kinders van die koninkryk en hom/haarself sien as 'n kind van Abraham maar nie die werke doen van Abraham nie (of dus sien as 'n kind van Jesus Christus maar nie Sy werke doen nie/Hom nie gehoorsaam nie), is hy nie 'n kind van die belofte nie (Matt. 7:21,26; Joh. 8:41-43; 6:47-49). Die waarheid is dus dat nie almal wat deel is vd kinders vd Koninkryk eendag wel sal ingaan in die koninkryk nie. Jesus het o.a. geleer dat as iemand (l.w., verwysend na die wat in Hom GLO) nie in Hom bly nie, hy uitgewerp sal word soos die loot en verdroog en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die VUUR en dit verbrand (Joh 15:6). Vgl. dit gerus ook met die gelykenis vd saaier. Jesus m.a.w. in soveel woorde geleer dat wanneer gelowiges nie in Hom bly nie, hulle in die vuur kan beland. Hierdie verwys egter nie na "onkruid" nie maar na "koring" (m.a.w. mense wat werklik Christene is maar nie in Hom bly nie). Tog is daar vele Christene wat vandag die teendeel van Jesus se woorde glo, en glo dat geen Christen saligheid kan verloor of in die vuur kan beland nie. Hulle bely m.a.w. dat hulle "in Hom glo" maar glo nie in Sy woorde nie? Die waarheid is dus dat as 'n Christen nie vashou nie, dan staan hy die gevaar om sy saligheid te verloor. Wat help dit iemand word 'n kind van Abraham deur die geloof, maar hy het nie die werke wat saam met die geloof gaan nie? Geloof sonder werke is dood (Jak. 2:20).
Dit is nie altyd maklik om hierdie te verstaan nie want immers is elkeen wat die Gees van God het verseël tot die dag van verlossing! Christene word alreeds gesien as deel van God se koninkryk (deel vd kinders vd koninkryk), maar soos ons gesien het is nie almal wat kinders is, wel kinders nie! Daar kan dus onderskei word tussen "kinders vd koninkryk" en "kinders vd belofte", want nie almal wat kinders vd koninkryk is is inderdaad ook kinders vd belofte (is die wat gaan erf) nie. Anders as die wat "van die wêreld is" is kinders vd Koninkryk veronderstel om hulle DEUR DIE HEILIGE GEES te laat LEI (Rom. 8:14). Dus, as iemand nie die Gees van God (die "asem" wat hom laat lewe) het nie, is hy nie 'n kind van God nie (Rom. 8:14-16,23; Gal. 4:6; 2 Kor. 1:22; Ef. 1:13; 4:30). Die inwoning vd Heilige Gees is 'n belangrike kenmerk van wie is wel kinders van God (dus kinders vd Koninkryk). Kinders vd Koninkryk (m.a.w., die wat die Heilige Gees het) dink anders, "sien" anders,en doen anders... Hulle dra vrugte wat bewys wat hulle identiteit is, en leef nie vir hulleself nie (want hulle is duur gekoop) maar leef vir die Here; maar as hierdie selfde kinders nie in die Here BLY nie, staan hulle die gevaar dat hulle uitgewerp kan word (Joh. 15:6). Soos die liggaam nie kan lewe sonder gees / asem nie, so kan die geloof ook nie lewe sonder werke nie! (Jak. 2:26)(en die innerlike nie lewe sonder die asem vd Heilige Gees nie; dus, wat sal gebeur met die een wat die Heilige Gees bedroef?). Sonder "kos en water" kan die innerlike (wat terloops alreeds lewe) nie aan die lewe bly nie! As die een wat glo, nie in die Here bly nie, kry hy nie die kos en water wat hy nodig het om aan die lewe te bly nie. "Koring" (ware Christene) se identiteit word dus nie net beskryf deur die saad waaruit hulle gebore is nie, maar hulle VRUG is self ook 'n getuienis van hulle kindskap/geloof ("vrug"/gehoorsaamheid is 'n bewys van wie se kind iemand werklik is, en wie dit is vir wie hy vertrou/glo...)."Vrug" is dus nie net 'n bewys van wie is gebore uit die geslag wat deel is vd kinders vd koninkryk nie, maar is ook 'n bewys van wie is kinders van die geloof / "kinders vd belofte". Daar moet dus nie net onderskei word tussen koring en onkruid nie, maar ook onderskei word tussen koring en kaf. In die geval van "koring en onkruid" verwys onkruid na die wat hulleself gelowiges noem maar nie werklik Christene is nie (en dus nooit gewederbaar nie); maar in die geval van "koring en kaf" verwys kaf wel na Christene (wat gewederbaar is), maar na daardie Christene wat geen vrug dra nie, of wat onvrugbaar word... (Matt. 3:12; Luk. 8:5-15).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.