Woensdag 27 April 2022

Lampe aan die brand

Jesus het vir ons baie geleer oor hoe ons onsself GEREED kan kry/hou vir wanneer Hy terugkom, o.a. dat ons ons lampe aan die brand moet hou...  (Luk 12:35 - "Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand"). Maar wat beteken dit?------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Om hierdie beter te verstaan kan ons miskien eerste kyk na hoe woorde soos "lamp","lig", "skyn", "sterre" ens. in beeldspraak in die Skrif gebruik word.

In die Skrif word "die profetiese woord" bv. soos 'n LAMP voorgestel wat in 'n donker plek skyn... (2Pe 1:19 - "En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte"). Christene is ook soos ligte (midde die duisternis vd wêreld), want hulle het die lig (hulle ken.het die Lig, en het die woord). In Openb. 1:16,20 word die "engele" (boodskappers) vd (Christelike) gemeentes voorgestel soos STERRE - sekerlik ook omdat hulle die profetiese woord vir die mense bring - hulle bring m.a.w. vir hulle die ligWanneer hulle die woord bring is hulle soos lampe wat skyn in 'n donker plek... 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Lamp/lig SKYN in die nag (dit verlig). Op dieselfde wyse word ons verlig wanneer daar oor ons "geskyn" word. Bv., wanneer die Here "Sy aangesig oor iemand laat skyn" (Num. 6:24-26), dan spreek dit van GENADE (Num. 6:25). Die Here seën die oor wie Hy genadig is... (bv., skyn lig oor hulle planne). Wanneer die Here 'n lig skyn oor iemand se planne/pad/weë dan is Hy GENADIG teenoor so iemand - die persoon se weë is geseend en sy planne kom tot stand (Job 10:3; 22:28). Die duisternis klaar dan op... - Hy gee bv. verlossing vir die verdruktes en verhoog die nederiges (Ps. 18:26-29; 31:15-17; 80:3,4). (Psa 67:2 - "Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela"). Net soos die Here Sy aangesig oor ons SKYN en ons verligting gee (vir ons 'n Lamp is), op dieselfde wyse gee geestelike mense verligting aan die rondom hulle oor wie hulle skyn (is soos lampe)(bv. deel die evangelie/profetiese woord/waarheid, doen goeie werke, ens.)(Matt. 5:16 - "Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik")(Fil. 2:15). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die "donker plek" waarna verwys word in 2 Pet. 1:19 verwys nie noodwendig na die aarde self nie (want dit is duidelik dat die aarde nie meer "woes en leeg en onder water en donker is nie"...), maar is meer verwysend na die toestand vd mens op aarde, bv. die toestand waarin die natuurlike mens verkeer (bv., die natuurlike mens dra vrugte vir die dood)(Rom. 7:5); of die toestand van 'n "krom en verdraaide geslag" (Fil. 2:15); of kan ook verwys na die uiterlike vd geestelike mens wat nog nie vernuwe is nie (2 Pet. 1:19). Natuurlike mense het bv. 'n wêreldse gees - daarom verstaan hulle nie die dinge van God nie (hulle is soos blindes - dit is vir hulle donker). Die begrip "krom en verdraaide geslag" verwys na mense wie hulle sinne verhard het teen die waarheid - hulle is nie onwetend soos natuurlike mense nie, maar is wetend en verhard hulle harte teen die waarheid (bv. kies om te glo wat hulle wil, nie wat IS nie) - diesulkes se sinne is verblind (asof 'n bedekking oor hulle aangesig/hart, 2 Kor. 3:13/hulle kan nie mooi "sien" nie). Geestelike mense kan "sien" omdat hulle innerlike vernuwe is (hulle het die Heilige Gees), maar hulle uiterlike (mens) kan na regte steeds gesien word as "donker" omdat dit nog nie vernuwe is nie (hulle innerlike mens is wel al vernuwe/word deurgaans vernuwe, en is daarom verlig, maar die uiterlike word eers vernuwe wanneer Jesus terugkom). 

Die rede waarom die "geestelike mens" SIEN (dit vir hom dag is), is omdat die Here in ons harte inskyn en vir ons verligting aanbring van kennis (2 Kor. 4:6). Die evangelie verlig ons - SKYN op ons (2 Kor. 4:4) en maak laat ons sien, en omdat ons die lig het kan ons soos ligte/lampe wees. 

"Natuurlike mense" word ook voorgestel soos mense wat in die dode slaap, maar "geestelike mense" is soos mense wat opgestaan het uit die dode!, en Christus skyn oor hulle... (Ef. 5:14)(hulle innerlike is vernuwe/het opgestaan in 'n nuwe mens). Geestelike mense was ook vroeër "in duisternis" (kon nie "sien" nie), maar is nou in die lig vd Here (en kan nou "sien")(Ef. 5:8). (Matt. 5:14-16 - "Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik"). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Daar sal " 'N DAG AANBREEK " wanneer Jesus die wat in Hom gesterf het sal opwek uit die dode, en die regverdiges sal "SKYN soos die son in die koninkryk van hulle Vader"... (Matt. 13:43). As "die dag nog nie aangebreek het nie" beteken dit dat die opstanding nog nie plaasgevind het nie. Vgl. hierdie gerus met 2 Pet. 1:19 wat praat van hoe die môrester sal "opgaan in gelowiges se harte" (l.w., "wanneer die dag aanbreek"). Jesus het ook die môrester belowe aan die wat oorwin (Openb. 2:28)(in konteks verwys dit daar na die wat vashou en nie ag gee op valse leerstellings nie). Hierdie soort beeldspraak van verstandiges wat sal glinster word ook in Dan. 12:3 gebruik. Dit beteken natuurlik nie dat hulle in sterre sal verander nie!, maar gaan oor hulle glans - hulle is kinders vd dag. Net soos die innerlike mens (vd geestelike mens) vernuwe is en opgestaan het "uit die dood" (is verlig/kan sien), net so sal ons letterlik eendag opstaan uit die dood (die dag sal aanbreek...) - dan sal ook ons uiterlike vernuwe word en ons sal verheerlikte/onverganklike liggame kry wat vir ewig lewe (dan is daar geen donkerheid meer nie). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Interessant om te sien dat die koning van Babel in Jes. 14 'n "môrester/seun van dageraad" genoem word - maar hoekom? (want dit is tog duidelik dat hierdie "man" nie 'n kind van die dag is nie).  Die begrip "môrester" is nie hier bedoel om hom 'n naam te gee nie, maar verwys daarna dat hy soos 'n ster is..., bv. in die wêreld of vir ander mense. Vir die nasies sal hierdie man (wat lyk of hy na die antichris verwys) 'n lig wees/die lig bring (natuurlik nie die regte lig nie). Bv., die antichris is 'n lig vir die wêreld (sy kennis, bv. valse profesie)(2 Kor. 11:14,15), maar Christus 'n lig is vir die Christen (die profetiese woord en die waarheid wat Hy gebring het, is 'n lig vir ons sodat ons kan "sien")

Jesus Christus is nie net enige môrester nie, maar is die BLINK MORESTER (Openb. 22:16) - Hy is die werklike Lig! (Luk. 1:78; Joh. 1:4,7-9; 9:5; 12:36; Luk. 2:32). Hy is die Lig wat in die donker skyn sodat ons kan SIEN (Hy is vir ons lig/Sy woord is vir ons 'n lig/Hy laat Sy lig oor ons skyn), maar die wat nie wederbaar is nie (die wat nie Sy Gees het nie), is soos mense wat in die donker stap (hulle kan nie SIEN NIE, en hulle gebruik 'n ander "lig"). Geestelike mense "sien" anders as natuurlike mense bv., al word hulle verdruk, is hulle nie teneergedruk nie;  al voel hulle daar is geen uitweg nie, is hulle nie radeloos nie (2 Kor. 4:8);  al word hulle vervolg, is hulle nie verlate nie;  al word hulle neergewerp, kan hulle nie vernietig word nie (2 Kor. 4:9)..., ens. Hulle sien anders en beoordeel dinge op 'n geestelike manier. Dit is duidelik in die wêreld hoe verskillend natuurlike en geestelike mense dink ("sien") - ook wat waarheid aabetref.  Bv., terwyl die wêreld nog soekend is na die waarheid en nie seker is wat is waarheid nie, ken die geestelike mens alreeds die waarheid (want hy het die Gees vd waarheid!). Wanneer Christus terugkom, dan breek die dag aan... - dan sien ons nie net die opstanding nie, maar al die nasies vd aarde sal die Here se weg ken (sal onder Sy lig wees) en sal Hom loof en bly wees en jubel omdat Hy hulle regverdig oordeel - die Here sal die nasies op aarde lei en hulle sal Hom vrees en loof.  Die Lig (Christus, die blink Môrester) sal onder hulle woon en hulle sal die kennis vd Here altyd onder hulle hê. Verder sal almal (asook die aarde) Sy seën kan ervaar... (Ps. 67). 

Bestudeer gerus hierdie tema saam met die tema van "wakker wees" (kinders vd dag)... - sien hoe dit ook in ditto konteks gebruik word Luk. 12:35-48. Christene is soos lampe omdat hulle die woord het en die Gees van waarheid (m.a.w., is "wakker" want hulle "sien", maar die wat slaap is nie wakker nie en kan dus nie sien nie - soos iemand wat in die donker is), maar as hulle begin om weer ander lig op te soek (bv., hulle antwoorde op ander plekke soek, valse leerstellings aanneem, die Gees bedroef, ens.), dan staan hulle die gevaar om "donker" op te eindig, soos lampe sonder olie...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.