Maandag 09 Januarie 2023

Wat dit beteken om deel te wees/word van die Koninkryk van God

'n Man van hoĆ« geboorte, wat regstaan om Sy koningskap op te neem (Luk. 19:11-27), is Jesus Christus die Seun van God, die vors van vrede (Jes. 9:5). Hy sal ware vrede bring op aarde...  Huidiglik is Hy "soos 'n man op reis" - 'n man wat na 'n ver land gereis het, sy huis agtergelaat het, en sy diensknegte volmag gegee het (vir elkeen sy werk en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak...)(Mark. 13:34). En na 'n tyd kom Hy terug! en sal Sy ewige koninkryk op aarde oprig, 'n koninkryk waarna die volk van God lank uitgesien het... (Matt. 15:43; Luk. 23:51). Die Skrif leer dat Jesus vd hemel af sal terugkom (waarnatoe Hy opgevaar het na Sy opstanding), en elke oog sal Hom sien, en Hy sal Koning wees oor die hele aarde... (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/07/die-christen-die-politikus.html). Toe Jesus die eerste keer gekom het het baie mense gedink dat Hy hierdie "aardse" koninkryk in daardie dae sou oprig (Luk 19:11; 17:20; Hand. 1:6), maar dit sal eers gebeur wanneer Hy terugkom. Die Skrif leer verder dat Hy vanuit Jerusalem sal regeer oor die hele aarde (Ps. 2:6-9; Jes. 24:23). Hy sal die ander koninkryke verbrysel en 'n ewige koninkryk oprig (Dan. 2:44)(wat sal begin met 'n 1000-jaar tydperk wat 'n nuwe "eeu"/bedeling inlei...). Christene wag op hierdie "wederkoms" (Hand. 1:11; Openb. 1:7), wat terloops gepaard gaan met 'n opstanding van heiliges (geroepenes) wat sal bepaal wie ingaan in Sy koninkryk en wie nie... In die opstanding sal sommige opstaan tot lewe, en ander sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:29). 

Na regte het die koninkryk al gekom op 'n geestelike manier - m.a.w., Christene behoort eintlik alreeds aan Sy koninkryk (Hy is teenwoordig deur Sy Gees, Hy is hulle Koning, hulle dien Hom...), maar die aanneming tot kinders word eers regtig voltrek in "die opstanding". Bv., nie almal wat huidiglik gesien word as deel vd koninkryk van God (die geroepenes), sal inderdaad eendag ingaan in die koninkryk nie. Sommige sal nie ingaan nie om sekere redes, bv. omdat hulle nie vrug dra nie of vrug verloor het, of omdat hulle afgeval het, ens. Die term "koninkryk van God" is dus beide 'n term wat gebruik word vir die huidige Christelike kerk, asook vir die toekomstige fisiese koninkryk van God op aarde. Die term "koninkryk van God" verwys dus nie net na die wat huidiglik aan die Christelike kerk behoort nie, maar kan ook verwys na die eendag fisiese koninkryk van God op aarde; maar nie almal wat huidiglik aan die Christelike kerk (koninkryk van God) behoort sal eendag ingaan in die fisiese koninkryk wat Jesus sal oprig (wanneer Hy terugkom) nie. In die huidige kerkbedeling (koninkryk van God/koninkryk vd hemele) is daar bv. nie net "KORING" (die wat vrug dra) nie, maar ook "KAF" (die wat nie vrug dra nie-hulle sal uitgegooi word)(Matt. 3:12; Luk. 3:17; Matt. 21:43). Sommige neem die woord aan en word deel vd koninkryk, maar val af die oomblik as versoeking kom omdat hulle nie wortel het nie (hulle kan dus nie groei en vrug dra nie)(2de groep in die gelykenis vd saaier). Daar is die wat wel vrug dra maar hulle vrug verloor (3de groep in die gelykenis vd saaier). En nie almal is "SKAPE" (barmhartiges) nie, maar sommige is "BOKKE" (onbarmhartiges)(Matt. 25:31-46)(hulle sal ook nie kan ingaan nie). En nie almal "hou vas" nie - die waarheid is dat wanneer Jesus terugkom sal baie wat huidiglik gesien word as kinders vd koninkryk, "nie gereed wees nie" (en die deur sal vir hulle toegemaak word)(Matt. 25:1-13).  Daar is ongehoorsames in die kerk (die wat nie die wil vd Here doen nie - hulle ken nie die Here nie en sal weggestuur word)(Matt. 7:21).  En daar is selfs mense wat insluip onder die kinders vd koninkryk, bv., die "ONKRUID" (valses, wat voorgee hulle dien die Here, maar doen nie)(die struikelblokke)(Matt. 13:24-10), wat baiemaal soos verleiers optree (alhoewel hulle tussen die kinders vd koninkryk beweeg, asof geroepenes, is hulle eintlik deur die vyand daar gesaai - hulle sal ook nie kan ingaan nie). En sommige word selfs BOOS en VERHARD hulle HARTE, al ken hulle die waarheid! (Rom. 1)........ Dus, alhoewel die wat nou deel word vd koninkryk van God die belofte het van ewige lewe, is daar sommige wat dit ongelukkig gaan verloor agv afvalligheid, vrugteloosheid, ongehoorsaamheid, ens. Hulle word wel nou gesien as "deel vd koninkryk van God", maar sal nie almal eendag ingaan in die fisiese koninkryk van God en opstaan tot lewe nie. Jesus Christus sal besluit wie ingaan en wie opstaan tot lewe, en wie nie.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

HOE WORD IEMAND DEEL VD KONINKRYK VAN GOD?
(m.aw., hoe word ons burgers word van Sy "land"?). 

Wanneer iemand emigreer is dit nie so maklik om deel te word van 'n ander land nie.  Immigrante moet deur baie dinge gaan voor hulle burgerskap in die nuwe land kan ontvang.  O.a. kan dit beteken dat hulle eers moet bewys dat hulle tot voordeel is vir die land en dus vir 'n tyd lank werk in die land voor hulle burgerskap kan ontvang, en is dus soos vreemdelinge in daardie hele tyd (geniet bv. nie onmiddellik ditto voordele as die burgers nie);  of hulle moet 'n groot som geld betaal om burgerskap te koop...  Daar is bepaalde stappe wat geneem word om burgerskap te kan verkry - in ander woorde, immigrante moet dit eers verdien of hulle moet dit koop, en wanneer hulle burgerskap in die nuwe land ontvang moet hulle "trou sweer" aan die nuwe land/regering.  Wat die koninkryk van God aanbetref kan dit egter nie gekoop of verdien word nie, maar daar is ook bepaalde stappe nodig voor iemand burgerskap kan ontvang, bv. gesindheid is belangrik!;   nl. vrees vir die Here en om Sy geregtigheid te soek;  en wat is iemand bereid om op te gee terwille vd koninkryk? 
-  (Hand. 10:35 - "maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is");
-  (Matt. 13:44 - "Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand")(Matt. 6:19-21,33; Luk. 12:16-21).  
Vrees vir die Here en om Sy geregtigheid te doen, en bereidheid om wil ens. "op te gee" is die maniere hoe iemand wys dat hy 'n burger kan word...  

DIE MANIER HOE JY 'N BURGER WORD IS NATUURLIK DEUR "TROU TE SWEER" AAN JESUS CHRISTUS! (m.a.w., jy moet in Hom glo...)(Joh. 5:24; 6:35,40,47; Joh. 11:25,26; ens.). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Identiteit speel ook 'n groot rol wanneer dit kom by burgerskap. Jy kry bv. outomaties burgerskap op 'n sekere ouderdom wanneer jy gebore is in 'n land (is "'n kind vd volk"), en jy geniet die voordele van 'n burger alreeds vanaf geboorte. Op dieselfde wyse is daar 'n volk op hierdie aarde aan wie burgerskap in die koninkryk van God belowe is, wat hulle bloot ontvang deur geboorte... (nl. die Hebreeuse volk deur 'n spefisieke geslagslyn, nl. Abraham, Isak, 12 stamme van Israel...);  hierdie groep mense staan bekend as die GEROEPENES, en aan hulle is burgerskap belowe - alhoewel die uiteindelike "aanneming tot kinders" gekoppel is aan voorwaardes!, en word eers voltrek in "die opstanding"... (bv., die wat eendag opstaan tot veroordeling sal nie in die koninkryk ingaan nie - baie is geroep, maar min uitverkies).  Enige iemand kan deel word van hierdie geslag (aan wie die erfenis belowe is - hulle kan onder die "kinders van Abraham" ingedoop word), nl. deur GELOOF IN JESUS CHRISTUS.  Die wat in Jesus Christus ("kind van Dawid"/Seun van God) glo, ontvang dus hulle kindskap deur die geloof in Hom (nie deur fisiese geboorte nie, maar geestelike geboorte) - hulle is "kinders van Hom" (asof uit Hom gebore - daar word o.a. na weergeborenes verwys as "gebore uit God")(Ef. 2:11-13). Weergeborenes word onder die kinders van Abraham ingedoop en het die belofte van erfenis (soos mense wat uit daardie geslag gebore is).   
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Lewensmaat en kinders het dit ook makliker wanneer 'n gesin emigreer. 'n Man se vrou en sy kinders kan bv. maklik papiere kry in 'n nuwe land.  Hulle hoef nie deur presies dieselfde stappe te gaan om burgerskap te ontvang as die man nie (hoef bv. nie te bewys dat hulle tot voordeel is vir die land nie), maar verkry dit bloot omdat hulle aan die man/pa behoort. Op ditto wyse sal almal wat aan Jesus Christus behoort, "papiere kry" wanneer Hy terugkom;  maar die wat nie in Hom glo en Hom nie dien nie kan nie verwag om te erf nie. Hy is immers die "Man" - alles behoort aan Hom... (Rom. 14:8; Gal. 4:21-31; Ef. 1:10; 5:23; Kol. 1:18; ens.). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


(1) Vir iemand om deel te word vd koninkryk van God is gesindheid dus eerstens belangrik, m.a.w. VREES VIR DIE HERE en OM SY GEREGTIGHEID TE DOEN - dus bekering waar nodig! Die koninkryk van God is soos 'n skat... - wat is jy bereid om op te gee ter wille van hierdie koninkryk (om dit te verkry)?  Bv., is jy bereid om jou wil op te gee? Is jy bereid om die Here alleen te dien, ens.. Hierdie gesindheid is belangrik voor iemand 'n burger kan word vd koninkryk van God/hemele. 

(2) Die manier hoe iemand burgerskap ontvang in die koninkryk van God, is deur geloof in Jesus Christus;  m.a.w., om "trou te sweer" aan Hom (Ef. 2:11-13; Fil. 3:20). 


(3) Verder is dit belangrik om vas te hou aan die Here..., want as jy nie vashou aan die Here nie gaan jy dalk nie ingaan in die ewige koninkryk nie (gaan dan nie kan opstaan tot lewe nie, bv. die sonder vrug, bokke, ens.).   Die wat burgerskap ontvang het (die wat huidiglik deel is vd koninkryk van God/Christelike kerk) is onderwerp aan die geloof, maar l.w. dat geloof sonder werke dood is (Jak. 2:20,26). Die "aanneming tot kinders" word eers volkome voltrek in die opstanding. Dus:  Hou vas aan die geloof! (Openb. 2:13; 2:25; 3:11). Bly in Jesus Christus, want sonder Hom kan ons nie (groei en) vrug dra nie (Joh. 15:4-7).  En glo in Sy woorde/die waarheid wat Hy verkondig het (Hand. 3:23; Hebr. 12:25; Joh. 12:47.48; 14:10), want om in Jesus te glo, beteken ook dat jy in Sy woorde glo (glo dat dit wat Hy verkondig het die waarheid is). Moenie ander "bronne" gebruik nie - gaan voort om die Here te dien (moet Hom nie verloen/verwerp nie). Moenie jou hart verhard teen Hom en Sy waarheid nie, Christene is wel vrygekoop (van hulle slaafskap onder sonde), maar behoort nou aan Jesus Christus (deur wie hulle vrygekoop is - is dus nou slawe van Hom), en moet Hom gehoorsaam/dien... (1 Kor. 7:22). Christene kan nie doen "wat hulle wil" nie, maar moet doen wat die Here wil.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.