Sondag 07 Februarie 2021

Wat is saligheid (2)

Vir die vorige dagstukkie oor "wat is saligheid?" en waarin spesifiek gekyk word na HOEKOM die mens saligheid nodig het, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/wat-is-saligheid-1.html.

Vir Bybelstudie oor die woord saligheid (oorsig), gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In hierdie dagstukkie word veral gekyk na "waarna die begrip saligheid verwys".  
Die woord "saligheid" is die Gr. woord "so-tay-ree'-ah", wat beteken: -"om te red, gesondheid, red, redding...".  Die AOV gebruik veral die woord "heil" in die O.T. vir saligheid - die Hebreeuse woord " yesh-oo'-aw ", wat beteken "redding, gesondheid, hulp, red, gered, welsyn (e.a.: veiligheid, oorwinning)".

In die vorige pos oor wat is saligheid, waarin ons gekyk het na hoekom iemand saligheid nodig het, het ons o.a gesien dat dit verwys na "REDDING van",  bv.:
-(a) die mens het redding nodig van sy vyand, die dood (die mens gaan dood omdat hy sondig en is dus besoedel en het redding nodig van die dood -  redding vd "tweede dood", en as hy doodgaan, opstanding vd uiterlike mens)(m.a.w., liggaam en siel moet gered word vd dood),
-(b) die mens het redding nodig van sy slaafskap onder sonde (almal word as "natuurlike mense" gebore wie se uiteinde is om in die ewige oordeel te gaan - het dus redding nodig van hierdie slaafskap sodat hulle nie in die ewige oordeel gaan nie - m.a.w., het nodig om "weer gebore" te word maar hierdie keer uit God se saad, dus dan gebore as vrymense, nie as slawe van sonde nie (m.a.w., liggaam en siel moet gered word van die oordeel).

As ons 'n studie maak om 'n OORSIG te kry vd woord saligheid, sal ons sien dat dit verwys na:
- (1) REDDING van die liggaam ("liggaam" hier verwysend na die uiterlike mens)(reininging van vlees)(Hebr. 9:13; 10:22)(- die wat redding vd liggaam ontvang, sal eendag deel he aan "die opstanding" wanneer Jesus terugkom - in daardie opsig oorwin hulle die dood)
- (2)  REDDING vd siel (1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 9:14; 10:22)("siel" hier verwysend na die innerlike mens)(reiniging vd gewete-Hebr. 9:14)(- die wat redding vd siel ontvang, sal nie onder die ewige oordeel val nie - sal dus nie deur die tweede dood gaan nie), en
- (3) alledaagse REDDING (bv. red van vyande)(verwys na die volk van God / "kinders vd koninkryk")(Luk. 1:71; Dan. 2:44; Hag. 2:7; Sag. 6:12; Ps. 98:3; Jes. 49:6,8; 1 Kron. 16:35)(- wanneer Jesus terugkom sal Hy Sy volk uit die hand van hulle vyande red, ens.).

Die mens is nie net uiterlik nie, maar het ook 'n innerlike.  Dit is dus nie net die uiterlike mens wat redding nodig het (nl. "redding vd liggaam") nie, maar ook die innerlike..(nl. "redding vd siel"). 
Hierdie word in die volgende paragraaf beter verduidelik.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Toe Jesus die eerste keer gekom het, het Hy veral "redding vd siel" bewerk. Wanneer Hy terugkom gaan Hy (1) "redding vd liggaam" bewerk  ("liggaam" hier verwys na die "uiterlike mens")("redding vd liggaam" verwys hier na "die opstanding")(m.a.w., die wat in Hom glo sal deur Hom opgewek word in nuwe liggame, nl. 'n nuwe "uiterlike mens" kry - kyk die tema van "verheerlikte liggame" - hulle word GERED deur die "opstanding tot lewe" - liggame waarin hulle vir ewig kan lewe). In 'n sin het kinders vd Here alreeds "redding vd liggaam" ontvang omdat hulle die belofte het van opstanding en hulle sondes afgewas is (en die Christelike doop is o.a. tekens hiervan). In die O.T. "bedeling" het die volk uitgesien na hierdie toekomstige opstanding, alhoewel die offerstelsel van afwassing van sondes toe anders gewerk het en kon nie die mens van alle sondes reinig nie (bv., kon nie vir bloedsondes betaal of die gewete volkome reinig nie)(Hebr. 9:9-28). Jesus se offer is egter volkome en instaat om alle sondes (behalwe natuurlik lastering teen die Heilige Gees) asook gewete af te was! Daarom het die wat in Hom glo die belofte van opstanding en kan volkome gereinig word.

Toe Jesus die eerste keer gekom het, het Hy veral (2) "redding vd siel" bewerk (die woord "siel" hier verwys na die "innerlike mens")("redding van siel" verwys hier na hoe die innerlike mens vernuwe word - m.a.w. "nuwe hart" - die oue dood, en staan op in 'n nuwe... - en die Christelike doop is o.a. 'n teken hiervan). Hierdie word bewerk deur "water en Gees" (m.a.w. afwassing, en die ontvang vd Heilige Gees). As iemand nie in Jesus Christus glo nie, is daar geen ander offer wat hom volkome skoon kan was nie.  En as iemand nie in Jesus glo nie, hoe sal hy die Gees ontvang?  Sonder water en Gees kan niemand weer gebore word nie!  Jesus Christus is die Een wat die Heilige Gees gee (aan die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam)(m.a.w.die wat in Hom glo se sondes en gewete word afgewas en hulle innerlike word vernuwe - hulle word GERED deur wedergeboorte (en hulle het ook die belofte van redding vd liggaam eendag).  Wedergeborenes is soos mense wat van voor af gebore word, maar hierdie keer uit God se saad - m.a.w. is nou "geestelike mense" - is gebore uit God se saad en dus gered van hulle slaafskap onder sonde.  Oorspronklik was hulle as slawe van sonde gebore, nl. "natuurlike mense", maar nou word hulle "weer gebore" -  hierdie keer gebore as vrymense, en is dus nie meer slawe van sonde ("natuurlike mense") nie, maar nou "geestelike mense" - en omdat hulle gekoop is met die bloed van Christus is hulle in der waarheid "slawe van Christus").

Wanneer Jesus terugkom sal hierdie saligheid (bedoel vir die wat in Hom glo) voltrek word (Hebr. 9:28; Jes. 38:17).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Saligheid is ook iets wat letterlik ervaar word deur gelowiges (bv, "alledaagse redding"), bv. redding van siekte of redding uit die hand van vyande...  Bv., die tyd wanneer Christus terugkom kan ook gesien word soos 'n tyd van wedergeboorte (Matt. 19:28) of  "tyd van HEIL (saligheid)" (Jes. 49:8), wanneer God Sy volk red uit die hand van hulle vyande... (m.a.w. wanneer die tyd wanneer Here Sy koninkryk oprig en op Sy troon gaan sit om oor die hele aarde regeer).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
(hierdie is soos 'n opsomming van bg.)


Alhoewel "saligheid" of die tyd van heil ook gesien word as die tyd wanneer Christus Sy volk kom red uit die hand van hulle vyande (en Hy die land herstel en hulle terugbring in die land en 'n tempel laat bou, ens.), gaan saligheid nie net oor hierdie soort redding nie, maar ook oor die redding van liggaam en siel. Matt. 10:28 - "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel". "Saligheid" RED mense van hulle SLAAFSKAP onder sonde, en van die DOOD ((1) sal dood oorwin deur die opstanding - saligheid vd liggaam), en (2) sal nie deur die tweede dood gaan nie - dus saligheid van beide liggaam en siel).

Die wat eendag REDDING VD LIGGAAM ontvang, sal die dood oorwin.  Die wat in Christus gesterf het, sal opstaan in nuwe liggame (en vd wat in Hom glo wat nog dan in die lewe is, se liggame sal ook verander word). Weergeborenes word alreeds gesien soos mense wat redding van die liggaam ontvang het, nie net omdat hulle sondes afgewas is nie maar hulle innerlike mens ("die siel") is ook alreeds vernuwe (soos mense wat opgestaan het uit die dood! - die Christelike doop is o.a. 'n teken hiervan...). Die innerlike mens vd weergeborene kan dus gesien word soos iemand wat alreeds opgestaan het uit die dood - (Rom 6:2-4 - "....Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel) - hierdie "opstanding" verwys veral na die nuwe lewe waarin die Christen wandel, en na die "redding vd siel". "REDDING VD SIEL" verwys m.a.w. na "weergeboorte". Die wat redding van siel ontvang se uiterlike (belofte) en innerlike word bewaar sodat dit nie in die ewige oordeel of "tweede dood" val nie. Alhoewel die woorde Redding vd siel dus meer verwysend is na die redding vd innerlike mens, het die wat redding vd siel verkry ook die belofte van opstanding in 'n nuwe uiterlike eendag (m.a.w. "redding vd liggaam").

GELOOF in Jesus Christus is belangrik, want as jy nie in Hom glo nie,  hoe sal jy dan eendag deur Hom opgewek word? (hoe sal jy dan eendag redding vd liggaam verkry?). Jesus het die sleuterls vd doderyk (Hy het opgestaan uit die dood en het die mag om te besluit wie lewe en wie nie).
En hoe sal iemand kan ingaan in die Koninkryk van God as sy sondes nie afgewas word nie?  Jesus het die mag om sondes te vergewe - as jy nie in Hom glo nie kan jy nie volkome vergifnis ontvang nie.
En hoe sal iemand die Heilige Gees ontvang as hy hom nie tot die Here bekeer en vir Jesus gehoorsaam nie?, want gehoorsaamheid is 'n voorwaarde om die Gees te ontvang (Hand. 5:32).  Jesus is die Een wat die Gees uitstort in mense se harte;  dus, as iemand nie in Hom GLO NIE, hoe sal hy dan die Heilige Gees ontvang?  Die Vader het alles in Jesus Christus, Sy Seun, se hand gegee (Joh. 3:35) - alle mag is aan Hom gegee in die hemel en op die aarde (Matt. 28:18), en aan Hom 'n Naam gegee wat bo elke naam is... Die Here Jesus Christus is die horing van heil van wie geprofeteer was, wie sou kom om saligheid te bewerk (Hand. 4:12 - "En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie"). (Fil. 2:9-11)   -  hierdie word in meer diepte behandel in die volgende pos oor "wat is saligheid".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.