Woensdag 24 Oktober 2018

Die Innerlike mens

Ons sorg daagsliks vir die uiterlike mens (kos, klere, werk, omgang, rus, ens.) maar wat van die innerlike mens? Die mens is nie net letterlik van aard nie, maar ook figuurlik en bestaan uit
LIGGAAM, SIEL en GEES, maar is ook tweeledig van aard nl.:

-  letterlik "DIE UITERLIKE MENS" (2 Kor. 4:16; 5:12 ) en 
-  figuurlik "die INNERLIKE MENS" (Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16; 1 Pet. 3:3,4; 1 Sam. 16:17).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons kan die liggaam, siel en gees (vd mens) vgl. met grond (liggaam) waarin saad (siel) geplant word, en wat lig (gees/asem) nodig het om te groei en te lewe - en sonder kos en water sal dit doodgaan!, maar hierdie verwys nie net na die uiterlike (die mens "letterlik" bedoel) nie, maar ook na die innerlike (die mens "figuurlik" bedoel).  Die SIEL van die mens is bv. nie net letterlik van aard (wat verwys na die letterlike hart, lewe in die bloed, organe, sintuie ens.) nie, maar is ook figuurlik van aard  (bv. "hart" figuurlik bedoel - wil, emosies, denke ens., en verwys na "ou" of "nuwe" hart;  en die innerlike kan ook sien en praat en hoor ens.). Op dieselfde wyse is die GEES vd mens nie net letterlik die "asem" (asem of gees waarsonder niemand kan lewe) nie, maar is ook figuurlik (het bv. of die gees vd wereld - die "natuurlike mens";  of het die Gees van God - die "geestelike mens"). Net so is die LIGGAAM nie net letterlik van aard (bv. vlees, vleis, bene, familie, werke, rus  ens.) nie, maar verwys ook figuurlik na vlees, familie, werke, ens. (bv.,  figuurlik "vlees" verwys na, "nuwe mens" OF "ou mens" /  figuurlik "werke"  verwys na = "werke vd vlees" OF "werke vd geloof"...).
https://warechristene.blogspot.com/2018/10/uiterlike-mens-innerlike-mens.html.

Hoedanig lyk jou innerlike?  Die natuurlike mens se innerlike lyk anders as die geestelike mens se innerlike, want die geestelike mens se innerlike is vernuwe (weer gebore) en as gevolg daarvan kan hy geestelike kos verteer en verwerk, want hy "lewe"! (https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html). Ons kan dit miskien as volg verduidelik dat as jy kos en water in 'n dooie liggaam sou plaas, dit dit nie kan nie verwerk nie... - op dieselfde wyse kan die natuurlike mens nie geestelike kos verwerk nie omdat sy innerlike soos 'n dooie gesien kan word - hy het die "gees vd wereld" en kan slegs die wereldse dinge verstaan - sy innerlike het m.a.w. nie die asem van die Heilige Gees wat nodig is om te kan "lewe" nie (net soos wat die uiterlike ook nie kan lewe sonder asem nie).  Daarom kan sy innerlike soos 'n "dooie" gesien word wat nie geestelike kos en water kan verwerk nie...  En wanneer die natuurlike mens sy innerlike voed met dit wat geen lewe voortbring nie (wereldse wysheid, 'n dors na eie wil, vertroue in afgode, werke vd vlees, mensgemaakte wette...ens.sal dit in plaas van lewe steeds die dood voortbring (bv. "werke tot die dood"). Nie alle soorte kos en water en oefeninge is tot voordeel vd mens, of eens nuttig nie! (2 Tim. 2:14; 1 Tim. 4:18 ens.). Ons moet verstaan dat ons vyand, "die dood", nie net ons letterlik (ons uiterlike) verwoes nie, maar ook ons "figuurlik" (die innerlike mens) sal deur die (tweede) dood gaan;  -tensy iemand se innerlike vernuwe is! ("lewendig" gemaak is deur die Heilige Gees, en dit aan die lewe gehou word).  Die geestelike mens se innerlike is verlig en lewendig (deur die asem vd Heilige Gees) en is instaat om geestelike voedsel te verteer en te verwerk...;  dus nuttige voedsel en voedsel wat tot voordeel strek vd mens. Die geestelike mens het ook "lewe in die bloed van Christus", en soos bloed letterlik deur die liggaam pomp en nodig is sodat organe en sintuie in die liggaam kan werk, net so "werk" die geestelike mens se sintuie en organe - hy kan m.a.w. die geestelike dinge verstaan want hy "sien" en "hoor"...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Ons is nie gemaak om van (letterlike) brood alleen te lewe nie... (Deut. 8:3), want ons is nie net letterlik nie maar ook figuurlik van aard! Net soos die letterlike liggaam nie kan lewe sonder asem nie, en kos en water nodig het om aan die lewe te bly, net so kan die innerlike nie lewe sonder die asem vd Heilige Gees nie, en het geestelike kos en water nodig om aan die lewe te bly. In die Skrif het "voedsel en water" bv. ook figuurlik 'n betekenis en verwys nie net na die woorde van God nie, maar ook na Hom as Woord... - Jesus Christus is self die brood vd lewe, en die Here en Sy Gees is soos 'n fontein van water... (Jer. 17:13; Joh. 6:33,48 ens.).  As iemand nie in Jesus Christus glo nie, sal sy innerlike nie die (regte) voedsel en water kry wat dit nodig het om vir ewig te lewe nie - in so 'n geval kry hy nie die Brood en Water (nl. die Here Jesus Christus en Sy Gees) wat hom kan laat lewe en aan die lewe hou nie! Elke mens het asem nodig om te kan lewe, maar dit geld nie net vir die uiterlike mens nie, maar ook vir die innerlike. 
Die natuurlike mens het nodig om deur Jesus Christus gewas te word en het nodig om homself diensbaar te stel aan die Here Jesus voor hy die Gees kan ontvang of in staat kan wees om vrug te dra tot ewige lewe (Rom. 6:22). Sonder geloof in Jesus Christus en geloof in Sy woorde (m.a.w., sonder Brood vir die innerlike...), en sonder die ontvang vd Heilige Gees (sonder asem en water vir die innerlike)(wat terloops deur Jesus Christus gegee word), kan niemand LEWE nie! (Joh 6:35 - "En Jesus sĂȘ vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie"). Die wat nie in Jesus Christus glo nie (die wat nie die Brood kry nie) en nie die Heilige Gees ontvang (nie die Asem en Water kry) nie, se innerlike kan nie LEWE nie en kan ook nie in die lewe gehou word nie. Hulle innerlike se uiteinde is die "tweede dood".

Die "natuurlike mens" het dus vir Jesus Christus nodig om te kan lewe.  Maar net so het die "geestelike mens" wie se innerlike alreeds lewe (Tit. 3:5; Ef. 5:26) nodig om aan die lewe te bly... Die geestelike mens LEWE wel deur die asem van die Heilige Gees maar sal sonder geestelike brood en water sterwe as hy dit nie kry nie! Die geestelike mens het nodig om in die Here te bly (Joh. 15:5) en vas te hou aan die geloof (Hebr. 6:18; Openb. 3:11), want net soos in die geval wat die uiterlike mens nie kan aanhou lewe sonder letterlike brood en water nie, net so kan die geestelike mens ook nie aan die lewe bly as hy nie geestelike "brood en water" kry nie... Die uiterlike mens het kos en water nodig, oefening, en nodig om gewas te word... - op dieselfde wyse het die innerlike dit ook nodig.  Dit is die woorde van die Here en om Sy wil te doen en die dors na Sy Gees wat tot voordeel strek vd innerlike mens, sodat die innerlike gewas word soos ons daagliks die uiterlike mens bad (Hebr. 10:22...), en gevoed word soos ons daagliks die uiterlike voed (1 Tim. 4:6...), en die innerlike mens se dors geles word soos die uiterlike ook daagliks water drink (Joh. 4:14...), en oefening kry soos die uiterlike ook daagliks oefening kry (1 Tim. 4:8; Rom. 14:17 ens.). Dit dan ook die rede waarom dit so belangrik is vir die geestelike mens om van tyd tot tyd te "VAS "... (Matt. 4:4; Matt. 17:21; 9:16,17).

Ons moet dus onderskei tussen die natuurlike mens en die geestelike mensWanneer die natuurlike mens se uiterlike mens doodgaan wag hy op die oordeel vd "tweede dood" want sy innerlike het nie die lig en voedsel en water gekry wat dit nodig het om aan die lewe te bly (sodat hy kon groei en vrug dra tot ewige lewe) nie. Die geestelike mens word egter gevoed deur dit wat lewe voortbring!...., en sal daarom nie onder die oordeel vd tweede dood val nie, en het ook die belofte van opstanding vd uiterlike mens! - maar sy innerlike het ook daagliks asem nodig (gees) en nodig om te bad en gevoed te word sodat hy "aan die lewe bly" (liggaam) en kan "groei" (boom) en vrug dra tot ewige lewe... Geestelike mense het nodig om hulle innerlike te voed en bad en oefen, sodat hulle "aan die lewe bly" en die asem vd Gees nie van hulle weggeneem word nie... (1Th 5:23 - "En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!")
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
https://warechristene.blogspot.com/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html
https://warechristene.blogspot.com/2016/01/om-te-vas.html
https://warechristene.blogspot.com/2018/06/water-vir-lewe.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.