Wys tans plasings met die etiket lig. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket lig. Wys alle plasings

Vrydag 25 Oktober 2024

Waarna verwys lig, kos en water geestelik?

Kinders van die Koninkryk word somtyds soos plante of bome voorgestel, wat GROEI en VRUG DRA (en hierdie vrug kan vir hulle die ewige lewe oes). Maar waarna verwys hierdie geestelike LIG, KOS en WATER? Ons het bv. lig nodig om te kan lewe, en kos en water nodig om aan die lewe te bly..., maar waarna verwys dit geestelik?

Ten eerste bepaal saad natuurlik wat se soort boom groei en wat se soort vrug dit dra (daarom is weergeboorte nodig - iemand moet "oor gebore" word, want kinders van Adam dra vrugte vir die dood). Geestelike mense is instaat om vrug tot lewe te dra (dit wys dat hulle uit die regte saad gebore is - is "uit God gebore"). Tweedens het saad dus die LIG nodig (want sonder asem / lig kan ons nie lewe nie!).  Sonder die asem van die Heilige Gees kan die mens nie geestelik lewe nie... Derdens het die geestelike mens (wat nou tot 'n boom kan groei wat "vrug tot lewe" kan dra) kos en water nodig om aan die lewe te bly, en om te groei en vrug dra.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

 (1) - Geestelike WATER verwys na die woord vd Here en na die Heilige Gees (Joh. 6:63,68). Die Here se woord is vir ons soos water... (Amos 8:11). Die Here word ook o.a. beskryf soos 'n "fontein van water"... (Jer. 2:13)(ons moet by Hom drink, bv. glo in Sy woorde/leringe - plaas jou hoop in Sy wil en waarheid). Mense wat bv. nie water by die Here kry nie kan beskryf word soos 'n dor land (Hos. 2:1-3; Jer. 51:53; Ps. 68:6). Die mens kan nie sonder water lewe nie; altans, jy kan nie sonder water aan die lewe bly nie... - dieselfde geld vir die geestelike mens. Die weergeborene wat nie in die Here bly nie kry nie die water wat hy nodig het om aan die lewe te bly nie (dit stuit m.a.w. groei, wat dus veroorsaak dat jy nie kan vrug dra nie, en dit kan selfs tot die dood lei...). Dawid het 'n soortgelyke beeldspraak gebruik in Ps. 63 waarin hy die land rondom hom voorstel soos 'n "dor en uitgedroogde land SONDER WATER"..., maar die siel wat dors na die Here sal versadig word! - so 'n siel is "soos 'n tuin wat goed besproei is, en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie" (Jes. 58:11)(Joh. 7:37,38 - "En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei") (Openb. 21:6). Wanneer jy water kry, kan jy hierdie water ook aan ander gee (die Here gebruik bv. Sy diensknegte om plantwerk te doen, en nat te maak..., en Hy laat groei!). Maar as ons by verkeerde waterbronne drink (bv. wereldse wysheid, of ons hoop plaas in ander geloofspraktyke, wat o.a. na verwys word as geestelik "hoereer"-Amos 8:11-13), dan gaan dit ons "geestelike groei"-proses beinvloed, asook beinvloed watter water ons aan ander gee.Wanneer die geestelike mens nie in die Here bly nie en begin dors na verkeerde dinge, word hy soos 'n "dor land" - hy kry nie die regte soort water nie, so hy bly dors (Hos. 2:1-3; Jes. 65:13). WATER VERWYS DUS NA WOORDE (WAARHEID) - in Spr. 18:4 word die woorde wat uit iemand se mond kom, bv. ook voorgestel soos water, en in 10:11a word die mond vd regverdige voorgestel soos 'n fontein lewe. Jesus Christus is die WOORD (Joh. 1:1; Openb. 19:13).  Die Heilige Gees is die Gees van WAARHEID (Joh. 15:26; 16:13; 1 Joh. 4:6).  Die manier hoe ons "bou" is dus belangrik, want vir die geestelike mens om goeie vrug te dra en "aan die lewe te bly", het jy die regte soort water nodig... - jy't bv. nodig om vas te hou aan Jesus Christus (bv. Sy woorde), en moet die Heilige Gees gehoorsaam. Die Heilige Gees is soos 'n fontein van lewe in iemand se binneste... - en waarvan die hart vol is loop die mond oor (Jes. 59:21)(Luk. 6:45; Matt. 12:34; 15:18; Kol. 3:16). IEMAND SE VRUG WYS GEWOONLIK WAT SE SOORT WATER HY DRINK (bv. vars water of bitter water?-Jak. 3:10,11). Ons moet dors na die Here (Openb. 21:6; 22:7; Ps. 63:1,2)(dors na die lewe wat daar in Jesus Christus is, dors na Sy geregtigheid, dors na Sy Gees), wat o.a. beteken "om na die Here te luister" en "die goeie te eet"... (Jes. 55:2).  

(2)  -Geestelike KOS:  Jesus het geleer dat die mens nie van brood alleen kan lewe nie... (Matt. 4:4; Deut. 8:3). Net soos die uiterlike mens nie in die lewe kan bly sonder kos en water nie, net so die innerlike mens - die innerlike mens het ook brood nodig, die regte soort kos nodig om aan die lewe te bly (bv. om vrug tot lewe te kan dra). Hierdie "brood" is by Jesus te kry: (Joh 6:35 - "En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie"). Hier sien ons hoe belangrik dit is om in Hom te bly (bv. om Hom te ken, om van Hom te leer, Hom te raadpleeg, ens.) sodat ons die geestelike kos en water kan kry wat ons nodig het om geestelik te kan groei, en dus vrug te kan dra. "Vas" is o.a. 'n manier wat ons help om "geestelik te eet" (Matt. 17:21; 9:16,17). Jesus het o.a. ook na hierdie voedsel verwys as "om die wil van die Vader te doen" (Joh. 4:34). Om Sy wil te doen gaan oor om na die Here luister en Sy werk te volbring;  m.a.w., wanneer 'n geestelike mens die wil van die Here doen is hy ook besig om geestelik te eet... (m.a.w., dit sal geestelike groei tot gevolg he). Die dienaar wat bv. deur die Here uitgestuur word in Sy koninkryk om Sy wil uit te voer, is besig om vrug te versamel... (Joh. 4:36 - "En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees"). Christene word o.a. bemoedig om "ryk te word in die Here" (eerder as in wereldse dinge)(Luk. 12:16-21)(Luk. 12:23 - "Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere") - ons moet aandag gee aan die geestelike (geestelike water, geestelike voedsel, geestelike klere, ens.). Nie alle soorte voedsel is goed vir ons nie;  op ditto wyse is nie alle geestelike voedsel goed vir die mens nie. Die Here besluit wat vir ons as voedsel dien en wat nie (Gen. 1:29,30) , en bv. watter voedsels rein is vir ons en wat nie. En net soos ons in die N.T. ook koswette het (bv. mag nie bloed eet, of moet kos vermy wat jou broeder aanstoot gee tydens saameet, ens.), op ditto wyse is net sekere geestelike voedsels vir die weergeborene rein.  Bv., om die Here alleen te raadpleeg en Sy wil te doen (bly weg van heidens afgodspraktyke), om "wysheid van bo" te soek (i.p.v. wysheid van die wereld;  m.a.w. ons moet die Here raadpleeg), ens. Christene moet verstaan watter geestelike voedsel vir hulle rein is, en wat nie.

(3)  - Geestelike LIG: Die mens het lig/asem nodig om 'n lewende wese te wees... (Gen. 2:7; Job 27:3)(sonder asem kan hy nie lewe nie, en as asem weggeneem word gaan hy dood-Job 34:14,15).  Maar hierdie geld nie net vir die uiterlike mens (liggaam) nie, maar ook die innerlike mens (siel).  "Dood" verwys bv. nie net wanneer die uiterlike mens (liggaam) sterf nie, maar verwys ook na die tweede dood... (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word).  Hierdie is iets wat geen mens kan keer nie! - almal gaan dood, en die natuurlike mens sal ook eendag deur die tweede dood gaan;  want net soos die mens doodgaan wanneer asem teruggeneem word, net so sal die mens deur die tweede dood gaan as sy liggaam en siel nie die LIG/ASEM het nie! Natuurlike mense het 'n wereldse gees - as jy 'n wereldse gees het kan jy nie die lewe oes nie... Jy het die Heilige Gees nodig! Die Heilige Gees kan vir iemand hierdie "asem" of LIG gee wat vir hom die lewe kan gee... - die weergeborene word bv. o.a. voorgestel as iemand wat LEWE ontvang het. Die Heilige Gees is soos LIG/gees-asem vir die geestelike mens., - dus, die geestelike mens is deur die Heilige Gees verseel tot die dag van verlossing... (Ef. 1:13; 4:30)(wanneer die uiterlike ook vernuwe word/sien "opstanding" en "wegraping")(hulle is maw "gemerk" as die wat sal lewe en nie deur die tweede dood sal gaan nie)(Ef. 4:30). Plante het lig nodig om kos te kan verwerk - op ditto wyse het die mens die lig vd Heilige Gees nodig om geestelike voedsel te kan verwerk tot 'n bron van energie (dit is terloops waarom die met 'n wereldse gees het nie die geestelike dinge kan verstaan nie...-1 Kor. 2:14). 'n Liggaam wat dood is/'n dooie is soos (dooie) "grond" (liggaam=grond) waarin niks geplant of kan groei nie - op dieselfde wyse is die natuurlike mens se liggaam soos grond waarin die geestelike nie kan groei nie, en is hy nie instaat om geestelike vrug (tot lewe) te kan dra nie. Die weergeborene kry LIG (die Heilige Gees) en word o.a. beskryf soos iemand wat "gebore is uit God" (hulle behoort aan Christus - asof kinders uit Hom gebore, maar natuurlik nie fisies nie/van sy vlees en bene-Ef. 5:30). Daarom word kinders van die Koninkryk beskryf as "kinders van God", en word alreeds gesien as mense wat die lewe het... 

Maandag 26 Augustus 2024

Liggaam, siel en gees

Die mens bestaan uit 'n (1) UITERLIKE (mens) en 'n (2) INNERLIKE (mens),

 maar dit word beskryf deur (1) LIGGAAM, (2) SIEL en (3) GEES   - en dit is hier waar die "paw paw die fan strike"...  Is dit nou 2 dele, of 3? Ons is wonderlik kompleks gemaak, geen wonder ons sukkel om onsself te verduidelik. 

Kom ons kyk na die skrifte waaruit bg. kennis verkry is:

- LIGGAAM, SIEL en GEES (1 Thess. 5:23)

(liggaam=Gr. woord "so'-mah" -liggaamlik, liggaam, slaaf)(siel=Gr. woord "psoo-khay'"-hart, lewe, siel, gesindheid, ons, jy)(gees=Gr. woord "pnyoo'-mah" -gees, lewe, gesindheid, gees(vdmens)

- "LIGGAAM en SIEL" (Ps. 31:10; Mig. 6:7) (Matt. 10:28)

(liggaam= Gr. woord "so'-mah" -liggaamlik, liggaam, slaaf)(siel=Gr. woord "psoo-khay'"-hart, lewe, siel, gesindheid, ons, jy)

- UITERLIKE MENS en INNERLIKE MENS (2 Kor. 4:16; Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16) 

(uiterlike (mens)= Gr. woord "ex'-o" -verwys na die buitekant -weg van, vorentoe, buite, vreemd)(innerlike (mens)=Gr. woord "es'-o-then'"-verwys na die binnekant -binnekant, van binne, sonder)

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dit is somtyds moeilik om te verduidelik waarna die verskillende dele van die mens verwys.  Waarna verwys "liggaam" spesifiek?  Waarna verwys die woord "siel"?  Waarna verwys "gees"? Hierdie hang eerstens af van die konteks, en tweedens kan ons vra of dit verwys na die fisiese, of na die gees? 

Vir volledige studies oor elk van hierdie begrippe, gaan na:

"liggaam" : https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html

"siel": https://warechristene.blogspot.com/2020/06/die-siel-vd-mens.html

"gees": https://warechristene.blogspot.com/2020/05/asem-gees-lig-gees-vd-mens.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kom ons kyk na 'n kort opsomming wat poog om "liggaam, siel en gees" te beskrywe (vir skrifte, klik asb. op bg. urls):

"LIGGAAM" beskryf basies alles wat in die graf vergaan wanneer iemand doodgaan... - dit verwys na die uiterlike mens (wat terloops nie kan lewe sonder asem of gees nie). Die begrip "liggaam" word o.a. beskryf deur die woord VLEES ("mens" of "mensdom"- dit wys m.a.w. op soort wese...). Dit beskryf  die (1) FISIESE LIGGAAM "van buite" en "binne" (vleis, vel, naaktheid, ens. = fisiese uiterlike); (organe, bloed, sintuie, ens. =fisiese innerlike). In die Hebr. betekenis kan dit na baie dinge verwys, afhangende van die konteks..., bv. die begrip "liggaam" kan o.a. ook wys aan watter familie jy behoort (kyk bv. DNA), die feit dat die liggaam werk en voedsel en bekleding nodig het, en soos bo beskryf wys dit op beurt na "die self" (wie is jy?, wat is jy? - "vlees", meer in die sin van wat se soort wese is jy), en raak dus ook aan die onderwerp van lewende wese of lewende siel omdat asem/gees die liggaam tot lewe bring...  Wanneer die mens sterf is dit DIE LIGGAAM wat sterwe, en sal eendag opstaan of herlewe... - die wat gered word sal opstaan tot (ewige) lewe (hulle sal ander soort liggame kry, nl. verheerlikte/geestelike liggame), en die wat nie gered word nie sal deur die "tweede dood" gaan (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word = ewige oordeel). DIE BEGRIP "UITERLIKE MENS" BESKRYF VERAL DIE LIGGAAM... (fisies van buite en binne). Dit is eintlik jou innerlike mens wat sien en hoor en praat en voel ens... - die uiterlike liggaam is soos 'n werktuig waardeur die mens se gees werk;  m.a.w., as jou gees jou liggaam verlaat (wanneer jy doodgaan) kan jou liggaam nie meer sien en praat en hoor ens. nie, maar natuurlik kan jou gees! (Luk. 16) - die liggaam is dood sonder gees (Jak. 2:26). 

"GEES" beskryf asem of  'n gees, nl. in hierdie geval "die gees van die mens"(gees in binneste)(kyk begrip "geeste van alle vlees", in hierdie geval is die soort vlees die mens- m.a.w. "gees van die mens") - in die Hebr. betekenis (bv. in Gen. 2:7) verwys die woord "gees" na beide ASEM of 'n GEES, en dit word o.a. na verwys as "siel" omdat dit die "lewende siel" (beskryf die innerlike mens).  Asem/gees verander 'n liggaam tot 'n lewende wese/lewende siel (Gen. 2:7; Jak. 2:26). Daarom gaan die liggaam dood wanneer asem/gees die liggaam verlaat... Sonder gees of asem kan niemand 'n lewende wese wees nie. Daar word 'n gees in elke mens geformeer (Sag. 12:1). Die skrif verwys somtyds hierna as die "geeste van alle vlees" -  dit is waarom die mens doodgaan wanneer "gees" (asem of die gees vd mens) die liggaam verlaat - want dit is deur "gees" wat hy lewe!  Wanneer die mens doodgaan is dit die liggaam/uiterlike mens wat doodgaan en in die graf vergaan, die innerlike mens of gees vd mens of "siel" verlaat dan die liggaam en gaan na 'n ander plek. DIE BEGRIP "INNERLIKE MENS" BESKRYF VERAL "DIE GEES VAN DIE MENS" (die gees vd mens kan beweeg, praat, hoor, ens.-Luk. 16). 

"SIEL" beskryf "lewe - is 'n lewende siel", die JY (word gewoonlik deur hart, bloed, sintuie en organe beskryf, maar meer as dit in die Hebr. fo Gr. betekenis vd woord... - dit kan bv. selfs verwys na "liggaam", in die sin van dat siel 'n wese beskryf "met asem", nl. lewende wese (hartstog kan bv.  'n gebeente verrot-Spr. 14:30; 'n gebeente kan ongesond word weens sonde-Ps. 38:3,4; 'n goeie tyding maak die gebeente vet-Spr. 15:30; stralende oe kan die hart verbly-Spr. 15:30;  niere kan versmag van verlange in iemand se binneste-Job. 19:27, en selfs jubel! -Spr. 23:15...ens.). In Gen.1:30 en 2:7 verwys die woord  o.a. na "die eie ek, gedagtes, persoon", ens.  DIE BEGRIP "SIEL" BESKRYF DUS VIR JOU AS LEWENDE WESE (hetsy fisies of geestelik) -  (1) deels na die fisiese (lewe in bloed - siel is aan die bloed verbind), en (2) deels na die gees vd mens in die sin van "is 'n lewende siel" -jy lewe omdat jy 'n gees het). Kyk veral na die terme BLOED  en HART wanneer daar oor die siel gepraat word.  Die siel is in die bloed... - (kyk bv. hoe die term bloed en wat bloed alles vir jou van jou kan vertel - kyk ook terme soos "vlees en bloed", "liggaam en bloed", ens...). "SIEL" WORD BESKRYF IN BEIDE DIE BEGRIPPE "UITERLIKE MENS" EN "INNERLIKE MENS" - DIE BEGRIP "UITERLIKE MENS" BESKRYF BV. O.A. DIE BINNEKANT VAN DIE FISIESE LIGGAAM... (bv. organe -hart, bloed, ens.)., en DIE BEGRIP "INNERLIKE MENS" BESKRYF O.A. DIE SIEL op 'n GEESTELIKE MANIER (bv. begeertes vd hart, ens.) - soos die fisiese jou "as siel" beskryf (bv. jou hartstoestand en bloed wat wys of jy gesond of ongesond is, ens.), so kan jou innerlike jou beskryf  (nie die fisiese hart of bloed nie, maar geestelik..., bv., "wat is die begeertes van jou hart?"," is jou hart gebreek in jou binneste", "is jy geestelik gesond of ongesond?, ens.). 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Die maklikste manier om die terme "liggaam, siel en gees" te beskryf, is deur Gen. 2:7 - God het die LIGGAAM gemaak van stof/grond, toe ASEM / GEES in die liggaam ingeblaas, en die mens het 'n LEWENDE SIEL geword... (Gen 2:7 - " En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem (Hebr. woord "nesh-aw-maw'" - blaas, asem ingegee, inspirasie, siel, gees) van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel (Hebr. woord "neh'-fesh" - wat verwys na iets wat asemhaal, bv. het daarom begeertes, hart wat klop, 'n aptyt, gesindheid, die self, is 'n persoon, die ek, 'n siel, ens.) geword"). 

Dit word ook op 'n ander manier in die Skrif verduidelik..., bv.: om Jesus en die dissipels se leringe beter te verstaan kan die liggaam van die weergeborene gesien word soos GROND (is immers van grond gemaak!-moet omgespit word, ploeg en saai, het kos en water en oefening nodig - kyk onderwerp "pad van godsaligheid" en "slaaf van Christus") - waarin 'n PLANT/BOOM groei en vrug dra (die siel binne-in, kyk onderwerp "geestelike groei") - en het LIG nodig (asem/gees nodig om te lewe - het die asem van die Heilige Gees nodig te kan groei en vrug dra tot ewige lewe)...  (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/die-mens-in-beeldspraak.html).     

OP DITTO WYSE IS 

- die liggaam VAN DIE MENS SOOS IETS WAARIN IETS KAN GROEI (moet omgespit word soos GROND, werk, het kos en water nodig om in die lewe te bly, oefening, klere, ens., en word baiemaal soos 'n slaaf beskryf);

- die siel IS SOOS IETS WAT GROEI... (saad/plant/boom) - EN GAAN OOR HOE JY AS MENS (binne) GROEI en wat se VRUG jy dra (nie net fisies wat jou bloed/hart van jou vertel bv. is jy gesond of ongesond nie, maar ook wat dit jou gees aanbetref  - wat jy glo, hoe jy "sien", wat jy begeer, ens.);  

- EN die gees IS SOOS LIG WAT NODIG IS OM TE LEWE (asem is soos lig vir die liggaam, en jy gaan dood sonder dit).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

Woensdag 27 April 2022

Lampe aan die brand

Jesus het vir ons baie geleer oor hoe ons onsself GEREED kan kry/hou vir wanneer Hy terugkom, o.a. dat ons ons lampe aan die brand moet hou...  (Luk 12:35 - "Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand"). Maar wat beteken dit?------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Om hierdie beter te verstaan kan ons miskien eerste kyk na hoe woorde soos "lamp","lig", "skyn", "sterre" ens. in beeldspraak in die Skrif gebruik word.

In die Skrif word "die profetiese woord" bv. soos 'n LAMP voorgestel wat in 'n donker plek skyn... (2Pe 1:19 - "En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte"). Christene is ook soos ligte (midde die duisternis vd wêreld), want hulle het die lig (hulle ken.het die Lig, en het die woord). In Openb. 1:16,20 word die "engele" (boodskappers) vd (Christelike) gemeentes voorgestel soos STERRE - sekerlik ook omdat hulle die profetiese woord vir die mense bring - hulle bring m.a.w. vir hulle die ligWanneer hulle die woord bring is hulle soos lampe wat skyn in 'n donker plek... 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Lamp/lig SKYN in die nag (dit verlig). Op dieselfde wyse word ons verlig wanneer daar oor ons "geskyn" word. Bv., wanneer die Here "Sy aangesig oor iemand laat skyn" (Num. 6:24-26), dan spreek dit van GENADE (Num. 6:25). Die Here seën die oor wie Hy genadig is... (bv., skyn lig oor hulle planne). Wanneer die Here 'n lig skyn oor iemand se planne/pad/weë dan is Hy GENADIG teenoor so iemand - die persoon se weë is geseend en sy planne kom tot stand (Job 10:3; 22:28). Die duisternis klaar dan op... - Hy gee bv. verlossing vir die verdruktes en verhoog die nederiges (Ps. 18:26-29; 31:15-17; 80:3,4). (Psa 67:2 - "Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela"). Net soos die Here Sy aangesig oor ons SKYN en ons verligting gee (vir ons 'n Lamp is), op dieselfde wyse gee geestelike mense verligting aan die rondom hulle oor wie hulle skyn (is soos lampe)(bv. deel die evangelie/profetiese woord/waarheid, doen goeie werke, ens.)(Matt. 5:16 - "Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik")(Fil. 2:15). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die "donker plek" waarna verwys word in 2 Pet. 1:19 verwys nie noodwendig na die aarde self nie (want dit is duidelik dat die aarde nie meer "woes en leeg en onder water en donker is nie"...), maar is meer verwysend na die toestand vd mens op aarde, bv. die toestand waarin die natuurlike mens verkeer (bv., die natuurlike mens dra vrugte vir die dood)(Rom. 7:5); of die toestand van 'n "krom en verdraaide geslag" (Fil. 2:15); of kan ook verwys na die uiterlike vd geestelike mens wat nog nie vernuwe is nie (2 Pet. 1:19). Natuurlike mense het bv. 'n wêreldse gees - daarom verstaan hulle nie die dinge van God nie (hulle is soos blindes - dit is vir hulle donker). Die begrip "krom en verdraaide geslag" verwys na mense wie hulle sinne verhard het teen die waarheid - hulle is nie onwetend soos natuurlike mense nie, maar is wetend en verhard hulle harte teen die waarheid (bv. kies om te glo wat hulle wil, nie wat IS nie) - diesulkes se sinne is verblind (asof 'n bedekking oor hulle aangesig/hart, 2 Kor. 3:13/hulle kan nie mooi "sien" nie). Geestelike mense kan "sien" omdat hulle innerlike vernuwe is (hulle het die Heilige Gees), maar hulle uiterlike (mens) kan na regte steeds gesien word as "donker" omdat dit nog nie vernuwe is nie (hulle innerlike mens is wel al vernuwe/word deurgaans vernuwe, en is daarom verlig, maar die uiterlike word eers vernuwe wanneer Jesus terugkom). 

Die rede waarom die "geestelike mens" SIEN (dit vir hom dag is), is omdat die Here in ons harte inskyn en vir ons verligting aanbring van kennis (2 Kor. 4:6). Die evangelie verlig ons - SKYN op ons (2 Kor. 4:4) en maak laat ons sien, en omdat ons die lig het kan ons soos ligte/lampe wees. 

"Natuurlike mense" word ook voorgestel soos mense wat in die dode slaap, maar "geestelike mense" is soos mense wat opgestaan het uit die dode!, en Christus skyn oor hulle... (Ef. 5:14)(hulle innerlike is vernuwe/het opgestaan in 'n nuwe mens). Geestelike mense was ook vroeër "in duisternis" (kon nie "sien" nie), maar is nou in die lig vd Here (en kan nou "sien")(Ef. 5:8). (Matt. 5:14-16 - "Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik"). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Daar sal " 'N DAG AANBREEK " wanneer Jesus die wat in Hom gesterf het sal opwek uit die dode, en die regverdiges sal "SKYN soos die son in die koninkryk van hulle Vader"... (Matt. 13:43). As "die dag nog nie aangebreek het nie" beteken dit dat die opstanding nog nie plaasgevind het nie. Vgl. hierdie gerus met 2 Pet. 1:19 wat praat van hoe die môrester sal "opgaan in gelowiges se harte" (l.w., "wanneer die dag aanbreek"). Jesus het ook die môrester belowe aan die wat oorwin (Openb. 2:28)(in konteks verwys dit daar na die wat vashou en nie ag gee op valse leerstellings nie). Hierdie soort beeldspraak van verstandiges wat sal glinster word ook in Dan. 12:3 gebruik. Dit beteken natuurlik nie dat hulle in sterre sal verander nie!, maar gaan oor hulle glans - hulle is kinders vd dag. Net soos die innerlike mens (vd geestelike mens) vernuwe is en opgestaan het "uit die dood" (is verlig/kan sien), net so sal ons letterlik eendag opstaan uit die dood (die dag sal aanbreek...) - dan sal ook ons uiterlike vernuwe word en ons sal verheerlikte/onverganklike liggame kry wat vir ewig lewe (dan is daar geen donkerheid meer nie). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Interessant om te sien dat die koning van Babel in Jes. 14 'n "môrester/seun van dageraad" genoem word - maar hoekom? (want dit is tog duidelik dat hierdie "man" nie 'n kind van die dag is nie).  Die begrip "môrester" is nie hier bedoel om hom 'n naam te gee nie, maar verwys daarna dat hy soos 'n ster is..., bv. in die wêreld of vir ander mense. Vir die nasies sal hierdie man (wat lyk of hy na die antichris verwys) 'n lig wees/die lig bring (natuurlik nie die regte lig nie). Bv., die antichris is 'n lig vir die wêreld (sy kennis, bv. valse profesie)(2 Kor. 11:14,15), maar Christus 'n lig is vir die Christen (die profetiese woord en die waarheid wat Hy gebring het, is 'n lig vir ons sodat ons kan "sien")

Jesus Christus is nie net enige môrester nie, maar is die BLINK MORESTER (Openb. 22:16) - Hy is die werklike Lig! (Luk. 1:78; Joh. 1:4,7-9; 9:5; 12:36; Luk. 2:32). Hy is die Lig wat in die donker skyn sodat ons kan SIEN (Hy is vir ons lig/Sy woord is vir ons 'n lig/Hy laat Sy lig oor ons skyn), maar die wat nie wederbaar is nie (die wat nie Sy Gees het nie), is soos mense wat in die donker stap (hulle kan nie SIEN NIE, en hulle gebruik 'n ander "lig"). Geestelike mense "sien" anders as natuurlike mense bv., al word hulle verdruk, is hulle nie teneergedruk nie;  al voel hulle daar is geen uitweg nie, is hulle nie radeloos nie (2 Kor. 4:8);  al word hulle vervolg, is hulle nie verlate nie;  al word hulle neergewerp, kan hulle nie vernietig word nie (2 Kor. 4:9)..., ens. Hulle sien anders en beoordeel dinge op 'n geestelike manier. Dit is duidelik in die wêreld hoe verskillend natuurlike en geestelike mense dink ("sien") - ook wat waarheid aabetref.  Bv., terwyl die wêreld nog soekend is na die waarheid en nie seker is wat is waarheid nie, ken die geestelike mens alreeds die waarheid (want hy het die Gees vd waarheid!). Wanneer Christus terugkom, dan breek die dag aan... - dan sien ons nie net die opstanding nie, maar al die nasies vd aarde sal die Here se weg ken (sal onder Sy lig wees) en sal Hom loof en bly wees en jubel omdat Hy hulle regverdig oordeel - die Here sal die nasies op aarde lei en hulle sal Hom vrees en loof.  Die Lig (Christus, die blink Môrester) sal onder hulle woon en hulle sal die kennis vd Here altyd onder hulle hê. Verder sal almal (asook die aarde) Sy seën kan ervaar... (Ps. 67). 

Bestudeer gerus hierdie tema saam met die tema van "wakker wees" (kinders vd dag)... - sien hoe dit ook in ditto konteks gebruik word Luk. 12:35-48. Christene is soos lampe omdat hulle die woord het en die Gees van waarheid (m.a.w., is "wakker" want hulle "sien", maar die wat slaap is nie wakker nie en kan dus nie sien nie - soos iemand wat in die donker is), maar as hulle begin om weer ander lig op te soek (bv., hulle antwoorde op ander plekke soek, valse leerstellings aanneem, die Gees bedroef, ens.), dan staan hulle die gevaar om "donker" op te eindig, soos lampe sonder olie...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------