Wys tans plasings met die etiket geroepenes. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geroepenes. Wys alle plasings

Dinsdag 28 Julie 2026

Is daar 'n volgende lewe?

 Is die dood finaal? Terwyl reïnkernasie beslis nie 'n Skriftuurlike lering is nie, beteken dit nie dat ons nie 'n volgende lewe kan hê nie. Weergeborenes (in wie die Heilige Gees, die Gees van waarheid is) glo bv. nie dat die mens eenvoudig ophou bestaan die oomblik wanneer hulle sterwe nie;  inteendeel, hulle hou vas aan die belofte dat, al kom hulle teenwoordige lewe tot einde, sal hulle vir ewig sal lewe. In die eerste gemeentes was daarna verwys as die "toekomende lewe" (1Ti 4:8). Ja, weergeborenes verwag 'n lewe na die dood..., en het bv. nie net die belofte dat hulle (liggame) eendag opgewek sal word uit die dood (wanneer Jesus terugkom) nie, maar die wat "opstaan tot lewe" het ook die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie... (Openb. 2:11; 20:6)(Joh. 5:25-29; 6:35; 10:28; 12:25; Hand. 13:48; Rom. 6:22; 1 Tim. 6:12; ens.). M.a.w., nie net sal hulle opgewek word om weer te lewe nie, maar die wat opgewek word tot lewe, sal vir ewig lewe!

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Nie almal het die belofte van hierdie volgende lewe nie, slegs die wie se name in die BOEK VAN DIE LEWE opgeskryf is (Fil. 4:3; Openb. 20:12). En ook nie alle mense se name is outomaties in die boek van die lewe nie (Openb. 13:8), want dit gaan oor "uit wie jy gebore is" en of jy GLO in die Here God (kyk die belangrikheid van geloof in die beloofde Messias en die weergeboorte). Dus, wat gebeur met kindes wat uit heidene gebore is en nooit die geleentheid gekry het om tot geloof te kom nie? - hierdie is een van daardie vrae wat die Bybel nie in eenvoud vir ons antwoord nie, maar die Skrif leer wel dat God wil hê dat alle mense gered word en tot kennis vd waarheid kom (1 Tim. 2:4);  dus is dit logies dat die Here almal 'n kans sal gee om tot geloof in Hom te kom... (en sal moet kies of hulle glo). Die wie se name in die boek van die lewe is word tipies gesien as "GEROEPENES", wat verwys na almal wat onder die volk van God gebore word - nie net fisies uit Sy heilige volk gebore nie, maar ook die wat dit op 'n geestelike manier verkry het ("kinders van Jesus Christus"/die wat in Hom glo; bestudeer die tema "met Christus beklee"), maar l.w. dat dit eintlik GELOOF is wat bepaal of iemand die ewige lewe kan ontvang of nie, en geloof sonder werke is dood. Nie almal wie se name alreeds in die boek van die lewe opgeskryf is, sal uiteindelik die ewige lewe beërwe nie! - daar is bv. twee skrifte waarvan ons kan aflei dat sommige (van die wie se name in die boek vd lewe is) se name uitgevee kan word...(Ps. 69:29; Openb. 3:5), want dit gaan nie bloot oor "uit watter volk jy gebore is" nie, maar eintlik oor of jy GLO (geloof in die Here God is dit wat uiteindelik bepaal of iemand vir ewig sal lewe).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer ons praat oor die onderwerp van DOOD (en OORDEEL), moet ons onderskei tussen "die dood" (wanneer die liggaam sterwe) en die "tweede dood" (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word). 

DIE EERSTE DING WAT GEBEUR NADAT IEMAND (nl. die liggaam) DOODGAAN, IS OORDEEL (Heb 9:27 - "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel"). Natuurlik is die dood self ook "oordeel"... (Gen. 2:17), maar of jy die ewige lewe gaan beërwe of nie, word bepaal in die oordeel nadat jy doodgegaan het, wanneer daar teruggekyk word na jou lewe.  Wat die kinders vd Koninkryk (die geroepenes) aanbetref, het Jesus geleer dat die wat goed gedoen het sal opstaan tot lewe, maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:29). Almal is en word m.a.w. alreeds geoordeel wanneer hulle liggame doodgaan (en almal gaan dan na verskillende plekke - Luk. 16:19-31). Daar is ook 'n TWEEDE DOOD..., nl. wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word (maar dit gebeur eers aan die einde van die "volgende bedeling";  maw, na die 1000-Ryk voleindig is). Die "tweede dood" word o.a. na verwys as "die ewige oordeel" ("oordeel vd hel"/"poel van vuur")(Mark. 3:29; Hebr. 6:2; Openb. 20:14; 21:8).  Mense wat deur die tweede dood gaan, sal noodwendig nie vir ewig kan lewe nie!, maar die wat gered word sal (1) die ewige oordeel vryspring (Openb. 20:6), en (2) het die belofte van opstanding uit die dood in nuwe "verheerlikte/geestelike/onverganklike liggame". 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Daar is heelwat verdraaide of valse leringe in die omloop rondom die tema van die "dood", waarvan een so 'n lering leer dat mense in engel (wesens) of sterre verander wanneer hulle doodgaan, en 'n ander leer dat ons vir ewig in die hemel gaan bly (?). Hierdie is maar net twee van vele miskonsepsies..., en dit gebeur gewoonlik wanneer mense skrifte uit konteks neem bv., alhoewel kinders vd koninkryk eendag "soos engele" (Matt. 22:30; Mark. 12:25; Luk. 20:36) sal wees (bedoelende "kinders van God" wat bv. nie trou en ook nie doodgaan nie...) en hulle ook voorgestel word met "sterre wat skyn" (bv. die regverdiges/verstandiges sal eendag skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader...Matt. 13:43, en glinster soos die glans vd uitspansel...sommige "soos die sterre"...Dan. 12:3)), is die bedoeling in die betrokke skrifte nie om te leer dat hulle letterlik in engel wesens gaan verander of in fisiese sterre nie, maar eerder dat die wat opstaan tot lewe nie sal trou en in die huwelik uitgegee sal word nie (soos die geval met engele); en hulle sal ook nie meer sterwe nie (soos die geval met engele)(Matt. 22:30; Mark. 12:25; Luk. 20:36). Net so word die term "burgerskap in die hemele" uit konteks geneem, wat bv. nie daarna verwys dat ons vir ewig in die hemele sal bly nie, maar in konteks gaan dit oor die erfenis wat vir ons in die hemele bewaar word en waarmee ons "vandaar" eendag oorklee sal word... (verwys na die onverganklike liggaam - opstanding tot lewe). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Natuurlik is daar 'n hemel, en natuurlik is daar 'n hel...  Jesus Christus het self ook melding gemaak vd hemel en die hel op verskillende geleenthede..., en bv. o.a. verklaar dat daar 'n onuitbluslike vuur in die hel is... (Mark. 9:43), en Hy't die hel o.a. voorgestel as 'n plek waar die siel en liggaam verderwe kan word (Matt. 10:28)(Matt. 10:28; 23:15,33). Dit is duidelik dat Hy self gepraat het van die hel asof dit bestaan, en as Hy van die hel praat asof dit bestaan, glo ons self ook so, want ons glo in Hom en glo in Sy woorde en glo dat Hy die waarheid ken. Hy het ook die begrip "HEMEL" gebruik in die verskillende kontekste, bv. o.a. verwys na die "die hemel waar die voëls vlieg" (Matt. 6:26; 8:20; 13:32), en ook na die plek van God se troon verwys as hemel... (Matt. 5:34)(derde hemel - "BO die uitspansel")(let egter daarop die woord "hemel" nie altyd verwys na die derde hemel waar God woon nie, maar somtyds verwys na die hemel waar die voels vlieg, "LANGS DIE uitspansel", en somtyds na die hemel AAN DIE uitspansel waar die ligte is). Die eerste Christene het ook geweet dat daar 'n plek soos die hel is... In 1 Pet. 2:4 word daar o.a. verwys na 'n deel in die hel waar die engele wat gesondig het gewerp en vasgemaak is... 'n Ander vb. is die gelykenis wat Jesus vertel het vd ryk man en Lasarus (Luk. 16), en in die betrokke gelykenis was dit nie net kenmerkend dat gelowiges en ongelowiges na verskillende plekke gaan wanneer hulle doodgaan nie (vgl. dit met die tema van "oordeel" en "doderyk"), maar dit is ook hier duidelik dat die doderyk uit verskillende dele bestaan... (waarvan die poel van vuur een is, waarna ook verwys word as die plek van "ewige oordeel"/Openb. 20:10).  In die ou bedeling was dit wel so dat gelowiges en ongelowiges na hierdie verskillende plekke in die doderyk gegaan het wanneer hulle sterwe, maar in die nuwe bedeling is baie geleerdes van mening dat die wat in Christus sterf nie meer na 'n plek in die doderyk gaan wanneer hulle sterwe nie, maar "inwoon by die Here" (2 Kor. 5:8-10) - vandaar die begrip "ons gaan hemel toe wanneer ons doodgaan". Hierdie is egter steeds 'n redenasie onder sommige geleerdes wat in siening hieroor verskil. Nietemin waarnatoe Christene (se geeste) gaan wanneer hulle doodgaan, hulle gaan nie na dieselfde plek as ongelowiges nie... (Luk. 16), en wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterf het, saambring(1 Thess. 4:14).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


(Joh 5:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Waarnatoe gaan die mens wanneer hy sterwe? Vir die vorige dagstukkie oor hierdie onderwerp (waarin veral gekyk is na hoe verskillend die dood is vir natuurlike mense as vir geestelik mense, asook o.a. gekyk na wat met die uiterlike mens gebeur wanneer iemand doodgaan en wat met die innerlike mens gebeur) gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/wat-gebeur-met-die-mens-wanneer-hy.html.

Maandag 30 Mei 2022

Verstaan ons wat dit beteken dat ons 'n "HEILIGE VOLK" is?

Wat beteken dit dat die volk van God gesien word as 'n "HEILIGE" volk?  (in die O.T. was die besnydenis bv o.a. 'n teken hiervan -Hand. 11:2,3).  1Pe 2:9 - "Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig" - die woord "heilige" in hierdie Skrif is die Griekse woord "hag'-ee-os", wat verwys na iets wat skoon en afgesonder is... In ander skrifte verwys die woord "heilig" ook gewoonlik na iets of iemand wat (skoongemaak en) AFGESONDER IS (bv., is afgesonder vir 'n spesifieke taak of doel)(Openb. 20:6; 15:4; Hebr. 7:26). 

As die volk van God gesien word as 'n "heilige volk", dan beteken dit dat hulle afgesonder is (vir die Here), bv. afgesonder vir 'n doel  (bv. afgesonder om Hom te dien, die evangelie te verkondig, Sy woord te bewaar, ewig te lewe, die aarde te beerwe, ens.). Om skoon te wees is gewoonlik ook nodig voor iets of iemand geheilig kan word... (kyk gerus na vele O.T. voorbeelde, o.a. die priesters wat hulleself moes was voor hulle tempeldiens kon doen, ens.). Op dieselfde wyse het die wat tot geloof kom nodig om "skoongewas" te word voor hulle deel kan word van die "heilige/afgesonderde volk". Die Christelike doop is bv. o.a. 'n teken hiervan, en die wat hulle laat waterdoop word nou gesien as deel van die nageslag van Abraham (Gal. 6:23-29)(is dus deel van "die heilige volk", en dus volgens die belofte erfgename...). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Maar daar is uitsonderlike gevalle ter wille vd doel, waar bv. mense wat nie skoongewas is nie ook hanteer word as deel vd geroepenes in hulle huidige lewe, bv. 'n ongelowige wat getroud is met 'n gelowige... (1 Kor. 7:14) - in so 'n geval word die ongelowige gesien as "GEHEILIG deur die gelowige" sodat hulle kinders gesien kan word as rein/heilig (1 Kor. 7:14). Dit beteken natuurlik nie dat die ongelowige nou gered is nie!, bv., dit beteken nie sy/haar sondes is outomaties afgewas, of beteken nie dat hy/sy die Heilige Gees outomaties ontvang het nie, maar verwys daarna dat die ongelowige se kinders bevoordeel is omdat hy/sy met 'n heilige getroud is - hulle kinders word gesien as rein (en kan in daardie opsig afgesonder word vir die Here se werk en word hanteer as deel van die volk van geroepenes; word bv. hanteer as deel van die wat die Here dien en gesien as deel van die wat eendag gaan erf , ens).

'n Ander vb. is voedsel... - onder die wet van Moses was daar onderskei tussen rein en onrein voedsel. "Rein voedsel" het verwys na daardie voedsels wat geëet kon word ("was afgesonder vir eet" - hier sien ons weer hoe die begrip "heilig" verwys na wat afgesonder/rein is). In die N.T. is geen voedsel verwerplik nie (anders as met sommige voedsels in die O.T.) as dit met danksegging ontvang word, want dit word GEHEILIG deur die woord van God en gebed (1 Tim. 4:4,5) - en alle voedsels word dus dan gesien as "rein" wanneer daaroor gebid word... (dit geld natuurlik nie vir bloed eet nie-Gen. 9:4;Hand. 15:20,29). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Heiliges" word dus tipies gesien as "bruikbares" en soos "diensknegte" - hulle dien die Here - hulle is 'n volk vir Hom, en Hy is vir hulle 'n God (2 Tim. 2:19-21; 3:2; Hand. 10:15; 11:9; Eseg. 22:26). 

Die begrip "heilig" kan ook beter verstaan word deur ander voorbeelde, bv.:
- Die wet en gebod is HEILIG... - nie sodat iemand daardeur kan erf nie, maar is afgesonder vir lering - bv. sodat geleer kan word wat is sonde (Rom. 7:7); 
- In die volgende eeu sal die Here alleen HEILIG wees op die aarde... (Openb. 15:4) - wat dit beteken is dat geen ander gode toegelaat sal word of gesien sal word as heilig nie (maw geen ander gode sal mag aanbid word nie - die Here sal alleen aanbid word/is afgesonder as die Een wat aanbid word - in ander woorde, mense sal gedwing word om die Here Jesus Christus as Here te sien en sal nie toegelaat word om afgode te aanbid nie
- Jesus Christus het Sy volk deur Sy eie bloed GEHEILIG... (Hebr. 10:8-14; 13:12) - die wat in Hom glo word deur Sy bloed afgewas en so vir Hom afgesonder (om hom te dien - hulle leef nie meer vir hulleself nie, want hulle is deur Hom losgekoop - is nou nie meer slawe van sonde nie maar is slawe van Hom);   en Hyself is GEHEILIG vir Sy kinders... (Hy is deur die Vader vir hulle afgesonder - in die wêreld ingestuur - Joh. 10:36; Luk. 20:13); sodat hulle in die waarheid GEHEILIG kan wees... (die wat in Jesus Christus glo, is afgesonder vir die waarheid, bv. om dit te ken en verkondig, en word deur Jesus in die wêreld ingestuur - Joh. 17:14-26; Luk. 10:3).
- Nog 'n vb. om die begrip "heilig" beter te verstaa, is deur te kyk na die feit dat Jesus Christus GEHEILIG (afgesonder) is as ewige hoëpriester... (Hebr. 7:26)(ons het Jesus en het daarom nie 'n ander hoëpriester nodig om vir ons in te tree nie - Hy is maw afgesonder as die Een wat vir ons intree);
- Nog 'n vb. is die wat sal deel hê aan die "eerste opstanding"... - hulle is GEHEILIG/afgesonder vir die ewige lewe... (Openb. 20:6)(dit verwys na die wat opstaan tot lewe - die wat uitverkies word om die koninkryk/aarde te beerwe;  dit verwys nie na die wat sal opstaan tot veroordeling nie); 
- Die Christen se liggaam word ook gesien as "heilig"... (is 'n tempel vd Gees) - is afgesonder vir die inwoning vd Heilige Gees (1 Kor. 6:19; 3:17) - wat dus daarna verwys dat Christene nie aan hulleself behoort nie. Weergeborenes se liggame word afgesonder vir die Here se Gees (is tempels), en hulle is deur die Heilige Gees (wat in hulle woon) afgesonder vir die Here.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Die HEILIGE VOLK (die wat afgesonder is vir die Here) word ook "kinders vd belofte" genoem, en verwys na die wat gaan erf (Gal. 4:28; 3:29; Rom. 9:8; Hand. 2:39; 1 Thess. 5:23; Ef. 1:4);  daarom word hulle ook 'n volk/gemeente van "eersgeborenes" genoem (bestudeer gerus die tema van eersgeborenes om hierdie beter te verstaan). 

Die volk van God is 'n HEILIGE VOLK omdat hulle skoongewas en afgesonderd is, maar as hulle hul VERONTREINIG (m.a.w. hulleself besoedel), dan is hulle besig om hulleself te ONTHEILIG (besig om hulleself af te sny van die "afsondering").

Dinsdag 23 Mei 2017

Die koninkryk vd hemele "is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het" (1)

In hierdie dagstukkie wil ons kyk na hoe Christus die koninkryk van die hemele beskryf het deur
DIE GELYKENIS:  "Die koninkryk vd hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het".

LEES  Matt. 22:1-14
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die term "koninkryk van God" verwys natuurlik na die koninkryk waar Hy "TEENWOORDIG" is en "IN BEHEER" (Hy is die Koning!)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html). M.a.w., in die hemel is Hy "teenwoordig en in beheer", maar Sy koninkryk is nie net 'n HEMELSE koninkryk nie, maar ook GEESTELIK van aard, (en het dus al gekom) in die sin van dat die gelowige die Here Koning maak van sy lewe, en Hom in beheer plaas, en die Heilige Gees ontvang (m.a.w., in hierdie "geestelike" koninkryk is Hy teenwoordig deur Sy Gees). Die koninkryk van God is verder FISIES van aard omdat die Here Jesus, wanneer Hy terugkom, Sy aardse fisiese koninkryk gaan verwek hier op aarde. Hierdie gebeurtenis is iets waarna die volk van Israel uitgesien het vir baie eeue, en hulle het daarna verwys as die "koninkryk van Israel" (Hand. 1:6) omdat daar geprofeteer was van hoe Christus die land en volk sal herstel en Sy ewige troon daar vestig. (Dan 2:44 - "Maar in die dae van dié konings ("voete op beeld wat  Nebukadnésar in droom gesien het) sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—"). Alhoewel die koninkryk van Israel meer verwysend is/was na die volk Israel in die beloofde land (en l.w. dat God by hulle was/teenwoordig was d.m.v. die tabernakel/tempel), moet ons verstaan dat Sy aardse koninkryk wat Hy sal verwek wanneer Hy terugkom, ook vanuit die beloofde land sal wees, en Hy sal Koning wees oor die hele aarde (in beheer), en FISIES SELF TEENWOORDIG! (Ps. 47:2)(Sag. 14:9 - "En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een").  Die profeet Jeremia het ook geprofeteer dat wanneer Christus terugkom, Hy vanuit JERUSALEM sal regeer oor die hele aarde (Jer. 33:16; 3:17)(1 Kon. 11:36)http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/jerusalem.html. Tog, al het die profete geweet van hierdie koninkryk en die volk hierna uitgesien, was die evangelie van die koninkryk eers begin preek met Johannes die Doper! (Luk. 16:16). Deur hierdie evangelie vd koninkryk het Christus vir ons baie geleer oor die koninkryk van die hemele (koninkryk van God). As ons nie ag gee op die EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK nie, dan sal ons sukkel om bg. te verstaan.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------   Iets wat Jesus geleer het oor die koninkryk van die hemele/God, is dat die KONINKRYK VD HEMELE vgl. kan word met 'N KONING WAT 'N BRUILOF VIR SY SEUN BEREI... Hierdie is huidiglik besig om te gebeur, want die Vader is besig om 'n bruilof vir Sy Seun Christus Jesus te berei...  Ook volgens O.T. profesiee sal die Here 'n maaltyd berei wanneer Hy die land herstel (Jes. 25:6). Dit is ook interessant hoe hierdie "beeldspraak" in die N.T. gebruik word...  -kyk bv. hoe die "diensknegte wag op die bruidegom" in Matt. 25.  In Matt. 9:15 het Jesus die dissipels "bruilofsgaste" genoem. Johannes het homself 'n "vriend vd bruidegom" genoem in Joh. 3:29.  (en hier in Matt. 22:11 word die bruilofsgas ook "vriend" genoem..).  Daar is ook die gelykenis vd 10 (diens)maagde (Matt. 25)..., en vgl. dit ook met Luk. 14:24 - ("Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie").... Hetsy beeldspraak of letterlik, dit is slegs die wat gesien word as "gereed" wanneer Christus terugkom (die wat nie naak bevind gaan word nie), wat sal deel he aan hierdie maaltyd: -("Luk 12:40)  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie".). Baie sal na die bruilof gaan, maar uitgegooi word (soos die gelykenis hier in Matt. 22 vir ons leer), en dus nie deelneem aan die maaltyd nie!  Ons moet dus seker maak dat ons verstaan wat bedoel word met die begrippe "om gereed te wees" en "om nie naak bevind te word nie". Rol asb. af "OM DIE GELYKENIS VAN NADERBY TE BESTUDEER (vir uitleg) - waar slegs een interpretasie bespreek word, maar maak nie saak watter interpretasie gebruik word nie, dit EINDIG altyd by die feit DAT DIE WAT SONDER BRUILOFSKLEED NA DIE BRUILOFSMAAL GAAN, UITGEGOOI SAL WORD UIT DIE BRUILOFSAAL...  Wat ons verder leer uit hierdie gelykenis, is dat ons huidiglik leef in die tyd waar die diensknegte uitgestuur word en mense uitgenooi word (mense van alle stamme, volke, tale en nasies) na DIE BRUILOFSMAAL, en l.w. "slegtes" sowel "goeies" ! (Matt. 22:10).  Sommige (wat uitgenooi is, en gaan om die bruilofsmaal te geniet), sal uitgegooi word omdat hulle nie 'n bruilofskleed aan het nie... (m.a.w., hulle was nie "gereed" nie - Openb. 3:18).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Om te verstaan wat bedoel word met die "bruilofskleed", moet ons gaan kyk na die besonderse betekenis van kleed in die Skrif, bv. "iemand wat NAAK is kan toegedek word met 'n KLEED" (Eseg. 18:16). Soos ons weet maak die N.T. veral bemoeienis met die geestelike, want die vleeslike onder die ou verbond was slegs 'n skaduwee van dit wat sou kom...  Die geestelike betekenis van naaktheid in die Skrif gaan oor "skaamwees" en "vernedering" weens ontbloting (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...) - en daarom het ons elkeen 'n kleed nodig!  Net soos die bewustheid van om fisies naak te wees (en skaam ontbloot), iets is wat na die sondeval gekom het (Gen. 2:25; 3:7,11),  OP DIESELFDE WYSE SAL DIE SONDER (BRUILOFS)KLEED SKAAM WEES EN VERNEDER VOEL (omdat hy/sy ONTBLOOT is). Die een wat kaal is, staan heeltemal bloot vir almal om te sien.  Deur GELOOF ontvang ons 'n bedekking (Rom. 4), amper asof ons 'n kleed ontvang.  Ons koop vir ons WIT KLERE dat ons ons kan aantrek en die skande van ons naaktheid nie geopenbaar word nie! (Openb. 3:18)(http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html)
(Rom 4:7 - "Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is").  

Maar DIE WAT NIE HULLE KLERE BEWAAR NIE, SAL HULLSELF steeds IN HIERDIE SKAAM NAAKTE POSISIE BEVIND - hulle sonde nie bedek nie en dus sal hulle onder oordeel kom daarvoor (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Wat help dit iemand kom tot geloof en sy sonde word bedek (hy kry dus klere of 'n kleed), maar hy bewaar nie sy klere nie?  Die gevaar van so 'n Christen wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, is dat hy "naak" bevind sal word op die dag van die bruilof!  Baie Christene loop rond soos mense SONDER KLERE - hierdie beeldspraak word in Openb. 3 gebruik waar die gemeente van Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk is en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat nie klere het nie en is NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7). (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien"). Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels van die wereld, en volgens Paulus "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13). Op dieselfde wyse sal die wat "geestelik" NAAK is a.g.v. ONGEHOORSAAMHEID en ONGELOOF, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal. Mag elkeen wat GEROEP word tog seker maak dat hy hom/haarself nie in hierdie vreeslike posisie bevind wanneer hy voor Christus Jesus verskyn nie... Kom, en koop van Hom, WIT KLERE! (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html). (Mat 22:14)  "Want baie is geroep, maar min uitverkies").
_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html (en rol af in pos om die geestelike betekenis van "naak" te verstaan)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
_________________________________________________________________________________



UITEENSETTING VAN SKRIFGEDEELTE:
(Mat 22:1)  En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:
(Mat 22:2)  Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het
(Mat 22:3)  en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.  - die Koning (die Vader) berei 'n bruilof voor vir Sy Seun (Christus Jesus), en Hy (Vader/Seun) stuur diensknegte (profete, Johannes die Doper, dissipels...) uit om die genooides te roep (Matt. 10:6,7; Mark. 6:7-11)("genooides = geroepenes" - in hierdie geval, die volk van Israel)("diensknegte = vriende = ook bruilofsgaste", m.a.w. self ook geroep" /  diensknegte verwys na die wat afgesonder word vir diens;  hulle stel hulleself ondergeskik aan hulle Koning).
(Mat 22:4)  Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.  - die genooides het nie geluister nie, so die Koning het weer ander diensknegte na hulle gestuur
(Mat 22:5)  Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak. - sekeres vd volk van Israel het vir Christus Jesus verwerp - hulle het nie regtig die Vader geKEN nie, anders sou hulle vir Christus Jesus ontvang het
(Mat 22:6)  En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak. - vervolging op Christene; (Mat 23:34 - "Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg")
(Mat 22:7)  Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. - verwoesting van Jerusalem, volk versprei oor aarde - 70 n.C. plaasgevind
(Mat 22:8)  Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. (Hand. 13:46) 
(Mat 22:9)  Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. - diensknegte wend hulle na die heidene, en nooi almal uit (alle stamme, nasies, volke, tale)("evangelie van vrede")(Hand. 10; Rom. 11)
(Mat 22:10)  En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies (Matt. 13:38 en 47; 1 Kor. 6:9-11; Openb. 2; 1 Joh. 2:19), en die bruilofsaal het vol gaste geword.
(Mat 22:11)  En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. - (WAS NIE GEREED NIE - HET NIE DIE VOORWAARDES NAGEKOM NIE)(onkruid-akteurs,die voorgee-gelowiges)(kaf-die wat geen vrug dra, of nie die nodige vrug dra nie)(bokke-die wat onbarmhartig is)
(Mat 22:12)  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
(Mat 22:13)  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 22:14)  Want baie is geroep, maar min uitverkies.