Wys tans plasings met die etiket ewige lewe. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ewige lewe. Wys alle plasings

Donderdag 30 Desember 2021

Algemene vrae oor SALIGHEID: Lewe of Dood

Die wedergeborene het die belofte van REDDING, o.a. die volgende beloftes: (1) opstanding in 'n nuwe uiterlike liggaam eendag (sal dus die dood oorwin)("eerste opstanding")(verheerlikte/onverganklike liggaam)(Joh. 6:39-44; Matt. 22:31; Joh. 11:24,25);  asook het (2) die belofte dat hy NIE deur die tweede dood sal gaan nie (wanneer die natuurlike mens se liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word)(Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8). 

Die geestelike mens het dus die belofte van REDDING VD DOOD (en belofte van ewige lewe), nie net redding vd liggaam (uiterlike mens) deur die "opstanding" nie, maar ook redding vd siel - sal dus nie deur die "tweede dood" gaan nie. MAAR is dit moontlik dat sommige wedergeborenes in die end steeds nie gered sal word nie en dus steeds deur die tweede dood sal gaan? 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Jesus het geleer dat die koninkryk vd hemele uit GOEIES en SLEGTES bestaan (Matt. 13:48; 22:10), en geleer dat wanneer Hy terugkom Hy die SKAPE (barmhartiges) van die BOKKE (onbarmhartiges) sal skei... (Matt. 25:31-46). Johannes het ook geleer dat Christus Sy dorsvloer deur en deur sal skoonmaak (Matt. 3:12), en in hierdie konteks spesifiek verwys na die wat nie vrug dra nie (maw, die KAF). Daar is natuurlik ook die onkruid wat afgeskei sal word wanneer Jesus terugkom...(Matt. 13:41), maar "onkruid" verwys nie na wedergeborenes nie maar na mense wat onder die kinders vd koninkryk deur die bose daar gesaai word (die "ingesluiptes" - die valses). Jesus het ook verklaar dat "lote" wat nie in Hom bly nie, uitgewerp sal word en in die vuur gegooi sal word (Joh 15:6). Dit beteken dat slegs die wat VASHOU, kan staatmaak op bg. beloftes! Die briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring is nog 'n vb. van hoe ernstig die Here gehoorsaamheid (aan Hom) ag, en hoe belangrik dit is om seker te maak dat ons "oorwin".  In die eerste gemeentes is daar baie gewaarsku teen ongehoorsaamheid, inkluis dat diesulkes kan verwag dat hulle eendag daarvoor geoordeel sal word! (Hebr. 10:27-30, ens.). Alhoewel daar baie Christene is wat vandag glo dat die Here nie sy kinders sal oordeel nie, is die waarheid dat oordeel begin by die huis van God... (1 Pet. 4:17; 2 Kor. 5:10).  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Met bg. beloftes is wedergeborenes soos mense wat alreeds die LEWE het (en is immers nuut gemaak en lewe deur die asem vd Gees), maar wat bepaal of hulle in hierdie LEWE bly?

(1) Antwoord:  KOS EN WATER.  

Geen mens kan sonder kos en water bly lewe nie.  

Net soos die uiterlike mens doodgaan as hy nie KOS EN WATER kry nie, net so kan die innerlike mens ook nie aan die lewe bly daarsonder nie. Jesus het geleer dat die mens nie net van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God. Die mens het geestelike VOEDSEL nodig. Die Here se wil en woorde is soos KOS vir ons! (Luk. 4:4; Joh. 4:34). Ja, die wedergeborene LEWE wel deur die asem vd Heilige Gees, maar het die regte soort geestelike KOS EN WATER nodig om aan die lewe te bly. 'n Wedergeborene wat nie kos en water kry nie, staan die gevaar om uiteindelik dood te gaan... (net soos die uiterlike sal doodgaan as dit nie kos en water kry nie). Gelowiges word soos bome voorgestel omdat hulle (deur die Here) soos saad in die wêreld geplant word om te groei en vrug te dra - maar om dit te kan doen het hulle (die regte soort) KOS EN WATER nodig.  Maw., as 'n boom ('n gelowige) geen kos en water kry nie, kan hy nie groei of vrug dra nie... Hierdie vrug (wat die gelowige nodig het om die ewige lewe te kan beerwe - genoem "vrug tot ewige lewe") is nodig vir iemand om "opstanding tot lewe" te verkry. Jesus het geleer dat die wat nie in Hom bly nie (en dus nie vrug kan dra nie), eendag uitgewerp en in die vuur gegooi sal word - daarom is (die regte soort) geestelike "kos en water" belangrik!  In ander woorde, as 'n wedergeborene nie in die Here BLY (in Sy woorde, in Sy wil, Hom ken ens.) nie, kry hy nie die kos en water wat hy nodig het om aan die lewe te bly nie..., - en in so 'n geval stuit dit groei en veroorsaak dat so iemand nie vrug (tot ewige lewe) kan dra nie (en sonder hierdie "vrug vir die ewige lewe"/"vrug tot heiligmaking", sal hy doodgaan...). 

(vir studies oor hierdie onderwerpe, rol asb na heel onder)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Antwoord:  KLERE.

Die mens het klere nodig om sy naaktheid te bedek.

Net soos die uiterlike mens klere nodig het om sy NAAKTHEID te bedek, net so het die innerlike mens "klere" nodig. Bv., die geestelike betekenis van naaktheid in die Skrif gaan oor skaamwees en vernedering... Hierdie bewustheid (van om naak te wees/skaam) is iets wat gekom het met die sondeval en het dus te doen met "is sondig" -  wanneer iemand geestelik "naak" is verwys dit na 'n sondaar. Wedergeborenes is wel soos mense wat "klere aangetrek het" (bv. klere van heil/is met Christus beklee)(hulle skaamte is bedek)(hulle sondes afgewas), maar as hulle hul klere nie bewaar nie of hulle kleed "bevlek", sal hulle hulself in 'n "SKAAM  en/of NAAKTE" posisie eendag bevind wanneer Jesus Christus terugkom... Die wat nie hulle klere bewaar nie, sal soos mense wees wat NIE GEREED is wanneer Jesus terugkom nie (en Hy sal op hulle afkom soos 'n dief in die nag...). 'n Kleed wat met sonde bevlek is, is nie skoon nie - is besoedel/onrein. Die begrippe "verontreinig" en "ontheilig" gaan baiemaal hand in hand;  dus, 'n wedergeborene wat as heilig (afgesonder) gesien word, kan ontheilig word as hy homself verontreinig... 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Antwoord:  ASEM.

Geen mens kan lewe sonder asem nie.

Daarom gaan iemand dood wanneer hy sy laaste asem uitblaas... Net soos die uiterlike mens lewe deur asem, net so kan die innerlike mens nie lewe sonder die ASEM vd Heilige Gees nie.  Die Heilige Gees is soos asem vir die geestelike mens, en dit die rede waarom die geestelike mens LEWE. Net soos 'n baba deur water gebore word en lig/asem nodig het om te kan lewe, net so vind die wedergeboorte plaas deur water en Gees.  Soos die asem wat God gee soos LIG is vir die liggaam, so is die Heilige Gees soos LIG vir die siel. In Biologie leer ons bv. dat lig plante se enigste bron van krag is, en die rede hiervoor is omdat dit lig nodig het om kos te kan produseer. Dit dan die rede waarom dit vir die geestelike mens moontlik is om geestelike kos en water te verwerk en te groei as geestelike mens en vrug te dra. Dus, sonder die asem vd Heilige Gees kan iemand nie geestelike voedsel verwerk nie, en het dus dan geen bron van energie nie. Die asem vd Heilige Gees (die ontvang vd Heilige Gees) is dus die bewegende rede waarom die geestelike mens in die lewe is, en ook waarom hy kan "funksioneer". Daarom, as iemand nie die Gees het nie, is hy nie 'n kind van God nie! Net soos plante het die mens dus LIG (asem/gees) nodig om te kan lewe, en sonder hierdie "asem" (vd Heilige Gees) kan die siel nie groei en vrug dra nie. Maar wat gebeur as 'n wedergeborene (dus, in wie die Heilige Gees is) die Heilige Gees bedroef ? - hy bv. ongehoorsaam is aan die Gees - maw ophou om die Here van wie hy 'n slaaf geword het, te dien;  of bv. verkeerde voedsel en water neem?  Of wat gebeur as die Heilige Gees van hom weggeneem word?  Die geestelike mens kan nie in die lewe bly as die Heilige Gees van hom weggeneem word nie, want die Gees is soos asem vir hom. Net soos die uiterlike mens doodgaan wanneer hy sy laaste asem uitblaas, net so sal die innerlike mens vd geestelike mens doodgaan as die Gees hom verlaat.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) Antwoord:  GROEI.

As saad nie groei nie, kan dit doodgaan.

Gelowiges word somtyds voorgestel soos bome wat GROEI en VRUG DRA (of voorgestel soos saad, lote, takke ens.). As "takke" is ons deel vd groot boom (die koninrkyk vd hemele/God), en as "lote" kan ons nie vrug dra as ons nie in die wynstok (Jesus Christus) bly nie. Net soos 'n boom of stok se vrug geoes word, so sal die gelowige se vrug geoes word wanneer Jesus terugkom;  en die met geen vrug, sal uitgekap en in die vuur gegooi word... GROEI is dus belangrik, want hoe kan 'n boom vrug dra as hy nie groei nie. Selfs jong bome kan vrug dra, ja, maar hy moet steeds die nodige kos en water en lig kry.... Dit is ditto met wedergeborenes. Sonder GEESTELIKE GROEI (wat plaasvind deur geestelike kos en water en lig) kan die wedergeborene nie vrug dra nie. Net soos die mens groei van baba tot volwassene, so groei die geestelike mens (as nuutgeborene) ook van baba en kind tot jongmens, tot volwassene. Die begin vd geestelike mens se lewe word gekenmerk deur die wedergeboorte (water en Gees) - asof iemand van voor af gebore word, en moet nou groei van baba tot volwassene... As hierdie groei nie plaasvind nie dan bly so 'n wedergeborene soos 'n klein kind wat nog nie alles verstaan nie, kennis ontbreek en as gevolg daarvan somtyds verkeerd oordeel, weet nie altyd wat is reg en verkeerd of wat presies van hulle verwag word nie, sukkel om die bose te oorwin, tree baiemaal vleeslik op, ens. "Kinders in die geloof" word maklik bedrieg en besit nog nie die geestesvermoens om altyd goed van kwaad te onderskei nie. As 'n jong Christen nie in die Here bly en Hom leer KEN, maw geestelike kos en water neem nie, dan staan hy die gevaar dat hy geen wortel skiet nie, en kan afval in tyd van versoeking... (kyk gelykenis vd saaier, 2 de groep).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5) Antwoord:  VRUG.

As 'n boom nie vrug dra nie, is tot geen nut.

'n Boom word verder aan sy vrugte geken. Vrug is dus 'n bewys van wat se soort "boom" iemand is (bv. "vrug" getuig of iemand die Here dien of nie)(of gehoorsaamheid aan Jesus se woorde getuig dat iemand in Jesus Christus glo, ens.). Anders gestel, vrug is 'n bewys van wat in iemand se hart (siel) aangaan. "Vrug" verwys tipies na dinge soos hoe iemand praat of optree, hoe hy die Here dien, Hom gehoorsaam ens. Die wedergeborene het die Heilige Gees - sekere vrugte kan bv. as teken dien dat iemand die Heilige Gees het (genoem "vrugte vd Gees"), vrugte wat bestaan in alle goedheid, geregtigheid en waarheid... (bv. liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing...). Vrug is nie net 'n bewys van wat se soort boom iemand is (bv. "geestelike mens") nie, maar is ook nodig om die ewige lewe te beerwe. Hierdie "vrug tot heiligmaking" verwys spesifiek na vrug wat verdien word uit diensbaarheid aan God (bv, dien nie meer die sonde nie, maar dien die Here - Hebr. 6; is 'n slaaf van Christus), en moet nie gesien word as "werke" nie maar eerder soos LOON (loon ontvang vir diensbaarheid aan die Here, bv. het die evangelie verkondig, het barmhartigheid bewys ens...). Hierdie VRUG verwys bv. nie na die wat 'n gedaante van godsaligheid het (die "valses" wat eintlik hulleself dien) nie, maar spesiek na die wat DIE WIL VD HERE DOEN. Slegs die wat die Here se wil doen (die wat in Hom bly) kan hierdie soort vrug dra, maar die wat sonder hierdie vrug sal wees wanneer Jesus terugkom (maw, die "kaf"/die wat geen of nie die nodige vrug dra nie), sal nie kan ingaan in die Koninkryk nie (Luk. 3:17; Joh. 15:6), want "kaf" word met onuitbluslike vuur verbrand... Slegs die wat die wil vd Here doen sal eendag ingaan in die Koninkryk ingaan(Matt. 7:21). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6) Antwoord:  GESONDHEID.

Siekte lei somtyds tot die dood. 

Daar word baiemaal spesifieke terme in die Skrif gebruik om mense se geestestoestand te beskryf;  bv., 'n broeder wat in sonde of ongeregtigheid stap word "SIEK" genoem. So iemand kan maklik genesing ontvang wanneer hy die waarheid hoor (en aanneem). "GEWONDES" is weer meer verwysend na mense wat hulle nie bekeer van sonde en ongeregtigheid nie, al weet hulle wat is die waarheid - diesulkes word dan "gewond" met die doel om hulle terug te roep (want hulle "hoor" nie) - hulle verwys tipies na die opstandiges - die wie se harte verhard is. 'n Voorbeeld hiervan is waar 'n broeder stap in "sonde tot die dood" (sonde kan slegs tot die dood lei as iemand hom nie daarvan bekeer nie - dit word dus "sonde tot die dood" genoem omdat die persoon hom nie daarvan wil bekeer nie). Daar is heelwat sulke sondes (veral verwysend na sondes wat bloedskuld veroorsaak) wat in die Skrif genoem word wat kan veroorsaak dat wedergeborenes uiteindelik nie in die Koninkryk ingaan nie agv hierdie "sondes tot die dood" (1 Kor. 6:10).  SIEKTE kan ook vrug affekteer... - bv., plante kan vrug verloor wanneer hulle siek is. Dit kan ook veroorsaak dat die vrug nie alles bruikbaar is nie of dat dele vd vrug weggesny moet word (bv. as 'n vrug gewond is). 'n Siek plant kan wel steeds vrug dra, ja, maar siekte het beslis 'n invloed op vrug, en kan veroorsaak dat baie vrug verlore gaan. In uiterste gevalle kan siekte selfs die dood van 'n plant veroorsaak!, of veroorsaak dat die wortel vrot (wat somtyds gered kan word, en somtyds nie). Wanneer 'n wedergeborene "siek" is (maw van sonde) beteken dit nie dat hy nie meer kan vrug dra nie, maar hy mag in die proses baie van sy vrug verloor (kyk "gelykenis vd saaier" - 3de groep), en in uiterste gevalle kan sy siekte veroorsaak dat die wortel begin vrot, of hy kan moontlik doodgaan...  Siende elke wedergeborene se vrug geoes word wanneer Jesus terugkom, is dit dus belangrik om vrug te behou! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7) Antwoord:  GROND.

As iemand nie ploeg en saai nie, sal daar niks wees in die oestyd nie.

Die Here is soos water vir die mens, en wanneer grond water kry, bring dit nuttige plante voort... (die "liggaam" kan soos GROND voorgestel word - ons is immers uit grond gemaak). Met die nodige geestelike kos en water (en lig) kan die wedergeborene se grond nuttige plante voortbring, maar wat gebeur as daardie grond nie omgespit word nie en/of die saad onder dorings gesaai word? Wat gebeur as 'n wedergeborene se grond dorings en distels oplewer in plaas van vrug? Met die sondeval het Adam en Eva se ongehoorsaamheid tot gevolg gehad dat die aarde DORINGS EN DISTELS VOORTGEBRING het. Dit het Adam se werk swaarder gemaak, want waar saad saam met dorings opkom sal die dorings veroorsaak dat die saad verstik. Die gevolg van sulke GROND is dat dit ONVRUGBAAR WORD en GEEN RYP VRUG VRA NIE. Net soos die sondeval die oorsaak was van dorings en distels op die aarde, net so veroorsaak sonde "dorings" in die wedergeborene se "grond" (en dit maak beslis lewe moeiliker!).  Dit is nie goed wanneer grond dorings en distels oplewer nie, want dit bring dit naby vervloeking en die uiteinde daarvan is verbranding... (Hebr. 6:8).  Hierdie dorings (in die gelowige se grond) kan veroorsaak dat sy vrug verstik en daar geen vrug later is om te oes nie (kyk "gelykenis vd saaier" - 3de groep), en verwys na dinge soos die sorge vd wereld, verleiding vd rykdom, begeerlikhede i.v.m. ander dinge en genietinge vd lewe... Gelowiges word beveel om hulle grond om te spit en mis te gooi ("braakland te braak"-Jer. 4:3; Hos. 10:12), want as hulle dit nie doen nie sal dorings en distels opskiet (en hulle vrug verstik). Hulle moet "ploeg en saai" en seker maak dat hulle nie onder die dorings saai nie.  Wedergeborenes is deel van die "Here se wingerd" - Hy spit die wingerd om en haal die klippe uit en plant hulle in Sy wingerd - om vrug te dra! (en hierdie vrug sal geoes word wanneer Jesus Christus terugkom). En elke loot wat vrug dra maak Hy skoon om meer vrug te dra. Gelowiges wat nie vrug dra nie maak die grond waarop hulle staan onvrugbaar, en as hulle na "spit en mis" steeds nie vrug dra nie!, sal hulle uiteindelik uitgekap/weggeneem word... (Luk. 13:9; Joh. 15:2). 
____________________________________________________________________________________

GEDAGTE:

SALIGHEID verwys nie net na redding vd "LIGGAAM" (uiterlike mens)(liggaam het redding nodig - Hebr. 9:13; 10:22) nie, maar ook na redding vd "SIEL" (innerlike mens)(siel het redding nodig - 1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22). 

Maar waarvan het die mens redding nodig (bv. vyand, slaafskap)? 
(1) Die dood word gesien soos 'n VYAND (1 Kor. 15:26; Ps. 143:3), want die mens word gebore as 'n "natuurlike mens" en dra "vrugte tot die dood" - 'n mag waaronder hy is waarvan hy moet vry/losgekoop word.  Maar dit verwys nie net na wanneer die uiterlike mens doodgaan nie, maar verwys ook na die "tweede dood" (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word - Openb. 20:14; 21:8; Matt. 10:28). Die wedergeborene kry redding vd dood (deur die komende opstanding wanneer Jesus terugkom). Wedergeborenes word deur Hom uit die mag vd doderyk losgekoop (Hos. 13:14)(die wat goed gedoen het sal dan opstaan tot lewe, en sal nie deur die tweede dood gaan nie;  maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling... - Joh. 5:29; Dan. 12:2)(Openb. 2:11; Openb. 20:6).
(2) Die mens is verder onder SLAAFSKAP gebore (word in sonde gebore) - is 'n slaaf van sonde (dien die sonde). Om 'n vrye te wees het hy nodig om vry te kom van hierdie slaafskap, en nodig om deur iemand anders vry"gekoop" te word. Wedergeborenes word deur Jesus Christus  losgekoop van hierdie slaafskap onder sonde (2 Pet. 2:19; Rom. 7:14,23; Gal. 5:1,13).  In hierdie opsig is wedergeborenes wel VRY (vrygemaak deur die Here)("vrymense"), maar is ook 'n slaaf van die Een wat hulle vrygemaak (gekoop) het! (is m.a.w. slawe van Christus - hulle dien Hom nou... - dien nie die sonde nie, maar dien die Here)(1 Kor. 7:22,23; 1 Pet. 2:16).

Die wat so vrygekoop/vrygemaak is, het hierdie redding (saligheid) verkry deur die wedergeboorte - deur water en Gees;  is (deur Jesus se offer) skoongewas en het die Heilige Gees ontvang (wat deur Jesus uitgestuur word en ook soos vir ons is water is), en nuut gemaak  - is nou 'n nuwe mens - nie meer 'n "natuurlike mens" (gebore uit die saad van Adam) nie, maar is nou 'n "geestelike mens" gebore uit God se saad. Wedergeborenes dra dus nie meer vrugte vir die dood (soos in die geval van natuurlike mense) nie, maar is nou "geestelike mens" wat gebore is uit God en dus vrugte kan dra tot ewige lewe. Maar wat gebeur as 'n wedergeborene weer die sonde begin dien (maw weer 'n slaaf word van sonde)?  Wat gebeur as 'n wedergeborene in wie die Gees is, die Gees bedroef?  Wat gebeur as die Gees (deur wie hy LEWE) van hom weggeneem word? Wat gebeur as hy nie geestelike kos en water neem nie, en dus nie geestelik kan groei nie, en dus geen vrug (tot ewige lewe) kan dra nie?  Wat gebeur as hy die vrug wat hy begin dra (wat vir hom die ewige lewe kan verdien), verloor?  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir skrifte oor bg. onderwerpe kan die volgende url's behandel word: 

KOS EN WATER:
KLERE:

ASEM:

GROEI EN VRUG:

GESONDHEID:

GROND:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 09 Junie 2014

KEN jy Hom werklik?

(Joh 6:40)  "En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; 
en Ek sal hom opwek in die laaste dag".


Meeste mense se siening van "ewige lewe" gaan daaroor dat iemand vir ewig lewe, tog is dit nie die enigste definisie wat Jesus daarvan gegee het nie.  In 'n gebed wat Hy tot die Vader gebid het, het Hy die volgende stelling oor die "ewige lewe" gemaak:  
(Joh 17:3)  "En dit is die ewige lewe
dat hulle U KEN, die enige waaragtige God, 
en Jesus Christus wat U gestuur het".
Baie Christene verklaar dat hulle die ewige lewe verkry het, maar KEN hulle Hom werklik?  As iemand Hom nie ken nie, dan kan hy tog nou nie verklaar dat hy die ewige lewe het nie, want dit is juis wat ewige lewe beteken!  Om iemand te ken, beteken nie dat ek net van "hom weet" nie.  Iemand kan bv. nie se dat hy 'n sportster noodwendig ken net omdat hy baie van hom weet nie, nee, eers as hy daardie sportster persoonlik ontmoet het en tyd met hom spandeer het, kan hy se dat hy hom regtig ken. Om die sportster se vriende te ken, beteken ook nie dat jy hom persoonlik ken nie!   Baie gelowiges weet baie van die Here, en spandeer baie tyd met die Here se "vriende", maar ken Hom nie persoonlik nie, en spandeer nie veel tyd met Hom nie.  Om net tyd met ander gelowiges te spandeer, of om meer op te lees oor die Here, maak nie dat iemand Hom ken nie, maar beteken bloot dat iemand "VAN HOM WEET".  Om die Here egter persoonlik te ken, is heeltemal iets anders!  Wanneer jy iemand persoonlik ken, is daar geselskap tussen julle - hoe meer julle gesels en met mekaar te doen het, hoe beter leer ken julle mekaar se "ins" en "outs".  Daarom is die persoon wat in 'n persoonlike verhouding met die Here is, vasbeslote sonder twyfel, omdat hy "hoor" van die Here - in so 'n geval is iemand nie net meer 'n dienskneg nie, maar 'n "vriend van die Here Jesus"!  -(Joh 15:15 - "Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het).
Die ware kind van God (WAT REGTIG DIE HERE KEN!), raak bekend met Sy planne;  m.a.w. "ken die wil van die Here" - hy "hoor" daagliks van die Here,  en plaas sy vertroue in die wil van die Here (net soos vriende mekaar vertrou - geen vriendskap kan groei sonder vertroue nie).  Iemand is ook slegs gehoorsaam waar hy die ander persoon VERTROU.  Daarom is die ware Christen gehoorsaam aan die Here, omdat hy Sy planne vertrou.  Hy "hoor" van die Here, en hy begeer dat Sy wil geskied.  (Joh 15:14 -  "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel").

-Dit is bv. anders as iemand wat probeer om guns te wen, soos mense wat gehoorsaam is aan wette met die doel om die Here se guns te wen. Daar is 'n verskil tussen iemand wat gehoorsaam is aan die Here self omdat hy in guns is (omdat hy Hom vertrou), en iemand wat gehoorsaam is aan wat hy dink vir hom guns gaan wen! 

-Daar is ook 'n verskil tussen iemand wat opreg gehoorsaam is aan die Here, en iemand wat voorgee dat hy aan die Here gehoorsaam is, maar eintlik gehoorsaam is aan sy eie wil! 

========================================================================
GEDAGTE:

In Joh. 10:14 het Jesus die volgende gese: "Ek is die goeie herder, 
en Ek ken my eie 
en word deur my eie geken".

========================================================================

Sondag 13 April 2014

God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes!


(1)  Die "opstanding van die dode" is nie fiksie nie! 
(2)  Daar sal 'n opstanding wees van regverdiges, sowel 'n herlewing van onregverdiges (Hand. 24:15);  
(3)  Almal sal weer herlewe, maar nie almal sal die ewige lewe (die "opstanding tot die lewe") ontvang nie - en almal sal nie op dieselfde tyd herlewe nie! (bestudeer gerus die onderwerp van "eerste opstanding" en volgende herlewing...). Met Christus se wederkoms sal baie "opstaan" - sommige tot lewe, en ander tot veroordeling...

Die onderwerp van "die opstanding" was baie gepreek in die eerste kerke.  Dat daar 'n opstanding sal plaasvind met 'n "eclipse", is ook wel nie fiksie nie (alhoewel daar nou natuurlik nie zombies sal wees nie!)Die skrif verklaar dat daardie dag van Jesus se wederkoms "‘n dag sal wees van wolke en wolkenag; ‘n dag van duisternis en donkerheid. Net voor Hy terugkom, sal die son verduister, en die maan sal sy glans nie gee nie, die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word... Die Skrif verklaar verder dat God "die hemel sal laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef".  ( http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wederkoms.html); (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/u-z.html).
--------------------------------------------------------------------------------------

*  WAT ONS EGTER NIE ALTYD BESEF NIE, IS DAT "HIERDIE OPSTANDING" GEPAARD SAL GAAN MET OORDEEL, en dit is eers met hierdie opstanding wat die dood finaal oorwin gaan wees (deur die wat die opstanding tot lewe verkry)(1 Kor. 15:51-55).  SLEGS DIE WAT DIE NODIGE VRUG DRA SAL INGAAN IN SY KONINKRYK, (m.a.w., hulle sal die OPSTANDING TOT LEWE ontvang). Dit is die tyd van die OES, wanneer die vrug geoes sal word...  Die oordeel begin by die huis van God! (1 Pet. 4:17).  In hierdie opstanding, sal die Here Jesus Christus skeiding maak tussen die skape en bokke (ook tussen skape en "skape). die koring sal ook van die onkruid (die valse) geskei word, asook van die kaf (die wat nie vrug dra nie) geskei word...

*  IETS ANDERS WAT SOMMMIGE OOK NIE BESEF NIE, IS DAT DIE "WEGRAPING" EINTLIK DEEL IS VAN HIERDIE OPSTANDING... Die wegraping sal nie plaasvind voor die Groot Verdrukking soos baie leer nie!, maar wel met die tyd van die Wederkoms, nadat baie dooies opgestaan het (sien "eerste opstanding). Die skrif verklaar dat hierdie gebeurtenis ook sal plaasvind met die "laaste basuin"... Om dit beter te verstaan, moet ons verstaan wat die doel is van die wegraping - (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html) -"DIE DODE SAL ONVERGANKLIK OPGEWEK WORD, EN ONS, wat in die lewe oorbly met Sy wederkoms, SAL VERANDER WORD"...   
=================================================================

GEDAGTE VIR DIE WEEK:
 Die Christelike doop is o.a. 'n teken van die hoop tot "opstanding tot lewe" - net soos ons begrawe is deur die doop in die dood, so sal ons (net soos Christus opgestaan het) opstaan in 'n nuwe lewe!  Paulus verduidelik dit baie mooi in 1 Kor. 15.  Hy verduidelik hoe daar  hemelse liggame is, en aardse liggame, en dat die heerlikheid van die twee verskil... Wat mens saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie (en mens saai ook net 'n blote korrel, nie die liggaam wat dit gaan word nie)(en l.w., WAT JY SAAI, SAL JY MAAI!). (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/waarna-verwys-oes-in-die-skrif.html). So se hy, is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, maar opgewek in onverganklikheid - ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek.    Maar die koringkorrel moet eers sterf voor hy kan lewe! -  "die wat hulle lewens liefhet, sal dit verloor; en die wat dit verloor, sal dit wen".  

-----------------------------------------
================================================================