Maandag 28 Julie 2014

Die Gelowige 'n Boom


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
EERSTE GROEP:  Dit verwys na Ware gelowiges (koring) word deur die Seun v/d Mens (Jesus die Christus) in die wereld gesaai - HULLE DRA GOEIE VRUG (word genoem:  "vrug tot heiligmaking" of "vrug vir die ewige lewe").  Let wel dat die KORINGKORREL nie kan leef, as dit nie eers gesterwe het nie - hierdie verwys nie net na hoe ons die eie-ek moet kruisig nie, maar verwys ook na hoe die wat "vrug dra" ("die wat hulle lewe verloor"), sal opstaan tot lewe! ("die opstanding", ewige lewe, verheerlikte liggame).

MIDDELSTE GROEP:  Dit verwys na Voorgee-gelowiges (onkruid) word deur die duiwel gesaai onder die koring (word onder die ware gelowiges gesaai) - HULLE DRA SLEGTE VRUG (wat miskien lyk soos goeie vrug, maar is nie gedoen uit "diensbaarheid aan God" nie).  In die geval van die voorgee-Christen, gee hy voor dat hy die Here ken, of dat hy in die Here bly, of dat hy gehoorsaam is aan Hom ens. - daarom gaan hy slegte vrug dra, want die vrug wat hy dra is nie uit diensbaarheid aan God nie, maar uit diensbaarheid aan homself!

DERDE GROEP:  Dit verwys ook na Ware gelowiges (koring) wat wel begin goeie vrug dra, maar die vrug word verstik deur die sorge, begeerlikhede, rykdom en genietinge van die lewe.  So iemand VERLOOR SY VRUG - "hy raak onvrugbaar" of "dra geen ryp vrug nie". Hy hou nie vas aan die geloof nie, gee nie ag op die waarheid nie, en begin om weer die sonde of sy eie wil te dien.  Die gevolg is dat hy vervloek sal word soos die vyeboom wat geen vye gedra het nie - hy sal uitgekap word en in die vuur gegooi word. 
========================================================================

GEDAGTE:

Die tema van "vrug dra" (goeie vrugte; vrug vir die ewige lewe; vrug tot heiligmaking), gaan spesifiek oor iemand wat 'n DIENSKNEG is, iemand wat DIENSBAAR IS AAN GOD (Rom. 6).  Alhoewel vrug verwys na goeie dade, optrede, die manier hoe iemand praat ens., moet dit nie gesien word soos werke nie, maar eerder soos "loon", m.a.w. "loon wat iemand verdien wanneer hulle die evangelie verkondig", of "loon omdat hy in die Here bly", of "loon omdat hy ag gee op die waarheid" ens.   Dit gaan oor gehoorsaamheid;  m.a.w. iemand dra vrug OMDAT hy in die Here bly, OMDAT hy doen wat die Here hom beveel, OMDAT hy die Here KEN....OMDAT hy gehoorsaam is aan die Here - hy DIEN DIE HERE (hy is 'n dienskneg).

MAAR DIESELFDE KAN NIE VAN DIE "ONKRUID" GESE WORD NIE.  Die persoon wat voorgee dat hy gelowig is, dra "slegte vrugte".
Jesus het vir ons geleer dat ons 'n valse profeet aan sy vrugte sal ken. Die valse profeet dra slegte vrugte (hy dra m.a.w. "vrug", maar dit is nie vrug uit diensbaarheid aan God nie - hulle vrug is nie "uit gehoorsaamheid aan die Here" nie;  dit is nie vrug vir die ewige lewe, of vrug tot heiligmaking nie). Dit is iemand wat voorgee dat hy gehoorsaam is aan die Here en Hom dien, maar hy het nie Sy WAARHEID lief nie en gee ag op mensgemaakte wette i.p.v. OM gehoorsaam te wees aan die Here. Hulle laat die swaarste dele van die wet na, nl. die reg (om reg te oordeel), barmhartigheid, en trou (geloof)(Matt. 23:23). Baie van die Fariseers en Skrifgeleerdes was so 'n vb. - Jesus het hulle genoem, "geveinsdes" (wat beteken "akteurs).  Hulle het voorgegee dat hulle die Vader ken, tog het hulle nie Sy Seun aanvaar nie en hulle wette bo "gehoorsaamheid aan die Here" gestel. Dit wat "hulle geglo het die waarheid is", was m.a.w. vir hulle belangriker as wat "die waarheid was"!  Hulle hoop was in die manier "hoe hulle sien", nie soos die Here sien nie (m.a.w., hulle het hulle nie regtig bekeer tot die Here nie - bekeer van die manier hoe hulle "sien" of dink nie - juis dit wat Johannes die Doper hulle geroep het om te doen, het hulle nie gedoen nie!).  Hulle het in opstand gekom teen die waarheid wat Jesus verkondig het (die evangelie van die koninkryk) en teen die Gees van God;  hulle was onbarmhartig en het baie verkeerd geoordeel. Jesus het prontuit verklaar dat hulle nie regtig die Vader ken nie!  Hulle het hulself gesien as "kinders van die koninkryk" (omdat hulle kinders van Abraham is), maar het nie die voorwaardes nagekom om in te gaan in die koninkryk nie (daardie natuurlike takke is afgesny, maar dit beteken nou nie dat die Here hulle nie kan terug inent nie).  So is daar baie gelowiges vandag wat voorgee dat hulle "kinders van die koninkryk is" omdat hulle hul laat doop het (die Christelike doop)(hulle gee voor dat hulle glo), maar as hulle nie die voorwaardes nakom nie, sal hulle ook nie in die koninkryk van God ingaan nie.  Die wat nie gehoorsaam is aan die Here nie, en nie ag gee op die waarheid nie, en nie ag gee op Jesus se leringe oor Sy koninkryk nie, staan die gevaar om afgesny te word.  So sal baie na die bruilof gaan, maar uitgegooi word omdat hulle nie 'n bruilofskleed aan het nie... hulle gaan asof hulle deel is van die kinders van die koninkryk, maar daar sal gevind word dat hulle nie regtig die Here GEKEN HET NIE! 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.