Wys tans plasings met die etiket wederkoms. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wederkoms. Wys alle plasings

Maandag 19 Oktober 2015

Gaan die Opstanding en die Wegraping op dieselfde tyd gebeur?

Die opstanding is verseker een van die grootste gebeurtenisse waarna Christene uitsien oor al die eeue. En terwyl ons die huidige liggaam sien soos 'n vyand, sal die verheerlikte liggaam anders wees, en 'n liggaam wat "die dood oorwin" het! (Psa 37:29 - "Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon"). God is sowaar nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes! Almal sal weer herlewe (opstaan uit die dode - "make alive, give life - G2227 )(regverdiges sowel onregverdiges), maar nie almal sal opstaan TOT LEWE nie! Dit is net die regverdiges wat sal opstaan tot lewe;  die ander sal opstaan tot veroordeling.------------------------------------------------------------------------------------------------------------Daar vind verskillende opstandings plaas oor die eeue en almal herlewe ook nie op dieselfde tyd nie:
(1) DIE EERSTE OPSTANDING:  Daar was 'n opstanding net nadat Jesus opgestaan het uit die dood, toe baie liggame van ontslape heiliges ook uit die grafte uitgegaan het en in die strate van Jerusalem ingegaan en aan baie verskyn het (Matt. 27:50-53). Daar sal ook 'n opstanding plaasvind wanneer Jesus Christus terugkom (m.a.w. met aanvang van Sy 1000-jaar Ryk)(Rom. 6:5-7; 1 Kor. 15:12-58; 1 Pet. 1:3-6; Hebr. 6:2).  Hierdie word gesien as die "eerste opstanding", en die wat in hierdie opstanding opstaan tot lewe, oor hulle het die tweede dood geen mag nie (Joh. 5:24; Openb. 20:6). Christus Jesus was die eersteling in hierdie opstanding - aan Hom is die oordeel oorgegee en Hy sal besluit wie Hy gaan opwek tot lewe en wie nie.
(2) VOLGENDE SAL HERLEWE?: - daar sal ook 'n "opstanding" wees nadat Christus se 1000-jaar Ryk voleindig is (Openb. 20) - by die Wit troon oordeel.

Waar egter spesifiek van "DIE OPSTANDING" gepraat word in die Skrif, verwys dit gewoonlik na die opstanding wat sal plaasvind met Jesus Christus se wederkoms. Tog sal nie almal wat dan gaan opstaan, opstaan TOT LEWE nie; dit is dus duidelik dat die woord "opstanding" nie oral verwys na die wat "opstaan tot lewe nie", maar meer verwysend is na 'n spesifieke opstanding van dooies, in 'n spesifieke "eeu" (m.a.w. die opstanding wat plaasvind met Jesus Christus se wederkoms, die opstanding waarna Jesus verwys het wat sal plaasvind in "die laaste dag")
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alhoewel "die Opstanding" en "die Wegraping" twee verskillende gebeurtenisse is (en die opstanding die wegraping voorafgaan), gaan dit in beide gevalle oor om nuwe liggame te kry. Die doel van "die wegraping" is bv. nie om die Groot Verdrukking vry te spring soos baie leer nie, maar volg eintlik na "die opstanding"! 
-Die opstanding verwys na die wat in Christus gesterf het en opgewek word en nuwe liggame ontvang, maar 
-Die wegraping verwys na daardie gelowiges wat nog in die lewe is wanneer Christus terugkom, en in 'n oogwink verander word en ook nuwe liggame ontvang (1 Kor. 15:51,52).  

In beide gevalle verkry hulle nuwe liggame, en die woorde "die opstanding" of dit wat 'n "wegraping" beskryf, gaan meer spesifiek oor die wat OPSTAAN TOT LEWE. Die woord "wegraping" kom terloops nie in die Bybel voor nie, alhoewel die woord "weggevoer" in 1 Thess. 4:17 ("caught up") in die Grieks die woord "har-pad-so" is, wat beteken: "catch (away/up); pluck; pull; take (by force)". Baie Christene kwyn weg wanneer hulle die woord "wegraping" hoor omdat daar soveel verskille is oor die "tyd van die wegraping". Sommige glo in 'n pre-trib wegraping, maar ons moet verstaan dat daardie leringe veral gebou is op afleidings en predikers wat pre-trib wegraping verkondig sukkel om dit te verduidelik weens 'n tekort aan skrif! (1) Heelwat verse word ook uit konteks geneem om hierdie lering te staaf, o.a. 2 Pet. 2:9 wat verklaar dat "die Here weet hoe om die godsaliges uit VERSOEKING te verlos", en dan word die woord versoeking vgl. met die Groot Verdrukking.  Die waarheid is egter dat IN KONTEKS die woord "versoeking" daar verwys na "bewaring van die dag van oordeel" (Hy kom om te oordeel!); dit verwys nie na die Groot verdrukking nie. (2) Ander begrippe wat ook uit konteks geneem word om hierdie verdraaide leerstelling van pre-trib te verkondig, is Matt. 24:22 wat verklaar dat "as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie, maar TER WILLE VAN DIE UITVERKORENES sal daardie dae verkort word".  Wat hierdie Skrif eintlik vir ons leer is nie dat die uitverkorenes uit die weg geruim sal word voor die Groot Verdrukking nie, maar eerder dat hulle nog op die aarde sal wees in daardie dae!, en dat dit die rede is waarom die dae verkort sal word. (3) Iets anders wat ook verkeerd verstaan word is Jesus se woorde "meer werd as baie mossies" (Luk. 12:7; Matt. 10:31), en sommige gebruik dit om te probeer bewys dat dit nie God se wil is dat Christene deur verdrukking gaan nie, maar behalwe dat so 'n stelling geheel en al bots met wat Christus geleer het (Matt. 13:21; Joh. 16:33...), gaan hierdie skrif IN KONTEKS oor "vervolging" en "verdrukking", ook saam met "om te getuig".  Wat Hy eintlik vir ons leer is dat ons nie bevrees moet wees nie - hoekom nie?  Nee, nie soos sommige leer, dat Hy "ons sal verlos van verdrukking" nie, maar eerder dat die gelowige baie werd is vir die Vader en dat die DEUR WIE HULLE VERDRUK WORD, geoordeel sal word  (Matt. 10:26: - "daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie"). As die gelowige dus ter wille van sy geloof verdruk en vervolg word, en selfs doodgemaak word, sal dit wat die ander persoon aan die gelowige doen, aan die lig kom - die Christen (wat verdruk word) sal "nie op die aarde val sonder die Vader nie" (m.a.w. "sonder dat Hy weet nie", en dit sal uiteindelik aan die lig gestel word). DIT IS DUS DUIDELIK DAT DIE DOEL VAN DIE WEGRAPING VERSEKER NIE GAAN OOR "OM VERDRUKKING VRY TE SPRING" NIE!
---------------------------------------------------------------------------------------------
Jesus Christus het verskeie male vertel hoe Hy die wat in Hom glo sal opwek IN DIE LAASTE DAG (Joh. 6:39,40; 44; 54; 12:48).  Die woord wat gebruik word in die Grieks vir "laaste dag" is die woord "eschatos" (es'-khat-os):  ("A superlative probably from G2192 (in the sense of contiguity); farthest, final (of place or time): - ends of, last, latter end, lowest, uttermost" dit is bv. ook dieselfde woord wat gebruik word in Joh. 7:37 waar verwys word na die "laaste" of groot dag van die fees).  Dit is dus duidelik dat "laaste" beslis verwys na "laaste"!  Ook Martha het verstaan dat die opstanding sal plaasvind in die LAASTE DAG: (Joh_11:24  Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag).(Joh_6:40  En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hĂȘ; en Ek sal hom opwek in die laaste dag).  Paulus maak dit duidelik dat ons (in die "wegraping") die ontslapenes nie voor sal wees nie, maar dat hulle eerste sal opstaan voor die wegraping plaasvind (1 Thess. 4:13-17).  As die opstanding dan "in die laaste dag" plaasvind, is dit duidelik dat die wegraping ook nie voor die laaste dag sal plaasvind nie. 1 Kor. 15:52 verklaar dat die wegraping sal plaasvind onder die 7 de seel, met die LAASTE basuin (vgl. dit gerus met die 7 basuine in Openbaring, en l.w. dat Christus se wederkoms ook beskryf word onder die 7 de seel;  die Groot Verdrukking word egter beskryf onder die 5 de seel...). 
_________________________________________________________________

GEDAGTE:


Wanneer presies die wat in Christus gesterf het gaan opstaan, is egter duidelik dat dit gaan gebeur iewers voor die  wegraping  - sekere skrifte wys daarop dat die opstanding "op die laaste dag" gaan gebeur (Joh. 11:24; Joh. 6:40; 6:54; 6:39). (Mat 24:30,31 - "En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn (WEDERKOMS), en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan") - DIE WAT IN CHRISTUS GESTERF HET, SAL OPSTAAN (opstanding), EN DIE WAT IN DIE LEWE OOR IS, SAL VERANDER WORD ("wegraping")". Dit is onwaarskynlik dat die opstanding lank voor die wegraping sal plaasvind;  inteendeel, dit wil eerder lyk of die Skrif hierdie twee gebeurtenisse naby opmekaar beskryf (met die opstanding eerste en daarna die wegraping).  

Dinsdag 29 Julie 2014

Sal enige bome (gelowiges) uitgekap word wanneer Jesus terugkom?

IN DIE GELYKENIS VAN DIE SAAIER, IS DIT SLEGS DIE EERSTE GROEP WAT 'N VOORSTELLING IS VAN "ONGELOWIGES" - AL 3 DIE ANDER GROEPE IS 'N VOORSTELLING VAN 
"GELOWIGES" (2de, 3de en 4de groep).


-Die tweede groep (in die gelykenis v/d saaier) neem die geloof met blydskap aan, maar glo net vir 'n tyd.
-Die derde groep het selfs wortel, en begin vrug dra, maar die vrug word verstik deur die sorge, begeerlikhede, rykdom en genietinge van die lewe.
-Die vierde groep hou vas aan die geloof, gee ag op die waarheid, en KEN die Here as eerste Liefde. ( Vgl. hierdie gerus ook met die trappe van geestelike ondervinding (baba, kind, jongman, vader)).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

JESUS HET VIR ONS GELEER DAT DIE WAT NIE VRUG DRA NIE, UITGEKAP SAL WORD.  DIT DAN DIE PROBLEEM MET DIE TWEEDE EN DERDE GROEPE IN DIE GELYKENIS VAN DIE SAAIER, WANT OMDAT DIE TWEEDE GROEP NIE "IN DIE HERE BLY NIE", KAN HULLE NIE VRUG DRA NIE (hulle "val af" in tyd van versoeking of verdrukking);  EN IN GEVAL V/D DERDE GROEP, RAAK HULLE ONVRUGBAAR, OF DRA GEEN RYP VRUG NIE.  Dit beteken dat iemand wel 'n Christen kan word en deel wees van die kinders v/d koninkryk (en die hoop he op saligheid en opstanding tot ewige lewe),  maar ontwortel kan word sou hy nie vashou aan die geloof nie.

Die wat wel vrug dra en vashou aan die geloof, sal meer vrug kry, en word ook gesnoei om meer vrug te dra.

========================================================================

GEDAGTE:

Alhoewel ongelowiges ook nie goeie vrug dra nie (omdat hulle werke nie uit diensbaarheid aan God is nie), verwys die skrifte wat handel oor die wat geen vrug dra nie, eintlik na "gelowiges wat geen vrug dra nie".  Baie Christene dink dat die tema van "geen vrug dra nie" na ongelowiges verwys, maar daar kan nie van 'n ongelowige verwag word om vrug te dra nie, want hy het nog nie saligheid nie - hy is nog nie "diensbaar aan God" nie - hy dien nog nie die Here nie. DIE TEMA VAN "GEEN VRUG DRA NIE", GAAN OOR WARE GELOWIGES WAT NIE VRUG DRA NIE - die wat bv. wel tot geloof gekom het, maar nie in die Here bly nie, of die wat nie ag gee op Sy waarheid nie; of selfs die wat wel begin vrug dra, maar meer besig raak met die lewe as met die Here (soos die sorge, begeerlikhede, rykdom en genietinge van die lewe), staan die gevaar dat hulle kan "afval" en "uitgekap" word.
========================================================================

Woensdag 23 Julie 2014

Leef ons regtig in die laaste dae?

Leef ons regtig in die laaste dae? 

Is die einde naby? 

Wanneer is die einde?  "Die einde" (Mark. 13:7)(Matt. 24:14) word ook na in die Skrif verwys as "die einde van dae" (2 Pet. 3:3) of "einde van dinge" (1 Pet. 4:7).  Andersins word van die dag van die wederkoms ook gepraat as die "voleinding van die wereld" (Matt. 24:3) of "die einde" (Matt. 24:6,14). Dit is nie net ons wat wonder wanneer die einde is nie, maar reeds 2000 jaar gelede het sommige Christene al verwag dat Jesus se wederkoms in hulle leeftyd sou plaasvind.  Heelwat skrifte gee ook die idee dat sommige so geglo het, maar in ander skrifte is dit weer duidelik gemaak dat die tyd nog nie daar was nie...; alhoewel hulle geglo het dat hulle in die laaste dae lewe (1 Pet. 4:7; Hand. 2; 1 Kor. 1:7,8; Jak. 5:8 ens.)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/het-die-eerste-gemeentes-geglo-dat.html).Wat wel ook duidelik is, is dat die eerste gemeentes geleef het ASOF Jesus in hulle tyd sou terugkom.  Ons behoort ook so te lewe, sodat ons gereed kan wees op daardie dag. Die Here is lankmoedig omdat Hy tyd gee vir mense om tot bekering te kom (2 Pet. 3:9). In ander woorde kan ons se dat ons in die laaste dae is al vir die afgelope 2000 jaar! 
---------------------------------------------------------------------------------------------

Die Here het vir ons tekens gegee sodat ons kan bepaal wanneer "die tyd NABY is" - dit gee mense tyd om seker te maak dat hulle wel GEREED is, en wys net weer op Sy lankmoedigheid!  Toe Jesus gewaarsku het teen die woorgebruik van "die tyd is naby" in Luk. 21:8, het Hy egter nie die woorde "die tyd is naby" afgeskiet nie, maar dit afgeskiet in die konteks waarin sommige dit sou gebruik.  Selfs die boek Openbaring begin met die woorde "want die tyd is naby":  
(Openb. 1:3)  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, WANT DIE TYD IS NABY. 
Jakobus het ook hieride woorde gebruik: (Jak. 5:8)  "Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, WANT DIE WEDERKOMS VAN DIE HERE IS NABY" (kyk ook Openb. 22:10).  Die konteks waarin Jesus die woorde "die tyd is naby" afgeskiet het, was spesifiek toe hy Sy dissipels gewaarsku het teen valse Christusse wat sal se:  "Dit is ek!" en: "Die tyd is naby!". Die probleem le dus by die "rede vir" die woordgebruik. Daarom Jesus se woorde: "Gaan dan nie agter hulle aan nie".  Vgl. dit ook met Sy woorde in Matt. 24:4,5: "En Jesus antwoord en sĂȘ vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sĂȘ: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei" 

DUS, OM TE SE DAT "DIE TYD NABY IS", OF "DAT DIE WEDERKOMS VAN DIE HERE NABY IS", IS NIE IN WORTEL VERKEERD NIE, EN GELOWIGES MOET ALTYD LEEF ASOF DIE HERE JESUS CHRISTUS SE WEDERKOMS NABY IS!  (m.a.w., "moet altyd GEREED WEES"!). (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/die-tyd-is-naby.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
CHRISTENE MOET DAAROM ALTYD LEEF ASOF DIE HERE IN HULLE TYD TERUGKOM.  Jesus het gepraat oor hoe ons GEREED moet wees, en "besig moet wees" wanneer Hy terugkom:  (Luk 12:40)  "Julle moet dan ook gereed weesomdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie".  Dit is duidelik om te sien wat Jesus hier bedoel het met "gereed wees" as ons die hele Luk. 12 in konteks gaan lees.  In die gedeelte het Hy gepraat van dat ons:
-  (1)  Luk. 12:13-40:  - moet "ryk wees in die Here" 
-  (2)  Luk. 12:1-12:  -   nie moet vrees vir die wat die liggaam doodmaak nie, maar vrees Hom wat by magte is om in die hel te werp /  moenie die Here verloĂ«n nie;
- (3)  Luk. 12:41-59:  -  ken die wil van die Here en doen dit.

Hy verduidelik dat die lewe nie vir ons moet gaan oor besittings en om skatte te vergader, of om behep te raak met die sorge van die lewe nie, maar liewer dat ons moet RYK WORD IN DIE HERE.    Ook in Matt. 24:36-51 verduidelik Hy dat ons nie meer besig moet wees met die lewe, as met die Here nie!Ook in die verhaal v/d 5 verstandiges en die 5 dwase, gaan dit oor die feit dat ons die Here meer lief moet he as ons eie lewens - meer besig moet wees met Hom en bereid om op te gee ter wille v/d koninkryk.   Ons moet eerste Sy koninkryk soek, en Sy geregtigheid (nie later nie!).  Vgl. hierdie gerus met die gelykenis v/d saaier, met die 3 de groep wat hulle vrug verloor a.g.v. sorge v/d lewe, rykdom, genietinge en begeerlikhede!  Dit gaan daaroor dat ons selfs bereid moet wees om besittings, rykdom en genietinge vd lewe, op te gee (sodat Hy ons oor Sy besittings kan aanstel op daardie dag - Matt. 24:47; Luk. 12:44).  Daarom het Jesus ook verduidelik dat ons Sy koninkryk in so 'n mate moet begeer dat ons bereid is om enige iets daarvoor op te gee! (Mat 13:44)  "Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand". ; (Mat 16:26)  "Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wĂȘreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?". Waar genietinge, sorge e.a. dinge so belangrik begin raak dat ons nie meer tyd het vir die Here nie, of tyd het om die waarheid te soek, of die evangelie te verkondig ens. nie, is daar fout! Dit is nie verniet dat Jesus juis met die GELOWIGES gesels het toe Hy hierdie dinge gese het nie.  Die gelowige wat nie ag gee hierop nie, sal sy vrug verloor!  Geloof moenie gaan oor wat ons kan kry uit die "deal" nie, soos materiele seen en voorspoed en eie wil nie, maar geloof gaan oor "opgee" - om jouself op te gee en jou vertroue in die Here te plaas.  Dit is dan ook om hierdie rede wat daar baie nood is onder Christene vandag, omdat elkeen net vir homself lewe!  Dit is ook om daardie rede dat mense nie meer tyd het vir mekaar nie, want die genietinge van die lewe het daardie tyd opgeneem.  Dit is inderdaad soos in die dae van Noag, mense "eet en drink" en steur hulle min aan die wil van die Here en het ook nie veel tyd om aan die Here te spandeer nie - dit gaan meer oor "die lewe", oor die genot in die lewe en dit wat hul lewe opmaak - mense werk hard vir allerhande onnodige besittings en begeer rykdom en sogenaamde voorspoed.  Hulle bekommer hulle meer oor die dag van more, as wat hulle vandag tyd met die Here spandeer.  Jesus het ons gewaarsku oor hierdie dinge.  Ons moet ag gee op die waarheid wat Hy vir ons kom deel het sodat ons die vrug tot heiligmaking kan dra. 
========================================================================

GEDAGTE:

(Luk 17:33)  Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.
 -  GAAN LEES DIE SKRIF IN LUK. 17 IN KONTEKS - OOK HIER PRAAT JESUS VAN SY WEDERKOMS (en dat dit sal wees soos in die dae van Noag - mense sal meer besig wees met die lewe as met Hom). 

(Joh 12:25)  Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wĂȘreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.  ( IN konteks JOH. 12 PRAAT HY EGTER OOR SY DOOD - (Joh 12:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sĂȘ vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.)(Die gelowige moet ook eers sy eie wil afsterf, voor hy kan lewe vir die Here).

=================================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wat-dit-beteken-om-gereed-te-wees.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/wanneer-is-die-einde-van-die-wereld.html

Sondag 13 April 2014

God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes!


(1)  Die "opstanding van die dode" is nie fiksie nie! 
(2)  Daar sal 'n opstanding wees van regverdiges sowel onregverdiges (Hand. 24:15);  
(3)  Almal sal weer herlewe, maar nie almal sal die ewige lewe (die "opstanding tot die lewe") ontvang nie - almal sal ook nie op dieselfde tyd herlewe nie!  Met Christus se wederkoms, sal baie "opstaan" - sommige tot lewe, en ander tot veroordeling.

Die onderwerp van "die opstanding", was baie gepreek in die eerste kerke.  Dat daar 'n opstanding sal plaasvind met 'n "eclipse", is ook wel nie fiksie nie (alhoewel daar nou natuurlik nie zombies sal wees nie!)Die skrif verklaar dat daardie dag van Jesus se wederkoms, "‘n dag sal wees van wolke en wolkenag; ‘n dag van duisternis en donkerheid. Net voor Hy terugkom, sal die son verduister, en die maan sal sy glans nie gee nie, die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word... Die Skrif verklaar verder dat God "die hemel sal laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef".  ( http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wederkoms.html); (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/u-z.html).
--------------------------------------------------------------------------------------

*  WAT ONS EGTER NIE ALTYD BESEF NIE, IS DAT "HIERDIE OPSTANDING" GEPAARD SAL GAAN MET OORDEEL!, en dit is eers met hierdie opstanding wat die dood finaal oorwin gaan wees (deur die wat die opstanding tot lewe verkry)! (1 Kor. 15:51-55).  SLEGS DIE WAT DIE NODIGE VRUG DRA, SAL INGAAN IN SY KONINKRYK, (m.a.w., sal die OPSTANDING TOT LEWE ontvang). Dit is die tyd van die OES, wanneer die vrug geoes sal word.  Die oordeel begin by die huis van God! (1 Pet. 4:17).  In hierdie opstanding, sal die Here Jesus Christus skeiding maak tussen die skape en bokke (ook tussen skape en "skape)! - die koring en die onkruid sal geskei word, asook die kaf  van die koring ...
*  IETS ANDERS WAT BAIE GELOWIGES NIE BESEF NIE, IS DAT DIE "WEGRAPING" EINTLIK DEEL IS VAN HIERDIE OPSTANDING! Die wegraping sal nie plaasvind voor die Groot Verdrukking soos baie leer nie!, maar wel met die tyd van die Wederkoms, nadat baie dooies opgestaan het... Die skrif verklaar dat hierdie gebeurtenis ook sal plaasvind met die "laaste basuin"... Om dit beter te verstaan, moet ons verstaan wat die doel is van die wegraping! - (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/die-doel-van-die-wegraping.html). -"DIE DODE SAL ONVERGANKLIK OPGEWEK WORD, EN ONS, wat in die lewe oorbly met Sy wederkoms, SAL VERANDER WORD"...   
================================================================
Vir 'n beter uiteensetting met skrifte rakende die onderwerp van "die opstanding", gaan na:  
================================================================

GEDAGTE VIR DIE WEEK:
 Die doop van die gelowige, is 'n teken van die hoop tot "opstanding tot lewe" - net soos ons begrawe is deur die doop in die dood, so sal ons (net soos Christus opgestaan het), opstaan in 'n nuwe lewe!  Paulus verduidelik dit baie mooi in 1 Kor. 15.  Hy verduidelik van hoe daar  hemelse liggame is, en aardse liggame, en dat die heerlikheid van die twee verskil. Wat mens saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie (en mens saai ook net 'n blote korrel, nie die liggaam wat dit gaan word nie)(en l.w., WAT JY SAAI, SAL JY MAAI!). (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/waarna-verwys-oes-in-die-skrif.html). 
So se hy, is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, maar opgewek in onverganklikheid - ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek.    Maar die koringkorrel moet eers sterf voor hy kan lewe! -  "die wat hulle lewens liefhet, sal dit verloor; en die wat dit verloor, sal dit wen".  

-----------------------------------------
================================================================