Wys tans plasings met die etiket Jesus se koms naby. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Jesus se koms naby. Wys alle plasings

Maandag 13 Oktober 2025

Hoe naby is die Wederkoms?

Dat ons min of meer sal weet wanneer die tyd naby is van Jesus se wederkoms (veral nadat die offer afgeskaf en gruwel opgerig is), is beslis so; maar ons weet die dag en uur nie, en niemand kan dit uitwerk nie (neem ag op Jesus se woorde in Matt. 24:36,42; 25:13; Mark. 13:32).  Ja, baie feite word vir ons in die Skrif gegee, maar laat ons nie mislei word en die dag en uur probeer raai nie;  en selfs, al verkyn 'n engel aan jou om jou die tyding te gee, moet dit nie glo nie, want Jesus self het gesê dat niemand die dag en uur weet behalwe die Vader nie (en terloops, Hy't gesê die engele weet dit ook nie / Mat 24:36 - "Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen"). Ook moet ons besef dat Jesus self dit ook nie vir ons sal sê nie (bv. deur 'n droom of hoe ookal), want Hy weet ook nie vooraf die dag en uur nie! (net die Vader weet). 

Wat eindtyd studies aanbetref is dit maklik om foute te maak, en die rede hiervoor is baiemaal omdat feite nie in ag geneem word nie of leringe gebou word op afgleidings. Dit is dus belangrik dat ons hou by die feite wat wel vir ons gegee word, en dit wat afleidings is moet ook so hanteer word. Ons kan natuurlik ons interpretasies met mekaar deel, maar moet versigtig wees om alles wat vir ons geleer word oor die eindtye, te sien as feite. Wat eindtyd studies aanbetref, moet broers en susters ook geduldig wees met mekaar en verstaan dat daar ook somtyds foute gemaak word, dit is egter 'n ander saak wanneer die woorde "die tyd is naby" gebruik word in konteks van 'n valse messias wat ingelei word (Matt. 24:5)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Die Skrif gee vir ons 'n goeie idee van min of meer wanneer die wederkoms sal plaasvind, maar die gelowige moet altyd leef asof die wederkoms van die Here naby is... (Jak. 5:8; 1 Joh. 2:28,29; 1 Tim. 6:14; 1 Thess. 1:10; ens.). 

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde in die Skrif, moontlike tekens wat as aanduiding kan dien van wanneer die tyd van Jesus se terugkoms naby is:

- Matt. 24:29-31:  Jesus het geleer dat die wederkoms (v.30) eers NA die groot verdrukking sal plaasvind, en ook NA sekere gebeure wat Hy daar genoem het... (v.29). IN HIERDIE GEVAL WORD BESKRYF DAT DIE WEDERKOMS EERS SAL PLAASVIND NA DIE GROOT VERDRUKKING EN SEKERE ANDER GEBEURE ... (wat lyk of dit die 6de seel gebeure beskryf) - volgens Matt. 24 sal die wederkoms plaasvind na die volgende gebeure: -nl., die groot verdrukking, en dan:  die son sal verduister, die maan sal sy glans nie gee nie, die sterre sal van die hemel sal val, en die kragte van die hemele sal geskud word. As Jesus dan inderdaad hier die 6de seel beskryf (nl. dit wat na die groot verdrukking daar beskryf word) kan dit dus ook vgl. word met Openb. 6:12-17 (nl. groot aardbewing, son swart soos ‘n harige sak, maan word soos bloed, sterre van die hemel val op die aarde soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, hemel wyk weg soos ‘n boek wat toegerol word, die berge en eilande is uit hulle plekke versit; mense steek hullself wet en is bang vir die toorn vd Lam).  Slotsom: AS IEMAND WIL BEWEER DAT DIE WEDERKOMS OM DIE DRAAI IS, DAN MOES HIERDIE DINGE AL GEBEUR HET... Die vraag is, het dit? 

- 1 Thess. 4:13-17:  Volgens v.14 sal Jesus die wat in Hom ontslaap het (maw daardie mense se geeste, want die liggaam het vergaan in die graf) saam met Hom bring... M.a.w., met Sy wederkoms (v. 14,15) sal Hy hulle saambring, en dan sal hulle liggame opstaan en verander word (hulle sal nuwe liggame kry-geestelike liggame/v. 17); en daarna sal die Christene wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom, se liggame in 'n oogwink verander word (hulle sal ook nuwe liggame kry, meer bekend as "die wegraping")(v. 15-17)(terloops, ook in 1 Kor. 15:51-57 word die opstanding en wegraping beskryf as iets wat mekaar opvolg... (v. 51,52) ; maw., die wegraping sal nie plaasvind voor die opstanding nie eers plaasvind nie - vir 'n studie hieroor, gaan na:https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html ). MAW, WAT HIER VIR ONS BESKRYF WORD IS DAT DIE OPSTANDING (EN DAARNA DIE WEGRAPING) PLAASVIND WANNEER JESUS TERUKOM...; - hierdie is nie 'n aanduiding van wanneer die wederkoms plaasvind nie, maar die volgorde is belangrik om hier te verstaan. Sommige kerke leer dat die wederkoms in twee dele geskied en die wegraping plaasvind op die eerste deel vd wederkoms, voor die groot verdrukking - maar neem kennis dat die opstanding plaasvind voor die wegraping, en neem ook kennis dat die versameling vd uitverkorenes uit die 4 windstreke beskryf word as iets wat gebeur NA die groot verdrukking! Slotsom: Dit is dus belangrik om te verstaan dat DIE GROOT VERDRUKKING (wat terloops voorkom of dit onder die 5de seel gebeur) ASOOK DIE ANDER MATT. 24:29 GEBEURE PLAASVIND VOOR DIE WEDERKOMS EN OPSTANDING/EN WEGRAPING... Maw, as die groot verdrukking en daardie gebeure nog nie plaasgevind het nie, gaan die wederkoms ook nog nie plaasvind nie.

- 1 Kor. 15:51,52:  Ons weet nie die dag en uur wanneer die wederkoms plaasvind nie, maar ons weet dat die opstanding sal plaasvind by die LAASTE BASUIN (v. 52)... In ander woorde, die wederkoms gaan by die laaste basuin plaasvind (want die opstanding volg net daarna). Hierdie laaste basuin verwys bes moontlik na die 7de basuin onder die 7de seel - Openb. 10:7 verklaar ook dat wanneer die 7de basuin blaas die verborgenheid van God volbring is... (na watter verborgenheid hier verwys word is natuurlik 'n punt van interpretasie, maar dit kan o.a. vgl. word met 1 Kor. 15:51). As dit inderdaad is waarna Paulus hier verwys, dan vind die opstanding plaas by die laaste basuin (onder die 7de seel) - wat ook op beurt beteken dat die groot verdrukking (onder die 5de seel) dan al verby is..., asook die 6de seel! Slotsom:  DIE WEDERKOMS GAAN BY DIE LAASTE BASUIN PLAASVIND (want die opstanding vind dan plaas)(NS: as dit verwys na die 7de basuin onder die 7de seel, dan is dit duidelik dat die groot verdrukking wat onder die 5de seel plaasvind, asook die 6de seel, alreeds verby is - hierdie interpretasie klop terloops ook met die interpretasie vd boek van Openbaring).

- 2 Thess. 2:1-8:  In 2 Thess. word ook 'n paar gebeure in volgorde beskryf..., nl. (1) eers die afval, (2) dan sal die seun van verderf geopenbaar word, en (3) dan daarna die wederkoms. Slotsom: DIE WEDERKOMS SAL NIE PLAASVIND VOOR DIE SEUN VAN VERDERF GEOPENBAAR IS NIE.  Nog 'n teken word in v.4 gegee, nl. die teestander wat hom verhef bo al wat God genoem word...,  sal in die tempel van God as God sit en voorgee hy's God. Ons het reeds gesien dat die seun van verderf eers geopenbaar sal word voor die wederkoms plaasvind - as hy in die "tempel van God" gaan sit (en voorgee hy's God), dan moet die tempel ook al gebou wees voor die wederkoms plaasvind! Slotsom:  DIE WEDERKOMS GAAN NIE PLAASVIND VOOR DIE TEMPEL GEBOU IS (en die seun van verderf geopenbaar word) NIE (vgl. hierdie met Openb. 10-13).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------