Vrydag 24 Mei 2019

Wat is SALIGHEID? (1)

Wat is "saligheid"?, en hoekom het die mens saligheid nodig? Die woord "saligheid" is die Gr. woord "so-tay-ree'-ah", wat beteken: -"om te red, gesondheid, red, redding...", en is bv. dieselfde woord wat as "redding" vertaal word (AOV) in Luk. 19:19, Hand. 7:25, 13:47, Rom.1:16 e.a. Ons kan ook kyk na die woord "sode'-zo" wat vertaal word as "gered" (wat basies dieselfde beteken)(bv. 1 Pet. 4:18; Tit. 3:5 ens.). As ons beweer dat die mens "redding" nodig het, dan moet ons weet wat dit is waarvan hy GERED moet word (m.a.w., wat die tema van saligheid aanbetref kan ons die volgende vrae vra): 
- (1) Wat is dit waarvan die mens GERED moet word? (bv., vyand?, slaaf?, is hy "siek"?);
- (2)  Is daar 'n manier hoe hy van hierdie vyand en/of slaaf gered kan word?en wat moet hy doen om hierdie "saligheid" te verky?;
- (3) Hoedanig lyk hierdie redding (saligheid) wat hy beërwe wanneer hy gered word?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)(a) Die DOOD is ons groot VYAND (1Kor. 15). Die mens was nie geskep om dood te gaan nie, maar in sy huidige toestand is hy bestem om een maal te sterwe en daarna die oordeel (Hebr. 9:27).  Die blote feit dat elke mens sterwe is bewys dat dit wat in die tuin van Eden gebeur het, werklik gebeur het! (Gen. 2:17; 3:3). Ons moet verstaan dat dit SONDE is wat hierdie vyand aanbring het...(1 Kor. 16:56; Ps. 90:3; Joh. 8:24; Rom. 5:15; 6:23), en dat dit die duiwel (die VYAND van alle geregtigheid - Hand. 13:10; Matt. 13:39) is wat die mens verlei het om te sondig (Gen. 3:4). As die mens nie gesondig het nie, dan sou hy nie sterwe nie! (Gen. 2:17). Die loon vd sonde is die DOOD (Rom. 6:23), maar die mens is nie net uiterlik van aard nie, maar elkeen het ook 'n innerlike mens ('n gees word in elke mens se binneste geformeer-Sag. 12:1). Dus, wat gebeur met die innerlike mens wanneer die uiterlike mens sterwe? Wat presies is die "oordeel" waarna verwys word in Hebr. 9:27?, want as die loon vd sonde die dood is, dan moet hierdie oordeel ook na iets soos "dood" verwys... Die Skrif leer vir ons wat hierdie oordeel is en noem dit "die oordeel vd hel" (Matt. 23:33; 10:28), ook genoem die "tweede dood" (Openb. 20:14; 21:8). Die loon vd sonde is die dood - die wat die sonde dien is m.a.w. tot TOORN bestem (Ef. 2:3; Kol. 3:6; Ef. 5:6; 1Th 5:9; 2:16; Hebr. 3:11...) en het dus redding nodig! - het m.a.w. nodig om GERED te word van "die dood"... ("die tweede dood" nl. die ewige oordeel (Ps. 78:5), asook oorwinning oor "eerste dood" m.a.w. belofte van opstanding tot lewe), want as hulle nie daarvan gered word nie dan sal hulle onder God se toorn val ("die ewige oordeel"). Vir iemand om hierdie toorn of oordeel vry te spring, moet hy dus VAN DIE DOOD GERED WORD (1 Thess. 1:10), en die woord "saligheid" beskryf o.a. hierdie redding.

Net soos 'n vyand iemand agtervolg en inhaal en verwoes, so maak "die dood" met die mens - dit agtervolg en haal hom in, en vewoes elke mens... In ander woorde kan ons sê dat die mens word geoordeel... tot die DOOD, maar dit verwys (1) nie net na wanneer die uiterlike mens STERWE (m.a.w. wanneer hy sy laaste asem uitblaas) nie, maar (2) verwys ook na die OORDEEL wat daarna volg... (die ewige oordeel - die tweede dood), want wanneer die mens doodgaan sterf sy "uiterlike mens" wel en keer terug na stof, ja, maar dan wag hy (die mens as siel / gees - m.a.w. "die innerlike mens") op die (ewige) oordeel... (Matt. 10:28). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)(b)  Die natuurlike mens is 'n SLAAF van die SONDE (1Kor. 15) - soos iemand wat verkoop word as slaaf is die natuurlike mens verkoop onder sonde (Rom. 7:14). In daardie opsig "dien hy die sonde" soos 'n slaaf sy heer dien. Elkeen wat 'n slaaf is van sonde is van nature kinders vd TOORN (Ef. 2:3). As die loon vd sonde "die dood" is, dan is die enigste manier waarop iemand nie tot dood geoordeel word nie, is om nie die sonde te dien/doen nie! Hierdie is onmoontlik siende elke mens in sonde gebore is... (en daarom verganklik/gaan dood)(genoem die "natuurlike mens" -gebore uit vlees / "gebore uit Adam se saad"). Elke natuurlike mens gebore uit vlees en verganklike bloed (Gen. 2:17; 3:3,4), is dus soos 'n "SLAAF of dienskneg" van SONDE (2 Pet. 2:19; Rom. 6:17; Rom. 5:15,17) want hulle is "in sonde gebore" (Ps. 51:5; 1 Joh. 1:8) - want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword! (2Pe 2:19)(vgl. hierdie met die verhaal van Adam en Eva). Ons sien dus dat die NATUURLIKE MENS in 'n probleem gewikkeld is omdat hy in sonde gebore is, en is dus soos 'n slaaf is van sonde - iets waarvan hy REDDING NODIG het. As hy nie redding hiervan kry nie, sal hy beslis onder die ewige oordeel val. Die (natuurlike) mens het dus nie net AFWASSING nodig nie, maar ook VERNUWING... (bedoelende "uit ander saad gebore word")(Tit. 3:5)(sodat hy ophou sondig-1 Joh. 3:6), want as hy nie weergebore word nie, dan bly hy 'n slaaf van sonde.  Die wat in Jesus Christus glo word deur Hom deur die Heilige Gees weergebore (gebore uit God se saad)("die innerlike mens").  Die geestelike mens (die wat weergebore is) se uiterlike gaan wel steeds sterwe, ja, want wanneer hy "vernuwe" word (deur die wedergeboorte) is dit nie sy uiterlike wat vernuwe word nie maar sy innerlike mens. Hy begin wel anders dink en doen (want sy innerlike is vernuwe) en hy gee sy uiterlike mens as slaaf vir Christus, maar hy het nog gedurig afwassing van sondes nodig (omdat sy uiterlike mens nie vernuwe is nie, en sy uiterlike mens gaan daarom steeds sterwe...). Maar alhoewel die geestelike mens se uiterlike mens sterwe, net soos die natuurlike mens, het die geestelike mens die belofte van opstanding tot lewe eendag (en sy uiterlike mens sal dus so ook die dood oorwin - 1 Kor. 15:54). Die Christen (se innerlike mens) het dus wel LEWE in die onverganklike bloed van Christus, ja, maar sy "uiterlike mens" is nog in 'n verganklike liggaam... (Rom. 7).

Wie dit is vir wie "kinders" gehoorsaam en dien, het dus te doen met watter saad dit is waaruit hulle gebore is (1 Joh. 3:9)(bv. kinders gehoorsaam hulle ouers - is uit hulle saad gebore). Die natuurlike mens is gebore uit vlees (gebore uit die saad van Adam en dien dus die sonde), maar die geestelike mens is uit Gees gebore (Joh. 3:5-8)(uit God gebore-Joh. 1:13; 1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) en dien dus die Here (hy verkry 'n goddelike natuur-2 Pet. 1:4).  Die gelowige is duur gekoop en hy gee sy liggaam as slaaf vir Christus... (nie meer 'n slaaf vd sonde nie).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Wat is dit waarvan die mens GERED moet word (vyand, slaaf, is hy "siek") ?

Dit is duidelik dat elke mens REDDING NODIG het, nie net
(1)(a) van hulle vyand , die dood, nie;  maar ook redding nodig van
(1)(b)die sonde wat hy soos 'n slaaf dien (omdat hy in sonde gebore is)(en is dus verganklik).

Na regte kan "die natuurlike mens" gesien word soos 'n "kind van die duiwel" omdat hy die sonde DIEN, want dit gaan oor wie dit is vir wie jy dien/vertrou/gehoorsaam (Eva het na die slang geluister / Adam het na Eva geluister en dus indirek ook die slang vertrou )(1 Joh. 3:8a - "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af....")(1 Joh. 3:10; 1 Joh. 5:19; Joh. 8:44; Ef. 2:2). Daar is 'n plek berei vir die duiwel en sy engele (Matt. 25:41), nl. "die ewige vuur/oordeel" of "die poel van vuur", en alhoewel hierdie plek nooit bedoel was vir mense nie sal alle "natuurlike mense" wat uit vlees en verganklike bloed gebore is, daar opeindig (omdat hulle VERGANKLIK is)... - almal wat sondig kan dus gesien word soos "kinders vd duiwel" en moet dus na dieselfde plek gaan wat berei is vir die duiwel want die loon vd sonde is die dood! (Rom. 6:23). Hierdie "oordeel" word ook genoem "oordeel vd hel" (Matt. 23:33) of die "tweede dood" (Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8).
(1)(c) In daardie opsig kan die mens gesien word as "siek" (want elke mens gaan dood) en het "genesing" nodig (Mal. 4:2; Matt. 9:11-13). Nie alle mense sal gered word, m.a.w. "saligheid beërwe" (of "saligheid van siel" verkry-1Pet.1:9) nie, maar slegs 'n uitgesoekte groep mense op aarde..., en hierdie "hoop" is slegs in een Persoon (nl. Jesus Christus), en dus slegs op een manier verkrygbaar... (Hand. 4:12; Hebr. 9:28; Luk. 1:77; Joh. 4:22; Rom. 11:11). (Heb 2:14,15).  Christene (die wat in Christus Jesus GLO) deel in hierdie gemeenskaplike saligheid (Jud. 1:3) en het die hoop op saligheid... (1 Thess. 5:8; Rom. 13:11; 1 Pet. 1:5,9 ens.) - nie net is hulle innerlike mens vernuwe nie, maar hulle het ook die hoop dat hulle uit die dood uit OPGEWEK sal word wanneer Jesus Christus terugkom, in nuwe verheerlikte liggame (1 Kor. 15)(en sal so die dood oorwin - verwysend na die uiterlike mens). Hierdie is iets waarna die volk van God nog altyd uitgesien het en is oor die eeue deur vele profete geprofeteer (Dan. 12:2,3; Hos. 13:14; Ps. 49:15; Joh. 11:24), en ook deur Jesus Christus self bevestig (Joh. 11:25,26;  5:28,29; Matt. 22:23-32; Luk. 14:14 ens.). In die eerste Christelike kerke is daar baie gepreek oor die opstanding van die dode en is met rede een van die basiese beginsels van Christenskap (Hand. 17:31,32;  24:15 ens.).

Niemand kan bely dat hy nie SALIGHEID nodig het nie want alle mense het dieselfde VYAND, en almal sondig (is 'n SLAAF van sonde), en almal is dus "geestelik" siek.  As iemand nie REDDING (saligheid verkry) nie, kan hy nie vir ewig (op aarde) lewe nie, en sal dus onder die oordeel van die tweede dood val. As VERGANKLIKE (1 Kor. 15:22; Rom. 5:12) en SLAAF van sonde, het elke mens nodig om vrygekoop te word. M.a.w. solank iemand lewe, het hy "redding" nodig!, want wanneer hy sterwe, volg die oordeel...(Hebr. 9:27). Die saligheid wat egter belowe word vir die wat glo in Jesus Christus en Hom gehoorsaam, is nie net tydelik nie maar 'n EWIGE SALIGHEID! (Heb 5:9). Vir die wat "ingaan" word belowe dat daar nooit meer dood sal wees nie... (Openb. 21:4; Jes. 25:8) - hulle sal reg hê op DIE BOOM VD LEWE en ingaan deur die poorte in die stad, die nuwe Jerusalem (Openb. 22:14). Die woord "SALIGES" verwys na dissipels van Jesus Christus (Luk. 6:20) - die wat nie aan Hom aanstoot neem nie (Matt. 11:6) en "waak en hulle klere bewaar" (Openb. 16:15) en DEEL HET AAN DIE EERSTE OPSTANDING (Openb. 20:6)...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.