Dinsdag 21 Mei 2019

Soorte Christene in die Christelike familie

Elke huishouding het sy eie reëls.  Afhangende van die huishouding aan wie iemand behoort bepaal wie dit is aan wie hy gehoorsaam is (moet wees). Bv., kinders behoort hulle ouers te gehoorsaam en daar word van hulle verwag om by die reëls van hulle huishouding na te kom, maar jy kan bv. nie van iemand wat aan 'n ander huishouding behoort verwag om die reëls van jou eie huishouding na te kom nie;  tensy hy in jou huis bly of jou huis besoek, dan word daar beslis van hom verwag om die reëls te respekteer.  In daardie opsig "oordeel ons die wat binne is", nie die "wat buite" is nie (1 Kor. 5:12).

Christene behoort aan dieselfde huishouding (die huishouding van God) en alle Christene val onder hierdie huishouding se reëls. Daar word verwag dat belydende kinders van God Hom gehoorsaam en Sy huishouding se reëls nakom, maar in elke huishouding en familie is daar gehoorsame en ongehoorsame "kinders". Sommige kinders respekteer die reëls, maar ander kom in opstand omdat hulle wil doen wat hulle wil of omdat hulle nie hulle ouers vertrou nie maar dink hulle weet beter. Daar is selfs gesins -of familielede wat soos wolwe optree en verkeerd praat van hulle familie of gesinslede, en verdeeldheid veroorsaak. En dan is daar mense wat hulleself voordoen as deel van 'n familie bloot vir die voordele wat hulle daaruit kan kry - hulle gee dus voor dat hulle opreg is en die  reëls van daardie huishouding respekteer maar met tyd is dit duidelik dat hulle vrug nie goed nie. Elke familie of huishouding het hulle kruis en dit is nie anders in die Christelike familie nie. Die feit dat Christene aan dieselfde familie behoort, beteken nie dat almal van hulle gehoorsame kinders is en die nodige of goeie vrug dra nie. Sommige Christene is ongehoorsaam, sommige is wolwe, sommige is vals, en sommige begin in gehoorsaamheid maar eindig op as ongehoorsame kinders...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

- (1) Christene word voorgestel soos skape, maar nie almal in die Christelike kerk is SKAPE nie maar sommige is WOLWE (hulle tree soos wolwe op - hulle jaag die skape uitmekaar en vang/verskeur)(Matt. 7:15; Hand. 20:29; Matt. 10:16 ; Eseg. 22:27). Daarom het Christus Sy dissispels beveel om "versigtig te wees soos slange" en "opreg soos duiwe", want wolwe kan 'n gemeente verdeel, en skape vang (om bv. liewer in hulle te glo as in die waarheid)(Matt. 10:16; Hand. 20:29). "Wolwe" PRAAT verkeerde dinge (Hand. 20:30) en probeer mense verlei om agter hulle aan te gaan. Baiemaal mislei hulle so ander gelowiges om hulle te volg (2 Pet. 2:2) en "trek so voordeel uit hierdie mense" (wat hulle volg en so begin dwaal...)(2 Pet. 2:3,18). "Wolwe" dra nie "goeie vrug" nie (Matt. 3:10) maar "SLEGTE VRUG".  Hier moet ons onderskei tussen punt 3 en 1, want "wolwe" verwys nie na gelowiges wat goeie vrug dra en dit dan verloor of geen en/of nie die nodige vrug dra nie (soos in punt 3, rol af...), maar verwys na die wat "slegte vrug" dra.  In die geval van "slegte vrug" dra iemand ook wel vrug, ja!, maar hulle vrug is "sleg". Johannes die doper het geleer dat hierdie "bome" (gelowiges wat slegte vrug dra) eendag uitgekap en in die vuur gegooi sal word... (Matt. 3:10). Jesus het dieselfde geleer! (Matt. 7:15-19). Hierdie groep mense stel dus "gelowiges" voor, maar gelowiges wat slegte vrug dra...., en kan vgl. word met valse profete en valse leraars wat die kudde mislei deur valse leerstellings en bedieninge (Matt. 7:15; 24:24), deur tekens en wonders en verderflike ketterye heimlik in die kerk in te voer (2 Pet. 2:1);  hulle probeer ook om die wat waarheid verkondig, stil te maak (Mig. 2:6). Hierdie mense bely dat hulle glo maar na regte verloën hulle die Here (2Pe 2:1; Jud. 1:4).  M.a.w., in der waarheid bely Hom nie werklik nie (Matt. 10:32,33)(maar bring 'n "ander evangelie") en is nie bereid om hulle lewens om die Here se ontwil te verloor nie (Mark. 8:34,35) maar is SKAAM VIR JESUS SE WOORDE! (Mark. 8:38).

- (2)  Christene word ook soos KORING voorgestel in die Skrif, maar daar is mense in die (Christelike) kerk wat gesien word as "ONKRUID" (Matt. 13:25-30) - m.a.w., mense wat hulle voordoen as koring maar hulle is nie koring nie (is onkruid - is m.a.w. vals - hulle lyk soos koring maar is nie!)(en sal terloops eendag met OESTYD, wanneer Christus terugkom (Matt. 13:39), soos onkruid bymekaargemaak word OM VERBRAND TE WORD, want hulle is nie werklik koring nie! - Matt. 13:30,40-42).  "Onkruid" is "kinders vd Bose" (Matt. 13:38) en word deur die duiwel gesaai onder die kinders vd koninkryk (m.a.w. word   onder   Christene   gesaai -Matt. 13:25 - hulle is nie kinders vd Here nie!, maar sit in die kerk asof hulle is). L.w. dat hierdie mense nie 'n groep verteenwoordig wat eens gewederbaar is (en die Heilige Gees ontvang het) soos die groep in punt 3 nie!; alhoewel hulle hulself voordoen as Christene - hulle is eintlik "kinders vd bose" (en lyk soos koring maar is nie). Hierdie mense sit binne-in die Christelike kerk (onder Christene), asof "Christene" maar is nie werklik Christene nie. Ongelukkig is hulle nie altyd onmiddellik sigbaar nie, want net soos saad eers moet opskiet en vrug dra voor jy kan sien of dit koring of onkruid is, net so weet ons nie altyd wie presies koring of onkruid is wanneer iemand onder Christene gesaai word nie, maar tyd sal dit uitwys... "Onkruid" verwys na daardie mense in die koninrkyk wat die ongeregtigheid doen (Matt. 13:41) - die wat nie die Here se wil doen nie (die "slegte mense" - Matt. 13:49), en kan moontlik vgl. word met "struikelblokke" - die wat die koring laat struikel (Matt. 13:41; 18:6,7).

- (3)  Daar is ook KAF teenwoordig in die Christelike kerk - dit is die wat soos koring lyk maar nie die vrug dra nie - hulle is m.a.w. "nie bruikbaar nie". Hulle is wel "koring", ja!, maar dra nie die vrug nie... - of dra nie die nodige vrug nie omdat hulle bv. onvrugbaar word (en sal soos kaf eendag weggegooi en verbrand word...Matt. 3:12,17, want hulle is onbruikbaar).
Vgl. hierdie gerus met die tweede en derde groepe in die gelykenis vd saaier, bv.:
-(A) In die geval vd 2de groep: -hulle het nie wortel nie - is soos saad wat nie wortel skiet nie en dus nie groei en vrug dra nie...  Hulle het wel die woord met blydskap aangeneem, ja!, maar glo net vir 'n tyd en in tyd van versoeking, of verdrukking en vervolging a.g.v. die woord, struikel hulle en val af (Luk. 8:13; Matt. 4:17) - en kan dan nie NIE VRUG DRA NIE  - (verwysend na "vrug tot ewige lewe", want l.w. dat sonder vrug tot heiligmaking niemand die ewige lewe kan beërwe nie - Joh. 4:36; Rom. 6:22).
-(B) In geval vd 3de groep: - hulle word verstik deur die sorge vd wêreld, verleiding vd rykdom en genietinge vd lewe, en begeerlikhede t.o.v. ander dinge... (Luk 8:14; 18:25; 17:26-28; Matt. 13:22; 1 Tim. 6:9,10; 2 Tim. 4:10; 1 Joh. 2:15-17; Luk. 21:34 ens.). Hierdie groep verwys na mense wat wel die woord aanneem, groei en vrug dra! (en l.w. "goeie vrug"!), maar hulle verloor hulle vrug (WORD ONVRUGBAAR)(a.g.v. die dorings in hulle lewe). Geen wonder dat Jesus beveel het dat ons in Hom moet bly, want as ons nie in Hom BLY nie kan ons nie (die regte soort) vrug dra nie (verwysend na "vrug tot ewige lewe")(Joh. 15:2-6)...en eendag uitgewerp word soos die loot en verdroog, en bymekaargemaak en in die vuur gegooi word...(Joh 15:4,6). Die Christen wat onvrugbaar word of eendag sonder vrug is, kan nie verwag om steeds die ewige lewe te beërwe nie, maar sal inteendeel sy saligheid verloor en in die vuur opeindig... Daar is dus CHRISTENE wat eendag soos kaf weggegooi sal word, om verbrand te word omdat hulle (A) nie wortel het nie en afval, of (B) omdat hulle hul vrug verloor.. (bv. deurdat dit verstik word deur ander dinge...)(vgl. met "wanneer daar onder dorings gesaai word").  Hierdie verwys na Christene wat nie "vashou" nie en nie in die Here "bly" nie (nie dat die Here hulle los nie, maar hulle "los" self - hulle los Hom - m.a.w., dit verwys na die wat nie oorwin nie...). Kaf word ook voorgestel met "goddelose mense" (soos kaf wat die wind verstrooi-Ps. 1:4-6; m.a.w. die weg vd goddelose sal vergaan...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.