Is die dood finaal? Terwyl reïnkernasie beslis nie 'n Skriftuurlike lering is nie, beteken dit nie dat ons nie 'n volgende lewe kan hê nie. Weergeborenes (in wie die Heilige Gees, die Gees van waarheid is) glo bv. nie dat die mens eenvoudig ophou bestaan die oomblik wanneer hulle sterwe nie; inteendeel, hulle hou vas aan die belofte dat, al kom hulle teenwoordige lewe tot einde, sal hulle vir ewig sal lewe. In die eerste gemeentes was daarna verwys as die "toekomende lewe" (1Ti 4:8). Ja, weergeborenes verwag 'n lewe na die dood..., en het bv. nie net die belofte dat hulle (liggame) eendag opgewek sal word uit die dood (wanneer Jesus terugkom) nie, maar die wat "opstaan tot lewe" het ook die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie... (Openb. 2:11; 20:6)(Joh. 5:25-29; 6:35; 10:28; 12:25; Hand. 13:48; Rom. 6:22; 1 Tim. 6:12; ens.). M.a.w., nie net sal hulle opgewek word om weer te lewe nie, maar die wat opgewek word tot lewe, sal vir ewig lewe!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Daar is heelwat verdraaide of valse leringe in die omloop rondom die tema van die "dood", waarvan een so 'n lering leer dat mense in engel (wesens) of sterre verander wanneer hulle doodgaan, en 'n ander leer dat ons vir ewig in die hemel gaan bly (?). Hierdie is maar net twee van vele miskonsepsies..., en dit gebeur gewoonlik wanneer mense skrifte uit konteks neem bv., alhoewel kinders vd koninkryk eendag "soos engele" (Matt. 22:30; Mark. 12:25; Luk. 20:36) sal wees (bedoelende "kinders van God" wat bv. nie trou en ook nie doodgaan nie...) en hulle ook voorgestel word met "sterre wat skyn" (bv. die regverdiges/verstandiges sal eendag skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader...Matt. 13:43, en glinster soos die glans vd uitspansel...sommige "soos die sterre"...Dan. 12:3)), is die bedoeling in die betrokke skrifte nie om te leer dat hulle letterlik in engel wesens gaan verander of in fisiese sterre nie, maar eerder dat die wat opstaan tot lewe nie sal trou en in die huwelik uitgegee sal word nie (soos die geval met engele); en hulle sal ook nie meer sterwe nie (soos die geval met engele)(Matt. 22:30; Mark. 12:25; Luk. 20:36). Net so word die term "burgerskap in die hemele" uit konteks geneem, wat bv. nie daarna verwys dat ons vir ewig in die hemele sal bly nie, maar in konteks gaan dit oor die erfenis wat vir ons in die hemele bewaar word en waarmee ons "vandaar" eendag oorklee sal word... (verwys na die onverganklike liggaam - opstanding tot lewe).
Natuurlik is daar 'n hemel, en natuurlik is daar 'n hel... Jesus Christus het self ook melding gemaak vd hemel en die hel op verskillende geleenthede..., en bv. o.a. verklaar dat daar 'n onuitbluslike vuur in die hel is... (Mark. 9:43), en Hy't die hel o.a. voorgestel as 'n plek waar die siel en liggaam verderwe kan word (Matt. 10:28)(Matt. 10:28; 23:15,33). Dit is duidelik dat Hy self gepraat het van die hel asof dit bestaan, en as Hy van die hel praat asof dit bestaan, glo ons self ook so, want ons glo in Hom en glo in Sy woorde en glo dat Hy die waarheid ken. Hy het ook die begrip "HEMEL" gebruik in die verskillende kontekste, bv. o.a. verwys na die "die hemel waar die voëls vlieg" (Matt. 6:26; 8:20; 13:32), en ook na die plek van God se troon verwys as hemel... (Matt. 5:34)(derde hemel - "BO die uitspansel")(let egter daarop die woord "hemel" nie altyd verwys na die derde hemel waar God woon nie, maar somtyds verwys na die hemel waar die voels vlieg, "LANGS DIE uitspansel", en somtyds na die hemel AAN DIE uitspansel waar die ligte is). Die eerste Christene het ook geweet dat daar 'n plek soos die hel is... In 1 Pet. 2:4 word daar o.a. verwys na 'n deel in die hel waar die engele wat gesondig het gewerp en vasgemaak is... 'n Ander vb. is die gelykenis wat Jesus vertel het vd ryk man en Lasarus (Luk. 16), en in die betrokke gelykenis was dit nie net kenmerkend dat gelowiges en ongelowiges na verskillende plekke gaan wanneer hulle doodgaan nie (vgl. dit met die tema van "oordeel" en "doderyk"), maar dit is ook hier duidelik dat die doderyk uit verskillende dele bestaan... (waarvan die poel van vuur een is, waarna ook verwys word as die plek van "ewige oordeel"/Openb. 20:10). In die ou bedeling was dit wel so dat gelowiges en ongelowiges na hierdie verskillende plekke in die doderyk gegaan het wanneer hulle sterwe, maar in die nuwe bedeling is baie geleerdes van mening dat die wat in Christus sterf nie meer na 'n plek in die doderyk gaan wanneer hulle sterwe nie, maar "inwoon by die Here" (2 Kor. 5:8-10) - vandaar die begrip "ons gaan hemel toe wanneer ons doodgaan". Hierdie is egter steeds 'n redenasie onder sommige geleerdes wat in siening hieroor verskil. Nietemin waarnatoe Christene (se geeste) gaan wanneer hulle doodgaan, hulle gaan nie na dieselfde plek as ongelowiges nie... (Luk. 16), en wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterf het, saambring(1 Thess. 4:14).