Wys tans plasings met die etiket Christene. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Christene. Wys alle plasings

Saterdag 12 September 2026

Is die Christelike Evangelie belangrik?

DIE HERE OPENBAAR NIE ALLES AAN ALMAL NIE (slegs die wat Hom regtig soek), maar daar is DINGE WAT HY WEL AAN ALMAL OPENBAAR!;  bv., ten spyte daarvan dat Hyself onsigbaar is, maak Hy homself sigbaar/bekend deur Sy werke (bv. die skepping/Rom. 1:20,22).  Almal weet van Hom/weet hulle het 'n Skepper! (Joh 16:8).  En almal weet hulle het 'n saligmaker nodig (nl. dat Hy deur Sy Gees die wêreld oortuig van sonde omdat hulle nie in Hom glo nie);  en alhoewel almal ook nie die volle waarheid ken nie, word hulle tog oortuig van geregtigheid (hulle weet goed wat is reg en verkeerd, al wil hulle dit nie altyd erken nie en probeer om hulle eie reels op te maak), en almal weet goed dat elkeen wat verkeerd doen, geoordeel word daarvoor... - hierdie is no-brainers!, want die Here openbaar hierdie dinge AAN ALLE MENSE deur Sy Gees (Joh. 16:8-11).  Dit beteken nie dat die Heilige Gees DEUR almal werk nie, maar Hy werk IN almal.  Bv., almal ontvang nie die Heilige Gees nie (net die wat weergebore word ontvang die Gees en leer die Here KEN), maar deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees oor die hele aarde openbaar die Here sekere dinge aan elke mens op aarde (nl. hierdie 3 bg. dinge). Terwyl ongelowiges graag wil voorgee dat die Here homself glad nie aan hulle openbaar nie (en dit gebruik as rede om te sê dat Hy nie werklik is nie), is die teendeel waar:

- (1)  die Here wys vir hulle dat daar 'n Skepper is agter alles, 

- (2) dat hulle sonde het en vergifnis nodig het, en 

- (3) dat daar 'n Wysgewer en Regter is oor die hele mensdom wat die reëls maak en die mensdom sal oordeel (Joh. 16:8-11). Des te meer moet ons verstaan hoe belangrik die EVANGELIE is..., want die Christelike evangelie praat bv, nie net van hoe die mensdom kan vry word van sy slaafskap onder sonde nie, maar ook hoe hy die dood (die vrug van sonde) kan oorwin (en dus nie onder oordeel kom nie)! Ons Skepper het vir ons 'n uitweg gegee, en die evangelie is dit wat hierdie uitweg verduidelik...------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ Kom ons kyk na 'n paar belangrike punte rondom die evangelie...;  bv., alhoewel die mens aangestel is om oor die hele aarde, en alle visse, voëls, vee en diere op die aarde, te heers (Gen 1:26 - "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip"), is die mens onder 'n GEESTELIKE MAG - daar is 'n geestelike mag hoër as die mens wat oor die mens heers!..., nl. sy Skepper.  Die mens is maw eintlik deel van die Here se Koninkryk!, maar nie alle mense sal "die koninkryk beërwe" (nl. vir ewig op die aarde leef en saam met Hom heers) nie, want die manier hoe die mens "heers op aarde" moet onderwerp word aan die wil van die Here (maar die wat hulle eie wil dien, of die wil vd bose doen, kan nie verwag om die koninkryk te beerwe nie).  Wat God met "heers oor die aarde" bedoel was nooit dat die mens self besluit wat is reg en verkeerd nie (soos dat hy doen soos die vlees dink en sien nie), maar hierdie "regering" was veronderstel om onder leiding van die Here te geskied. Die probleem het begin met die sondeval, want die mens was basies "gevang" om die wil van die bose te doen en op sy eie insigte te begin staatmaak. Hierdie is baie duidelik sigbaar in die wêreld! - ons hoef nie te wonder of dit die waarheid is nie..., want ons kan dit sien (die Skrif verwys hierna as, "die natuurlike mens het 'n wêreldse gees" = dink en sien soos die "wêreld"). Die mens is oppad na sy dood omdat hy die WYSHEID VAN BO eenkant toe geskuif het en VERBODE KENNIS bekom het (verbode kennis verwys na eie wil en die wil van die bose)  (https://warechristene.blogspot.com/2026/04/boom-van-kennis-van-goed-en-kwaad.html). 

Om die Here se wil te doen word voorgestel soos 'n pad wat uitloop op ewige lewe..., maar as iemand self wil heers of 'n ander geestelike mag toelaat om oor hom te heers, dan is hy op 'n pad van nietigheid (sal doodgaan) - dit is die prys van wêreldse wysheid (dra vrugte vir die DOOD). Hierdie is wat verkeerd geloop het in die tuin van Eden..., is nl. dat die mens die pad wat tot nietigheid lei, gekies het in plaas van die pad van lig/ewige lewe. En dit is nie God se skuld nie! Hy het die mens hierteen gewaarsku... (Gen. 3:3). Om oor die aarde te kan heers het die mens nodig om op die pad te wees wat na ewige lewe lei..., want hoe kan die wat doodgaan vir ewig op 'n EWIGE aarde lewe? God is genadig en het vir ons 'n weg geskep deur Jesus Christus, en dit is o.a. waaroor die Christelike evangelie gaan - sien die "evangelie van die Koninkryk".

Die Christelike evangelie (goeie boodskap) bestaan eintlik uit 3 dele, nl.: 

-die "Evangelie van Jesus Christus", 

-die "Evangelie van die Koninkryk" en 

-die "Evangelie van Vrede".

Hierdie 3 dele vorm saam DIE EVANGELIE, maar word noodwendig nie altyd alles op dieselfde tyd gepreek nie... (want dit hang grootliks af van wie die gehoor is, bv. hoeveel kennis hulle het van die Here, ens.). Kom ons staan bietjie stil by die "DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK"... Christene glo in 'n komende koninkryk wat vir ewig gaan bestaan!, want dit is wat die Here vir die mens belowe, nl. vir die wat GLO. As jy belangstel in politiek dan sal hierdie begrip vir jou meer sin maak. In die Christelike geloof glo Christene dat Jesus Christus gaan terugkom aan die einde van dae (ook na verwys as "die einde vd wereld", of "aan die einde van hierdie eeu/bedeling") en 'n koninkryk oprig wat vir ewig sal wees (dit sal begin met 'n tydperk van 'n 1000 jaar, en baie dinge sal nuut gemaak word; en wanneer die 1000 jaar verby is sal die hemel en aarde in geheel nuut gemaak word). Dit is logies dat Christene uitsien na Jesus se wederkoms!, want Hy kom nie net om te oordeel nie maar ook om hierdie ewige koninkryk op te neem, en die wat aan Hom behoort het terloops die belofte dat hulle saam met Hom sal regeer! Natuurlik sal nie enige iemand toegelaat word om saam met JESUS CHRISTUS te regeer nie (geloof in Hom is bv. die eerste voorwaarde..., en Hy verwag sekere dinge van die wat afgesonder/geheilig is vir hierdie doel - hulle word duur gekoop en behoort aan Hom, nie aan hulleself nie).  Christene behoort eintlik alreeds aan hierdie koninkryk (van God) en is huidiglik besig om mense uit te nooi om deel te word van hierdie koninkryk. Die Christen is in hierdie sin soos 'n politikus - 'n spreekbuis vir die Here se party, vir Sy Koninkryk. Ons sien dus hoe belangrik die Christelike evangelie is.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die EVANGELIE VAN VREDE (wat deel is van die Christelike evangelie) leer dat enige iemand uit enige nasie, volk, of taal, gered kan word deur Jesus Christus! Oor die aarde is die Here besig om vir Hom 'n groep mense te versamel wat vir ewig op die aarde sal woon (https://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html), en hierdie belofte is gemaak aan 'n spesifieke volk op aarde, nl. die onder die geroepenes wat GLO.  Om REDDING te kry, moet jy basies deel wees van hierdie betrokke volk (aan wie die beloftes gemaak was)..., en in Jesus Christus is dit moontlik om onder hierdie volk "ingedoop" te word (weergeborenes word basies gesien as "kinders van Abraham")(en natuurlik, wat presies bedoel word met kinders van Abraham, verwys nie bloot na die kinders van die vlees nie, maar eitnlik kinders van geloof). Ons sien dus hoe belangrik die Christelike evangelie is!, want Jesus Christus maak dit moontlik vir enige iemand in die hele wêreld om deel te word van hierdie volk deur Sy kind te word (alhoewel hulle dit deur geloof ontvang, nie gebore uit Sy fisiese vlees nie - kyk die tema "met Christus beklee").

Vertroue in die lewende Brood, Jesus Christus en in Sy woorde/waarheid, is belangrik vir REDDING, want wanneer die mens kies om nie die wil van die Here te doen nie maar eerder sy hoop plaas in ander bronne (hetsy homself of die bose), sal hy die dood oes.. (dit is die pad waarop die natuurlike mens homself bevind - natuurlike mense dra vrugte vir die dood/Rom. 7:5). Natuurlike mense het 'n wêreldse gees en dink en sien anders as die Here.  Jy het die Heilige Gees nodig... (wie terloops deur Jesus Christus gegee word aan die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam). Die Heilige Gees maak iemand nuut en instaat om "vrug tot lewe" te dra.  Geestelike mense (weergeborenes/nl. die wat die Heilige Gees het) is soos "bome van lewe" (wat vrug tot lewe dra)(hulle "oorwin die wêreld"). Watter "vrug" jy "eet", bepaal dus op watter pad jy is...  Jy het die regte soort geestelike kos en water nodig  (bv., soek jy die kennis van die Here?, of soek jy wereldse wysheid?).  Die wat nie hulle hoop plaas in die Here en dus in die waarheid wat Jesus Christus gebring het nie, is op 'n pad wat tot nietigheid lei. Sien hoe belangrik die evangelie van Jesus Christus is!, want die mens het vrymaking nodig van sy slaafskap onder sonde.

Die "pad van nietigheid" kan o.a. beskryf word as: (1) die vlees dien (bv. self besluit wat is reg en verkeerd, kies NIE die manier hoe die Here "dink en sien" nie) (op die vlees vertrou)(Fil. 3:3; Rom. 8:6-8; Mark. 19:23; Luk. 18:17,24);  EN (2) eie wil doen (die Here versoek/toets, bv. doen wat jy wil en toets of die Here steeds vir jou omgee, sondig opsetlik, en toets die Here of Hy jou steeds sal vergewe, ens.); EN (3) hoop plaas in ander geestelike bronne (ander geestelike bronne soek, aanbid, dien). Sommige wat tot geloof kom val terug op hierdie pad, wat terloops beskryf word as "hulle terg die Here" - hulle glo nie regtig nie, so hulle versoek Hom... (bv., kla, is ontevrede, plaas hoop in ander geestelike bronne) (bestudeer die temas van "verharde hart", "wederstrewigheid" en "dooie werke" om hierdie beter te verstaan)(Hebr. 3:7-13). Die wat op 'n PAD VAN NIETIGHEID is, doen maw nie die wil van die Here nie, maar hulle eie wil of die wil van ander geestelike magte, en die uiteinde daarvan is die DOOD. Ons kan kortom vra, KEN jy die Here?, of KEN jy die wêreld? Die vraag is dus nou, onder watter geestelike mag is jy? Die mens is veronderstel om sy vertroue in sy Skepper te plaas - alle mense word "in sonde gebore" (dien die sonde/is 'n slaaf van sonde), maar "wie jy DIEN", is belangrik!, want dit wys wie se "kind" jy is - dit wys uit watter saad jy gebore is... (maw, na wie luister jy?, want dit bepaal "van watter saad jy is");  dit is hoekom weergeboorte so belangrik is. In ander woorde, wie is jou "pa"? (geestelik bedoel..., want dit is die een vir wie jy vertrou en na wie jy luister / glo). Die mens is soos saad wat in die wêreld geplant word, groei en vrug dra - die vraag is nou, van watter saad is jy? (of uit watter saad is jy gebore?), want dit bepaal watter soort vrug jy gaan dra ("vrug" wys wat se soort boom jy is).  Dit is hoekom elke mens nodig het om WEER GEBORE te word..., want as jy 'n saad/boom wil wees wat "vrug tot lewe" dra, moet jy uit die regte saad gebore wees (natuurlike mense is uit Adam gebore = bome wat "vrugte vir die dood" dra)  (geestelike mense word voorgestel soos mense wat "uit God gebore is", en kan daarom "vrug tot lewe" dra - hulle word dus o.a. gesien soos "bome van lewe") - sien hoe belangrik die Christelike evangelie is. Jesus Christus gee vir ons die weg om WEERGEBORE te word...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------GEDAGTE:

Nie almal wat wil hê dat die Here Homself aan hulle openbaar, leer KEN die Here nie... (Joh. 14:21-23; Luk. 10:22; Matt. 11:27; Mark. 16:17) - die begrip "openbaarmaak" verwys bv. na om "tot kennis te kom" (2 Kor. 11:6; 1 Kor. 4:5; Mark. 4:22; Matt. 11:25). Dit is anders wanneer jy iemand leer ken as om net van hom te weet... (jy kan net iemand werklik leer ken deur gemeenskap). Al manier hoe iemand volkome oortuiging kan kry van wie die Here is en Hom begin KEN, is as die Here jou daardie openbaring gee! (Mark. 16:17). Jesus het geleer, "soek, en julle sal vind"... (Luk 11:10 - "Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word"). Mense wat die Here bevraagteken, vra bv. ook somtyds die Here moet Homself aan hulle openbaar, maar baiemaal is hierdie eerder 'n manier om die Here te toets;  in ander woorde, hulle versoek die Here (bv., dat as Hy homself openbaar, sal hulle glo, en as Hy nie sal hulle nie glo nie). Dit is soos wanneer iemand vir jou sê hy't vir jou 'n kar gekoop en jy moet dit vind, maar as jy nie glo dat hy dit gekoop het nie (bv. dat dit nie logies is nie omdat die persoon nie geld het nie, of wat ookal), sal jy nie eens begin om vir die kar te soek nie. Wat mense somtyds in so 'n geval doen is om liewer te begin gekskeer (bv. om die kar in 'n kas te soek, onder 'n mat of waarookal... - dit wys eintlik dat hulle nie glo nie!). Mense doen dieselfde wanneer hulle nie in die Here Jesus Christus wil glo nie..., nl. dat hulle Hom begin soek op ander plekke, ander gelowe en gode waar hulle Hom beslis nie sal vind nie! Nee, om die kar wat vir jou gekoop is te vind, moet jy dit in die straat of jou "driveway" gaan soek.., nie in 'n kas of onder 'n mat nie. Die Here Jesus moet op die regte plek gesoek word - moenie 'n verspotting van Hom maak deur Hom in ander geestelike bronne te gaan soek nie. 

As jy as mens dan nou vergifnis van sonde nodig het en vrymaking van jou slaafskap onder sonde, en oorwinning wil kry oor die dood, dan moet jy die Here Jesus Christus begin soek, want Hy is die weg wat ons Skepper gemaak het om hierdie dinge te verkry, nl. dat die Here mens geword het om ons te red!  Heidene soek hulle gode hulle lewe lank en vind hulle nie, al spandeer hulle daaglikse gebede en ondersoek hulle skrifte gereeld;  MAAR DIT IS ANDERS MET CHRISTENSKAP... - JESUS HET BV. BELOWE DAT AS JY HOM SOEK, SAL JY HOM VIND.  Die vraag is, is jy bereid? Gaan jy Hom op die regte plek soek?  Hoe lank dink jy kan jy Hom soek?, of gaan jy opgee na die eerste paar dae of weke? Mense wat VERTROU, hou nie op om te soek nie... (liewer, die wat ophou om te soek, wys eintlik dat hulle nie glo nie, want as jy geglo het sal jy nie ophou soek nie). 

Sommige heidene se vertroue is so groot in hulle geloof dat hulle hulle lewe lank soek, maar wanneer dit kom by Christenskap dan dink mense die Here moet hulle onmiddellik antwoord, Homself onmiddellik openbaar... (hulle is eintlik net besig om Hom te versoek).  Meeste weergeborenes wat sekerheid het en die Here ken en die Heilige Gees ontvang het, het jare na die Here gesoek voor Hy homself heeltemal aan hulle openbaar het - hoekom?, want hulle het VERTROUE gehad.... Hulle het aanhou soek omdat hulle hulle vertroue in die Here geplaas het. Daarom moet jy eers 'n BESLUIT MAAK om die Here te vertrou, want as jy dit nooit doen nie sal jy die Here nooit leer KEN nie.

As jy die Here KEN, is jy op 'n pad van lewe.

As jy op ander plekke soek (om dit liewer te KEN, nl. jou eie wil of die wil van die bose), is jy op die pad van dood (daardie pad kom tot niet...).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Dinsdag 10 Junie 2025

Hare op die tande hê

Ons voorouers was slim mense.  Hulle het verstaan die belangrikheid van wysheidspreuke en hoe dit kinders se persepsie vd lewe beïnvloed.  Een so 'n Afrikaanse spreekwoord is die van "hare op die tande hê" wat verwys na iemand met deursettingsvermoë. Die spreekwoord "hare op die tande" kom van 'n groep gevreesde Switserse huursoldate met woeste snorre (wat hulle lippe grotendeels verberg het) - dit het behoorlik gelyk of hulle "hare op die tande het".  Hierdie soldate was bekend as kranige, onverskrokke krygers wat vir niemand gestuit het nie. Iemand met "hare op die tande" verwys na iemand wat sy man kan staan, selfs durf wat ander nie durf nie!
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Christene moet ook somtyds "hare op die tande hê" en onverskrokke wees t.o.v. die waarheid. Hulle stap in geloof en is soos mense met 'n misie!, wat kranig voortgaan tot hulle hul doel bereik... Ten spyte van wat ander glo, sien, of doen, moet die Christen moed hê om vas te hou aan die Here se woorde en waarheid (al is dit te midde van verdrukking), moed hê om barmhartig te wees (al word hulle onbarmhartig hanteer), moed hê om reg te doen (al doen almal rondom hom verkeerd), moed hê om die evangelie te verkondig (al word dit verdraai of is dit nie logies vir ander nie), moed hê om die Here te bly vertrou (al hou mede-gelowiges op om dit te doen). Hierdie soortvan "uithou" en "aanhou" is nie altyd maklik nie, want in vandag se lewe word jy sommer as hardkoppig bestempel sou jy staan op jou geloof. Jy word bespot, somtyds leuens oor jou versprei, lelik van jou gepraat... Hierdie is alles ook dinge wat Jesus en Sy dissipels ervaar het - hulle is goeie vb.e van mense wat hulle "man kon staan"!, want hulle was onverskrokke t.o.v. die waarheid en het soos dapper soldate in geloof gedurf wat ander nie durf nie. Te midde van somtyds blinde (kerk)leiers of mense wat hulle rug op die Here en die geloof gedraai het, het Jesus die waarheid aanhou spreek. Selfs baie van die Fariseërs en Skrifgeleerdes (leiers van hulle tyd) het baiemaal van Hom verskil en eerder menslike gebooie verkondig as die waarheid, maar Jesus het nie geskroom om uit te wys wat werklik die waarheid is nie. Hy het gehoorsaam gebly aan die Vader en kranig Sy doel bereik, ten spyte van verdrukking en leuens wat oor Hom versprei is. Hulle was gemeen, het Hom bespot, het Hom voorgestel as vals, en het Hom selfs doodgemaak!, maar Jesus het uitgehou en aangehou (en Sy doel bereik) - Hy het oorwin. As ons ook oorwinnaars wil wees, moet ons dieselfde soort houding toon deur aan te hou en vas te hou aan die geloof.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

Jesus het baie gepraat oor die belangrikheid van uithou (vashou/aanhou/oorwin), en om dit te kan doen moet ons baiemaal hare op die tande hê. Hierdie is nie bloot 'n opsie nie, maar dit word eintlik van elke Christen verwag! Maar natuurlik gaan dit oor waaraan ons vashou... (bv. wat lering aanbetref, evangelie, die belydenis en die hoop...-Tit. 1:9; Hebr. 4:14; 10:23; 1 Kor. 11:2; 15:1,2), want as Christene vashou aan valse leerstellings of die evangelie of leringe verdraai om te glo wat hulle wil en sondes te regverdig, is hulle nie besig om "VAS TE HOU" (aan die Here/waarheid/evangelie) nie (Openb. 2:14,15). Baiemaal volg Christene blinde leiers of hou vas aan wat hulle kerk leer, maar as daardie leringe nie die waarheid is nie kan hulle "vashou" nie vir hulle vrug oplewer nie. Dit is belangrik om "reg te sien" (in ander woorde, om soos die Here te sien). Ons sien baiemaal hierdie afspeel tussen Christene, waar verskillende groepe nie met mekaar saamstem nie... - hierdie is wat gebeur wanneer een groep nie ag gee op die waarheid en Jesus se woorde nie (maw, beide groepe is Christene, maar die een groep hou vas aan Jesus se woorde en die ander nie). Ons moet seker maak dat dit waaraan ons so vreeslik VASHOU inderdaad die waarheid en die opregte evangelie is!; bv., ons moet onsself afvra of dit wat ons glo of wat ons kerk leer, inderdaad is wat Jesus geleer het? 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Donderdag 19 Julie 2018

Onderskei tussen wat is HEILIG en wat nie

Die woord "HEILIG" word veral gebruik in geval waar iets/iemand afgesonder word (soos vir 'n spesifieke doel) https://warechristene.blogspot.com/2016/06/heilig-1.html Alhoewel "om skoon te wees" in meeste opsigte 'n voorwaarde is voordat iemand of iets geHEILIG kan word, of in sekere gevalle in wese wel daarna kan verwys, is dit nie altyd die geval nie. Daar is bv. gevalle waar mense "geheilig" word maar nie skoon/rein is nie!, bv. die ongelowige wat met 'n gelowige getroud is... Ons moet dus gaan kyk na die betekenis van die woord "heilig" in verskillende kontekste. 
In hierdie dagstukkie kyk ons veral na die konteks van "heilig" as "afgesonder". 
-Christene is bv. afgesonder (geheilig) om 'n volk en priesters te wees vir God - en sal deel hê aan die eerste opstanding, en die wat deel in hierdie opstanding is "geheilig" (afgesonder) vir die ewige lewe! (Openb. 20:6)(1 Thess. 5:23; Ef. 1:4)
- Jesus Christus is "geheilig" (afgesonder) as ewige hoëpriester, en het Homself afgesonder (is geheilig) vir Sy kinders, sodat hulle ook in die waarheid GEHEILIG kan wees (m.a.w., "ons is afgesonder vir die WAARHEID")(Joh. 17:17-19). In hierdie vb.e sien ons dus dat die woord "heilig" veral verwys na hoe Jesus en Sy kinders AFGESONDER is, en "waarvoor" afgesonder. Ons hoef bv. nie 'n aardse priester meer op te soek om vir ons in te tree en 'n offer vir ons sonde te bring nie, want die Vader het Sy Seun afgesonder (Hy is geheilig) vir hierdie taak (het Homself vir ons geoffer en tree heeltyd vir ons in). Jesus Christus het Sy volk deur Sy eie bloed GEHEILIG (hulle skoongewas en afgesonder...)(Hebr. 13:11,12; Kol. 1:22; Ef. 5:26,27).  Net soos Hyself afgesonder (geheilig) is in spesifieke dinge, het hy ons ook afgesonder ("heilig soos Hy heilig is")(Hebr. 2:11; Rom. 11:16; Jud 1:1; Joh. 10:36; 17; Luk. 10:3; 20:13)...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Naam van Jesus Christus is vir elke Christen HEILIG want Sy Naam is afgesonder ("geheilig") as die enigste Naam deur wie iemand die ewige lewe kan verkry;  en Sy Naam is afgesonder as die Naam (die Een) op wie ons hoop en vertrou, en na wie ons luister... Wanneer iemand Jesus Christus se naam "heilig", dan beteken dit dat so 'n persoon kies om Jesus se Naam af te sonder (as die Naam op wie hy hoop en vertrou en na wie hy luister).  Maar as iemand afgode aanbid, dan is Jesus Christus se Naam nie vir hom afgesonder nie. Sou 'n Christen op so 'n manier geestelik hoereer (ook afgode aanbid en nie Jesus se Naam heilig nie), dan is hy besig om die Naam van die Here te ONTHEILIG (m.a.w. die Here se Naam is nie meer vir hom afgesonder as die enigste Naam nie)(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/09/laat-u-naam-geheilig-word.html).  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet onderskei tussen wat is heilig en wat nie (Lev. 10:10).  Bv., in die O.T. was die Hebreeuse volk spesifiek GEHEILIG (afgesonder onder die nasies vd aarde) as die "volk van God", maar in die N.T. word enige iemand uit enige volk, taal of nasie wat GLO in Jesus Christus, GEHEILIG (afgesonder) as deel van God se volk. Iemand kan bv. nie "glo wat hy wil" en steeds verwag om deel te wees van die heiliges nie. In die O.T. was die heiliges die kinders van Abraham, Isak, Jakob...  In die N.T. is die heiliges "die Christene" (die wat GLO IN JESUS CHRISTUS - nie "glo wat hulle wil nie"!)(en hulle word "geestelik kinders van Abraham"). Spesieke voorwaardes of reëls geld vir wanneer iemand "geheilig" word, en in hierdie geval is geloof  in Jesus Christus (geloof in die ewige hoëpriester) die voorwaarde! 

In die O.T. was die wet van Moses "geheilig" (afgesonder) vir die volk van God;  in die N.T. het Hy Sy Gees (die HEILIGE Gees) afgesonder vir Sy volk (en die Gees skryf Sy wette op hulle harte)(Rom. 8:2; 7:2-4).  Alle dinge word nie gesien as "heilig" nie.  Wanneer die Skrif verwys na wat is "heilig", gaan dit veral oor wat die Here sien as heilig of "as heilig" verklaar.  Hy besluit wat is HEILIG (wat wil Hy afsonder) en wat nie (dit is nie ons wat daaroor besluit nie). In die N.T. is die tempelgebou bv. nie geheilig (afgesonder) as die plek waar God teenwoordig is en met die mens ontmoet (soos in die O.T.) nie, maar die Christen se liggaam word hiervoor "geheilig" (liggaam is die tempel vd Heilige Gees). Dit beteken natuurlik nie dat die Here nie 'n gebou meer kan gebruik om daar met mense te ontmoet nie; en inteendeel word 'n kerkgebou deur Christene "geheilig" (afgesonder) vir die doel van byeenkomste, en Christene word ook in geheel gesien as 'n "liggaam" (wat bymekaarkom), en dus die Gees in hulle (die gebou se) midde...  Maar die Here is nie teenwoordig in enige "kerk"gebou nie! 'n Afgodstempel is bv. afgesonder (in daardie opsig deur daardie mense "geheilig") vir afgodsaanbidding, maar dit is nie vir die Christen heilig nie, en God is nie daar teenwoordig nie omdat die wat daar aanbid nie die Gees van God het nie! Dit wat vir mense "heilig" is, is nie noodwendig HEILIG nie - bv., somtyds word daar na hierdie afgodstempels verwys as "heilig", maar dan omdat die mens dit sien as "heilig" - nie iets wat deur God as heilig verklaar is nie! Dit is dus slegs 'n gebou waar Christene bymekaarkom (in wie die Heilige Gees is) wat gesien kan word as "heilig" (omdat hulle daar bymekaarkom)(https://warechristene.blogspot.com/2012/12/die-tempel-van-god.html). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Ons verstaan nie altyd hoe Christene "heiliges" genoem kan word nie want Christene is nie altyd rein nie, maar die woord "heilig" verwys nie noodwendig na die of dit wat rein is nie, maar verwys ook na "wat is afgesonder", en "waarvoor" iets of iemand afgesonder is. Ons het reeds bo gekyk na waarin Christene geheilig is (m.a.w. waarvoor hulle afgesonder is, bv. vir die waarheid, vir Christus, ens.) en verstaan dus hoe hulle "heiliges" genoem kan word in sekere skrifte (Kol. 3:12; 1:26; Fil. 1:1; 4:21,22; Ef. 3:8,18; 4:12 ens.). Wat ook belangrik is om in gedagte te hou wanneer ons praat oor heiligheid, is watter invloed die feit dat ons geheilig is, op ons lewens het!
- As iemand afgesonder is vir die waarheid, kan hy bv. nie glo wat hy wil nie, maar moet glo in die Here se woord en die waarheid wat Jesus Christus gebring het. Vir 'n Christen is 'n "ander evangelie" of "valse leerstellings" onrein, en die wat daarop ag gee kan daardeur besoedel word.
- As iemand afgesonder is vir die Here Jesus, kan hy nie doen wat hy wil nie, maar moet dan gehoorsaam wees aan die Here Jesus Christus.  Dit word m.a.w. van Christene (as afgesonderdes) verwag om hulle eie lewenswandel te "heilig" (om dit vir die Here af te sonder), want hulle lewens behoort nie aan hulleself nie!  Christene is nie veronderstel om hulle lewens in te rig volgens die begeerlikhede wat tevore in hulle onwetendheid bestaan het nie (1 Pet. 1:14), maar moet hulle "HEILIG gedra" WANT HULLE IS die "HEILIGES" (1 Thess. 2:10; 1 Pet. 1:15,16; 2 Tim. 2:19,21).
- As iemand afgesonder is om die Heilige Gees te ontvang (kom m.a.w. dan "onder die genade"), mag hy nie in eiewysheid meer optree nie, maar moet die Here raadpleeg, en gehoorsaam wees aan die Gees van waarheid, want as "afgesonderde" is hy nou "onder die Gees, nie onder die wet nie". Christene moet verstaan dat om "onder die Here se genade te wees" juis daaroor gaan dat hulle AFGESONDER IS vir Hom (is GEHEILIG) - hulle het die ou mens afgelê en kan dus nie meer soos die ou mens leef nie, maar leef nou vir die Here (Rom. 6:1-15).

Iets wat onrein is, moet vermy word deur die een wat afgesonder is, want as hy dit nie doen nie kan hy daardeur onrein word... Hierdie feit is nie net 'n O.T. feit nie maar is steeds van toepassing in die N.T. (2Kor. 6:17,18...) - as afgesonderdes moet ons weet wat is vir ons rein, en wat nie! - ons moet weet watter voedsels vir ons heilig is, watter wette, seremonies ens. Hier moet ons onderskei tussen wat is heilig (rein) en wat is onheilig (onrein), want iets wat in die O.T. onrein was is nie noodwendig in die nuwe ook onrein nie; alhoewel dit nooit gesê kan word van "sondes" nie.  Baie kerke val in hierdie strik vandag, waar hulle nie onderskei tussen WETTE en SONDE nie. Wette kan anders vervul word in verskillende bedelings, maar nie "sonde" nie!  Sonde bly altyd verkeerd en kan nie in die O.T. verkeerd gewees het en in die nuwe ewe skielik reg nie. Geen Christelike kerk het die mag om "sonde" rein te verklaar nie.  Om te lieg is bv. 'n sonde en sal en mag nooit rein verklaar word in enige bedeling nie; maar wette soos watter diere gesien is as onrein diere in die O.T. is iets anders... Natuurlik moet daar ook onderskei word tussen MENSGEMAAKTE WETTE en GOD SE WETTE, maar wat ons moet verstaan van God se wette is dat Hy die Een is wat besluit watter wette GEHEILIG (afgesonder) word in watter bedeling of testament. Hierdie wette word nie altyd dieselfde hanteer in verskillende bedelings nie, want dit gaan oor wat God rein maak. Die eerste mense op aarde mag bv. nie vleis geëet het nie (dit was nie vir hulle geheilig nie)(Gen. 1:29), maar vanaf Gen. 9 is hulle toegelaat om vleis te eet (geheilig, alhoewel net sekere diere).  Hier kan ons sien dat "wat God rein maak", mag ons nie onheilig ag nie (Hand. 10:15; 11:9). Dit is m.a.w. verkeerd om Christene onder 'n wet te plaas waarin hulle verbied word om vleis te eet (want God het dit rein gemaak en ons mag dit dan nie onheilig ag nie);  alhoewel elkeen die reg het om te besluit of hy vleis wil eet of nie, en natuurlik moet ons mekaar hierin respekteer (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html)...

Baiemaal oordeel ons verkeerd omdat ons nie weet wat is rein en wat is onrein nie.  In die O.T. is ook heelwat dinge gesien as onrein vir die volk van God, maar wat presies in die N.T. is vir die Christen onrein? Ons moet weet watter dinge dit is wat nie toelaatbaar is nie, want die Christen is GEHEILIG (afgesonder) vir die Here en kan nie doen wat hy wil nie.  In 2 Kor. 6:14 word Christene bv. verbied om in dieselfde juk te trek met ongelowiges (in die sin van "ongeregtigheid", "die eet van afgodsoffers" ens.)(2 Tim. 2:18,19). Sekere maniere van "bou" is ook ONREIN vir die Christen (1 Kor. 3), bv. "sonde teen liggaam"; "vleeslike wysheid"; "valse leerstellings of leerstellings wat iemand in die gehoor streel-bv. begeerte na fabels en leuens  i.p.v. begeerte na die waarheid, ens.)(2 Tim. 4:3,4; 2 Pet. 2:18; 2 Pet. 3:3; Jud 1:16,18). Alle sondes is vir die Christen onrein en moet bely word (en moet hom daarvan bekeer), bv.egbreuk, hoerery, moord, diewery, boosheid, bedrog, losbandigheid,  lastering, hoogmoed, dwaasheid,  haat broeder, kwaadspreek ens.  Vele "begeertes" en "gedagtes" wat in die Skrif genoem word is ook "onrein" vir die Christen, bv. slegte gedagtes, hebsug, afguns en jaloesie, naywerig, begeerte na onwettige vleeslike gemeenskap, naaste se goed begeer, begeerte na geld, slegte dinge begeer, begeerlikhede vd jonkheid, ens. (Mar 7:20-23; Jak. 1:14,15; Jak. 4; 2 Tim. 2:16-23; Ps. 119:19).

MAAR ander begeertes is wel vir die Christen REIN ! - soos 'n "verlange na die Here se woord, Sy koninkryk, Sy dinge";  "hoop op toekomstige opstanding"; begeerte na 'n "amp met die doel om ander gelowiges te dien"; begeerte na "vleeslike gemeenskap spesifiek in die huwelik"; begeerte na "alledaagse behoeftes" en so aan...(https://warechristene.blogspot.com/2017/10/begeer.html).  Die Here maak die reëls, nie ons nie, en as geheiligdes moet ons WEET wat is vir ons rein en wat nie. In meeste gevalle is voedsel (hetsy gesien as rein of onrein diere in die O.T.) wat met danksegging ontvang word, vir ons REIN wanneer dit "geheilig word deur die gebed"(1 Tim. 4:4,5; Mark. 6:18,19; Hand. 11:9; Rom. 14:14...). Maar daar is ook bepaalde ander rëels rondom voedsel, soos in die eet van afgodsoffers; ons mag nie bloed eet nie, ens...
_________________________________________________________________________________
https://warechristene.blogspot.com/2017/01/heilig-onheilig-ontheilig-opsomming.html
https://warechristene.blogspot.com/2017/10/begeer.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/09/laat-u-naam-geheilig-word.html
https://warechristene.blogspot.com/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html
https://warechristene.blogspot.com/2013/12/wat-beteken-uit-genade-gered.html

Vrydag 30 Mei 2014

Wat is jou getuienis?


Goddelose mense is murmureerders, die wat klae oor hulle lot en volgens eie begeerlikhede wandel - hulle monde spreek trotse woorde en hulle vlei ander ter wille van voordeel... dit is hoe hulle beskryf word in Jud 1:16.  Maar die ongeluk is dat baie Christene se getuienis nie veel anders lyk nie.  Hulle sien hulleself nie as "goddeloses" nie, tog is hulle woorde en dade nie verskillend van die goddeloses nie. Dit is nie altyd so duidelik wie regtig die "volgelinge van Jesus Christus" is nie!   

As jy vandag vir mense in die publiek  moes vra om te verduidelik wat hulle verstaan onder die term van "CHRISTEN", sou min regtig die regte antwoord ken. In een geval waar iemand uitgegaan het op straat om mense te ondervra oor wat hulle verstaan van "'n Christen", was die oormeerderheid se antwoord dat 'n Christen iemand is wat "in God glo".  Die tweede meeste se mening was dat dit verwys na die wat "goed (probeer) lewe". As jy egter in die jaar 40 n.C. vir mense in die publiek dieselfde vraag sou vra, sou die reaksie heelwat verskillend wees.   Daar is 'n rede hoekom Christene "Christene" genoem is!  In die eerste plek het dit spesifiek verwys na die wat "volgelinge was van Jesus Christus".  Die woord "Christen" kom in 3 verse in die Bybel voor, nl. Hand.11:26, Hand. 26:28 en in 1Pet  4:16. Die dissipels van Christus was vir die eerste keer in Antiochíë (Hand. 11:26) "Christene" genoem -  die woord "Christen" is die Griekse woord, "kris-tee-an-os" wat beteken, "volgeling van Jesus Christus". Om 'n "volgeling te wees van Jesus Christus", beteken ten minste dat iemand Hom volg,
Hom dien,
Sy leringe navolg en dit verkondig, 
nie skaam is vir Hom nie en 
dat iemand Hom gehoorsaam is!   So iemand ervaar 'n NUWE LEWE waarin hy nie meer die sonde of sy eie wil of wette dien nie, maar die Here self dien!   Die wereld sukkel om 'n Christen te definieer, bloot omdat min Christene regtig die getuienis van 'n Christen dra!  Hulle klink deesdae soos die wereld, verstaan en dink soos die wereld, en tree selfs op soos die wereld!  Alhoewel "fellowship" met mede-Christene belangrik is, en dit belangrik is om jou Bybel gereeld te lees, is dit nie wat dit beteken om 'n Christen te wees nie!  Baie Christene vandag sien Christenskap as 'n klub waaraan jy behoort.  Hulle dink omdat hulle eens 'n gebed opgese het waarin hulle Jesus Christus as hulle Verlosser aanvaar het, dit hulle deel maak van die klub;  of omdat hulle aan 'n Christelike kerk grootgeword het, dit hulle deelmaak van die klub!  Maar om die naam van CHRISTEN te dra, beteken eintlik dat jy regtig 'n volgeling is van Hom - dit beteken dat jy Hom volg, Hom dien, Sy leringe navolg, die waarheid verkondig, jou nie skaam vir Hom nie, en Hom GEHOORSAAM.  
==================================================


GEDAGTE:

Dit is interessant om te merk hoeveel ure ons kan sit en saam kuier en heeltyd iets he om oor te gesels, maar hoe min van daardie tyd ons gebruik om te getuig en om te deel wat die Here vir ons leer/doen.  Die Here het uit baie Christene se geselskap verdwyn...    Die gelowiges van die eerste gemeentes, was duidelik sigbaar as volgelinge van Jesus en daarom so genoem;  inteendeel, deur die Christen se getuienis behoort ander die Persoon van die Here Jesus Christus te leer ken. So 'n Christen se woorde en dade is daagliks 'n getuienis as iemand wat 'n "volgeling is van Jesus Christus".

Wat is jou getuienis?  
Kan iemand deur na jou te kyk, verstaan wat die woord Christen beteken?
==================================================