Wys tans plasings met die etiket geloof. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geloof. Wys alle plasings

Woensdag 28 Augustus 2024

Wat is die verskil tussen die BESNYDENIS en die CHRISTELIKE DOOP?

Alhoewel die Christelike doop nie die besnydenis vervang het nie, is daar heelwat ooreenkomste tussen die vleeslike besnydenis vd Ou Testament en die Christelike doop vd Nuwe Testament.  In die verskillende bedelings word wette verskillend vervul, en met die besnydenis is dit niks anders nie. .. In kort, die besnydenis het nie weggeval nie maar word bloot op die uitnemender manier vervul in die N.T. - en die manier hoe dit vervul word in die nuwe is nie deur die Christelike doop nie, maar deur die besnydenis van hart en ore  (alhoewel die Christelike doop ook maar 'n teken is hiervan!)(kyk "nuwe lewe"/nuwe hart en "hoor"). In die O.T. was "die besnydenis van hart en ore" ook die uiteindelike bewys van wie dit is wat werklik glo...  
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- In die O.T. was die besnydenis 'n belangrike teken onder die volk van God - almal wat manlik was onder die volk moes besny word op 8 dae oud (die voorhuid is afgesny), en as hulle hierdie nie wou doen nie was daar ernstige gevolge;  bv., so iemand moes uit die volk uitgeroei word (Gen. 17:14) en mag nie deelgeneem het aan die Paasfees nie (Eks. 12:43-45), en mag ook nie met 'n dogter van die volk getrou het nie (Gen. 34). As jy 'n seun onder die volk gebore is was dit jou lot ...- elke manlike kind onder die volk was soos 'n priester vir die Here - die mans was afgesonder vir die Here en ook op 'n bepaalde tyd gebring om aan die Here voorgestel te word (Luk. 2:23,24 - kyk "reinigingsoffer")(kyk "bar-mitzvah" op 13 jarige ouderdom - dan het 'n seun 'n man geword-Num. 6:24-26).  Maar waarvan presies was die besnydenis 'n teken (wat het dit voorgestel)? Die besnydenis was 'n teken van God se verbond met die volk ('n teken dat hulle deel is van Sy volk)(Gen. 17 - vgl. met Gen. 12:1-7)(Gen. 34:17,22). Maar ons sien dat die "besnydenis van hart en ore" dit is waaroor die besnydenis eintlik gegaan het. Vir 'n studie oor "besnydenis van hart en ore", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2016/11/die-besnydenis-2-besnydenis-van-hart-en.html). As hulle hul nie wou besny nie was dit eintlik 'n teken van ongeloof . Op beurt het dit nie veel gehelp jy is besny maar jy het nie geloof nie! Dus, ook in die O.T. was ongehoorsames hanteer soos mense wat nie besny is nie (al was hulle mans vleeslik besny)- wat help dit jy is vleeslik besny, maar het onbesnede hart en ore? Hierdie was moeiliker onder die wet van Moses, maar die inwoning van die Heilige Gees maak dit makliker vir ons in die N.T.  Die BESNYDENIS het dus nooit weggeval nie, maar word beter vervul in die N.T. deur ons geloof in Jesus Christus (Hy vergewe ons sonde, en die Heilige Gees stel ons instaat om nie meer die sonde te dien nie!).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die eerste Christelike gemeentes was daar baie oor die besnydenis gesels en oor of dit steeds nodig is. Die Joodse Christene was natuurlik besny, maar wat van die Christene uit die heidene? Sommige het geglo dat dit steeds belangrik is, en ander nie (Hand. 15:24). Natuurlik is daar goeie mediese voordele aan besnydenis, maar in hierdie geval het dit gegaan oor die geestelike (wat met gevolge sou kom sou dit nie gehou word nie, bv. dat onbesnedens afgesny word van die res, verbied word om saam Pasga te hou, en verbied word om te  trou met vrouens van die Christelike geloof). Die dissipels het verstaan dat die gebaar van besnydenis meer gegaan het oor die "besnydenis van hart en ore" as wat dit gaan oor die vleeslike besnydenis, en daar was 'n besluit geneem dat die juk vd vleeslike besnydenis nie verder op Christene gelê word nie... (Hand. 15:10-29,24). Verder was die wat hulle vleeslike besny, onderwerp aan die wet van Moses (Gal. 5:3; 6:13), terwyl daar nou 'n beter manier (as die wet van Moses) was om "hart en ore te besny".  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die N.T. word "onbesnedenes" nie gesien as die uit die heidene nie, of vleeslik onbesny nie, maar onbesnedes in die N.T. verwys na die wat nie glo in Jesus Christus nie;  ma.w., die wie se harte en ore nie besny is nie (Hand. 11:2-18)(hulle is nie vernuwe nie/het nie 'n "nuwe hart" gekry nie en "hoor" nie, en gee ook nie verder ag op die pad van godsaligheid nie). Christene uit die heidene is wel nie vleeslik besny nie, maar ten spyte van die feit dat hulle nie besny is nie ontvang hulle die Heilige Gees! -  wat 'n bewys is dat hulle aangeneem is!  (en l.w. dat niemand sal die opstanding tot lewe verkry as hy nie AANGENEEM word nie... - Rom. 8:23). Dit is die "kinders van die opstanding" (die wat waardig geag word om die opstanding uit die dode te verkry) wat uiteindelik die koninkryk sal sien... - hulle sal ingaan in die koninkryk en sal die land as ewige besitting verkry (Dan. 7:27), en sal wees soos engele en KINDERS VAN GOD (Luk. 20:36).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
 

Die Christelike doop word somtyds gesien as 'n teken wat die vleeslike besnydenis vervang het, maar l.w. dat DIE BESNYDENIS self NIE VERVAL HET NIE!, maar word op 'n uitnemender manier vervul in die N.T.... (nl. die klem is nie op die vleeslike besnydenis van die mans nie, maar "besnydenis van hart en ore" - wat slegs moontlik is deur GELOOF). Die kinders vd besnydenis (hetsy ou of nuwe testament) verwys na die kinders van GELOOF (nie die kinders na die vlees nie)(die belofte was bv. aan Abraham gemaak (Gen. 12) lank voor die instelling vd vleeslike besnydenis onder die wet van Moses (Gen. 17)) -  is bv. nie beperk tot die Hebreeuse volk en vleeslike besnydenis vd mans nie (Hand. 10:45), maar het hulle besnydenis deur geloof ontvang (Hand. 11:2). In die N.T. verwys besnedenes na die wie se hart en ore besny is... (m.a.w., die wat vernuwe is deur die weergeboorte asook ag gee op die pad van godsaligheid). Die besnydenis van die hart en ore is  nie net iets wat deur God in die gelowige gedoen word (kry "nuwe hart") nie, maar is ook iets wat van elke gelowige verwag word om self te doen (m.a.w. om ag te gee op die pad van godsaligheid, bv. gehoorsaamheid/werke is 'n bewys dat iemand glo). GELOOF  bepaal of iemand gesien word as 'n besnedene of as 'n onbesnedene (Rom. 4:9,10)(en l.w., geloof sonder werke is dood). 

Dat daar kenmerkende ooreenkomste is tussen die TEKEN van die (vleeslike) besnydenis en die TEKEN van die Christelike doop, is verseker:
- (1) Die besnydenis was bv. 'n teken van wie deel is van die "verbonds"volk, en wys op die nageslag van Abraham... L.w. dat almal wat aan Christus behoort ook gesien word as die nageslag van Abraham...- en volgens die belofte erfgename!  (Gal 3:27 - "want julle almal wat in Christus GEDOOP is, het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename"). Die doop is o.a. 'n teken hiervan - bestudeer gerus die term "met Christus beklee", wat veral verwys na hoe weergeborenes "vlees en been" is van Christus (is familie van Hom / asof uit Hom gebore - "is uit God gebore" - natuurlik nie fisies uit Hom gebore maar het dit deur die geloof ontvang). 
- (2) Die vleeslike besnydenis was slegs 'n teken - die ware besnydenis was die besnydenis van hart en ore. Alhoewel ons nie onder die juk vd vleeslike besnydenis is in die N.T. nie, het die belangrikheid van "ware besnydenis" nie verval nie.  In die O.T. was die wat besny is "onder die wet (van Moses)", maar in die N.T. verwys gelowiges na die wat "onder Christus" is (hulle is deur Hom vrygekoop, en Hy is nou hulle meester - "slawe van Christus").  L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierdie voorstel..., nl. vergifnis van sonde en "doodgaan vir sonde" en "opstaan in 'n nuwe lewe om vir die Here te lewe". 
- (3) Besnedenes in die O.T. het die belofte gehad van opstanding! (maar onbesnedenes sou vergeet word in die graf...-Eseg. 28:10; 32:19,27; Jes. 38:18). In daardie opsig is die dood anders vir onbesnedenes as wat dit is vir die wat besny is (1 Kor. 7:18; Gen. 17:4-9) - besnedenes sal eendag opstaan tot (ewige) lewe.  L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierdie voorstel..., nl. belofte op opstanding in 'n nuwe liggaam wat vir ewig sal lewe.  
- (4) Die vleeslike besnydenis het nie veel beteken as hart en ore nie besny is nie - ongelukkig was dit moeilik onder die ou bedeling (onder die wet van Moses) om vergifnis van sonde te hou, want al het hulle vergifnis gekry deur bloedoffers, moes hierdie offers oor en oor gebring word omdat baie nog steeds "die sonde gedien" het (op daardie manier het die sonde net meer en meer geword). Vernuwing van die hart en gehoorsaamheid aan die Here (ore/"hoor") was nog 'n bewys van wie glo. Die wat in Jesus Christus glo verkry nie net vergifnis van sonde nie, maar ontvang die Heilige Gees deur wie hulle vernuwe word en instaat word om vrug (vrug tot lewe) vir die Here te dra - wat 'n veel uitnemender weg in die nuwe bedeling! L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierna verwys..., nl. die nuwe lewe (nuwe hart en pad van godsaligheid). Dit is waarom die Skrif leer dat almal wat hulle besny is "onder die wet (van Moses) is"... (Gal. 5:3)(gehoorsaam aan die wet van Moses) en is daardeur geoordeel, maar die Christelike doop is in die nuwe bedeling bedoel vir die "onder die wet van vryheid" (die wat "onder Jesus" is / hulle is "onder die Heilige Gees" deur wie Hy teenwoordig is), en sal deur "die wet van vryheid" geoordeel word. 

Nie almal wat GEROEP is sal uiteindelik die Koninkryk beerwe nie, want baie is geroep, maar min uitverkies (Matt. 22:14).    In die N.T. word "onbesnedenes" nie gesien as die uit die heidene of die wat vleeslik onbesny nie, maar onbesnedes in die N.T. verwys na die wat nie weergebore (deur geloof in Jesus Christus ) is nie;  ma.w., die wie se harte en ore nie besny is nie (Hand. 11:2-18). Net soos in die geval van die ou bedeling, sal Christene wat bloot staatmaak op die feit dat hulle "gedoop" is maar nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, steeds gesien word soos "onbesnedenes" (al het hulle deur die Christelike doop gegaan - die pad van godsaligheid is m.a.w. steeds belangrik).  Net soos die ongehoorsames onder die volk van God destyds gesien is as "onbesnede" (al was hulle mans vleeslik besny), net so word die ongehoorsame N.T. gelowige gesien as "onbesnede" (al is hy gedoop!)
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 12 Julie 2024

Die spreekwoord "glo in jouself"

Die spreekwoord "glo in jouself" is 'n spreekwoord wat somtyds in sommige Christelike kringe gebruik wanneer iemand hoop verloor en opbouiing nodig het... Die mens se hart kan veroorsaak dat hy sonder hoop is, omdat die manier hoe hy in sy hart dink is eintlik wie hy is (Spr; 23:7a - "Want soos hy in sy siel bereken, so is hy...") - dit is bv. baiemaal "die hart" wat iemand terughou om in geloof te stap.  Die Here gee miskien vir hom 'n opdrag maar sy hart hou hom terug... (bv., hy glo nie hy kan dit doen nie, so hy doen nie wat die Here wil nie). Die woorde "glo in jouself" word dus baiemaal onder Christene in hierdie konteks gebruik - nie dat jou jouself kan vertrou nie, maar sodat jy glo jy kan enige iets doen deur die Here wat jou die krag gee (Fil 4:13 - "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee"). 

So, natuurlik verstaan meeste Christene dat die woorde "glo in jouself" somtyds in hierdie konteks gebruik word en verstaan ook wat eintlik bedoel word, maar ons weet dat dit nie noodwendig die beste bewoording is nie... Geloof is vertroue - om in jouself te glo beteken dat jy jouself vertrou (?) - dit klink nie reg nie, doen dit? Waarin plaas jy jou vertroue? (bv., in jou eie wil of in die Here se wil?). As iemand nie verstaan wat hiermee bedoel word nie, kan dit 'n verkeerde invloed he, want in sommige gevalle veroorsaak die gesegde dat mense opeindig in wensdenkery...  Dit is m.a.w. nie noodwendig die beste spreekwoord in die betrokke bg. konteks nie, want in hierdie konteks is dit nie regtig geloof "in jouself" nie maar eerder geloof in die Here wat deur jou werk. 'n Beter gesegde sou miskien eerder lui "glo in die Here wat in jou is" (nie "glo in jouself" nie)... -meer presies, glo in die Here se leiding deur Sy Heilige Gees wat in jou is). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ons gaan natuurlik nou nie Christene wat die gesegde gebruik loop en stilmaak nie, want ons weet wat hulle eintlik bedoel... (en die gesegde word terloops in die beste kringe op 'n mooi manier gebruik), maar as dit nie uitgeklaar word dat dit gaan oor hoop in die Here plaas nie, kan dit deur sommige baie verkeerd verstaan word en selfs vals hoop gee in sekere gevalle. Dit kan tot gevolg hê dat sommige mense "hulleself mislei/hulleself bedrieg" (Jak. 1:22,26; 1 Joh. 1:8; Gal. 6:3; 1 Kor. 3:18) - "dwaal" (m.a.w. soos iemand wat dwaal op 'n pad...-Spr. 12:26; Jer. 50:6). Mense wat afgode aanbid is bv. besig om te dwaal deurdat hulle IN HULLE HARTE GLO dat daardie afgod vir hulle iets kan doen... (Jes. 44:17,20); dit is soos wensdenkery - op dieselfde wyse mislei sommige Christene hulleself op hierdie manier deur "in hulleself te glo" en staat te maak (te vertrou) op hulle eie sieninge, wil en begeertes - dit word gewoonlik gesien onder Christene wat beskryf word as die wat "slaap" of "dronk" is. Die wat slaap "sien en hoor nie" - hulle dink verkeerd en hoor nie van die Here nie, wat tot gevolg het dat hulle hul eie sieninge volg en doen wat hulleself goeddink (m.a.w., hulle vertrou hulleself, nie die Here nie).  Die wat dronk is doen wat hulle wil en soos die wereld wil... (hulle is oorgegee aan hulle eie begeertes en gedagtes);  m.a.w., hulle doen nie die Here se wil nie maar glo in hulleself, en besluit self wat die regte ding is om te doen (hulle laat na om die Here te raadpleeg). In hierdie sin is die woorde "glo in jouself" beslis nie goed nie!

Hierdie twee punte is baie belangrik wanneer dit kom by GELOOF, en dit is dat die wat in die Here glo:

 - (1) DIE HERE RAADPLEEG (watter bron gebruik jy?)(die Here moet jou bron wees, nie jy self nie )(glo in die Here, nie in jouself nie);  en 

- (2) DOEN DIE HERE SE WIL (dit is immers deels waaroor geloof gaan, is die feit dat jy vertroue het in die Here dat Hy die beste weet, nie jy nie... - dit gaan oor die Here se wil, nie jou eie wil nie)(glo/vertroue in die Here, nie in jouself nie). As jy ongehoorsaam is en doen wat jy wil, maar dink dat jy deur wensdenkery die Here se arm kan draai om steeds te kry wat jy wil he, sal om te "glo in jouself" beslis nie vir jou vrugte oplewer nie - hierdie is juis een van die redes waarom die Here nie altyd vir Sy kinders gee wat hulle vra nie, is wanneer hulle  ongehoorsaam is (Hos. 4:6). Natuurlik is daar gevolge wanneer 'n geestelike mens die Gees bedroef...!  Ongehoorsaamheid kan selfs veroorsaak dat die Here Hom later ook glad nie deur so iemand meer laat raadpleeg nie! (Eseg. 14:3; 20:3; 1 Sam. 28:16,17).  En dan gaan "glo in jouself" beslis niks vir jou beteken nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

Die waarheid is dat sommige Christene verloor hulle vrug juis omdat hulle "in hulleself glo", bv. om liewer te glo in die manier hoe jy self sien en dink, nie die manier hoe die Here sien en dink nie (bv., glo in jou eie begeertes/wil, of glo in wereldse wysheid).  Of om te doen wat jy dink gedoen moet word, nie wat die Here sê gedoen moet word nie (soos koning Saul gedoen het). Wanneer Christene nalaat om die Here te raadpleeg of NIE Sy wil doen nie, is hulle presies besig om eerder in hulleself te glo as in die Here! Dit is hoe vinnig die woord "glo in jouself" fataal kan wees.  Baie Christene sien geloof deesdae eerder soos wensdenkery (hulle vertrou nie die Here se wil en leiding nie, maar vertrou hulleself in wat hulle dink is reg en hoe hulle sien, en mislei hulleself deur onvoorwaardelik hulle hoop in hulle eie sieninge en besluite te plaas en te dink dat die Here steeds vir hulle sal help - m.a.w., hulle versoek die Here)(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/02/wanneer-iemand-die-here-versoek-wys-dit.html).  Sommige gebruik dus die spreekwoord "glo in jouself" om liewer hulle eie wil en begeertes tot stand te bring (hulle mislei hulleself), in plaas van die Here te vertrou, nl. Sy wil en leiding. 

As jy bely dat jy GLO, is dit belangrik om uit te klaar waarin jy glo..., want om in jouself te glo sal selfs in die regte konteks nie noodwendig suksesvol wees nie, want dit hang af of dit onderwerp is aan die Here se leiding en wil.  As dit bv. eerder oor jou eie wil gaan i.p.v. die Here se wil sal dit nie noodwendig realiseer nie, maak nie saak hoeveel jy "glo in jouself/in jou hart" nie.  Dit is bv. dieselfde met gebed... - hierdie is een van die redes waarom gebed nie altyd beantwoord word nie, en dit is wanneer iemand bid volgens eie begeertes... (Jak. 4:2-4 - "Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God"). Die derde groep in die gelykenis vd saaier stel daardie groep Christene voor wat hulle hoop weer begin plaas in die wêreld - dit is mense wat die woord ontvang het (glo in die Here) en begin vrug dra het (hulle bly in die Here), maar dan hou hulle op om die Here te vertrou en begin hulle eie begeertes navolg en laat na om die Here te raadpleeg. Die tweede groep in die gelykenis vd saaier is nog 'n vb. van mense wat die woord ontvang, maar dan ophou glo (en die rede hiervoor is omdat hulle nie in die Here bly nie - hulle "skiet nie wortel nie" en kan dus nie groei en vrug dra nie) - wat met hierdie groep Chritene gebeur is dat hulle afval in tyd van versoeking en vervolging. Dit "WAARIN JY GLO", is belangrik, en sal uiteindelik bepaal of iemand eendag gered word of nie. 

Dit is dus nie noodwendig goed om vir iemand voor te skryf  om in hom/haarself te glo nie. alhoewel dit onder Christene in 'n konteks gebruik word waar dit gewoonlik bedoel dat die weergeborene moet glo dat hy enige iets kan doen deur die Here (glo/vertrou in die Here se woorde en leiding/leiding deur Sy Gees). Die waarheid is dus dat die gesegde ("glo in jouself") nie skriftuurlik is nie en die woorde "glo in die Here wat in jou is" miskien liewer gebruik kan word om so 'n konteks te verduidelik.  Die geestelike mens laat hom deur die Gees lei en raadpleeg die Here - en kan dus enige iets doen wat die Gees deur hom/haar wil doen, en kry altyd 'n antwoord.  Die wat in die Here bly, kan enige iets vir Hom vra (Joh 15:7 - "As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry")(natuurlik is die voorwaarde om "in Hom te bly"). As die geestelike mens dit in sy hart glo en die hoop van sy hart op die Here plaas, het hy altyd hoop! M.a.w., "glo in die Here wat in jou is". Die Here moet jou bron wees (nie jou eie wil of manier van "sien" nie). Ons kan nie enige iets doen nie, maar die Here kan enige iets deur ons doen.  Ons sien nie altyd reg nie, maar die Here sien altyd reg en leer vir ons wat die waarheid is.  Ons weet nie altyd wat om te doen nie, maar die Here weet altyd wat gedoen moet word en wys vir ons die pad.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Donderdag 28 September 2017

Hy sal genadig wees aan wie Hy wil, en Hom ontferm oor wie Hy wil

In sommige skrifte verwys die woord barmhartigheid na "goederenheid, guns en liefde", en word spesifiek gebruik in konteks met "guns op die wat vir die Here lief is en Sy gebooie onderhou". Voorbeelde hiervan is die barmhartigheid wat die Here aan Abraham bewys het, bv. aan Josef, Lot, Dawid, Israel ens. NATUURLIK IS DIE HERE SE BARMHARTIGHEID  IN KONTEKS MET DIE WAT VIR HOM LIEF IS EN HOM GEHOORSAAM(Vir 'n studie oor hoe die woord barmhartigheid in verskillende skrifte en kontekste gebruik word, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/barmhartigheid.html).
---------------------------------------------------------------------------------------------
Die Here ontferm Hom bv. nie altyd oor gelowiges wat nie Sy voorwaardes nakom nie!  Bv., as 'n gelowige in aanhoudende sonde stap of eerder glo in sy eie sieninge as die Here se leringe en hom nie bekeer van die sonde en sy manier van "dink en sien" nie, kan hy nie staatmaak op die Here se barmhartigheid/guns nie:  (Jes. 55:7 - "Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer (VOORWAARDE), dan sal Hy hom barmhartig wees (BELOFTE); en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik"). Baie wat bely dat hulle gelowig is, is nie gehoorsaam aan Jesus Christus nie en glo nie werklik in Sy leringe nie;  tog wil hulle steeds staatmaak op Sy beloftes?  Natuurlik kan niemand van ons die Here se barmhartigheid "verdien" nie,  maar "geloof" is 'n voorwaarde!  As die een wat bely dat hy gelowig is nie gehoorsaam is aan die Here en/of nie ag gee op die waarheid nie, dan bewys hy daardeur dat hy nie regtig GLO nie...  Dit is wel so dat barmhartigheid nie geskied "met aanneming van die persoon nie" (want dan sou niemand van ons ooit barmhartigheid van die Here kan ontvang nie!), maar dit beteken nie dat geloof geen vereiste is nie. Daarom geskied die Here se barmhartigheid nie met aanneming van die persoon nie (want niemand kan dit verdien nie!), maar dit is die wat GLO wat deur Hom aangeneem word as kinders.   Dit is aan die GELOWIGES wat die belofte gegee word dat alles wat hulle in gebed vra, hulle sal ontvang (Mar 11:23,24), maar dieselfde beloftes word nie aan ongelowiges gegee nie.  Dit kan oor en oor in die Skrif gesien word, dat terwyl die Here Jesus mense genees het, dit mense was "wat geGLO" het (Matt. 9:29, 15:28, Luk. 5:20....);  nie geglo het in die genesing of kragdaad nie, maar geglo het "in Hom", dat Hy die Christus is en hulle hoop in Hom geplaas het.
========================================================================

GEDAGTE:

Die wat NIE GLO NIE, kan nie staatmaak op die Here se ontferming nie.  Christus het hierdie feit reeds vroeg in Sy bediening bevestig in Luk. 4:14-32 toe Hy die "aangename jaar van die Here" aankondig. Verder in hierdie gedeelte sien ons hoe Hy verduidelik dat alhoewel Hy gestuur is om die evangelie aan die armes te bring, die wat verbryseld van hart is te genees, aan gevangenis vrylating te verkondig, blindes herstel van gesig te gee en gebrokenes vry weg te stuur, NIE ALMAL van die volk nut hiervan sou hê nie!  (v. 23-27). Hy noem verder voorbeelde van (1) hoe daar baie weduwees was in Israel in die dae van Elia, in die dae van hongersnood, na wie geen profeet gestuur is nie behalwe na een!;  en (2) op dieselfde wyse was daar baie melaatses in Israel in die tyd van Elisa, maar daar is ook net een van hulle wat gereinig was!  

Christus het wel gekom (soos profeet) om die woord te bedien (en genesings en kragdade ens. te doen), maar nie almal wat bely dat hulle glo, sal hierin baat nie!, want kyk Sy woorde in Luk. 4:24: "En Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, geen profeet is aangenaam in sy vaderland nie". Ons vind soortgelyke woorde in Matt. 13:57,58 waar baie van die wat na Christus se leringe geluister het, aanstoot geneem het aan Hom: "En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: ‘n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis. En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie".  In hierdie skrif sien ons hoe die Here baiemaal Sy barmhartigheid/guns terughou weens mense se ONGELOOF!  Korreksie...:  weens "gelowiges" se ongeloof! En verstaan hoe "ongeloof" in hierdie gedeelte beskryf word, want dit gaan oor die feit dat hulle aanstoot geneem het in Sy leringe! (soos baie Christene vandag aanstoot neem in Christus Jesus se leringe). As iemand wat bely dat hy 'n Christen is, nie GLO in die Here Jesus Christus se leringe en woorde nie, dan is hy ongelowig.  Ons moet dus verstaan dat hierdie mense in Matt. 13 deel was van die VOLK VAN GOD..., en gesien is as "gelowiges";  tog het hulle aanstoot in Jesus se leringe gewys dat hulle NIE GLO NIE (en dus nie regtig die Vader ken nie).  Die manier hoe iemand die waarheid en Jesus se leringe ontvang is 'n teken van of hy regtig glo of nie. Ons kan nie staatmaak op die Here se barmhartigheid en guns as ons nie GELOWIG is nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/01/dien-almal-wat-bely-hulle-is-christene.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/01/het-christene-moslems-en-jode-dieselfde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeel-veroordeel-nie-3.html

Dinsdag 22 Augustus 2017

Wat doen jy met die "besittings" wat die Here aan jou toevertrou?

In Matt. 25:35,36 verduidelik die Here Jesus dat "om barmhartig" te wees beteken dat ons kos gee vir die wat honger is, iets te drinke vir die wat dors het, herberg gee vir die vreemdeling, klere vir die een wat naak is, besoek die een wat siek is en in die gevangenis...  In konteks kan hierdie gelykenis vgl. word met die gelykenis in die verse vooraf (Matt. 25:14-30) van DIE MAN WAT OP REIS GAAN EN SY DIENSKNEGTE ROEP EN AAN HULLE SY BESITTINGS TOEVERTROU.  Wat ons uit hierdie gelykenis leer is dat Christus (die "man wat op reis" gegaan het) Sy besittings aan Sy diensknegte toevertrou - en Hy deel vir elkeen "besittings" uit... "Besittings" verwys nie noodwendig net na letterlike besittings nie, maar ons leer uit ander skrifte dat dit ook kan verwys na werke of gawes of geld ens. Die vraag is nou hoe elkeen met hierdie "besittings" te werk gaan?, want wanneer Christus TERUGKOM (wanneer "die man op reis" terugkom), dan sal elke dienskneg geoordeel word op wat hy met dit gedoen het wat die Here aan hom toevertrou het...  Maak nie saak hoe min iemand ontvang, of hoe baie hy ontvang nie, die vraag is: "wat doen hy met dit wat hy ontvang"? (Luk. 19:12-27).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vgl. dit gerus met ander skrifte oor hierdie onderwerp, bv. Gal. 6:9,10 waarin ons beveel word om aan alle mense goed te doen, gelowiges sowel ongelowiges (maar eerste aan die gelowiges)...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html). Kyk ook Christus se woorde in: Luk 6:36 - "Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is" - in konteks het Hy hier bedoel dat ons goed moet wees vir alle mense, selfs ons vyande.  L.w. dat dit wat die Here aan Sy diensknegte toevertrou, steeds aan Hom behoort, en jy as dienskneg moet dit "reg gebruik", bv. o.a. aanwend vir barmhartigheid.  Sommige verstaan dit verkeerd en dink dat as die Here vir hulle seën met "besittings", bv. 'n spesifieke gawe van die Gees gee, dit is omdat hulle belangriker is as ander mense (??) en gebruik dan die gawe volgens eie wil en vir eie eer (Matt. 7:22).  Ander word geseën met geld en reken dat hulle meer geld ontvang omdat dit hulle eerder toekom as vir iemand anders (??), en hou al die geld vir hulleself en leef in rykdom terwyl ander broers en susters sukkel om te oorleef (Matt. 6:24). Ander word geseën met die vermoë om spesifieke werke te doen,  maar kyk neer op die wat dit nie kan doen nie (1 Kor. 1:26-29; Ef. 4:1-4). Ander word geseën met baie besittings, maar hou hulle oë toe vir die in nood en vergader meer en meer "skatte"... (Luk. 12:15-21; Jak. 5:3).  Elkeen van ons moet ag gee op Jesus se woorde en verstaan dat hierdie 'n belangrike saak is vir Hom. Natuurlik beteken dit nou nie dat ons mekaar loop en voorskryf wat ons dink elkeen veronderstel is om met sy geld of besittings of werk of gawes te doen nie! (Matt. 14:1-8), want elkeen moet self die Here raadpleeg en doen wat hy ookal weet die Gees hom lei om te doen.  As ons gehoorsaam is aan die Gees, dan sal ons outomaties barmhartigheid doen sonder dat die linkerhand weet wat die regterhand doen. En as ons verstaan dat dit wat die Here aan ons toevertrou steeds aan Hom behoort en nie aan ons nie, dan sal ons ag gee op die stem van die Gees. Toe deur die Heilige Gees te kenne gegee is dat 'n hongersnood oppad is, het die dissipels besluit dat iedereen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broeders wat in Judéa woon (Hand. 11:29). Toe die Gees vir sekere gelowiges uitwys dat die daaglikse versorging vd weduwees in die gemeente oorgesien is, is daar manne gekies (vol vd Heilige Gees en wysheid) om hierdie bediening te vervul.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wil jy iets vir die Here doen? - (Mat 25:40b - "......... vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen").Ons verstaan miskien hierdie goed wanneer dit kom by barmhartigheid t.o.v. fisiese dinge soos kos gee vir die maag, maar verstaan ons dat "om barmhartig te wees" uit gehoorsaamheid aan die Gees nie net gaan oor die fisiese nie, maar ook oor die geestelike? (m.a.w. jy ONTVANG kwytskelding, maar gaan jy ook ander kwytskeld?).
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


Die gelowige se "werke" (m.a.w., wat hy doen met die "besittings" wat aan hom toevertrou is) moet gesien word as 'n teken van geloof en moet geskied uit gehoorsaamheid aan die Here.  As iemand bely dat hy geloof het maar sy werke getuig van iets anders, dan kan so 'n geloof hom nie red nie - Jak. 2:14-16 - "Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?  As daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie—wat baat dit?". Die eerste Christene het op 'n stadium alles gemeenskaplik besit, eiendomme en besittings verkoop en die opbrings tussen almal verdeel... (Hand. 2:44,45; 4:35) - hierdie drastiese optrede was in opdrag van die Gees (Hand. 5:3), en dit beteken nie dat dit altyd op hierdie manier gedoen was nie want wat hulle ookal doen met dit wat hulle ontvang, sou moes wees soos die Gees hulle lei, nie wat hulle WIL doen nie, maar wat DIE GEES WIL doen.  Hulle het die belangrikheid van barmhartigheid verstaan en verstaan dat dit geskied uit GEHOORSAAMHEID AAN DIE GEES (wat Hy ookal wil doen, en hoe Hy dit wil doen). Dit is 'n fout as ons dink dat die Here ons seën om te doen wat ons wil met dit wat Hy aan ons toevertrou - so 'n dienskneg se manier van dink is verkeerd en hy dink dat dit wat die Here aan hom gee, aan hom behoort, maar die waarheid is: "dit behoort aan die Here"! (Luk 17:33 - "Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou")http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/07/wat-jy-opgee-in-hierdie-lewe-sal-jy-wen.html.


Die eerste Christene het duidelik verstaan dat alles wat hulle het nie werklik HULLE EIE is nie, maar eintlik aan die Here behoort - en hulle is aangestel en geseën met hierdie "besittings" met die doel om dit te gebruik om Sy wil uit te voer.  Vgl. dit gerus met Luk 16:12 - "En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?". As ons nie getrou was IN DIE HERE SE GOED nie, hoe sal ons eendag ons eie kry?
_________________________________________________________________________________

Woensdag 12 April 2017

Wat beteken dit om 'n "rein of suiwer hart" te he?

Die met REIN harte word gesien as "salig", want hulle sal vir God sien (Matt. 5:8). Koning Dawid het ook die belangrikheid van 'n rein of suiwer hart verstaan, en het gebid dat die Here 'n rein hart in hom sal skep ...(Ps. 51:10).  Hierdie "besnydenis van die hart" is egter nie alleenlik iets wat net deur die Here in die gelowige gedoen word (soos baie glo) nie, maar is ook iets wat die Here van elke gelowige verwag om self te doen................................................................................................................................. Dit is interessant om te sien hoe die tema van "suiwer hart" aansluit by die tema van die "besnydenis" (vd hart).  Die tema van " die besnydenis" gaan nie net oor die "besnydenis van die vlees" (vleeslike besnydenis) nie, maar gaan ook oor (en veral oor) die BESNYDENIS VAN DIE HART! (Eseg. 44:9...). Die vleeslike besnydenis was wel 'n teken van die ou verbond, maar ONGEHOORSAMES was steeds gesien as onbesnedes al was hulle ook vleeslik besny! (Jer. 9:25...). Ook in die N.T. word die ONGEHOORSAMES en die wat die Heilige Gees weerstaan, voorgestel as die "wie se harte en ore nie besny is nie" (Hand. 7:51, Matt. 13:15, Hand. 28:27)In verskeie ander skrifte verwys 'n "onbesnede hart" veral na die wat (alhoewel "kinders van God")(en sommiges wat ook vleeslik besny was!) stap in sonde en ongehoorsaam is aan die Here (m.a.w. dit verwys na die ongehoorsame gelowiges, die wat die ongeregtigheid liefhet - Lev. 26:41; Eseg. 44:90), en "die wie se harte VERKEERD is" (Jer. 9:26) en gewentens besoedel (1 Kor. 8:7...)-soos die wyse wat hom beroem op sy wysheid, -of die sterke wat hom beroem op sy sterkte, -of die ryke op sy rykdom... (Jer. 9:23)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  Die Bybel leer vir ons hoe ons ons eie harte kan ondersoek om te sien of dit suiwer / rein is, of besoedel / onrein is.  Daar is bepaalde kenmerke wat bv. die met rein harte beskryf, soos dat die met rein (skoon/suiwer) harte ook die is wat die Here vrees (Ps. 19:9, en vgl. met Hand. 10:35).  Die wat NIE die Here vrees nie (bv. die wat "eie wil" bo die Here se wil kies, of nie bereid is om lewe te verloor ter wille van die Here nie...) se harte is nie suiwer nie. 

-  Verder is dit ook elkeen se eie WOORDE wat getuig wat in sy binneste aangaan (Spr. 15:26). Christus het ook hierdie feit bevestig in Matt. 12:34.  Dit wat die mens "praat" wys of sy/haar hart REIN (skoon), of ONREIN (besoedel) is - "want uit die oorvloed vd hart praat die mond..." Die begrip "suiwer" of rein hart verwys na die wat "skoon" van hart is (Ps. 51:10). Bv., die Here se woorde is altyd REIN ("skoon" - nie besmet nie)(Ps. 12:6), want in Hom is niks onrein nie, maar die wat valse leerstellings verkondig se woorde is BESMET en dit wys wat in hulle harte aangaan en dat hulle harte onrein is...


-  Selfs dit wat iemand dink (m.a.w. soos watter gedagtes hy koester of dit wat hy bedink), wys of sy hart suiwer is of nie!  Dit wat uit die hart uit kom, kan dus iemand BESOEDEL (sou die hart onrein wees). Christus het geleer dat dit nie dit is wat ingaan in die liggaam wat iemand besoedel niemaar dit wat uit die hart uit kom (Mark. 7:21; Matt. 15:19);  m.a.w., soos iemand wat onrein (besoedel) word DEUR SY GEDAGTES- Mat 5:28 - "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het" -  In hierdie geval is die persoon wat "in sy hart egbreuk pleeg", se hart NIE SUIWER nie. Dit is dus wat hy "in sy hart bedink" (in sy hart doen of bedink om te doen) wat hom onrein maak.  Net soos wat die fisiese daad van sonde die liggaam onrein maak, so kan sondige gedagtes en verkeerde of nie-opregte bedoelinge iemand ook onrein maak. Mense se begeerlikhede, in geval van dinge wat ons nie moet begeer nie, kan veroorsaak dat hulle deur die kwaad versoek word (Jak. 1:13,14).  Hierdie soort begeerlikhede of gedagtes baar sonde as dit ontvang word! (Jak. 1:15), en het tot gevolg dat iemand onrein word daardeur.  Elke Christen word geroep tot HEILIGMAKING! (1 Thess. 4:7)(m.a.w., nie geroep tot onreinheid nie, maar geroep om hom/haarself af te sonder vir die Here).  

(1)  Deels is die besnydenis van die hart iets wat die Here self doen in die gelowige (Deut. 30:6)(wedergeboorte - Sy saad...)
(2)  maar deels is dit ook iets wat van elke gelowige verwag word in die sin van dat elke Christen sy/haar eie lewenswandel moet heilig (afsonder) vir die Here (1 Pet. 1:15) - m.a.w., daar word ook van elke gelowige verwag om sy/haar eie "hart te besny" (Deut. 10:16) http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/10/die-godsaligheid.html.  
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Onreinheid is een van die "werke van die vlees" (Gal. 5:19).  Die begrip "onrein" word in verskillende kontekste in die Skrif gebruik, en ons moet besef dat "om onrein te wees", nie altyd beteken dat iemand sondig is nie!; alhoewel, in meeste kontekste van die N.T. verwys die woord "onrein" veral na die wat besoedel is van SONDE, hetsy deur: 
(1)  fisiese sonde (waardeur die liggaam besoedel word-Jak. 3:6; Kol. 2:11; Jak. 5:3; 1 Pet. 4:6; Gal. 5:19,24; 6:8;  Hebr. 9:13...), OF 
(2)  deur bedoeling, gedagtes, begeertes en oorlegginge van die hart (waardeur die gewete besoedel word-1 Kor. 8:7; Tit. 1:15; 1 Pet. 3:21), (en waardeur die hart besoedel word- 1 Joh. 3:17,20,21; 2 Pet. 2:14; Jak. 3:14; Openb. 18:7; Jak. 1:26; Hebr. 3:10,12; 1 Tim. 1:5; 2 Tim. 2:22; Ef. 4:18; 1 Kor. 7:37; Rom. 10:6...). 

M.a.w., die vraag wat elkeen moet vra is, wat in sy hart aangaan?  'n Interessante vb. is die van Mark. 10:17-23 van die persoon wat kom navraag doen het oor die ontvang van die ewige lewe...  In die betrokke gedeelte wys Jesus vir hom wat in sy hart aangaan en wys hom dat hy te geheg is aan sy besittings. Hy het gedink dat hy die eerste gebod nakom, maar hy het nie want die begeertes van sy hart het iets anders gewys. ELKE CHRISTEN MOET SEKER MAAK DAT HY OOK SELF SY HART BESNY DEUR AG TE GEE OP DIE OORLEGGINGE, BEGEERTES EN GEDAGTES VAN SY HART. As iemand bv. gedagtes van sonde koester, dan is dit dit wat in sy hart aangaan (Hebr. 4:12). In Ps. 24:3,4 word "suiwer hart" beskryf as die een wat nie sy siel ophef tot nietigheid nie en nie vals sweer nie;  maar die wat hulle verontreinig deur die BEGEERTE van nietighede, se harte word besoedel.  Die wat bv. vals sweer, se harte getuig van iets anders as wat hulle verklaar - alhoewel hulle voorgee hulle bedoel dit wat hulle verklaar, is hulle harte besig om te lieg - hulle harte is m.a.w. nie opreg of suiwer nie. Jakobus raak ook hierdie onderwerp aan in Jak. 4:8b - ".......suiwer die harte, julle dubbelhartighes!".  En l.w., hier geskryf aan Christene en in konteks met die wie se BEGEERTE is om vriende van die wêreld te wees - hulle is dubbelhartig en wil beide die Here en die wêreld dien.  Paulus leer vir ons in 2 Kor. 10:4,5 dat die wapens van ons stryd nie vleeslik is nie...., maar, Wat is hierdie wapens?, en hoe word hierdie vestings neergewerp?  Die "Wapens" wat hier genoem word is o.a. dat ons:
-  planne (gedagtes) en skanse (soos mure) wat opgewerp word teen die kennis van God, moet verbreek;  (1 Kor. 1:27; 3:19,20) (m.a.w. valse of verdraaide leerstellings; eie wil ens.)
en dat ons:
elke gedagte (bv. sondige gedagtes) gevange moet neem tot gehoorsaamheid aan Christus. (Hebr. 4:12; Rom. 1:21; 8:5; 1 Joh. 2:15,16)(Kol 3:2 - "Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie").
__________________________________________________________________________________________________________________________________

GEDAGTE:



In die Skrif is dit slegs die GEHOORSAMES wat gesien word "as besny" (m.a.w. besny na die hart)(Kol. 2:11).  Die vleeslike besnydenis was 'n teken of bewys van wie dit is wat glo (en ook soos 'n belydenis, m.a.w. het bewys wie dit is in wie hulle glo en vir wie hulle dien)(Rom. 4:11) - Op dieselfde wyse is die BESNYDENIS VAN HART 'n bewys of teken van wie dit is wat glo (en ook soos 'n belydenis van wie dit is in wie jy glo en vir wie jy dien!) Dit gaan dus oor wie dit is aan wie jy jouself ONDERWERP. As jy bely dat jy GLO, dan moet jou hart ook getuig dat jy GLO.  
-Waarvan getuig jou hart? Aan wie is jy gehoorsaam? Wat is dit wat jy in jou hart begeer?  Begeer jy eer van mense en/of dinge soos rykdom..., of is jou begeerte na die Here?  
-Wat is dit wat jy in jou hart bedink? Bedink jy die dinge van die wereld, of die dinge van God? Koester jy gedagtes van sonde, of lê jy die liggaam vd sondige vlees af?  Koester jy gedagtes en leringe van wêreldse wysheid, of soek jy eerder die waarheid en plaas jou gedagtes op die dinge daarbo?  
-Wie is dit vir wie jy soek, en wie is dit vir wie jy raadpleeg? Raadpleeg jy wêreldse wysheid en afgode (dus afgodspraktyke), of raadpleeg jy die Here?  
-Hoe klink die woorde wat uit jou mond uit kom?  Wat is jou getuienis? Wat is dit wat jy verkondig? Verkondig jy wereldse wysheid, of verkondig jy die waarheid en leringe wat Christus gebring het? 

Wat is dit wat in jou hart aangaan?, want dit wat in jou hart aangaan, wys of jy rein of onrein van hart is. Jou woorde en wat jy dink en wat jy doen is 'n getuienis van jou hart se toestand en wys wat dit is waarin jy glo en wat vir jou belangrik is... 

_________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/11/die-besnydenis.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/rein-skrifgedeeltes-en-betekenis.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html

Saterdag 30 Januarie 2016

Wie is almal "kinders van die Koninkryk"?


Jesus het die term "Kinders van die koninkryk" spesifiek gebruik vir (1)  die "goeie saad" (Matt. 13:37,38)(en hierdie saad word ook deur Hom gesaai), maar Hy het ook die term gebruik in konteks met (2) die wat (in die vlees) kinders van Abraham, Isak en Jakob is  (Matt. 8:11,12)(kyk ook Eks. 19:6, Hand. 3:25). 


- die wat KINDERS VAN ABRAHAM is in die vlees, is die wat gebore is uit die geslag van Abraham, Isak, Jakob...);

- die wat KINDERS VAN ABRAHAM is in die gees, is die Christene - uit enige nasie en taal (Gal. 3:26-29).  

"KINDERS VAN ABRAHAM" is immers "kinders van die geloof" (Gal. 3:7)(EN GOD IS HULLE VADER), maar as 'n kind van Abraham nie glo nie, dan word hy geestelik nie regtig gesien as 'n "kind van Abraham" nie! (Joh. 8:39-41)(en so iemand het dan eerder die duiwel as vader - Joh. 8:44). Kyk wat het Jesus vir die ongelowige "kinders van Abraham" gese:  -Joh 8:47 ("Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie"). Dit is dus duidelik dat alhoewel 'n kind van Abraham (hetsy vleeslik of geestelik), dit slegs die KINDERS VAN GELOOF is wat sal ingaan in die konikryk!  Beide die Joodse volk en alle Christene (Jood en heiden tesame), word gesien as "kinders van die koninkryk", maar GELOOF sal bewys of iemand regtig deel is van die nageslag van Abraham...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
NA WIE VERWYS "DIE JOODSE VOLK"?  
Alhoewel die woord "Jode" algemeen verwys na al die kinders van Abraham in die vlees (in die geslag Abraham, Isak, Jakob of Israel, 12 stamme...), was dit nie altyd verwysend na die hele volk nie, maar meerendeels na die "uit die stam van Juda" (Hebreeus: 'yeh-hoo-dee'). En al is dit tegnies verkeerd, is die term "Jode" wel later gebruik vir die hele volk, en ook vandag;  en lyk dit of dit ook in die eerste gemeentes algemeen gebruik was vir al die kinders van Abraham in die vlees. Die oospronklike woord wat gebruik is vir "Jode", was Hebreërs - dit is ook nog 'n manier hoe Paulus na homself verwys in Fil. 3:5.  Die eerste keer wat die woord "Hebreër" gebruik is, was in Gen. 14:13 van Abraham - "Eberite".
So daar word na die volk verwys op verskillende maniere:
-  as "Hebreërs" (omdat kinders van Abraham)
-  as "Israeliete" (omdat kinders van Jakob)
-  of as "Jode".  Na die dood van koning Salomo het die nasie in twee koninkryke verdeel, nl. "die koninkryk van Juda" (die suidelike 2 stamme), en "die koninkryk van Israel" (die noordelike 10 stamme)(1 Kon. 12; 2 Kron. 10). Op daardie stadium kon die term "Jode" dus verwys het na enige iemand uit die stamme van die "koninkryk van Juda" (m.a.w. stam van Benjamin of stam van Juda)(en natuurlik ook uit die stam van Levi, asook dele van ander stamme wat oor koninkryk versprei was).  Ook in Esra 2:5,6 en 4:1-12 is 'n voorbeeld van waar die term Jode verwys na "die uit die stam van Juda", asook die "uit die stam van Benjamin". 


In omtrent 722 v.C. was die "10 koninkryke" (koninkryk van Israel) weggevoer deur die Assiriers, en hulle is versprei oor die aarde.  Die "koninkryk van Juda" het dus oorgebly in die land, en daar was oor die algemeen na hulle verwys as Jode. In skrifte soos 2 Kon. 16:1 verwys die term "Jode" dus slegs na die stam van Juda, maar dit is duidelik dat alhoewel die term "Jode" oorspronklik gebruik was vir die gebore uit die stam van Juda, die term wel later gebruik was as verwysend na die 12 stamme van Israel. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/waarna-verwys-die-term-jode.html).
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


Alhoewel die gesegde "eenmaal 'n kind van God, altyd 'n kind van God" geensins skriftuurlik is nie, is dit tog nie heeltemal verkeerd nie; maar dit geld slegs in geval waar iemand ook die voorwaardes van geloof nakom! Hierdie gesegde word baiemaal verkeerd gebruik deur Christene wat terugval in sonde en sonder vrees nalaat om hulle te bekeer omdat hulle glo dat maak nie saak wat hulle doen nie, hulle nooit hulle saligheid kan verloor nie;  tog is dit in teenstelling met wat die Skrif leer en wat Jesus geleer het!   Kyk ons bv. na die wat kinders van Abraham is in die vlees (en dan spesifiek in die geslaglyn van Abraham, Isak, Jakob...)(die wat gesien is as die kinders van die koninkryk),  dan moet ons ook kennis neem van Jesus se woorde dat baie van hulle uitgedryf sal word! (Matt. 8:12). Baie natuurlike takke is afgebreek as gevolg van ongeloof, maar ons wat nou ingeeent word, moet nie hoogmoedig wees nie, want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, dan sal Hy beslis ook nie vir ons spaar as ons ongelowig is nie... (Rom 11:21). Ons moet verstaan dat gehoorsaamheid en "om die wil van die Vader te doen" juis bewys dat ons glo.  As 'n Christen weer homself of die sonde begin dien, dan is hy nie besig om die Here te dien nie!  M.a.w., dan glo hy nie. Die persoon wat tot geloof kom en deur die Christelike doop gaan, is wel nou DEEL VAN GOD SE VOLK en word gesien as "kinders van die koninkryk", maar die wat geen of nie die nodige vrug dra nie, sal ook uitgekap word - net soos gebeur met baie van die natuurlike takke weens ongeloof...;  alhoewel, net soos ons 'n kans gekry het, sal ook hulle, as hulle nie in die ongeloof bly nie, weer ingeënt word... - Rom. 11:23).  

_________________________________________________________________________________
http://kortbybelopsommings.blogspot.co.nz/2014/10/wie-is-die-kinders-van-die-koninkryk.html

Saterdag 05 Julie 2014

Beteken "tot bekering kom" dieselfde as "om te glo"?

 Toe Johannes die Doper die volgende woorde gebruik het in (Mat 3:2-"...Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom"), was die begrip van "om te bekeer" glad nie iets nuuts vir die Jode nie.  Hulle het presies geweet wat bedoel word met die woorde "om te bekeer".  Jesus het ook dieselfde woorde gebruik rakende die koninkryk van die hemele wat naby gekom het:  (Mat 4:17 - "Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom"). Die Jode was maar alte bekend met die geskrifte, en hoeveel God die volk moes terugroep tot bekering - hulle het goed verstaan dat die oproep tot bekering gegaan het oor: 
-  "bekeer van werke/sonde" (sonde neerle,  na Sy stem  luister, Hom  gehoorsaam, die wil v/d Here soek bo werke, of barmhartigheid en gehoorsaamheid eerder as werke)(Eseg. 18:23; Dan. 9:13; Hand. 3:26...)
-  "bekeer van afgode" (om afgode te verwyder en die Here alleen te dien)(Deut. 3:20; Matt. 13:15; Luk. 1:16; Hand. 14:15...), en
-  "bekeer van die manier hoe jy dink"("reconsider ; to think differently afterwards") (bekeer tot die waarheid - soek die waarheid, wil anders "dink") - ("sien soos die Here sien")(Matt. 3:2; 4:17; 11:20; Openb. 2:5...).   ------------------------------------------------------------------------------------------------------"BEKERING was nooit opsioneel nie!" Volgens Mark. 4:12 is dit duidelik dat iemand se sondes nie vergewe kan word as hy nie tot bekering kom nie!
BEKERING 
en
VERGIFNIS VAN SONDES
gaan hand aan hand.
Dit is ook deels wat die doop voorstel! (wat die doop van Johannes voorgestel het, en deels wat die Christelike doop voorstel) - want  As iemand bely dat hy "vergifnis van sondes" ontvang het, moet hy ten minste eers tot bekering gekom het!
Ook waar Jesus die 12 uitgestuur het in Mark. 6, het hulle uitgegaan om mense "tot bekering" te roep (6:12) - ook hier was 'n verwagting aan hulle gestel, en as hulle nie die waarheid wou aanneem nie, moes die dissipels hulle verlaat en "die stof van hulle voete afskud" (Matt. 10:14). Waar iemand die waarheid aanneem, is dit ook 'n manier van tot bekering kom, want hy bekeer hom van die manier van "hoe hy dink".  Inteendeel, in die skrifte waar Johannes die Doper mense opgeroep het tot bekering, en Jesus aan die begin van Sy prediking hulle opgeroep het tot bekering, beteken die woord "bekeer" (in daardie skrifte) "om te bekeer van die manier hoe iemand dink".  M.a.w. so iemand wil graag begin "sien soos die Here sien", dink soos die Here dink... Dit gaan dus oor wat die Here se is die "waarheid", nie wat die mens dink is "waarheid" nie. Jesus het vir ons die WAARHEID kom deel. Om tot bekering te kom van die manier hoe ek dink, beteken nie dat ek net die dele aanneem wat my in die gehoor streel nie, maar ook dit wat bepaalde verwagtinge aan my stel - iemand wat regtig tot bekering kom, raak diensbaar aan die Here (hy dien nie meer sy eie wil nie, maar is nou gehoorsaam aan die Here, en gee ag op Sy leringe!).  Dit dan waarom die oproep tot bekering deur Johannes die Doper so belangrik was - hy het die pad gereed gemaak vir die Here...mense moes hulle bekeer van die manier hoe hulle "sien"/dink, sodat hulle ontvanklik was vir die WAARHEID. Mense wat hoor, maar nie "hoor" nie (nie die waarheid ontvang nie), bekeer hulle nie van die manier hoe hulle dink en sien nie.  Dit is dan ook om hierdie rede dat Jesus die woorde van Jesaja aangehaal het wat se dat die volk se hart stomp geword het en hulle nie verstaan nie - "nie sien nie" (Mat 13:14,15) - dit was mense wat die waarheid gehoor het, maar dit nie wou aanneem nie (wou dit nie "sien en hoor" nie). HULLE HET HUL NIE BEKEER VAN DIE MANIER HOE HULLE DINK NIE!  (Matt. 6:21-24; Hand. 28:27).  In hierdie geval het hulle wel KUNDIG geraak oor die WAARHEID, maar het hulle nog nie bekeer tot die Here nie. Baie gelowiges is vandag in hierdie dilemma, waar hulle die Here se leringe goed ken, maar hulle gee nie ag daarop nie.  In so 'n geval is hulle kundig, maar nie gehoorsaam nie, m.a.w. hulle "glo" nie regtig nie! Baie mense is net "onwetend" - hulle besef nie dat hulle verkeerd "dink" nie, maar in die geval van waar 'n gelowige alreeds wetend is, maar hom nog nie bekeer (het) nie (m.a.w. soos wanneer iemand bely dat hy die Here dien, maar nie regtig gehoorsaam is aan die Here nie, of nie ag gee op Sy leringe nie), stap hy 'n gevaarlike paadjie, en sal nie vrug dra as hy hom nie bekeer nie (in so 'n geval staan hy ook die gevaar om vrug wat hy alreeds dra te verloor!).

Nie oral waar mense opgeroep was tot bekering was dit die betekenis van die woord bekeer nie, want in ander gevalle tydens evangelie-prediking was hulle gevra om hulle te bekeer van afgode, en in ander gevalle weer om hulle te bekeer van sonde...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/evangelie-verkondiging.html).  In sommige gevalle tydens evangelie-prediking was bekering nie eens as een van die voorwaardes genoem nie, maar dan was dit ook duidelik in gevalle waar mense alreeds die Here gevrees het en Sy geregtigheid gedoen het.  

Iemand kan in woorde voorgee dat hy glo, maar nie regtig glo nie (m.a.w. hom nooit bekeer het tot die Here nie;  nooit sy vertroue in die Here geplaas nie) So iemand se sondes kan nie vergewe word nie!  Iemand kan m.a.w. bely dat hy glo in die Here Jesus Christus as die Messias en Sy offer aanneem ("tot vergifnis van sondes"), maar as die persoon nog nie tot bekering gekom het nie (nog nie bekeer het van sonde, werke, afgode en die manier van hoe hy dink nie - m.a.w. nog nie diensbaar geraak het aan die Here nie), gaan sy vrug gou wys dat hy steeds sy eie wil dien en nie die Here dien nie! (Matt. 3:7-12). Die gelowige wat nie gehoorsaam is aan die Here se bevele nie, is die persoon wat hom nog nie "bekeer" het nie. 
 (Luk 6:46)  "En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?"

========================================================================


GEDAGTE:



(2Pe 3:9)  "Die Here vertraag nie die belofte (van Sy wederkoms) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/aan-hom-wat-oorwin-sal-ek-gee-om-saam.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/04/wat-glo-jy-die-waarheid-of-die-halwe.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/uit-genade-gered-opsomming.html