Wys tans plasings met die etiket verbondsvolk. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verbondsvolk. Wys alle plasings

Woensdag 28 Augustus 2024

Wat is die verskil tussen die BESNYDENIS en die CHRISTELIKE DOOP?

Alhoewel die Christelike doop nie die besnydenis vervang het nie, is daar heelwat ooreenkomste tussen die vleeslike besnydenis vd Ou Testament en die Christelike doop vd Nuwe Testament.  In die verskillende bedelings word wette verskillend vervul, en met die besnydenis is dit niks anders nie. .. In kort, die besnydenis het nie weggeval nie maar word bloot op die uitnemender manier vervul in die N.T. - en die manier hoe dit vervul word in die nuwe is nie deur die Christelike doop nie, maar deur die besnydenis van hart en ore  (alhoewel die Christelike doop ook maar 'n teken is hiervan!)(kyk "nuwe lewe"/nuwe hart en "hoor"). In die O.T. was "die besnydenis van hart en ore" ook die uiteindelike bewys van wie dit is wat werklik glo...  
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- In die O.T. was die besnydenis 'n belangrike teken onder die volk van God - almal wat manlik was onder die volk moes besny word op 8 dae oud (die voorhuid is afgesny), en as hulle hierdie nie wou doen nie was daar ernstige gevolge;  bv., so iemand moes uit die volk uitgeroei word (Gen. 17:14) en mag nie deelgeneem het aan die Paasfees nie (Eks. 12:43-45), en mag ook nie met 'n dogter van die volk getrou het nie (Gen. 34). As jy 'n seun onder die volk gebore is was dit jou lot ...- elke manlike kind onder die volk was soos 'n priester vir die Here - die mans was afgesonder vir die Here en ook op 'n bepaalde tyd gebring om aan die Here voorgestel te word (Luk. 2:23,24 - kyk "reinigingsoffer")(kyk "bar-mitzvah" op 13 jarige ouderdom - dan het 'n seun 'n man geword-Num. 6:24-26).  Maar waarvan presies was die besnydenis 'n teken (wat het dit voorgestel)? Die besnydenis was 'n teken van God se verbond met die volk ('n teken dat hulle deel is van Sy volk)(Gen. 17 - vgl. met Gen. 12:1-7)(Gen. 34:17,22). Maar ons sien dat die "besnydenis van hart en ore" dit is waaroor die besnydenis eintlik gegaan het. Vir 'n studie oor "besnydenis van hart en ore", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2016/11/die-besnydenis-2-besnydenis-van-hart-en.html). As hulle hul nie wou besny nie was dit eintlik 'n teken van ongeloof . Op beurt het dit nie veel gehelp jy is besny maar jy het nie geloof nie! Dus, ook in die O.T. was ongehoorsames hanteer soos mense wat nie besny is nie (al was hulle mans vleeslik besny)- wat help dit jy is vleeslik besny, maar het onbesnede hart en ore? Hierdie was moeiliker onder die wet van Moses, maar die inwoning van die Heilige Gees maak dit makliker vir ons in die N.T.  Die BESNYDENIS het dus nooit weggeval nie, maar word beter vervul in die N.T. deur ons geloof in Jesus Christus (Hy vergewe ons sonde, en die Heilige Gees stel ons instaat om nie meer die sonde te dien nie!).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die eerste Christelike gemeentes was daar baie oor die besnydenis gesels en oor of dit steeds nodig is. Die Joodse Christene was natuurlik besny, maar wat van die Christene uit die heidene? Sommige het geglo dat dit steeds belangrik is, en ander nie (Hand. 15:24). Natuurlik is daar goeie mediese voordele aan besnydenis, maar in hierdie geval het dit gegaan oor die geestelike (wat met gevolge sou kom sou dit nie gehou word nie, bv. dat onbesnedens afgesny word van die res, verbied word om saam Pasga te hou, en verbied word om te  trou met vrouens van die Christelike geloof). Die dissipels het verstaan dat die gebaar van besnydenis meer gegaan het oor die "besnydenis van hart en ore" as wat dit gaan oor die vleeslike besnydenis, en daar was 'n besluit geneem dat die juk vd vleeslike besnydenis nie verder op Christene gelĂȘ word nie... (Hand. 15:10-29,24). Verder was die wat hulle vleeslike besny, onderwerp aan die wet van Moses (Gal. 5:3; 6:13), terwyl daar nou 'n beter manier (as die wet van Moses) was om "hart en ore te besny".  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die N.T. word "onbesnedenes" nie gesien as die uit die heidene nie, of vleeslik onbesny nie, maar onbesnedes in die N.T. verwys na die wat nie glo in Jesus Christus nie;  ma.w., die wie se harte en ore nie besny is nie (Hand. 11:2-18)(hulle is nie vernuwe nie/het nie 'n "nuwe hart" gekry nie en "hoor" nie, en gee ook nie verder ag op die pad van godsaligheid nie). Christene uit die heidene is wel nie vleeslik besny nie, maar ten spyte van die feit dat hulle nie besny is nie ontvang hulle die Heilige Gees! -  wat 'n bewys is dat hulle aangeneem is!  (en l.w. dat niemand sal die opstanding tot lewe verkry as hy nie AANGENEEM word nie... - Rom. 8:23). Dit is die "kinders van die opstanding" (die wat waardig geag word om die opstanding uit die dode te verkry) wat uiteindelik die koninkryk sal sien... - hulle sal ingaan in die koninkryk en sal die land as ewige besitting verkry (Dan. 7:27), en sal wees soos engele en KINDERS VAN GOD (Luk. 20:36).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
 

Die Christelike doop word somtyds gesien as 'n teken wat die vleeslike besnydenis vervang het, maar l.w. dat DIE BESNYDENIS self NIE VERVAL HET NIE!, maar word op 'n uitnemender manier vervul in die N.T.... (nl. die klem is nie op die vleeslike besnydenis van die mans nie, maar "besnydenis van hart en ore" - wat slegs moontlik is deur GELOOF). Die kinders vd besnydenis (hetsy ou of nuwe testament) verwys na die kinders van GELOOF (nie die kinders na die vlees nie)(die belofte was bv. aan Abraham gemaak (Gen. 12) lank voor die instelling vd vleeslike besnydenis onder die wet van Moses (Gen. 17)) -  is bv. nie beperk tot die Hebreeuse volk en vleeslike besnydenis vd mans nie (Hand. 10:45), maar het hulle besnydenis deur geloof ontvang (Hand. 11:2). In die N.T. verwys besnedenes na die wie se hart en ore besny is... (m.a.w., die wat vernuwe is deur die weergeboorte asook ag gee op die pad van godsaligheid). Die besnydenis van die hart en ore is  nie net iets wat deur God in die gelowige gedoen word (kry "nuwe hart") nie, maar is ook iets wat van elke gelowige verwag word om self te doen (m.a.w. om ag te gee op die pad van godsaligheid, bv. gehoorsaamheid/werke is 'n bewys dat iemand glo). GELOOF  bepaal of iemand gesien word as 'n besnedene of as 'n onbesnedene (Rom. 4:9,10)(en l.w., geloof sonder werke is dood). 

Dat daar kenmerkende ooreenkomste is tussen die TEKEN van die (vleeslike) besnydenis en die TEKEN van die Christelike doop, is verseker:
- (1) Die besnydenis was bv. 'n teken van wie deel is van die "verbonds"volk, en wys op die nageslag van Abraham... L.w. dat almal wat aan Christus behoort ook gesien word as die nageslag van Abraham...- en volgens die belofte erfgename!  (Gal 3:27 - "want julle almal wat in Christus GEDOOP is, het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename"). Die doop is o.a. 'n teken hiervan - bestudeer gerus die term "met Christus beklee", wat veral verwys na hoe weergeborenes "vlees en been" is van Christus (is familie van Hom / asof uit Hom gebore - "is uit God gebore" - natuurlik nie fisies uit Hom gebore maar het dit deur die geloof ontvang). 
- (2) Die vleeslike besnydenis was slegs 'n teken - die ware besnydenis was die besnydenis van hart en ore. Alhoewel ons nie onder die juk vd vleeslike besnydenis is in die N.T. nie, het die belangrikheid van "ware besnydenis" nie verval nie.  In die O.T. was die wat besny is "onder die wet (van Moses)", maar in die N.T. verwys gelowiges na die wat "onder Christus" is (hulle is deur Hom vrygekoop, en Hy is nou hulle meester - "slawe van Christus").  L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierdie voorstel..., nl. vergifnis van sonde en "doodgaan vir sonde" en "opstaan in 'n nuwe lewe om vir die Here te lewe". 
- (3) Besnedenes in die O.T. het die belofte gehad van opstanding! (maar onbesnedenes sou vergeet word in die graf...-Eseg. 28:10; 32:19,27; Jes. 38:18). In daardie opsig is die dood anders vir onbesnedenes as wat dit is vir die wat besny is (1 Kor. 7:18; Gen. 17:4-9) - besnedenes sal eendag opstaan tot (ewige) lewe.  L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierdie voorstel..., nl. belofte op opstanding in 'n nuwe liggaam wat vir ewig sal lewe.  
- (4) Die vleeslike besnydenis het nie veel beteken as hart en ore nie besny is nie - ongelukkig was dit moeilik onder die ou bedeling (onder die wet van Moses) om vergifnis van sonde te hou, want al het hulle vergifnis gekry deur bloedoffers, moes hierdie offers oor en oor gebring word omdat baie nog steeds "die sonde gedien" het (op daardie manier het die sonde net meer en meer geword). Vernuwing van die hart en gehoorsaamheid aan die Here (ore/"hoor") was nog 'n bewys van wie glo. Die wat in Jesus Christus glo verkry nie net vergifnis van sonde nie, maar ontvang die Heilige Gees deur wie hulle vernuwe word en instaat word om vrug (vrug tot lewe) vir die Here te dra - wat 'n veel uitnemender weg in die nuwe bedeling! L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierna verwys..., nl. die nuwe lewe (nuwe hart en pad van godsaligheid). Dit is waarom die Skrif leer dat almal wat hulle besny is "onder die wet (van Moses) is"... (Gal. 5:3)(gehoorsaam aan die wet van Moses) en is daardeur geoordeel, maar die Christelike doop is in die nuwe bedeling bedoel vir die "onder die wet van vryheid" (die wat "onder Jesus" is / hulle is "onder die Heilige Gees" deur wie Hy teenwoordig is), en sal deur "die wet van vryheid" geoordeel word. 

Nie almal wat GEROEP is sal uiteindelik die Koninkryk beerwe nie, want baie is geroep, maar min uitverkies (Matt. 22:14).    In die N.T. word "onbesnedenes" nie gesien as die uit die heidene of die wat vleeslik onbesny nie, maar onbesnedes in die N.T. verwys na die wat nie weergebore (deur geloof in Jesus Christus ) is nie;  ma.w., die wie se harte en ore nie besny is nie (Hand. 11:2-18). Net soos in die geval van die ou bedeling, sal Christene wat bloot staatmaak op die feit dat hulle "gedoop" is maar nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, steeds gesien word soos "onbesnedenes" (al het hulle deur die Christelike doop gegaan - die pad van godsaligheid is m.a.w. steeds belangrik).  Net soos die ongehoorsames onder die volk van God destyds gesien is as "onbesnede" (al was hulle mans vleeslik besny), net so word die ongehoorsame N.T. gelowige gesien as "onbesnede" (al is hy gedoop!)
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------