Wys tans plasings met die etiket pad van godsaligheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket pad van godsaligheid. Wys alle plasings

Woensdag 28 Augustus 2024

Wat is die verskil tussen die BESNYDENIS en die CHRISTELIKE DOOP?

Alhoewel die Christelike doop nie die besnydenis vervang het nie, is daar heelwat ooreenkomste tussen die vleeslike besnydenis vd Ou Testament en die Christelike doop vd Nuwe Testament.  In die verskillende bedelings word wette verskillend vervul, en met die besnydenis is dit niks anders nie. .. In kort, die besnydenis het nie weggeval nie maar word bloot op die uitnemender manier vervul in die N.T. - en die manier hoe dit vervul word in die nuwe is nie deur die Christelike doop nie, maar deur die besnydenis van hart en ore  (alhoewel die Christelike doop ook maar 'n teken is hiervan!)(kyk "nuwe lewe"/nuwe hart en "hoor"). In die O.T. was "die besnydenis van hart en ore" ook die uiteindelike bewys van wie dit is wat werklik glo...  
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- In die O.T. was die besnydenis 'n belangrike teken onder die volk van God - almal wat manlik was onder die volk moes besny word op 8 dae oud (die voorhuid is afgesny), en as hulle hierdie nie wou doen nie was daar ernstige gevolge;  bv., so iemand moes uit die volk uitgeroei word (Gen. 17:14) en mag nie deelgeneem het aan die Paasfees nie (Eks. 12:43-45), en mag ook nie met 'n dogter van die volk getrou het nie (Gen. 34). As jy 'n seun onder die volk gebore is was dit jou lot ...- elke manlike kind onder die volk was soos 'n priester vir die Here - die mans was afgesonder vir die Here en ook op 'n bepaalde tyd gebring om aan die Here voorgestel te word (Luk. 2:23,24 - kyk "reinigingsoffer")(kyk "bar-mitzvah" op 13 jarige ouderdom - dan het 'n seun 'n man geword-Num. 6:24-26).  Maar waarvan presies was die besnydenis 'n teken (wat het dit voorgestel)? Die besnydenis was 'n teken van God se verbond met die volk ('n teken dat hulle deel is van Sy volk)(Gen. 17 - vgl. met Gen. 12:1-7)(Gen. 34:17,22). Maar ons sien dat die "besnydenis van hart en ore" dit is waaroor die besnydenis eintlik gegaan het. Vir 'n studie oor "besnydenis van hart en ore", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2016/11/die-besnydenis-2-besnydenis-van-hart-en.html). As hulle hul nie wou besny nie was dit eintlik 'n teken van ongeloof . Op beurt het dit nie veel gehelp jy is besny maar jy het nie geloof nie! Dus, ook in die O.T. was ongehoorsames hanteer soos mense wat nie besny is nie (al was hulle mans vleeslik besny)- wat help dit jy is vleeslik besny, maar het onbesnede hart en ore? Hierdie was moeiliker onder die wet van Moses, maar die inwoning van die Heilige Gees maak dit makliker vir ons in die N.T.  Die BESNYDENIS het dus nooit weggeval nie, maar word beter vervul in die N.T. deur ons geloof in Jesus Christus (Hy vergewe ons sonde, en die Heilige Gees stel ons instaat om nie meer die sonde te dien nie!).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die eerste Christelike gemeentes was daar baie oor die besnydenis gesels en oor of dit steeds nodig is. Die Joodse Christene was natuurlik besny, maar wat van die Christene uit die heidene? Sommige het geglo dat dit steeds belangrik is, en ander nie (Hand. 15:24). Natuurlik is daar goeie mediese voordele aan besnydenis, maar in hierdie geval het dit gegaan oor die geestelike (wat met gevolge sou kom sou dit nie gehou word nie, bv. dat onbesnedens afgesny word van die res, verbied word om saam Pasga te hou, en verbied word om te  trou met vrouens van die Christelike geloof). Die dissipels het verstaan dat die gebaar van besnydenis meer gegaan het oor die "besnydenis van hart en ore" as wat dit gaan oor die vleeslike besnydenis, en daar was 'n besluit geneem dat die juk vd vleeslike besnydenis nie verder op Christene gelê word nie... (Hand. 15:10-29,24). Verder was die wat hulle vleeslike besny, onderwerp aan die wet van Moses (Gal. 5:3; 6:13), terwyl daar nou 'n beter manier (as die wet van Moses) was om "hart en ore te besny".  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die N.T. word "onbesnedenes" nie gesien as die uit die heidene nie, of vleeslik onbesny nie, maar onbesnedes in die N.T. verwys na die wat nie glo in Jesus Christus nie;  ma.w., die wie se harte en ore nie besny is nie (Hand. 11:2-18)(hulle is nie vernuwe nie/het nie 'n "nuwe hart" gekry nie en "hoor" nie, en gee ook nie verder ag op die pad van godsaligheid nie). Christene uit die heidene is wel nie vleeslik besny nie, maar ten spyte van die feit dat hulle nie besny is nie ontvang hulle die Heilige Gees! -  wat 'n bewys is dat hulle aangeneem is!  (en l.w. dat niemand sal die opstanding tot lewe verkry as hy nie AANGENEEM word nie... - Rom. 8:23). Dit is die "kinders van die opstanding" (die wat waardig geag word om die opstanding uit die dode te verkry) wat uiteindelik die koninkryk sal sien... - hulle sal ingaan in die koninkryk en sal die land as ewige besitting verkry (Dan. 7:27), en sal wees soos engele en KINDERS VAN GOD (Luk. 20:36).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:
 

Die Christelike doop word somtyds gesien as 'n teken wat die vleeslike besnydenis vervang het, maar l.w. dat DIE BESNYDENIS self NIE VERVAL HET NIE!, maar word op 'n uitnemender manier vervul in die N.T.... (nl. die klem is nie op die vleeslike besnydenis van die mans nie, maar "besnydenis van hart en ore" - wat slegs moontlik is deur GELOOF). Die kinders vd besnydenis (hetsy ou of nuwe testament) verwys na die kinders van GELOOF (nie die kinders na die vlees nie)(die belofte was bv. aan Abraham gemaak (Gen. 12) lank voor die instelling vd vleeslike besnydenis onder die wet van Moses (Gen. 17)) -  is bv. nie beperk tot die Hebreeuse volk en vleeslike besnydenis vd mans nie (Hand. 10:45), maar het hulle besnydenis deur geloof ontvang (Hand. 11:2). In die N.T. verwys besnedenes na die wie se hart en ore besny is... (m.a.w., die wat vernuwe is deur die weergeboorte asook ag gee op die pad van godsaligheid). Die besnydenis van die hart en ore is  nie net iets wat deur God in die gelowige gedoen word (kry "nuwe hart") nie, maar is ook iets wat van elke gelowige verwag word om self te doen (m.a.w. om ag te gee op die pad van godsaligheid, bv. gehoorsaamheid/werke is 'n bewys dat iemand glo). GELOOF  bepaal of iemand gesien word as 'n besnedene of as 'n onbesnedene (Rom. 4:9,10)(en l.w., geloof sonder werke is dood). 

Dat daar kenmerkende ooreenkomste is tussen die TEKEN van die (vleeslike) besnydenis en die TEKEN van die Christelike doop, is verseker:
- (1) Die besnydenis was bv. 'n teken van wie deel is van die "verbonds"volk, en wys op die nageslag van Abraham... L.w. dat almal wat aan Christus behoort ook gesien word as die nageslag van Abraham...- en volgens die belofte erfgename!  (Gal 3:27 - "want julle almal wat in Christus GEDOOP is, het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename"). Die doop is o.a. 'n teken hiervan - bestudeer gerus die term "met Christus beklee", wat veral verwys na hoe weergeborenes "vlees en been" is van Christus (is familie van Hom / asof uit Hom gebore - "is uit God gebore" - natuurlik nie fisies uit Hom gebore maar het dit deur die geloof ontvang). 
- (2) Die vleeslike besnydenis was slegs 'n teken - die ware besnydenis was die besnydenis van hart en ore. Alhoewel ons nie onder die juk vd vleeslike besnydenis is in die N.T. nie, het die belangrikheid van "ware besnydenis" nie verval nie.  In die O.T. was die wat besny is "onder die wet (van Moses)", maar in die N.T. verwys gelowiges na die wat "onder Christus" is (hulle is deur Hom vrygekoop, en Hy is nou hulle meester - "slawe van Christus").  L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierdie voorstel..., nl. vergifnis van sonde en "doodgaan vir sonde" en "opstaan in 'n nuwe lewe om vir die Here te lewe". 
- (3) Besnedenes in die O.T. het die belofte gehad van opstanding! (maar onbesnedenes sou vergeet word in die graf...-Eseg. 28:10; 32:19,27; Jes. 38:18). In daardie opsig is die dood anders vir onbesnedenes as wat dit is vir die wat besny is (1 Kor. 7:18; Gen. 17:4-9) - besnedenes sal eendag opstaan tot (ewige) lewe.  L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierdie voorstel..., nl. belofte op opstanding in 'n nuwe liggaam wat vir ewig sal lewe.  
- (4) Die vleeslike besnydenis het nie veel beteken as hart en ore nie besny is nie - ongelukkig was dit moeilik onder die ou bedeling (onder die wet van Moses) om vergifnis van sonde te hou, want al het hulle vergifnis gekry deur bloedoffers, moes hierdie offers oor en oor gebring word omdat baie nog steeds "die sonde gedien" het (op daardie manier het die sonde net meer en meer geword). Vernuwing van die hart en gehoorsaamheid aan die Here (ore/"hoor") was nog 'n bewys van wie glo. Die wat in Jesus Christus glo verkry nie net vergifnis van sonde nie, maar ontvang die Heilige Gees deur wie hulle vernuwe word en instaat word om vrug (vrug tot lewe) vir die Here te dra - wat 'n veel uitnemender weg in die nuwe bedeling! L.w. dat die Christelike doop ook o.a. hierna verwys..., nl. die nuwe lewe (nuwe hart en pad van godsaligheid). Dit is waarom die Skrif leer dat almal wat hulle besny is "onder die wet (van Moses) is"... (Gal. 5:3)(gehoorsaam aan die wet van Moses) en is daardeur geoordeel, maar die Christelike doop is in die nuwe bedeling bedoel vir die "onder die wet van vryheid" (die wat "onder Jesus" is / hulle is "onder die Heilige Gees" deur wie Hy teenwoordig is), en sal deur "die wet van vryheid" geoordeel word. 

Nie almal wat GEROEP is sal uiteindelik die Koninkryk beerwe nie, want baie is geroep, maar min uitverkies (Matt. 22:14).    In die N.T. word "onbesnedenes" nie gesien as die uit die heidene of die wat vleeslik onbesny nie, maar onbesnedes in die N.T. verwys na die wat nie weergebore (deur geloof in Jesus Christus ) is nie;  ma.w., die wie se harte en ore nie besny is nie (Hand. 11:2-18). Net soos in die geval van die ou bedeling, sal Christene wat bloot staatmaak op die feit dat hulle "gedoop" is maar nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, steeds gesien word soos "onbesnedenes" (al het hulle deur die Christelike doop gegaan - die pad van godsaligheid is m.a.w. steeds belangrik).  Net soos die ongehoorsames onder die volk van God destyds gesien is as "onbesnede" (al was hulle mans vleeslik besny), net so word die ongehoorsame N.T. gelowige gesien as "onbesnede" (al is hy gedoop!)
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 16 Oktober 2015

Die godsaligheid

Die begrip "godsaligheid" verwys wel na die HOOP op saligheid, maar eerder na hoe ons in 'n wedloop is sodat ons hierdie saligheid sekerlik kan behaal! Dit beteken nie dat ons saligheid verkry deur werke nie, maar eerder dat werke gaan oor "DIENSBAARHEID AAN DIE HERE" en 'n bewys is dat ons glo.  Wanneer Paulus die stelling maak dat ons ons moet oefen in die godsaligheid, dan is dit in konteks met hoe hy sy liggaam sien soos 'n vyand teen wie hy te staan kom.  En nee, hy bedoel nie dat ons meer oefening moet doen en net sekere kosse moet eet nie (wat terloops gesien word as "werke"!), maar hy bedoel dat ons die godsaligheid liewer moet najaag. Om meer ag te gee op die godsaligheid as op hierdie dinge, beteken bv. nie dat die liggaamlike oefening van geen nut is nie, maar beteken dat dit tot weinig nut is teenoor die godsaligheid wat veel belangriker is! (1 Tim. 4:8).  

Dus, let op die konteks van 1 Tim. 4, dat dit gaan oor "fabels" waarin mense glo waarin hulle verbied word om te trou en gebied word dat hulle hul moet onthou van voedsel wat God geskape het... Hulle het gedink dat die Here van hulle verwag om hierdie "werke" te doen, maar wat Hy eintlik van hulle verwag het is om eerder die godsaligheid na te jaag, m.a.w. om sonde in hulle lewens neer te le, om die duiwel en versoekinge tee te staan en gedagtes te vernuwe tot gehoorsaamheid aan ChristusWat help dit iemand bring sy liggaam fisies in gereedheid en lyk pragtig en gesond, maar hy kasty nie sy liggaam om dit diensbaar te maak vir die Here nie?   Wat help dit hy maak sy liggaam diensbaar aan allerhande wette, maar hy kasty dit nie om versoekinge te weerstaan, of gedagtes te verander tot gehoorsaamheid aan Christus nie?
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
OM DIE GODSALIGHEID NA TE JAAG GAAN OOR DIENSBAARHEID AAN DIE HERE
(geloof en gehoorsaamheid),
-  en gaan veral daaroor dat ons nie ons hoop moet plaas in ander dinge nie, maar in die Here (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html);
-  en dit gaan daaroor dat ons die duiwel en versoekinge moet weerstaan (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/weerstaan-die-duiwel-2.html) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/versoeking-2.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In 1 Tim. 2 word bv. ook van vrouens verwag om meer aandag te gee aan die godsvrug (wat behels, beskeidenheid, ingetoenheid, goeie werke) as aan die uiterlike. Die persoon wat nie die Here dien nie, is meer ingestel op die uiterlike en op wat ander mense van hulle dink; maar die persoon wat wel die Here dien, is meer ingestel op die innerlike en op wat die Here van hulle dink.  Elke gelowige is geroep om vrug te dra, maar nie vrug uit eie wil nie, maar uit diensbaarheid aan die Here, volgens Sy wil.  'n Gelowige wat "meer besig is met die lewe as met die Here", sal dit moeilik vind om die wil van die Here te doen omdat hy meer gefokus is op sy eie sieninge en wil.  (Mat 10:39 - "Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


Dit is duidelik volgens 1 Kor. 9 dat nie almal in die wedloop die prys gaan behaal nie, en dat ons so moet hardloop en seker maak dat ons dit sekerlik behaal.  In die gedeelte vergelyk hy Christene (wat gedoop is en deel het aan die liggaam van Christus) met die volk in die woestyn (beeldspraak, "gedoop in wolk en see en geestelike spys geeet en geestelike drank gedrink uit die rots") - hy gee ons 'n WAARSKUWING en herinner die kerk daaraan dat baie van daardie mense nie ingegaan het in die beloofde land nie omdat hulle ongehoorsaam en ongelowig was... Op dieselfde wyse moet Christene (wat gedoop is en die nagmaal gebruik...) wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, nie dink dat hulle eendag die OPSTANDING TOT LEWE sal ontvang en ingaan in die koninkryk van God as hulle so ongehoorsaam en ongelowig is nie! 

In 1 Kor. 9 noem Paulus ook spesifieke voorbeelde van hoe ons moet ag gee op die pad van godsaligheid, bv.:
dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie; 
en wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie;
en laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie,
en laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie,
en moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie........


------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 03 Junie 2015

Wees nugter

Die bevel om "nugter" te wees, word nie altyd in die Skrif in konteks gebruik van "om nie dronk te drink nie". In sommige skrifte gaan dit inderdaad daaroor dat die Christen hom nie mag dronk drink nie!, maar gaan lees ons sekere ander skrifte, sal ons gou uitvind dat die bevel "om nugter te wees" ook geestelik bedoel word:

-1 Kor. 15:34 ("Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming"). Hier gaan dit oor sekeres wat nie geglo het in 'n opstanding nie, en daarom gedink het dat hulle kan leef soos hulle wil en so die waarheid verdraai het - slegte gesprekke;

-1 Thess. 5:6,8 ("Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees)("Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid"). Hier gaan dit oor waaksaamheid, want die wat nie NUGTER is nie, sal betrap word soos 'n dief in die nag en sal dus nie GEREED wees wanneer Christus terugkom nie;

-2 Tim. 2:26 ("en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Hier gaan dit oor die weerspanniges, die wat van die waarheid afgedwaal het, voortgaan in goddeloosheid en onsinnige praatjies, die wat in ongeregtigheid stap...;

-2 Tim. 4:5("Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening"). Hier gaan dit oor die wat nie die gesonde leer verdra nie, maar vir hulle leermeesters vergader wat hulle in die gehoor streel - die wat 'n afkeer het in die waarheid;

-1 Pet. 4:7("En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid"). Hier gaan dit oor die wat nie volgens die wil van God leef nie, maar volgens die begeerlikhede van die mens...

WAAR CHRISTENE BEVEEL WORD OM "GEESTELIK NUGTER" TE WEES, IS DIT GEBRUIK IN KONTEKS MET DAT HULLE NIE MOET "DRONK WORD" VAN SONDE EN VALSE LEERSTELLINGS NIE.
========================================================================

GEDAGTE:

Oral waar Christene  beveel word om nugter te wees, is dit geskryf in konteks met:
(1) hoe hulle moet ag gee op die pad van godsaligheid (1Kor. 15:34)(bv. om hulle te bekeer van sonde in hulle lewens), en
(2) moet pasop vir valse leerstellings (2 Tim. 4:1-5).   
(3) Dit word ook verder gebruik in die konteks van dat ons WAAKSAAM moet wees (1 Thess. 5:6).     Die nugter Christen is waaksaam en sal nie soos 'n dief betrap word wanneer die Here terugkom nie  - hy word nie rondgeslinger deur valse leerstellings nie (Hebr. 13:9), maar is gehoorsaam aan die Here, gee ag op Sy waarheid en bekeer hom van sondes in sy lewe. 

Die nugter Christen raak nie opstandig en verbitterd oor die waarheid nie, maar is eerder bly daaroor! (1 Kor. 13:6).
   
(Luk 12:45)  Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,
(Luk 12:46)  dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues.