Wys tans plasings met die etiket onder wet. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket onder wet. Wys alle plasings

Dinsdag 10 Junie 2025

Is die Christen onder 'n wet? (3)

 Vir die eerste twee dagstukkies oor hierdie onderwerp, gaan na: 

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/05/werke.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2023/06/is-die-christen-onder-n-wet-2.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die onderhouding van wette word logies gesien as "werke".  Baie Christene glo dat hulle onder geen wet is in die koninkryk van God nie want daar word somtyds verkeerdelik geleer dat werke geen invloed het op saligheid nie;  tog leer Jakobus dat geloof sonder werke dood is... (Jak. 2:20,26), en leer verder dat ons OOK  geregverdig word uit werke, nie alleen uit die geloof nie! (Jak. 2:24 - "Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?"). Niemand kan deur werke alleen gered word nie en die Christen is nie onder die wet van Moses nie, ja, maar die vraag is nou of daar enige werke vd Christen verwag word?;  en of werke saligheid kan beïnvloed?  En die antwoord is, JA!, want alhoewel ons deur geloof gered word (en nie deur werke nie), beteken dit nie dat die Christen onder geen wet is nie... - werke is immers 'n bewys dat iemand glo! As ons verstaan wat geloof beteken, sal ons verstaan hoe belangrik werke is (Jak. 2:18-20 - "Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?"). -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons word deur geloof (in Jesus Christus) gered (dit is deur geloof wat ons redding ontvang) en je, beslis nie deur die wet van Moses nie, maar dit beteken nie dat daar geen werke van die Christen verwag word nie (Gal. 2:16-21). Niemand kan saligheid ontvang deur werke nie; maar let ook daarop dat niemand kan saligheid ontvang deur "geloof alleen" nie!, want geloof is dood sonder werke... (geloof is nie slegs 'n belydenis soos baie vandag glo nie). Ons moet dus verstaan wat geloof beteken, want jou werke (en dus jou vrug) sal bewys of jy GLO of nie.  Weergeborenes het wel die belofte van saligheid en hulle innerlike mens is alreeds vernuwe (wat beteken dat hulle instaat is om "vrug tot lewe" te dra), maar let wel dat saligheid eers volkome voltrek word in die opstanding (wanneer die uiterlike ook vernuwe word). Jesus het verklaar dat die wat goed gedoen het dan sal opstaan tot lewe, maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling... (Joh 5:29). Ja, jy het reg gehoor, sommige kinders vd Koninkryk sal eendag veroordeel word (en hierdie was terloops nie die enigste geval waar Jesus oor hierdie onderwerp gepraat het nie). Nie alle kinders van Koninkryk is goeie visse nie, en nie alle kinders vd Koninkryk sal ingaan in die Koninkryk nie... (Matt. 13:50; 25:30; 8:12; 24:51; 2 Thess. 1:8,9; Luk. 13:27,28)(Joh. 15:6/vgl. met tweede en derde groep in die gelykenis vd saaier). Wanneer Jesus Christus terugkom sal die goeie visse van die slegtes geskei word... (Matt. 13:47-50) - hierdie is nie iets wat deur 'n kerk uitgedink is nie, maar iets wat Jesus self gesê het. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Werke is dus belangrik!, want werke (bv. "om te bly in Christus" , "om jou te bekeer tot die manier hoe die Here sien", "om eerste die koninkryk te soek", "om te bekeer van sonde", "om gehoorsaam te wees aan die Gees", .....ens.) bewys wie glo en wie nie, en beïnvloed terloops vrug (wat wys wie is goeie visse en wie is slegte visse). Hierdie is baie in die eerste gemeentes geleer rondom geloof, maar in die dae waarin ons lewe is baie van hierdie waarhede verander. Werke is belangrik;  of anders gestel, in die koninkryk van God is gehoorsaamheid aan die Wetgewer belangrik! (gehoorsaamheid aan die Een deur wie jy losgekoop is en aan wie jy nou behoort).  Christene is slawe van die Een deur wie hulle losgekoop is - as ons dit nie verstaan nie verstaan ons maar min van wat GELOOF beteken. Ons moet seker maak ons verstaan wat dit beteken "om te glo" in Jesus Christus" (wat basies beteken dat jy Hom vertrou, Hom raadpleeg, Hom gehoorsaam, Hom dien...).  Bv., verstaan jy dat dit beteken jy glo in Sy woorde?, glo in wie Hy is?, Hom vrees en eer en dus gehoorsaam is aan Hom? Verstaan jy dat as jy losgekoop is deur Hom en dus nou aan Hom behoort  (is soos 'n slaaf van Hom?, want dit gaan oor aan wie jy gehoorsaam is/1 Kor. 7:22). Verstaan jy dat as Hy jou Sy Gees gee, jy dan onder die "wet van die Gees" is? (ook genoem "wet van vryheid" - vry van slaafskap onder sonde, en vry daarvan om die wet van Moses te dien, maar is nou onder die Gees... - 'n wet waaronder weergeborenes is en beteken dat hulle onderdanig is aan die Gees/Rom. 8:2; 7:6). Maklik om te bely jy glo in Jesus Christus, maar weet jy wat presies dit beteken om in Hom te GLO?, want geloof is nie net 'n belydenis nie.----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- As geloof sonder werke dood is, dan moet ons vra na waarna "werke" hier verwys, want duidelik verwys hierdie werke wat van die Christen verwag word nie na die werke van die wet van Moses nie (Gal. 5:18; Rom. 6:15). Wanneer dit kom by die tema van "werke" kan ons onderskei tussen verskillende "werke" in die Skrif;  bv., onderskei tussen 

-"werke vd wet" ("onder die wet van Moses"), 
-"werke wat bewys dat iemand glo" (bv. "die wet van vryheid" - Christene is slawe van Christus want hulle is deur Hom losgekoop en is dus aan Hom en aan Sy Gees gehoorsaam) (gaan oor gehoorsaamheid aan Christus), en 
-"werke wat deur die Here aan Sy kinders uitgedeel word om te doen" (bv. bedieninge en ander werke in die koninkryk van God). 

Christene is onder Jesus / maw, onder Sy Gees... (onder die wet vd Gees - moet die Gees gehoorsaam). Die Skrif leer bv. dat weergeborenes onder die "wet van vryheid" is (wat terloops 'n wet is!)(Matt. 5:17-20)(Jak. 1:25  - "Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen")(Jak.2:12  - "Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word").Ons is in 'n nuwe bedeling, maar wet is nie tot niet nie - die Here se wette geld natuurlik steeds (al word dit anders vervul, soos gewoonlik gebeur in verskillende bedelings) . 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


'n Boom word aan sy vrugte geken... Vrug is 'n bewys van wat se soort "boom" iemand is (bv. "vrug" getuig of iemand die Here gehoorsaam of nie), en verwys tipies na dinge soos hoe iemand praat of optree, doen hy die wil van die Here, ens. VRUG is dus ook 'n getuienis van of iemand die Heilige Gees het en gehoorsaam... - in die Skrif word hierna verwys as "vrugte vd Gees". M.a.w., sekere dinge kan as teken dien dat iemand die Heilige Gees het..., bv. vrugte wat bestaan in alle goedheid, geregtigheid en waarheid -  liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing, ens. (Gal. 5:22; Ef. 5:9). Daar is altyd 'n duidelike verandering in iemand se lewe wanneer hy/sy die Heilige Gees ontvang.  Dit is ongelukkig so dat sommige van hierdie begrippe se betekenis baie verander het in die tyd waarin ons lewe;  bv. die manier hoe liefde beskryf word, net soos "geloof" 'n ander betekenis gekry het oor die jare;  daarom het sommige slegs 'n gedaante van godsaligheid, en as iemand se begrip verkeerd is kan dit voorkom soos vrug vd Gees terwyl dit dan nie is nie...). Kom ons kyk na 'n paar WERKE onder die wet van vyheid (m.a.w., werke van die wat gehoorsaam is aan Christus en aan die Heilige Gees):

-  HULLE GEE AG OP JESUS CHRISTUS SE WOORDE

(Joh 14:26)  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.).  Die wat nie werklik glo nie sal Jesus se woorde bevraagteken en liewer glo wat hulle wil of leermeesters vergader wat hulle in die gehoor streel. As iemand bely dat hy glo in Jesus, moet hy tog in Sy woorde ook glo! As iemand nie in Jesus Christus se leringe glo nie, dan glo hy nie werklik nie. 

- HULLE GETUIG VAN HOM, of IS VRYMOEDIG OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG

( Hand. 1:8)  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.   (Hand. 4:31)  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek). Hierdie is gewoonlik baie sigbaar by die wat die Heilige Gees ontvang! Almal het nie altyd dieselfde vrymoedigheid nie (want die hoeveelheid krag wat iemand vd Gees ontvang speel natuurlik ook 'n rol), maar mense wat die Heilige Gees het praat graag oor Jesus Christus of wat Hy vir hulle gedoen het of vir hulle leer, en wil he dat ander Hom ook ken.

- HULLE WEET DAT HULLE DIE GEES HET - HULLE KEN DIE GEES

(Joh 14:17)  die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees). Mense wat die Heilige Gees (die Gees van waarheid) het, weet wat die waarheid is! - hulle is lief vir die waarheid, stem saam met die waarheid, en staan nie in die pad van die wat die waarheid verkondig nie.

- HULLE BEGIN STAP IN DIE GAWES en BEDIENINGE VD GEES

(Hand. 2:17)  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.   (Act 2:4)  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek)(1 Kor. 12; Rom. 12; Ef. 4). Mense wat die Heilige Gees ontvang, ontvang gawes en bedieninge vd Gees om te gebruik in die koninkryk van God (bv. tot stigting en uitbreiding, op dit wat nuttig is).  Die wat die Gees ontvang word ingedoop in die "Liggaam van Christus", en begin tree op soos 'n deel vd liggaam..., bv. oog of hand of voet ens.  - voete van bereidheid om die evangelie te verkondig (bv. evangelis), hand (bv. helpers, uitdeel, gawe van gesondmaking), mond (bv. profeet, gawe van profesie, gawe van tale), kop (bv. herders, regeringe, voorgangers), neus (bv. gawe van onderskeiding van geeste), oog (bv. leraar, gawe van wysheid), oor (bv, gawe van kennis).......ens. Weldra kry elke geredde iets wat die Gees hom gee om te doen. Dit mag miskien nie soos werke voel nie! (want in werklikheid, vir die weergeborene, word die wil van die Here ook sy eie begeerte omdat hy nie meer onder slaafskap van sonde is nie), maar dit beteken nie dat dit nie "werke" is nie!
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------