Wys tans plasings met die etiket geestelike mense. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geestelike mense. Wys alle plasings

Donderdag 25 Mei 2023

Het jy die Heilige Gees?

Sonder weergeboorte is die mens oppad na sy dood (nie net die dood vd liggaam nie, maar ook die tweede dood, wanneer beide liggaam en siel in die hel gewerp word - ook genoem "die oordeel vd hel"). Die natuurlike mens dra vrugte vir die dood. 

Hierdie is 'n groot verskil tussen die natuurlike mens en die geestelike mens

Anders as natuurlike mense is GEESTELIKE MENSE (mense wat weergebore is) (1) die wie se sondes afgewas is en (2) die wat DIE HEILIGE GEES ONTVANG HET. Net hierdie groep mense ("geestelike mense") is instaat om vrug te dra tot (ewige) lewe! Sonder die AFWASSING VAN SONDES en  DIE ONTVANG VAN DIE HEILIGE GEES kan jy nie die ewige lewe oes nie - die wat die Heilige Gees het, is verseël is tot die dag van verlossing (Ef. 4:30)...

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------  

Net soos "water" nodig is om die liggaam of uiterlike mens te was, en water ook 'n teken is vir die afwassing van sondes, so is die Gees soos WATER vir die innerlike mens wat deur Jesus gegee word (Joh. 4:14) aan die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam (Joh. 7:38,39). Water is belangrik, en dit word ook baiemaal soos beeldspraak in die Skrif gebruik om vir ons iets belangrik te verduidelik bv., as die uiterlike mens nie water drink nie sal hy uiteindelik van dors doodgaan - op dieselfde wyse kan die innerlike mens nie sonder water lewe nie en sal van dors doodgaan as hy dit nie kry nie.  Die wat die Heilige Gees ontvang sal bv. nie deur die "tweede dood" gaan nie, want hulle het die "water" wat hulle aan die lewe hou (Joh. 6:35; 11:26).  Jesus is soos water vir ons - die wat in Hom glo, sal nooit dors kry nie (Joh. 6:35)(en ook nooit honger nie!, want Hy is die Brood vd lewe). Hy gee aan ons die water, nl. die Heilige Gees.  Geestelike mense is deur die Gees verseël tot die dag van verlossing... (hulle is soos mense wat "gemerk" is vir beskerming)(Ef. 4:30)(bestudeer gerus die betekenis van merke, bv. teken op die hand of voorhofsband onder die onderwerp van eersgeborenes). 

Daar is slegs een manier hoe iemand weergebore kan word, en dit is deur:

- (1) WATER: -vergifnis van sondes (wat in Jesus beskikbaar is)(afwassing van sondes, waarvan die Christelike waterdoop 'n teken is); en 

- (2) deur GEES: - MOET DIE HEILIGE GEES ONTVANG (wie deur Jesus gestuur word aan die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam).

M.a.w., die mens word weergebore deur water en Gees, wat terloops beide verkrygbaar is by Jesus Christus. Sonder die Heilige Gees (asook afwassing van sondes) kan niemand m.a.w. weergebore word nie, en sonder hierdie weergeboorte is niemand instaat om vrug te dra tot lewe nie. DIE ONTVANG VD HEILIGE GEES IS DUS  INDERDAAD BAIE BELANGRIK VIR SALIGHEID. Het jy die Heilige Gees? Is jou sondes afgewas? Maar natuurlik moet ons dan eers vra, glo jy in Jesus Christus? (want beide is by Hom verkrygbaar).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

As jy in Jesus Christus glo en vergifnis van sondes ontvang het, maar nie seker is of jy die Heilige Gees ontvang het nie, moet jy bid dat die Here Sy Gees aan jou stuur (Luk 11:13 - "As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?"). Daar is 'n roetine voor iemand die Heilige Gees kan ontvang, en hierdie roetine begin by geloof in Jesus Christus (want in Hom kan vergifnis van sondes verkry word, en die Gees word ook in Sy Naam uitgestuur). Soos reeds genoem, die ontvang vd Heilige Gees is een vd twee belangrike dele van wedergeboorte... - in ander woorde, as jy nie die Heilige Gees ontvang het nie, is jy nog nie gewederbaar nie! 

Almal wat tot geloof kom in Jesus Christus ontvang nie die Heilige Gees op dieselfde tyd of op dieselfde manier nie. Sommige ontvang Hom die oomblik wanneer hulle deur die WATERDOOP gaan, ander selfs nog voor hulle deur die Christelike doop gaan (Hand. 10). Dit kan gebeur terwyl die woord verkondig word... (Hand. 8:14-19; Luk. 11:13/Matt. 18:19; Hand. 19:1-6; Hand. 9:17), of tydens GEBED;  of deur HANDOPLEGGING... (Hand. 2:38; 10:47; 8:17-19 19:2-6). As jy jou tot Jesus Christus bekeer het en in Hom glo, en is gewaterdoop maar nie seker is of jy die Heilige Gees ontvang het nie, kan jy die Here vra om jou die Heilige Gees te stuur - bid die Vader in die Naam van Jesus Christus, en die Here sal jou Sy Gees gee... - maar l.w. die belangrikheid van ware bekering en gehoorsaamheid aan Jesus Christus as voorwaardes om die Heilige Gees te ontvang. Alhoewel daar spesifieke verandering is wat bewys dat iemand die Heilige Gees ontvang, is weergeboorte nie noodwendig so sigbaar die oomblik wanneer iemand die Gees ontvang nie (Joh 3:8 - "Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is"). As iemand bv. gevul word met "krag vd Gees" of gawes vd Gees, is dit makliker sigbaar dat so iemand die Gees ontvang het, maar siende almal nie dieselfde hoeveelheid krag en gawes ontvang nie is VERNUWING en GEHOORSAAMHEID aan Jesus Christus eerder 'n beter aanduiding dat iemand die Heilige Gees ontvang het. Mense wat die Gees ontvang het, word "nuwe mense" (en dit is duidelik sigbaar) en hulle wil gehoorsaam wees aan Jesus Christus. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maar wie is die Heilige Gees? Die woord "heilig" verwys na "afgesonder" - die "heilige" Gees is Gees van God wat afgesonder is vir kinders vd koninkryk.... In die O.T. was net sekeres onder die volk vervul met die Gees, bv. profete, priesters en konings...-Ps. 51:13,Jes. 63:11,Luk. 1:15, ens. (alhoewel die res vd volk tog die Gees in hulle midde gehad het). In die O.T. was die Gees basies gegee net aan die wat bedien het, die wat die Here se woord en wil moes oordra, die volk lei, leer, ens. Hierdie mense was bekwaam gemaak om spesifieke werke vir die Here te doen, en het daarom gawes en bedieninge ontvang bv., sommige kon profeteer, ander het besonderse wysheid en verstand gekry, of kon wonderwerke en genesings doen, of het besonderse insig gehad om die volk te lei, kon drome uitle, ens. - sommige kon selfs van een plek na 'n ander plek vervoer word in die Gees (2 Sam. 23:2; 2 Kron. 24:20; Neh. 9:30; Num. 27; 2 Kron. 15:1; Eks. 28:3; 31:3; 35:31; Gen. 41:38,39; Rig. 14; 2 Kon. 2:16; 1 Korn. 18:12; Eseg. 3:14; 8:3; 11:1,24;...ens.). Dit is baie soortgelyk van wat ons sien in die N.T. nadat die krag van die Gees uitgestort is...  Die doel hoekom hulle die Heilige Gees ontvang het was nie sodat hulle self iets besonders kon wees of geëer word deur mense nie, maar was "om te kan getuig" en om die Here se wil te ken en te laat seëvier. Ons sien dieselfde gebeur in die N.T. bv., toe die dissipels gevul is met die krag vd Gees op die dag van Pinkster is die eerste ding wat hulle gedoen het "om te getuig"!, en hulle het begin stap in gawes en bedieninge waardeur hulle die Here se wil kon uitvoer. Die volk van God/kinders, of "kinders vd koninkryk" het lank uitgesien na hierdie belofte dat (nie net sekeres nie, maar) alle gelowiges gevul sal word met die Heilige Gees wanneer die Messias kom. 

Die ontvang vd Heilige Gees het deels te doen met wedergeboorte (so iemand word geestelik vernuwe/word 'n NUWE MENS), en deels te doen met die bediening (die ontvang vd krag vd Gees...). Net soos daar spesifieke verandering plaasvind in die persoon wat wederbaar word (die wie se sondes afgewas word en die Heilige Gees ontvang-Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23)(bv. dat hulle begin anders sien en dink, soek die wil vd Here, begin om dinge op 'n geestelike manier te oordeel, ens.), so is daar ook spesifieke tekens wat volg wanneer iemand "die krag vd Gees" ontvang (wat terloops ook somtyds bloot na verwys word as "ontvang die Heilige Gees", maar l.w. dat die Christen gereeld met KRAG gevul kan word...-Hand. 4:29-31, maar wedergeboorte is eenmalig). M.a.w., die een wat weergebore word ontvang die Heilige Gees en die Gees bly by hom, maar wat die krag vd Gees aanbetref kan 'n weergeborene gereeld vervul word met meer krag...  Genadegawes word ontvang NA DIE MAAT VAN geloof, soort werk, gesindheid, ens. (Rom 12:7,8)(bv. profesie na die maat van geloof, ywer belangrik vir die wat voorganger wil wees, en so aan). Hierdie word uitgedeel deur die Gees soos Hy wil! Die wat die krag van die Gees ontvang word instaat om te kan GETUIG, en diesulkes ontvang verskillende GAWES en/of BEDIENINGE vd Gees (bv. gawe van wysheid of kennis of profesie of allerhande tale, uitleg van tale, geloof, werkinge van kragte, onderskeiding van geeste, ofgenadegawes van gesondmaking, bediening van lering, profesie, ens.)(1 Kor. 12:1-11; Rom. 12:6-8). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

As jy nie seker is of jy die Heilige Gees het nie, kan jy jouself aan die volgende meet:

(1)  Het jy jou bekeer en vergifnis van sondes ontvang? (hierdie is 'n voorwaarde!). Alhoewel die ontvang vd Heilige Gees 'n gawe is, is BEKERING en vergifnis van sondes nodig voor jy die Heilige Gees kan ontvang (Hand. 2:38)(Matt. 3:2; 4:17)(Hand. 2:38 - "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondesen julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang"). M.a.w., OM DIE HEILIGE GEES TE KAN ONTVANG, MOET JY TEN EERSTE JOU BEKEER EN VERGIFNIS VAN SONDES BY JESUS CHRISTUS ONTVANG.

(2) Glo jy in JESUS CHRISTUS? Jesus Christus het die mag om sondes te vergewe (Matt. 9:6), en die Gees word in Sy Naam uitgestuur.  Die Trooster, die Gees van waarheid wat deur die Vader uitgestuur word, word in die Naam van Jesus uitgestuur (Joh. 14:16,26);  daarom word die wat hulle bekeer "gedoop in die Naam van Jesus Christus"  (Joh. 7:39; 14:16,17)(Hand. 1:8; Luk. 3:16; 24:49; Joh. 20:22 - die Christelike doop is o.a. 'n teken van hierdie "vergifnis van sondes" wat in Jesus Christus verkrygbaar is (Joh 7:39 - "En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang WAT IN HOM GLO; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie")  (Hand. 2:38 - "En Petrus sê vir hulle: BEKEER JULLE, en LAAT ELKEEN VAN JULLE GEDOOP WORD IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang"). .  M.a.w., OM DIE HEILIGE GEES TE KAN ONTVANG (wat deel is van weergeboorte) MOET JY GLO IN JESUS CHRISTUS (Hand. 2:38), want Hy is immers die Een wat ons sondes kan afwas, asook die Een in wie se Naam die Heilige Gees uitgestuur word. Natuurlik moet "geloof" vandag ook beskryf word, want baiemaal bely iemand hy glo maar sy dade wys dat hy nie werklik weet wat geloof beteken nie. Geloof is nie net 'n belydenis nie! 'n (Ware) Christen glo in WIE Jesus Christus is, glo in WAT Hy verkondig, en is Hom gehoorsaam/DIEN Hom (hy word 'n slaaf van Christus). Dus, BEKERING tot die Here (om Hom te gehoorsaam) is belangrik vir iemand om die Heilige Gees te onvang.

(3) Dink en sien jy soos Jesus Christus?  (het jy jou bekeer tot die manier van hoe die Here sien - glo jy in Sy woorde?/is jy lief vir Hom?)(Joh 14:23 - "Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak"....................(Joh 14:26)  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het"). Nie almal wat deel is vd Christelike kerk het die Heilige Gees nie (Jud 1:19), of het die Gees vd waarheid nie  - maar sommige het die gees van dwaling... (1 Joh. 4:6). Die Heilige Gees is die Gees van waarheid;  daarom is dit maklik om te sien wie dien vir Jesus Christus en wie nie, nl. die wat die Gees van waarheid het, glo in die waarheid wat Jesus gebring het (en die Gees herinner hulle aan Sy woorde), maar die wat die Gees van dwaling het trek Jesus se woorde in twyfel en bely of verkondig watookal hulle sien as waarheid. Maklik om te bely jy glo in Jesus, maar weet dat "geloof" ook beteken dat jy in die waarheid glo wat Hy gebring het... Geloof gaan nie net oor "glo wie Hy is" nie, maar gaan ook oor om te "glo in Sy woorde" (wat natuurlik op beurt gekoppel is aan gehoorsaamheid en liefde vir Hom).  Die Heilige Gees gaan nie iets anders leer as wat Jesus geleer het nie - hierdie is dus 'n groot teken of iemand die Gees ontvang het of nie, asook is dit 'n teken van wie gehoorsaam is aan die Gees, nl. die wat ag gee op Jesus se woorde. Glo jy dat dit wat Jesus gepreek het die waarheid is en Hy deur die Vader gestuur is om die waarheid te bring? (Joh 18:37b - ".....................Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem). (Joh 14:15,16 - "As julle My liefhet, bewaar my gebooie. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid").      (Joh 14:23 - "Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak")(Mark. 1:15; 1 Kor. 2:14). OM DIE HEILIGE GEES TE ONTVANG, MOET JY JOU BEKEER TOT DIE MANIER HOE DIE HERE SIEN EN DINK (dit is immers o.a. waaroor bekering gaan, en gaan oor "wie jy dien") .    

(4)  Is jy gehoorsaam aan Jesus Christus (doen jy wat Hy van jou verwag)? Die Heilige Gees word gestuur aan die wat vir Jesus gehoorsaam (Hand. 5:30-32 - "Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is"). Vir wie dien jy? (Rom. 6:16). OM DIE HEILIGE GEES TE ONTVANG MOET JY VIR JESUS CHRISTUS DIEN / WIL AAN HOM GEHOORSAAM WEES.   Geloof gaan nie net oor "glo in wie Hy is" of "glo in Sy woorde" nie, maar gaan ook oor gehoorsaamheid (want "geloof sonder werke is dood")(Luk. 6:46; Jak. 2:26; Hand. 5:29).  Anders gestel, gehoorsaamheid is 'n bewys dat iemand glo!  Die wat in Jesus Christus glo is wel soos vrygemaaktes (vrygemaak van hulle slaafskap onder sonde), maar l.w. dat hulle "vrygekoop" is - vrygekoop deur Jesus Christus, en behoort dus nou aan Hom... (deur wie hulle vrygekoop is). In ander woorde, is "vrygekooptes" (vrygekoop van sonde) en dus nou SLAWE VAN CHRISTUS (is deur Hom gekoop)(1 Kor. 7:22).

(5) Het jy van binne verander?  Geestelike mense/weergeborenes weet gewoonlik hulle het die Heilige Gees...., want hulle het "nuwe mense van binne" geword (hulle innerlike mens is vernuwe!) - en die verandering is sigbaar!  Dit is duidelik te sien hoe iemand verander wanneer hy/sy die Heilige Gees ontvang (2 Kor. 3:3; Hand. 2:38). Jesus het hierdie verandering o.a. as volg beskryf: (Joh 7:38,39 - "Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie"). So 'n persoon begin sien, dink, praat, leef soos die Here wil (die Skrif verwys o.a. hierna dat so iemand nou 'n "nuwe mens" is/word - in die Christelike doop word hierdie o.a. voorgestel, hoe die weergeborene opgestaan het in 'n nuwe lewe... - natuurlik moet so iemand nou "anders wees").  Hierdie is dus 'n groot teken dat iemand die Heilige Gees ontvang het, en dit is dat weergebore mense (m.a.w.. mense in wie die Heilige Gees is) "verander" (hulle begin glo in die waarheid en wil leef volgens die Here se wil  - hulle is nou diensbaar aan die Here / is slawe van Christus...). Maar l.w. dat "bron" belangrik is hoekom iemand verander!, want sommige kom geestelik voor en het 'n gedaante van godsaligheid maar gebruik 'n ander bron. Mense wat egter die Here as bron het sal in die waarheid (bv. die Skrif of Jesus se woorde) glo, en sal die Here se wil in hulle lewens soek (gehoorsaamheid - bv., sal die Here raadpleeg, nie ander bronne raadpleeg nie). Hierdie "verandering" moet dus te wyte wees aan "verandering deur die Heilige Gees" (nuwe mens, gawes en bedieninge vd Gees, vrug vd Gees ens.), en dit word bewys deur die persoon se praat, doen en late ... - dit gaan beslis oor "DIE BRON".  M.a.w., waaraan is jou "verandering" toegeskryf?  (want ander gelowe kan ook mense verander!) - ons kan dus nie enige verandering wat goed voorkom toeskryf aan "verandering deur die Heilige Gees" nie...  OM TE BEOORDEEL OF IEMAND SE VERANDERING TOEGESKRYF KAN WORD AAN DIE HEILIGE GEES, MOET ONS DUS BEOORDEEL OF HY /SY DIE HERE AS BRON HET (bv., wat glo hy is die waarheid?/ vir wie raadpleeg hy?/ aan wie is hy gehoorsaam?, ens.).

(6) Het jy vrymoedigheid om die woord te verkondig? - getuienis en ywer is somtyds tekens dat iemand die Heilige Gees/krag van die Gees ontvang het. Hierdie was bv. o.a. ook een van die tekens nadat die dissipels gevul is met  die krag vd Gees in Hand. 4:32, is dat hulle "die woord van God met VRYMOEDIGHEID gespreek het!  En nie net dit nie, die wat die krag vd Gees ontvang verkry verskillende gawes en bedieninge (bv. om in tale begin praat, kan genees, profeteer, ens.). Alhoewel die "ontvang van die Gees" (Joh. 20:22) en "die ontvang van die krag vd Gees" (Luk. 24:49; Hand. 1:8) as twee afsonderlike geleenthede gesien kan word, gebeur dit nie noodwendig afsonderlik nie. As jy nie seker is of jy die krag van die Gees ontvang het nie, en graag vir die Here wil werk, bid dan vir die ontvang van krag van die Gees. 

(7) Dink en sien jy soos ander "geestelike mense" ? (1 Kor. 2:14,15; 3:1). Hierdie is 'n groot aanduiding of iemand die Heilige Gees het of nie - geestelike mense glo in die Skrif en glo in die waarheid wat Jesus gebring het, en hulle soek na die wil vd Here - en hulle stem saam hierin!, maar "natuurlike mense" het 'n wêreldse gees en dink en sien nie dieselfde as geestelike mense nie (hulle neem nie die dinge vd Gees aan nie;  en sal bv. ook nie die wat deur die Gees praat glo of ontvang nie - vir hulle is die waarheid bog - 1 Kor. 2:10-15). As jy in wereldse wysheid eerder glo as in dit wat Jesus verkondig het, dan kan dit een van twee dinge beteken:  (1) jy het nie die Heilige Gees nie; of (2) jy het die Heilige Gees maar is ongehoorsaam aan die Gees, hou nie vas aan die geloof nie, of het afvallig geword vd geloof...  AS JY DIE HEILIGE GEES HET SAL JY GLO IN JESUS SE WOORDE, EN OOK SAAMSTEM MET DIE WAT DIE WAARHEID VERKONDIG!

(8) Praat die Here met jou?  Wanneer iemand die Heilige Gees het begin hy die Here "hoor".  Die Here gebruik verskeie maniere om met ons te praat, bv. deur die Skrif, of deur drome en gesigte, of deur 'n engel na ons te stuur, deur 'n hoorbare stem, deur Sy Gees... ens. (Hand. 10:19). Mense wat gevul word met die Heilige Gees ervaar gewoonlik baie duidelik dat die Here met hulle begin praat, en dit gebeur op verskillende maniere... (en kan bv. o.a. wees dmv gesigte en drome - Eseg. 11:24, wat terloops baiemaal tydens gebed gebeur (Hand. 11:5; 22:17), of d.m.v. 'n droom (Hand. 16:9,10; 18:9, ens.).  Gesigte en drome is veral die twee maniere waarop die Here met die profete in die O.T. gepraat het... (Num. 12:16) - en l.w. dat hierdie verwys na mense wat die Heilige Gees gehad het.  Die belofte vd uitstorting vd Heilige Gees was ook gekoppel aan die feit dat die wat gevul word o.a. "gesigte sal sien" en "drome droom" (Joe 2:28; Hand. 2:17,18).  Ons moet egter die geeste op die proef stel! (1 Joh. 4:1), want die vyand gebruik ook somtyds soortgelyke metodes (met die doel om valse leerstellings te verkondig, mense te mislei om 'n ander Jesus te dien of ander gees ontvang of om 'n ander evangelie aan te neem...).  Bv., valse profete gebruik graag drome en gesigte om ander te mislei (Jer. 23:25-32; Jer. 29:8,9; Matt. 24:11; 2 pet. 2:1), en daar is selfs gelowe wat gebou is op 'n engel se woorde (1 Kon. 13:18). Die groot gevaar vir Christene is wanneer hulle "ander bronne" gebruik, en so was baie al blootgestel aan bose geeste, bv. dat daar aan iemand 'n gesig gewys is dmv 'n heidense vorm van meditasie (daarom moet ons die Here alleen as bron gebruik). Enige woord in stryd met die waarheid, kom nie van die Here nie (1 Kon. 13). As iemand 'n ander "waarheid" bring, of 'n ander Jesus, of 'n ander gees, dan getuig sy vrug dat hy nie deur die Here gestuur is nie.  As 'n persoon of engel bv. 'n woord bring in stryd met wat Jesus geleer het, dan is hy nie deur die Here gestuur nie (die Heilige Gees sal bv. nie iets anders leer as wat Jesus geleer het nie. Mense wie die Heilige Gees het, glo in Jesus se woorde ) -  so kan ons onderskei of dit die Here is wat met ons praat of nie.  DIE WAT DIE HEILIGE GEES HET GEBRUIK DIE HERE AS BRON EN ERVAAR DAT DIE HERE MET HULLE BEGIN PRAAT...

(9) Het die Here vir jou gawes, bedieninge en/of werke gegee?  Wanneer iemand stap in die gawes en bedieninge van die Gees, is dit gewoonlik ook 'n teken dat so iemand die Heilige Gees ontvang het (want die Gees gee aan hulle hierdie gawes en bedieninge;  dus hulle moet die Gees he om hierin te kan stap...).  Alhoewel die ontvang van die krag van die Gees (o.a. genoem "doping in die Heilige Gees", ook genoem "die gawe vd Heilige Gees ontvang") nie altyd op dieselfde tyd gebeur as wanneer iemand wederbaar word deur (water en) Gees nie, word daar na enige van hierdie verwys as "ontvang die Gees". Die begrip "ontvang die Gees" word dus gebruik vir beide gevalle waar iemand (1) vernuwe word deur die Gees (2) of krag ontvang vd Gees - somtyds gebeur hierdie op dieselfde tyd. In werklikheid kan geestelike mense gedurigdeur "gevul word met die (krag vd) Heilige Gees" - nie bedoelende dat die Gees hulle telkens verlaat nie!, maar bedoel dat hulle "meer krag kan ontvang"... (gawes, bedieninge en werke); of spesifieke krag ontvang waar dit nodig is (Hand. 13:52). Hierdie gaan gewoonlik gepaard met gebed (Hand. 4:29-31), en geestelike mense ontvang ook nie almal dieselfde gawes en bedieninge nie (1 Kor. 14). Daar is verskeie gawes en bedieninge vd Gees, bv. gawe van wysheid, gawe van kennis, gawe van profesie, gawe van genesing,gawe van tale, gawe van uitleg van tale, gawe van onderskeiding, apostoliese bediening, profetiese bediening. bediening van lering, kragte, helpers, regeringe...ens. L.w., daar is ook mense in die wereld wat in sg. gawes en bedieninge stap wat nie die Heilige Gees as bron het nie (bv. geestelike genesers in satanisme, waarseers wat ander geeste as bron gebruik, ens.). Christene moet hier kan onderskei - daarom is "wie ons raadpleeg" belangrik, maar somtyds kom hierdie mense in die kerk in om die volk te verlei. Dit gaan oor "die bron" - as iemand nie die Heilige Gees as bron het nie, sal hy nie die waarheid liefhe nie (maar wereldse wysheid verkondig), en sal bv. nie glo in Jesus woorde nie (maar eie sieninge verkondig), en sal hom nie onderwerp aan die Here se wette nie (maar doen soos hulle wil). Maar ons moet ook kennis neem dat nie almal wat in gawes en bedieninge stap in die Christelike kerk, hulleself onderwerp aan die wil van die Here nie.  Sommige weergeborenes gebruik die gawes tot eie voordeel; m.a.w., hulle het die Heilige Gees ontvang, en selfs krag vd Gees ontvang, maar is nie gehoorsaam aan die Gees nie - bv. om sg. te profeteer maar dan uit eie wil... (bv. om te profeteer dit wat hulle dink die persoon eerder moet hoor as  wat die Here hulle opdrag gee om te se);  of om sg. te vermaan maar is besig om die persoon verkeerd te oordeel, of sg. lering te gee, maar dan volgens eie siening, ens...  Nie almal wat in "gawes" stap, is gehoorsaam aan die Gees nie! Die gawes en bedieninge van die Heilige Gees is dus onderwerp aan die Here se wil (aan die waarheid, aan opdrag vd Here, ens.). Daar is dus mense in die Christelike kerk wat die Heilige Gees het, maar die gawes en bedieninge namaak of verkeerd gebruik.  

(10) Hoe lyk jou vrug?  Die "VRUG VAN DIE GEES" is ook 'n teken dat iemand die Heilige Gees het... Hierdie vrug (doen/optree ens.) verwys na baie spesifieke soort vrug, bv. vrug wat iemand oes omdat hy/sy "die wil van die Here doen", verwysend na die wat diensbaar geword het aan die Here (Rom. 6:21,22). Nie alle soorte goeie werke kan bv. hierdie soort vrug oes nie, maar geestelike mense is instaat om hierdie soort "vrug te dra wat tot ewige lewe kan lei"... Die natuurlike mens se uiteinde is egter die dood (maak nie saak watter soort vrug hy gedra het nie, want sonder vernuwing kan jy nie die regte soort vrug dra nie).  Mense word baiemaal voorgestel soos saad wat in die wereld geplant word, en soos bome/plante groei en VRUG DRA . Natuurlike mense dra vrugte vir die dood, maar geestelike mense dra vrugte tot lewe (vgl. gerus hierdie ook met die tema van "geestelike groei" , bv. dat die geestelike mense geestelike kos en water nodig het om te kan groei, en vrug dra...). Hierdie vrug verwys na doen/praat/optree (goeie werke/goeie gesindheid) ens. - dinge soos vredeliewendheid, vriendelikheid, barmhartigheid, goeie lewenswandel, stoflike goed met ander deel, en so aan (Jak. 3:11-18; Fil. 4:17; Rom. 15:26-28). Jesus het bv. geleer dat nie elkeen wat vir Hom se "Here, Here" sal ingaan in die koninkryk van God nie, maar slegs die wat "die wil vd Vader doen". Sommige Christene sal bv. sg. 'n profesie of lering gee, maar dan is dit woorde uit hulleself / hulle praat uit hulleself (bv. wat hulle dink die persoon moet hoor;  of preek wereldse wyheid, nie die waarheid nie) - sulke soort profesie/lering is nie volgens die wil vd Here nie..., en kan dus nie vir hulle die vrug (tot ewige lewe) oes nie, al kom dit ook godsalig voor (omdat dit nie is volgens die wil vd Here nie)(Matt. 7:22,23). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 11 September 2021

As jy nie in Jesus se woorde glo nie, dan glo jy nie regtig in Hom nie

As iemand bely hy GLO in Jesus, dan moet hy natuurlik ook glo in Sy woorde... 

Somtyds bely iemand dat hy in Jesus Christus glo, maar dan wanneer jy met daardie persoon begin gesels kom jy gou agter dat h(s)y eintlik iets anders glo as wat Jesus geleer het. Baie leringe deur Jesus gegee, bv. leringe oor die koninkryk ("evangelie vd koninkryk"), is vandag verdraaid of word verskillend gepreek van wat Jesus geleer het. Ons moet ag gee op Jesus se woorde, want ons kan nie bely ons glo in Jesus maar glo nie in Sy woorde nie. 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE EVANGELIE gaan oor:
- die evangelie van Jesus Christus, en deels oor
- die evangelie vd koninkryk (Matt. 24:14; Mark. 1:14,15), en deels oor
- die evangelie van vrede.    Die woord "evangelie" is die Griekse woord "yoo-ang-ghel'-ee-on", wat beteken "goeie boodskap". Natuurlik is die "boodskap vd koninkryk" ook deel van die boodskap/evangelie van Jesus Christus, want Jesus se leringe het baie gegaan oor die KONINKRYK VAN DIE HEMELE/GOD - dit is immers een van die redes waarom Hy gestuur was! (Luk. 4:43; 8:1). Ons merk dat Jesus die "evangelie vd koninkryk" verkondig het oral waar Hy rondgegaan het... (Matt. 4:23; 9:35; Mark. 1:14; Luk. 4:34; Luk. 8:1; Luk. 16:16...)(Mar 1:14,15 - "En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en GLO DIE EVANGELIE"). Na watter evangelie het Jesus hier verwys wanneer Hy hulle vra om die evangelie te GLO?  Natuurlik die evangelie wat Hy verkondig het...- nl. die "evangelie vd koninkryk"(Mark. 1:15). Wanneer sommige nou kom en iets anders preek oor die Koninkryk as wat Jesus gepreek het oor die Koninkryk, hoe kan hulle dan bely dat hulle glo in die evangelie wat Jesus gebring het?  As ons bely dat ons glo in Jesus Christus, dan moet ons glo in dit wat Hy verkondig het oor die koninkryk, want die "evangelie van Jesus" gaan ook oor die evangelie wat Hy gebring het oor die koninkryk. 
 
L.w. dat leringe oor die koninkryk van God (m.a.w. die "evangelie vd koninkryk") het hulle oorsprong veral in leringe wat Jesus gebring het... (en sommige gedeeltelik uit O.T.iese profesieë)(Matt. 13:35 - "sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af").
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In Luk. 16:16 wil dit lyk of die "evangelie vd koninkryk" gestel word teenoor "die wet en die profete" (Luk 16:16 - "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin"), asof "die evangelie vd koninkryk" die wet en profete vervang, maar daarmee word egter nie bedoel dat die wet tot niet is of dat die Here se reels nie belangrik is nie, maar waarna dit verwys is dat die Here se wet en voorskrifte nou vervul word in "die evangelie vd koninkryk" (en terloops, in die evangelie vd koninkryk het wette 'n sterker betekenis gekry!). Ons sien dus hoe belangrik hierdie EVANGELIE is wat Jesus oor die koninkryk gebring het, want as ons nie weet wat presies Hy hieroor geleer het nie, hoe sal ons weet wat die Here van ons verwag, Sy reëls, hoe ons gewas word?, hoedanig Sy koninkryk is?, hoe ons salig word, ens.? As ons bely dat ons in Jesus Christus glo, dan moet ons natuurlik die evangelie glo wat Hy gebring het (Mark. 1:15).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Behalwe spesifieke dinge wat oor die koninkryk geprofeteer was, het Jesus self vir ons baie meer kom leer oor die koninkryk (in "die evangelie vd koninkryk"), bv. dat dit klein begin maar baie groot sal word en terloops groter as enige ander koninkryk op aarde!  Hierdie is goeie nuus vir elke gelowige, wat soos 'n spreekbuis in hierdie wêreld staan vir die Here se "party". 'n Koninkryk verteenwoordig natuurlik 'n plek en 'n volk met 'n koning... Somtyds word die term "koninkryk vd hemele" gebruik, en somtyds "koninkryk van God". Die Here se koninkryk is in die hemele, ja (en Hy is huidiglik daar teenwoordig), maar daar is ook geprofeteer dat Hy van die hemel af sal (terug)kom en 'n koninkryk op aarde kom oprig (Dan. 2:44)(Openb. 19:11-21; 16:12-21). Maar hierdie koninkryk verwys natuurlik nie net na 'n fisiese koninkryk wat eendag op aarde sal wees nie, maar is ook "geestelik" van aard in die sin van dat die Here alreeds hier teenwoordig is d.m.v. Sy Heilige Gees (in daardie opsig het die koninkryk al gekom - maw nie met sigbare tekens gekom nie...). Geestelike mense is die kinders van hierdie koninkryk, en sien uit na die fisiese koninkryk op aarde wanneer Jesus terugkom. 

Jesus het ook geleer dat die koninkryk gesien moet word soos 'n verborge skat in 'n saailand, of is soos 'n kosbare pêrel (Matt. 13:44-46) - uit die vgl. wat Hy hier maak kan ons leer dat dit die moeite werd is om alles te "verkoop" ter wille van die Koninkryk. (Mat 13:44-46 - "Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand. Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit"). So belangrik is dit om (eers) die koninkryk te soek en Sy geregtigheid (en alle ander dinge, bv. wat jy nodig het, sal vir jou bygevoeg word...)(Matt. 6:33). Natuurlik is dit belangrik om te werk en te sorg ens., maar die koninkryk moet voor al hierdie dinge gesoek word!  Dit is bv. belangriker om die Here eers te raadpleeg voor jy iemand anders raadpleeg. Dit is belangrik om eerste te bid wanneer jy siek is, voor jy dokter toe gaan. Dit is belangriker om eerste te bid vir voorsiening, voor jy gaan werk daarvoor... Die Here moet ons bron wees -  kinders vd koninkryk moet besluite neem volgens Sy wil en Sy reëls, moet leer wat Hy geleer het, ens..  Daarom moet ons ag gee op Jesus se leringe, dit wat Hy geleer het oor die koninkryk van God, en verstaan dat hierdie leringe belangriker is as wereldse wysheid of ons eie slotsomme, en belangriker as wat enige iemand anders leer of getuig. Selfs as jy dink die Here praat met jou (bv. deur "woord", 'n engel, droom, visioen ens.), moet daardie woorde klop met wat Jesus geleer het!  As dit nie klop nie, kom dit nie van die Here af nie. Wat Jesus geleer het oor 'n onderwerp is m.a.w. belangriker as wat enige iemand anders daaroor te sê het of daaroor leer.  Ons moet eerste by die Here leer voor ons na ander leermeesters luister. 

Leringe oor die koninkryk (die evangelie vd koninkryk) verander ons uitkyk op die lewe en die manier hoe ons sien en dink. Ons moet seker maak dat ons ons bekeer het tot die manier hoe die Here sien en dink...(Mar 1:15 - "en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie").
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Saterdag 18 April 2020

Die Christelike kerk as NUWE MENS

Die begrip "nuwe mens" in die Skrif word nie net gebruik van iemand wat nuut word deur wedergeboorte en hom met die nuwe mens beklee (Ef. 4:24; Kol. 3:10) nie, maar word ook gebruik van die Christelike kerk (van Christene as 'n groep waarvan Jesus Christus die hoof is)(Ef. 2:11,15). As ons Israel, die Joodse volk (die gebore uit Abraham, Isak, Jakob, 12 stamme...) kon voorstel soos 'n mens (en word terloops voorgestel soos 'n vrou - Jes. 54:5), dan kan die Christen-volk gesien word soos 'n "nuwe mens" want hierdie "mens" lyk nou anders (omdat hulle nie net Israel is nie, maar Israel en heiden EEN vd wat in Christus glo).  In die O.T was sommige mense vervreemd vd burgerskap van Israel en uitgesluit vd beloftes, maar nou kan almal deel hê hierin deur Christus Jesus - Ef. 2:12 - word na verwys as die "evangelie van vrede".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Mens bestaan uit liggaam, siel en gees - sou iemand weergebore word dan lyk sy liggaam siel en gees anders (wat natuurlik verwys na die innerlike mens, maar Christene het ook hoop op opstanding vd uiterlike mens eendag).
As die Christelike kerk dan nou soos 'n (nuwe) MENS (wat terloops bestaan uit liggaam, siel en gees) voorgestel word, dan kan die kerk voorgestel word asof dit ook bestaan uit 'n LIGGAAM, SIEL en GEES.

Dus, 'n vernuwe Israel (die "nuwe mens") se "liggaam, siel en gees" lyk anders:
-  wat die LIGGAAM aanbetref (liggaam verwys na vlees, vel, nageslag ens..) het die "ou" mens bestaan uit die Joodse volk (die gebore uit die saad van Abraham, Isak, Jakob...)(en die besnydenis 'n teken hiervan), en het die belofte van eendag aanneming tot kinders verkry deur geboorte.  Die "nuwe mens" bestaan uit almal wat in Jesus Christus glo en gewederbaar is (Christelike doop 'n teken hiervan) - hulle het die belofte van eendag aanneming tot kinders verkry deur wedergeboorte ("gebore uit God se saad")(is die volk van "eersgeborenes").  Die nuwe mens is "Jood en heiden" EEN in Christus;
-  wat die GEES aanbetref (gees verwys na asem) het die "ou" mens die Heilige Gees in hulle midde gehad (die Here was by hulle d.m.v. die tabernakel of tempel).  Maar i.g.v. die "nuwe mens" het elkeen wat aan hierdie nuwe liggaam behoort, die Heilige Gees (lewe deur die asem vd Heilige Gees) - elkeen van hulle ontvang die Heilige Gees en is soos 'n tempel vd Gees en die Here is heeltyd by hulle.
-  wat die SIEL aanbetref (siel verwys na hart, bloed ens.) het die "ou" mens vergifnis verkry deur bloed- en lamsoffers wat met hande verrig was, en hulle was gelei deur priesters en profete en konings, en het die wet gehad (bv. die wet van Moses) (was m.a.w. "onder die wet", was 'n "slaaf vd wet"). Die "nuwe mens" het vergifnis en die belofte van lewe deur die bloed- en liggaamsoffer van Christus.  Wat die nuwe mens aanbetref is die Here se wette op die tafels van hulle harte geskrywe (hulle harte is besny en daarom word hulle nie gesien as onbesnedenes nie) - hulle word gelei en leer deur die Heilige Gees, en is dus nie onder die wet van Moses nie maar "onder" die Gees - is gehoorsaam aan die Heilige Gees (is 'n slaaf van Christus), en word deur Hom gelei en leer, en Hy werk deur elkeen van hulle gawes en bedieninge (om bv. te doen wat die priesters en profete en konings moes doen in die O.T. - die nuwe mens is soos 'n priesterdom).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:


Elke weergebore mens kan voorgestel word soos 'n NUWE MENS omdat hulle innerlike vernuwe is, asook word hulle daagliks vernuwe (in die sin van "nie onder die wet nie, maar is onder die Gees")(asook het hulle die belofte van eendag vernuwing vd uiterlike mens - "die opstanding"). Die term "met Christus beklee" is 'n goeie beskrywing van hierdie indoping onder die kinders van God, en verwys spesifiek na die wat in Christus gedoop is (kyk Christelike doop). In konteks Gal. 3 gaan "om met Christus beklee te word" veral oor "erfenis" - m.a.w. wie dit is wat eendag gaan erf! (bv., wie is dit wat beklee is met "die klere van heil"? - Jes. 61:10; Gal. 3:29). Vgl. hierdie met die onderwerp "kinders van Abraham". Bv., in Jesus Christus het elkeen wat in Hom glo dieselfde erfenis as die kinders van Abraham... (hulle is soos kinders van Jesus Christus, en word genoem,"kinders vd geloof")(Jesus Christus is gebore uit Abraham, Isak, Jakob... Dawid, uit dieselfde bloed maar uit onverganklike saad.  As kinders vd geloof uit Christus gebore is, m.a.w., uit Sy saad - natuurlik figuurlik nie letterlik - dan sal hulle ook eendag deel wees vd groep wat gaan erf want die erfenis is uit hierdie familie!). In ander woorde kan "vel en vlees", of "die ligaam" gesien word soos 'n bekleding of 'n huis. "Saad" bepaal hoedanig hierdie "huis" of bekleding sal wees (en hetsy verganklik of onverganklik)(vgl. met die tema van "vlees en been" wat veral gebruik word vir familie - is vlees en been van mekaar).  Op dieselfde wyse is kinders vd geloof vlees en been van Christus en is dus met Hom BEKLEE (met hierdie "huis" beklee). "Vlees en bloed" is 'n ander beskrywing maar weer meer in konteks met die hele mensdom (wat almal familie is van mekaar - almal deel in dieselfde bloed - Hand. 17:26). Die "natuurlike mens" is gebore uit die saad van Adam (en het daarom verganklike vlees), en verwys na die mensdom.  Die "geestelike mens" is gebore uit die saad van God, en is daarom onverganklik, en verwys na die kinders van geloof (in Christus Jesus) (verwysend na hulle innerlike, en hulle sal ook eendag nuwe uiterlike kry wat onverganklik is) - wedergeborenes ("kinders van Jesus Christus") verwys na die wat geskep is uit Christus se bloed..., en deur die Heilige Gees is hulle gebore uit Sy saad.

Elke weergebore mens word gesien as deel vd "Liggaam van Christus" ('n term wat gebruik word vir die Christelike kerk waarvan Jesus Christus die hoof is - 1 Kor. 12:27) en word as lede van hierdie liggaam gesien, elk met verskillende gawes en bedieninge soos die Heilige Gees aan hulle toebedeel. Dus, as die kerk genoem word "liggaam van Christus" dan word elke kind vd geloof gesien as 'n lid van hierdie "liggaam" en hulle deel almal in dieselfde bloed, die harte is vernuwe (wat verwys na die siel van die "liggaam van Christus") is uit dieselfde saad gebore (verwysend na die liggaam vd "liggaam van Christus"), en hulle haal asem deur dieselfde gees (verwysend na die Heilige Gees waardeur hulle lewende siele is en geword het).  Christelike kerk as "nuwe mens" en "liggaam van Christus":
-  liggaam verwys na die LEDE (die volk van eersgeborenes/priestervolk), na WERKE (hulle doen nie meer die ou werke nie), KLERE (sonde is bedek / heilskleed / is nie meer naak)(en sal ook eendag beklee word met 'n nuwe uiterlike / verheerlikte liggame), KOS en WATER (kan groei en vrug dra tot ewige lewe omdat hulle die regte soort geestelike kos en water kry).......ens. ;
- siel verwys na "lewende siel" (is 'n lewende siel deur die asem vd Heilige Gees), hulle deel almal in een BLOED (is familie van mekaar - weergebore/gebore uit God se saad) en is een van HART (harte vernuwe en hulle dink eenders)........ens.;
- gees verwys na die HEILIGE GEES (is elkeen 'n tempel vd Heilige Gees - God by hulle) (hulle innerlike lewe deur die asem vd Heilige Gees - kan nie doodgaan nie en die Gees hou hulle in bewaring tot die dag van verlossing); hulle word gesien as "geestelike mense" (natuurlike mense het die gees vd wereld, maar geestelike mense het die Gees van God......
------------------------------------------------------------------------------------------------------------