Dinsdag 25 Februarie 2014

Somtyds is ons kleingelowig

Dit  is duidelik dat sommige mense meer geloof het, en ander minder geloof 
hierdie is ook 'n skriftuurlike feit!  (kyk bv. Matt. 8:10; 17:19,20; Mark. 4:40; Luk. 18:8; Hand. 11:24; Luk. 17:6). 
Selfs waar Jesus twee blindes genees het in Matt. 9:29, het Hy die volgende aan hulle gesê nadat Hy hulle oë aangeraak het: "Laat dit vir julle wees volgens julle geloof".  

-In Matt. 17 kon die dissipels nie 'n duiwel uitdryf nie - Jesus se antwoord aan hulle hoekom hulle dit nie kon doen nie, was as volg:  "...Deur julle ongeloof, ...". In hierdie geval gee Hy hulle ook die oplossing om "meer geloof" te kry, nl. - "gebed" en "vas"  (Mat 17:21).
-Ook in Nasaret het Jesus nie baie kragtige dade gedoen nie weens hulle ongeloof! - (Mat 13:58) - ook in hierdie geval is dit duidelik hoekom hulle ongelowig was, want alhoewel hulle absoluut verslae was oor Sy lering en wysheid, het hulle "logika" veroorsaak dat hulle nie wou glo nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"KLEIN GELOOF" of "ONGELOOF" veroorsaak dat die Christen se gebede nie altyd beantwoord word nie, of dat hy nie altyd die Here se krag ervaar nie! Al het iemand nie die nodige geloof nie, beteken dit nie dat die Here dit nie nog steeds kan doen nie, maar Hy vereis geloof van ons voor Hy Sy hand uitstrek. Geloof is nie geloof tensy iemand "vertrou" nie!
Baie sien geloof as "om positief te dink", m.a.w. "glo dat iets sal gebeur, en dit sal gebeur".  Ander glo weer dat hulle woorde soveel krag dra dat, sou hulle dit uitspreek wat moet gebeur, dit sal gebeur.  MAAR nie een van hierdie twee sieninge beskryf regtig wat dit beteken om te glo nie!  INTEENDEEL, IN LUK. 17 VERDUIDELIK JESUS DAT 
"MEER GELOOF" EERDER TE DOEN HET MET "OM SOOS 'N ONVERDIENSTELIKE DIENSKNEG TE WEES"!  "MEER geloof" gaan dus oor GEHOORSAAMHEID.  Die een wat tyd spandeer in gebed en vas en die wil van die Here soek, nie sy eie wil nie (m.a.w. waar "logika" nie 'n rol speel nie, maar dit gaan oor "gehoorsaamheid" en "die wil van die Here). Dit is die een wat meer geloof gaan kry. Maar waar "meer geloof" gaan oor "wat ons kan kry, of wil he", dien ons onsself, nie die Here nie! Daarom het "meer geloof" te doen met "om soos 'n dienskneg te wees".

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/die-post-wat-het-logika-daarmee-te-doen.html

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/n-wonderwerk-in-wording.html
---------------------------------------------------------------------------------------------
In die geval van "min geloof" of "KLEIN GELOOF", is daar ook ander spesifieke dinge wat veroorsaak dat ons klein geloof het, bv. 
TWYFEL,
 VREES EN 
BEKOMMERNIS! 

- twyfel veroorsaak dat ons nie wonderwerke ervaar nie (lees Matt. 14:22-35), 
-bekommernis veroorsaak dat ons nie altyd reg verstaan of "hoor" nie (lees Matt. 16:5-12), en 
-vrees veroorsaak dat ons gebede nie beantwoord word nie (lees Matt. 8:23-27).

"TWYFEL"  VEROORSAAK DAT ONS NIE WONDERWERKE ERVAAR NIE:
In Matt. 14:22-35 sien ons dat "twyfel" die oorsaak was waarom Petrus begin sink het. Kyk veral die woorde:  "maar toe Petrus die sterk wind sien, het hy bang geword" - omstandighede laat ons twyfel.  Baiemaal weet ons goed wat die Here se wil is en ons kan 'n stap van geloof neem, maar die oomblik wanneer omstandighede verander of mense teen ons draai, dan begin TWYFEL ons - hierdie twyfel veroorsaak dat ons dit nie kan deurvoer nie - en dan wonder ons wat het gebeur en baie mense neem dan die Here kwalik dat dit nie uitgewerk het nie, terwyl dit die persoon self is wat begin twyfel het.  ONS MOET ONS OE OP DIE HERE HOU, nie op omstandighede nie.  ONS MOET HOM BLY VERTROU (aanhou vertrou), al is die storm nog nie oor nie. Natuurlik geld hierdie nou nie vir selfverheffing of eie wil nie - l.w. dat Petrus eers seker gemaak het dit is die wil van die Here voor hy op die water gegaan het - meer geloof gaan oor gehoorsaamheid!, nie oor my eie wil nie).

"BEKOMMERNIS" VEROORSAAK DAT ONS NIE ALTYD REG VERSTAAN OF "HOOR" NIE:
In Matt. 16:5-12 sien ons dat bekommernis veroorsaak het dat die dissipels vir Jesus verkeerd verstaan het - hulle het nie "gehoor" wat regtig gese was nie - hulle gedagtes was so op die brood wat hulle vergeet het en hulle so bekommerd oor wat hulle gaan eet, dat dit veroorsaak het dat hulle nie reg gehoor het nie. (L.w. dat hierdie vb. te doen het met "bekommernis oor daaglikse behoeftes").  Die Here wil nie he dat ons bekommerd moet wees oor daaglikse behoeftes nie, maar dat ons Hom eerder moet vertrou.  Dit geld natuurlik nou nie vir allerhande begeertes nie.  Daarom praat die skrif baie oor hoe ons ons gedagtes moet vernuwe en moet plaas op die dinge daarbo.  Wanneer ons gedagtes heeltyd op die wereldse dinge is, dan dink en sien ons soos die wereld sien, nie soos die Here sien nie (Matt. 6:23-28). "Bekommernis" is 'n teken van min geloof, en wys dat die persoon nie regtig die Here vertrou nie. Dit beteken nie dat ons nie hoef te werk vir ons brood nie, maar gaan oor GEDAGTES - ons moenie heeltyd loop en top oor behoeftes nie, maar die Here vertrou - dan sal ons ook hoor wanneer Hy met ons praat, en verstaan wat Hy se. Wanneer ons gedagtes heeltyd is op die sorge van die lewe, dan sukkel ons om "te hoor" van die Here.  Die gelowige word gewaarsku hierteen!  Vgl. dit met die gelykenis van die Saaier - die derde groep: (Luk 8:14 - "En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie") - .l.w. dat die gelykenis van die saaier gaan oor "die wat hoor", of "nie hoor nie", of "wel hoor, maar verstik word deur sorge en rykdom en genietinge..." - en dan gaan hulle sukkel om te hoor - Hierdie dinge kan veroorsaak dat 'n gelowige geen ryp vrug dra nie! 



"VREES" VEROORSAAK DAT ONS GEBEDE NIE BEANTWOORD WORD NIE:
In Matt. 8:23-27,  noem Jesus hulle "kleingelowiges" - a.g.v. hulle vrees was hulle paniekbevange i.p.v. OM TE GLO (vertrou).  Vrees veroorsaak ongeloof.  In daardie toestand het daar nie 'n uitweg gekom nie, maar eers toe hulle die Here wakker maak en om hulp vra;  alhoewel hulle Hom toe kwalik neem dat Hy hulle nie help nie! Dit is presies wat ons ook somtyds doen - in plaas van om Hom te vertrou, raak ons bevrees en neem Hom eerder kwalik dat Hy nie vir ons help nie.  

(hier die belangrikheid van GEBED en VAS...).
=================================================================================


Gedagte vir die week:


AS ONS GEDAGTES OP DIE HERE IS EN OP SY DINGE, EN ONS HOM VERTROU, IS DAAR NIE VEEL PLEK VIR BEKOMMERNIS, VREES EN TWYFEL NIE;  bekommernis, vrees en twyfel veroorsaak dat ons sukkel om te vertrou...  Kom ons maak in hierdie week seker dat ons eerder die wil van die Here soek, as om besluite te neem volgens "logika" - dat ons daadwerklik tyd maak in gebed en tyd vir vas, en dat ons ons eie gedagtes verander, dat ons bewus raak van wat ons dink en ons gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus  - dan sal ons ook die Here se kragtige werke in ons lewens ervaar.  
Laat ons wees soos onverdienstelike diensknegte ...

(Kol. 3:2 - "Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie").

=================================================================================

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.