Sondag 07 Junie 2015

Spreek vry, en julle sal vrygespreek word

(Luk 6:37)  En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
As ons hierdie vers ons "vers vir die dag" sou maak, dan sal dit interessant wees om te hoor hoe elkeen dit verstaan.  Meeste Christene sal van die veronderstelling wees dat Jesus hier bedoel het dat ons almal onvoorwaardelik moet vryspreek/vergewe (sodat ons ook vrygespreek/vergewe kan word). M.a.w. hulle doel hoekom hulle wil vryspreek is om self vryspraak te ontvang, maar die rede hoekom iemand vryspreek is nie "om vryspraak te ontvang nie" (alhoewel dit 'n beloning is vir die een wie se hart reg is), maar die doel moet wees a.g.v. BARMHARTIGHEID!

Ons dink dat ons altyd verstaan wat 'n begrip soos vryspraak beteken omdat ons denke gevorm is deur die manier hoe leermeesters (volgens ons keuse) dit verstaan en aan ons verduidelik het, maar wat belangrik is, is dat ons dit verstaan soos Christus Jesus dit bedoel het, nie "wat elkeen dink dit bedoel" nie!  Wanneer ons bv. na die konteks van hierdie skrif gaan kyk, dan het dit direk te doen met die begrip van "BARMHARTIGHEID".  Kyk veral Jesus se woorde in die vorige vers: (Luk 6:36)  "Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is". Om iemand verkeerd te oordeel, of om te veroordeel, gaan daaroor dat iemand NIE BARMHARTIG IS NIE, m.a.w., dit gaan daaroor dat iemand NIE WIL VRYSPREEK NIE.  'n Goeie vb. hiervan is die van Jona.  Jona wou nie na Nineve toe gaan nie - nee, nie omdat hy bang was nie!!, maar omdat hy NIE WOU VRYSPREEK NIE!  Hy wou hulle nie barmhartig wees nie;  hy wou hulle nie waarsku nie, want dan sou hulle die geleentheid kry om hulle te bekeer...

(Jon 3:10)  En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.
(Jon 4:1)  Maar Jona was hieroor erg ontstemd, en hy het kwaad geword.
(Jon 4:2)  Toe bid hy tot die HERE en sê: Ag, HERE, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U ‘n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil...................

(Jon 4:11)  Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd en twintig duisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter— en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee?

Jona wou hulle NIE VRYSPREEK NIE, daarom wou hy hulle nie waarsku nie!  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE MANIER HOE MEESTE VAN ONS VANDAG VERSTAAN WAT DIT BETEKEN "OM BARMHARTIG TE WEES of om mense vry te spreek", SOU WEES DAT ONS DIE MENSE VAN NINEVE ONVOORWAARDELIK VERGEWE - sonder om hulle te waarsku!?, 
MAAR "OM BARMHARTIG TE WEES", BETEKEN EERDER DAT ONS HULLE DIE GELEENTHEID GEE OM HULLE TE BEKEER TOT DIE HERE (m.a.w. "ons wil hulle graag vryspreek en daarom hulle waarsku sodat hulle die Here se voorwaardes kan nakom, sodat hulle vergifnis kan ontvang).  As ons hulle nie waarsku nie, het ons nie liefde nie.  Dit is ook die rede waarom baie Christene glad nie vandag dink dat dit belangrik is om te evangeliseer nie, want hulle verstaan nie wat barmhartigheid regtig beteken nie.  Hulle dink dit is liefde wanneer hulle stilbly oor die waarheid, of liefde wanneer hulle iemand onvoorwaardelik vergewe sonder om hom te waarsku?  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html). 


 Jesus het duidelik verwys na hoe ons ander "'n kans moet gee".  Wanneer ons daardie mentaliteit het, dan wil ons graag vryspreek.

========================================================================

GEDAGTE:

Baie Christene dink vandag dat vryspraak gekoppel is aan hulle voorwaardes, maar die waarheid is dat dit gekoppel is aan die Here se voorwaardes.  As iemand nou die Here se voorwaardes wel nakom, dan word dit van jou verwag om vry te spreek - in daardie konteks:  Spreek vry, en julle sal vrygespreek word - in daardie konteks moet ons barmhartig wees, en dit moet ons hoop wees dat iemand gehoorsaam raak aan die Here. 
Daarom verwag die Here ook van ons dat ons tot 70 x 7 keer vergewe!, maar Hy verwag nie van ons om te vergewe as iemand nie Sy voorwaardes nakom nie! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/soos-ons-ook-ander-vergewe-1.html). Niemand kan vrygespreek word as hulle nie die Here se voorwaardes nakom nie...  Ek kan nie iemand wat in opsetlike sonde stap onvoorwaardelik vryspreek (sonder dat daar van hom verwag word om hom te bekeer nie), bloot omdat ek self vrygespreek wil word nie!

Jona wou hulle NIE VRYSPREEK NIE, daarom wou hy hulle nie waarsku nie!  
Die vraag is, het ons harte wat "wil vryspreek"?, of is ons harte soos Jona s'n wat gevoel het Nineve se mense verdien nie om vrygespreek te word nie, en daarom wou hy hulle nie waarsku nie?  Daarom wou hy nie vir hulle die waarheid vertel nie? En daarom was hy self nie gehoorsaam aan die Here nie, en het nie gegaan toe die Here hom stuur nie? Vergifnis is onderwerp aan die Here se reels. As iemand nie die voorwaardes nakom nie, sal hy nie vergifnis ontvang nie.  Daarom is dit ons plig om Christene wat in ongehoorsaamheid stap, in sagmoedigheid te waarsku. En as ons regtig omgee vir ander mense se siele, dan sal ons die evangelie verkondig. As ons harte het wat graag wil vryspreek, dan sal ons ander waarsku en hulle vertel van Sy voorwaardes - sodat hulle vrygespreek kan word.
_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-1.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.