Wys tans plasings met die etiket besny. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket besny. Wys alle plasings

Donderdag 26 April 2018

Besnydenis van hart en ore

Die dood is anders vir die onbesnedenes as wat dit is vir die wat besny is (Eseg. 28:10), want wanneer onbesnedenes gaan na die onderste plekke van die aarde, in die doderyk, in die kuil, 
is daar  geen hoop op opstanding vir hulle nie... ( Eseg. 32:19,27...)(Jes. 38:18). 
Maar die wat besny is, het hoop op opstanding en het die belofte dat hulle sal erf...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Besnedenes verwys na die volk van God.
Onbesnedenes verwys na die wat nie deel is van God se volk nie.
Die besnydenis is 'n TEKEN van wie as God se volk geroep word (en Hy vir hulle 'n Here).  Bv., onder die volke vd aarde was die kinders van Abraham (Isak, Jakob)(12 stamme van Israel) geroep as eersgeborenes onder die volke, om 'n priestervolk vir die Here te wees (en hulle het die belofte dat hulle sal erf )(https://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html) (Rig. 14:3; 15:18; Gal. 2:7,8). Ons kan verstaan hoekom die bespreking vd vleeslike besnydenis so belangrik was in die eerste gemeentes en waarom gelowiges so hewig verskil het hieroor, want onbesnedenes was nie gesien as deel van God se volk nie en het dus geen hoop gehad op die opstanding tot lewe nie...  In die O.T. was die onbesnedenes onder die volk selfs belet om deel te neem aan die Paasfees (Eks. 12:43-45), en ook nie toegelaat om met 'n dogter vd volk te trou nie (Gen. 34) - so iemand was dus bloot nie gesien as deel vd volk van God nie! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------ Die besnydenis aan die vlees kan dus gesien word as 'n "TEKEN" van geloof in die O.T., en die mans wat geweier het om hulle te laat besny kon gesien word as die "wat nie geglo het nie" (dus gesien as een wat die verbond verbreek en moes uit die volk uitgeroei word-Gen. 17:14). Die besnydenis aan die vlees was 'n letterlike gebaar en al wat manlik is onder die volk van God moes aan die vlees van hulle voorhuide besny word.  Tog, al was hierdie 'n TEKEN vd verbond tussen die Here en Sy volk, verwys die woord "besny" (l.w. ook in die O.T.!) nie net na die vleeslike besnydenis nie (want dit was slegs 'n teken van iets anders), maar verwys eintlik na die besnydenis van die hart en ore (Eseg. 44:7; Hand. 7:51). Bv., die vleeslike besnydenis het niks beteken as die persoon nie ook besny was na die hart nie (https://warechristene.blogspot.co.nz/2016/11/die-besnydenis-2-besnydenis-van-hart-en.html). Verder was die wat hulle (vleeslik) laat besny onder verpligting om die hele wet te onderhou (waardeur hulle die Here se wil leer ken het en reiniging kon ontvang)(Gal 5:3).  In die N.T. is die wat glo egter nie onder die wet van Moses nie, maar "onder die Heilige Gees" - m.a.w. gehoorsaam aan die Heilige Gees (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html) - die Here skryf Sy wette op hulle harte (Heb 10:16); en hulle word nie gereinig deur die offers van die wet van Moses nie.

In die Nuwe Testement is die klem dus steeds op dit waaroor die tema van besnydenis eintlik gaan:  "Die besnydenis van hart en ore" ! (Gal 6:15 - "Want in Christus Jesus het nòg die (vleeslike) besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel"). En die TEKEN van hierdie besnydenis (van hart en ore) is die Christelike waterdoop.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die N.T. kan die Christelike doop gesien word as 'n teken van wie die "nageslag is van Jesus Christus" - (m.a.w. "kinders" van Jesus Christus wat op hierdie manier deel word van die volk van God). Op dieselfde wyse was die vleeslike besnydenis 'n TEKEN was van wie deel is vd volk van God, maar is ook indirek 'n teken "van wie GLO"! - Dus, as iemand weier om hom Christelik te laat doop is dit asof hy bely dat hy nie glo nie (net soos die wat in die O.T. geweier het om hulle vleeslik te laat besny...).  Kyk bv. Christus se woorde in Mark. 16:16a - "hy wat glo en hom laat doop, sal gered word..." - nie dat die water alleen iemand kan red nie (Mark. 16:16b)(net soos die vleeslike besnydenis alleen ook nie iemand kon red nie), maar die waterdoop is belangrik want dit is o.a. 'n TEKEN van geloof van die wat bely dat hullle GLO (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html)

En net soos wat dit in die O.T. eintlik iemand se HART was wat werklik gewys het of hy glo of nie, net so is die Christelike doop slegs 'n teken en is dit steeds iemand se HART wat wys of hy waarlik glo (waarvan gehoorsaamheid dus 'n bewys is - geloof sonder werke is dood). Die wat deur die Christelike doop gaan het die belofte dat hulle ongeregtighede nie toegereken sal word nie en het in Christus Jesus die belofte van die opstanding tot lewe (Hebr. 10:15-17; 8:12; Rom. 4:7), maar hulle is nie kinders van Abraham omdat hulle gebore is na die vlees nie, maar "kinders van Abraham" deur Jesus Christus (uit die geslag van Abraham, Isak, Jakob, Dawid...Jesus Christus...) deur die Gees (Rom. 9; Joh. 3:6...)(uit God gebore, en het Sy saad in hulle deur Sy Gees)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html) En soos die vleeslike besnydenis 'n teken was in die O.T. van wie as eersgeborenes geroep is onder die volke om eendag te erf,  is die CHRISTELIKE DOOP in die N.T. o.a. ook 'n teken van wie geroep word as eerstelinge onder die mensdom, geroep as 'n priesterdom vir die Here.   
----------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

"Onbesnedes" verwys veral na die wat ongehoorsaam en ongelowig is (is nie besny na die hart en ore nie).  "Besnedenes" verwys veral na "GELOWIGES en GEHOORSAMES" (is besny na die hart en ore). Die wat tot geloof kom in Jesus Christus, word deel van die volk van God (Gal. 3:7,29) - Hy "besny hulle in die hart", m.a.w., gee vir hulle 'n nuwe hart!, en skryf Sy wette op hulle harte. Hulle begin dink anders, doen anders, ken die wil van die Here en verkry geregtigheid waarin hulle begeer om Sy wil te doen.  
MAAR:
 (1)  alhoewel besnydenis iets is wat die Here in die gelowige doen (2 Kor. 5:17; Gal. 6:15; Eseg. 11:19; 36:26,27; Ps. 51:10; Jer. 31:33; Joh. 17:21-23; Hand. 4:32; Kol. 2:11)(Deut. 10:3),  
-   (2)  is dit ook iets wat Hy van elke gelowige verwag om self te doen!, 

net soos wat dit vd volk verwag was in die O.T... (Deut. 10:16; Jer. 4:4; Eseg. 18:31; Ef. 4:23).
Ongelowiges en ongehoorsames (onder die volk van God) word en was ook in die O.T. gesien as onbesnede in die Here se oë  (al was hulle deel vd volk van God en na die vlees besny)(Jer. 9:25)(Rom. 3:30; 4:7-12; Ef. 2:11-22). Op dieselfde wyse sal ongelowiges en ongehoorsames in die N.T. ook gesien word as "onbesnede", al het hulle deur die Christelike waterdoop gegaan.  Onbesnedenes (of die wat bewys dat hulle harte onbesnede is) het geen hoop op die opstanding (tot lewe) nie. Die begrip "onbesnedenes" verwys o.a. ook na die wat die ongeregtigheid liefhet (Lev. 26:41; Eseg. 44:9). Die onbesnedene se HART is verkeerd (Jer. 9:16).  Bv., in Jer. 9:23 word diesulkes genoem "die wat hulle beroem in hulle eie wysheid, krag, sterkte".  'n Verdere vb. hiervan is die in Mark. 10:17-23 van die persoon wat kom navraag doen het oor die ontvang van die ewige lewe...  In die gedeelte wys Jesus vir hom wat in sy HART aangaan en wys hom dat hy te geheg was aan sy besittings... Vgl. gerus hierdie met die tema van "rein hart" (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/04/wat-beteken-dit-om-n-rein-of-suiwer.html)(Deut. 30:6)(Hand. 15:8,9). 

Die wat besny is (na hart) en die belofte het dat hulle ongeregtighede nie toegereken sal word nie, is ook die wat sal erf (hulle is geroep as eersgeborenes onder die volke)(https://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html), maar die onbesnedenes" (die wat nie besny is na hart nie) word gesien as "die aan wie die sonde wel toegereken gaan word" (Rom. 4:8,9) - soos mense wat nie "gewas" is nie.  Want wat sal tog gebeur wanneer die Here vir iemand 'n nuwe hart gee, hom "skoonwas" en Sy wette op daardie persoon se hart skrywe sodat hy Sy wil ken en Hom kan dien, maar die persoon dan kies om daarna weer ongelowig of ongehoorsaam te wees? So 'n "gelowige" sal gereken word as onbesnede al was hy ook eens (na hart) besny... Christene het wel die belofte van opstanding tot lewe (waarvan die Christelike doop o.a. 'n teken is), maar ons is almal op 'n pad van godsaligheid waarin ons "vrug" eendag sal getuig wie inderdaad koring (die opregtes) is, wie onkruid (die voorgee-gelowiges) is, en wie kaf is (lyk soos koring, maar van geen nut nie)...