Wys tans plasings met die etiket goelery. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket goelery. Wys alle plasings

Donderdag 21 Augustus 2014

Goëlery in die kerk?

In die O.T. was daar verskeie "VERBODE HEIDENSE PRAKTYKE" vir die volk van God, o.a. "goëlery" (towerkunste).  Die skrif verklaar dat iemand wat omgaan met hierdie praktyke, DIE HERE TERG! (2 Kon. 21:6; 2 Kron. 33:6).

=================================================================================


-In sommige skrifte word die woord "towerkunste" gebruik vir die woord "goëlery",
 bv. in die geval van Eks. 7:10,11:  ("Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het ‘n slang geword. Daarop laat Farao óók die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste ("goelery"))" (kyk ook Eks. 7:11,22;  8:7,18).  

-In ander skrifte word die woord goëlery self gebruik (Lev. 19:26; Deut. 18:10; 2 Kon. 21:6; 2 Kron. 33:6)(towerkunste - die kuns van goël - beinvloeding van iem. deur die indruk te wek dat dit bonatuurlik istowerkunste verrig; oe verblind("enchantment"; "magic spells").  


Die heidense volke het veral opgekyk na persone wat towerkunste doen, en as mense na wie hulle kon luister.  In daardie geval het die persoon wat omgaan met goëlery homself gelykgestel aan 'n hoër mag - as iemand wat geraadpleeg kan word asof hy iets besonders is.  

(Deu 18:10)  Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,

(Deu 18:11)  of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.

(Deu 18:12)  Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.

(Deu 18:13)  Opreg moet jy wees met die HERE jou God.

(Deu 18:14)  Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie.

Wanneer ons dink aan "TOWERKUNSTE" (of "goëlery") waar iemand die indruk wek dat dit wat hy doen bonatuurlik is, sien meeste dit bloot as kuns.  Die werklike probleem met goelery (of towerkuns), is egter die feit dat iemand graag wil he dat ander moet dink hy iets besonders is; as iemand wat "bonatuurlike dinge kan doen" - hy wil graag he mense moet opsien na hom, soos die geval van Simon in Hand. 8.   So iemand stel homself gelyk aan 'n hoër mag en begeer eer.  Dit is ook hoe die skare na Simon gekyk het:  (Hand. 8:10,11 - "En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God. En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle ‘n geruime tyd deur sy towerye verbyster het").  Maar selfs nadat Simon gelowig geraak het, het hy nog hierdie verkeerde begeerte gehad om "iets besonders te wees" (Hand. 8:19-24).  Sy rede hoekom hy die Gees wou ontvang, was heeltemal verkeerd - net soos baie gelowiges se redes vandag verkeerd is hoekom hulle die Gees van God wil ontvang, en die gawes van die Gees - en dit gaan baiemaal omrede hulle "iets besonders wil wees" -  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html.  In so 'n geval moet iemand hom bekeer van "sy manier van dink".  Christenskap gaan oor "om die Here te dien" - oor "om 'n dienaar te wees", nie te begeer dat jy deur ander gedien word nie!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'n Ander woord wat ook somtyds gebruik word, is die woord "betower", wat veral beteken dat iemand deur towery in 'n sekere toestand gebring word (sterk bekoor; verruk). Die woord "bekoor" word ook gebruik, wat beteken "om iemand in versoeking te bring" (betower). Paulus het ook die woord "betower" gebruik in 'n brief aan die gemeente van Galasiers: 
(Gal 3:1 - "o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower ("bewitched; to fascinate by false representations") om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?").

In konteks het hy verwys na die "valse broeders" wat kinders van die geloof onder wette wou bring, hulle diensbaar wou maak aan wette i.p.v. diensbaar aan die Here - hulle verdraai die waarheid en "bekoor" mense om die leuen te glo. Ons moet egter verstaan dat Paulus NIE hier bedoel het dat geen werke van die gelowige verwag word nie!, maar eerder dat werke alleen nie vir iemand kan red nie (vgl. dit met Jak. 2:24) - dit gaan m.a.w. oor "diensbaar aan die Here", nie "diensbaar aan wette" nie!  Dit is duidelik dat die gemeente van Galasiers gou afvallig geraak het van die ware evangelie (Gal. 1:6).  Sommige mense het hulle in die war gebring deur die evangelie van Christus te verdraai, en 'n evangelie te verkondig wat in stryd is met wat die apostels verkondig het. Paulus verduidelik dit as volg: (Gal 1:10 - "Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie").  Heelwat kerke van vandag het in hierdie selfde strik geval, waar hulle mense "bekoor" om 'n ander evangelie te glo - een waar hulle wil he mense moet hulle "waarheid" dien.  Baie gelowiges is besig om ander mense te dien, in plaas van om die Here te dien.  Hulle is gehoorsaam aan wette wat mense op hulle le, maar nie gehoorsaam aan die Here self nie!  Hulle het "diensknegte geword van mense", in plaas van "diensknegte van Christus", Sulke "valse broeders" wat ander "bekoor" om hulle afvallige evangelie te volg, terg die Here, en is besig met  goëlery! Hulle gee voor dat hulle die waarheid verkondig. Dit is net soos die towenaar wat VOORGEE dat hy iets besonders is en mense betower om hulle geloof in hom te plaas.  So word kinders van die Here somtyds betower om hulle geloof in 'n spes. kerk te plaas, of in spes. leermeesters, in plaas van in die Here! (in die waarheid).

========================================================================

GEDAGTE:

(Mat 23:11)  Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees.
(Mat 23:12)  Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word. 
(Mat 23:13)  Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.   -In die skrifgedeelte, noem Jesus hierdie skrifgeleerdes en Fariseers GEVEINSDES (wat beteken, "akteurs").  Hulle het VOORGEGEE dat hulle die waarheid ken en die waarheid verkondig.  Hulle het die mense "bekoor" om liewer vir hulle te glo, as die evangelie (die waarheid) wat Jesus gebring het.  Die rede hiervoor was omdat hulle "die grootste" wou wees!  Hulle wou gedien word, in plaas van "om te dien".


(Mat 18:4 - "Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele").

(Rom 7:6 - "Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie").  

========================================================================