Wys tans plasings met die etiket opgee. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket opgee. Wys alle plasings

Dinsdag 22 Julie 2014

Wat jy opgee in hierdie lewe, sal jy wen in die ewige lewe

Alhoewel Jesus se stelling, "Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon" (Luk. 16:9) vreeslik verkeerd klink, gaan dit wat Hy vir ons verduidelik het in hierdie gedeelte, nie oor onregverdigheid of geld nie, maar eerder oor "REGVERDIGHEID" en oor "OM TE GEE". (Luk. 16:1-15). Dit bevat die konsep van: "wat jy opgee in hierdie lewe, sal jy wen in die ewige lewe" (m.a.w., "die wat hulle lewe verloor, sal dit wen")( wat jy saai, sal jy maai, d.w.s. soos geld saai, of besittings saai, of tyd saai ens.)(dit is ook spes. in die geval van gelowiges, nie ongelowiges nie, en in die geval van waar goeie dade gedoen word uit diensbaarheid aan God, nie volgens eie wil of om selfsugtige redes nie!).Die belofte dat die sagmoediges die aarde sal beërwe (Matt. 5:5) word nie verniet aan die "sagmoediges" belowe nie! Die Here ag "barmhartigheid" baie belangrik en verwag van ons dat ons barmhartig moet wees soos Hy barmhartig is. In die wereld word sukses anders voorgestel as wat die Here dit sien.  Volgens wereldse standaarde is iemand bv. suksesvol wanneer hulle ryk word, of baie (wereldse) kennis het, of bekend is!  Sulke mense word gesien as die wenners in die lewe, maar volgens wat Jesus vir ons geleer het in die evangelie van die koninkryk, is dit die wat hulle lewens verloor (in hierdie lewe), wat dit uiteindelik sal wen (in die ewige lewe).  In die Here se oë is die geseëndes nie die wat ryk is nie, maar die wat barmhartig is, en bereid is om op te gee van hulle besittings en tyd en geld (Matt. 5).  (Luk 12:33 - " Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie").  In die Here se oë is die geseëndes  nie die wat wereldse kennis najaag en leer en leer, maar nooit tot die WAARHEID kom nie!, maar eerder die wat ryk is in Hom, wat eerste Sy koninkryk soek en Sy geregtigheid.  In die Here se oë is die geseëndes nie die wat hoogmoedig is en hulleself meer belangrik ag as ander mense nie!, maar dit is die nederiges (Matt.11:11; Luk. 22:26) http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html. WAT DIT BETEKEN IS DAT 'N GELOWIGE BEREID MOET WEES OM "SY LEWE TE VERLOOR" - Wat ons sien as logies of regverdig, is nie noodwendig hoe die Here dit sien nie...
---------------------------------------------------------------------------------
In beide Luk. 12 en 15, skets Jesus vir ons 'n heel ander prentjie i.v.m. wat dit beteken om REGVERDIG te wees. In die verhaal van die verlore skaap (Luk. 15), los hy die 99 ander skape in die woestyn en daar is meer blydskap oor die verlore een wat gevind word, as oor die ander 99 ! 
- DIT KLINK ONREGVERDIG DAT DIE 99 GELOS WORD EN AGTER DIE EEN "STOUT" SKAAP AANGEGAAN WORD OM HOM TE RED!, maar die manier hoe ons "regverdigheid" sien, is anders as hoe die Here dit sien. Die Here se barmhartigheid strek baie verder as net dit wat vir ons regverdig voel.
-  Ook in die verhaal van die verlore seun, is daar nooit, in al die jare wat die oudste broer sy vader gedien het, vir hom 'n bokkie gegee om saam met sy vriende vrolik te wees nie, maar dit is gedoen vir die een wat "afvallig" was.  WEER-EENS KLINK DIT SO ONREGVERDIG TEENOOR DIE EEN WAT HOM VIR JARE GEDIEN HET, EN DAAR WORD FEESGEVIER OOR DIE EEN WAT "STOUT" WAS!
-  In die verhaal van die bestuurder, maak Jesus die volgende opmerking:  "hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig"- Jesus sien dit dus as "onregverdig", sou die bestuurder nie vir die wat hom skuld, afgee nie.  DIE MENS SIEN "OM REGVERDIG TE WEES" HEEL ANDERS, EN VOEL DAT DIE 99 SKAPE BELANGRIKER IS OMDAT HULLE GEHOORSAAM WAS EN NIE AFGEDWAAL HET NIE;  net so in die verhaal van die verlore seun - almal sal voel dat dit net regverdig is dat die vader eerder vir die oudste seun, wat gehoorsaam was en hom al die jare gedien het, die bokkie sal slag. So kon die bestuurder reken dis regverdig dat almal hom betaal wat hulle skuld, maar selfs die bestuurder, wat in die wereld is, was slimmer as ons!  SO MAAK ONS BAIEMAAL STAAT OP WAT "ONS VERDIEN", OMDAT ONS VOEL ONS IS Sy kinders.  Dit voel net "regverdig" dat ons kan geniet "wat ons verdien"!    Maar die bestuurder het besef dat dit beter is om "nou te verloor, en later te wen" (as om nou te wen en later te verloor). Dit beteken nie dat die 99 skape of die oudste broer glad nie belangrik is, en nie eendag wel beloning sal ontvang nie, maar dat hulle bereid moet wees om soos diensknegte "hulle eie wil op te gee". Al voel dit vir hom net regverdig dat hy nou kan geniet "wat hy verdien het", soek die Here liewer barmhartigheid en is dit in die oe v/d Here eerder regverdig dat hy dit wat hy "verdien" het, ook deel met ander, 'n dienskneg bly en nie ag gee op mag of eer nie. In die Here se oe is dit nie regverdig dat iemand selfsugtig is oor sy tyd en verdienste nie!  Jesus het bv. geleer dat iemand die koninkryk van God in so 'n mate moet begeer dat hy bereid is om alles op te gee ter wille daarvoor (Matt. 13:44)------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dit sou beteken dat die gelowige sy eie begeertes moet kruisig en die self nie so belangrik is nie;  daarom het Jesus verduidelik dat "meer geloof" beteken, om te wees soos ONVERDIENSTELIKE DIENSKNEGTE! (Luk. 17:5-10). Weer-eens ook in hierdie gedeelte, klink dit heeltemal onregverdig!  Die stomme dienskneg wat moeg kom van die veld en dan moet hy nog aandete voorberei en word nie eens bedank nie!  Dit is die manier hoe ons dit verstaan, maar Jesus wil vir ons iets anders hier oor GELOOF leer.  Basies beteken dit dat ons bereid moet wees om te dien, "OM TE VERLOOR"!  -  "om soos onverdienstelike diensknegte te wees" wat meer besorg is oor die wat verlore is of hulp nodig het, as wat ons besorg oor wat ons dink ons verdien (m.a.w., ons moet nie "meer besig wees met die lewe" soos die sorge, begeerlikhede, rykdom en genietinge van die lewe, as met die Here nie!).

- Kyk ook na Matt. 19:21- "  Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My".
- Kyk ook na Spr. 19:17 - "Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde".
- Kyk ook na Luk 14:11-15  - "Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word. En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ‘n môre— of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie. Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes, en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges. En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God".
In hierdie gedeeltes gaan dit nie oor "om goed te doen" vir eie gewin nie, maar dit gaan oor dien sonder gewin - oor "eie tyd opgee", oor "geld of besittings opgee", oor "iemand afgee wat vir jou skuld", oor "om soos 'n onverdienstelike dienskneg te wees"... 
---------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


-Matt. 25:13-46 - "En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer".  Ons moet woeker met dit wat die Here vir ons gee.  'n Gelowige wat bv. ryk word, word nie ryk om dit alles vir homself te hou nie, maar is ryk omdat die Here wil he dat hy dit moet gebruik in Sy koninkryk (Luk. 12:15-21).  Waar iemand die geld probeer vashou (vir homself hou), gaan dit nie rente trek nie!  (soos die dienskneg wat sy een talent weggesteek het). Hetsy iemand 1 of 2 of 5 of 10 talente ontvang, dit is nie net vir homself bedoel nie!  Sukses in die Here se oe gaan nie oor hoeveel ek vir myself hou nie, maar oor hoeveel ek gee!
(Luk 17:33)  "Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; 
en elkeen wat dit verloor, sal dit behou".

 -----------------------------------------------------------
"As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou? En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wat-hulle-lewe-verloor-sal-dit-wen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-skape-en-die-bokke.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/maak-vir-julle-vriende-deur-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/leenuitleen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html