Wys tans plasings met die etiket tyd naby. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket tyd naby. Wys alle plasings

Woensdag 23 Julie 2014

Leef ons regtig in die laaste dae?

Leef ons regtig in die laaste dae? 

Is die einde naby? 

Wanneer is die einde?  "Die einde" (Mark. 13:7)(Matt. 24:14) word ook na in die Skrif verwys as "die einde van dae" (2 Pet. 3:3) of "einde van dinge" (1 Pet. 4:7).  Andersins word van die dag van die wederkoms ook gepraat as die "voleinding van die wereld" (Matt. 24:3) of "die einde" (Matt. 24:6,14). Dit is nie net ons wat wonder wanneer die einde is nie, maar reeds 2000 jaar gelede het sommige Christene al verwag dat Jesus se wederkoms in hulle leeftyd sou plaasvind.  Heelwat skrifte gee ook die idee dat sommige so geglo het, maar in ander skrifte is dit weer duidelik gemaak dat die tyd nog nie daar was nie...; alhoewel hulle geglo het dat hulle in die laaste dae lewe (1 Pet. 4:7; Hand. 2; 1 Kor. 1:7,8; Jak. 5:8 ens.)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/het-die-eerste-gemeentes-geglo-dat.html).Wat wel ook duidelik is, is dat die eerste gemeentes geleef het ASOF Jesus in hulle tyd sou terugkom.  Ons behoort ook so te lewe, sodat ons gereed kan wees op daardie dag. Die Here is lankmoedig omdat Hy tyd gee vir mense om tot bekering te kom (2 Pet. 3:9). In ander woorde kan ons se dat ons in die laaste dae is al vir die afgelope 2000 jaar! 
---------------------------------------------------------------------------------------------

Die Here het vir ons tekens gegee sodat ons kan bepaal wanneer "die tyd NABY is" - dit gee mense tyd om seker te maak dat hulle wel GEREED is, en wys net weer op Sy lankmoedigheid!  Toe Jesus gewaarsku het teen die woorgebruik van "die tyd is naby" in Luk. 21:8, het Hy egter nie die woorde "die tyd is naby" afgeskiet nie, maar dit afgeskiet in die konteks waarin sommige dit sou gebruik.  Selfs die boek Openbaring begin met die woorde "want die tyd is naby":  
(Openb. 1:3)  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, WANT DIE TYD IS NABY. 
Jakobus het ook hieride woorde gebruik: (Jak. 5:8)  "Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, WANT DIE WEDERKOMS VAN DIE HERE IS NABY" (kyk ook Openb. 22:10).  Die konteks waarin Jesus die woorde "die tyd is naby" afgeskiet het, was spesifiek toe hy Sy dissipels gewaarsku het teen valse Christusse wat sal se:  "Dit is ek!" en: "Die tyd is naby!". Die probleem le dus by die "rede vir" die woordgebruik. Daarom Jesus se woorde: "Gaan dan nie agter hulle aan nie".  Vgl. dit ook met Sy woorde in Matt. 24:4,5: "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei" 

DUS, OM TE SE DAT "DIE TYD NABY IS", OF "DAT DIE WEDERKOMS VAN DIE HERE NABY IS", IS NIE IN WORTEL VERKEERD NIE, EN GELOWIGES MOET ALTYD LEEF ASOF DIE HERE JESUS CHRISTUS SE WEDERKOMS NABY IS!  (m.a.w., "moet altyd GEREED WEES"!). (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/die-tyd-is-naby.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
CHRISTENE MOET DAAROM ALTYD LEEF ASOF DIE HERE IN HULLE TYD TERUGKOM.  Jesus het gepraat oor hoe ons GEREED moet wees, en "besig moet wees" wanneer Hy terugkom:  (Luk 12:40)  "Julle moet dan ook gereed weesomdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie".  Dit is duidelik om te sien wat Jesus hier bedoel het met "gereed wees" as ons die hele Luk. 12 in konteks gaan lees.  In die gedeelte het Hy gepraat van dat ons:
-  (1)  Luk. 12:13-40:  - moet "ryk wees in die Here" 
-  (2)  Luk. 12:1-12:  -   nie moet vrees vir die wat die liggaam doodmaak nie, maar vrees Hom wat by magte is om in die hel te werp /  moenie die Here verloën nie;
- (3)  Luk. 12:41-59:  -  ken die wil van die Here en doen dit.

Hy verduidelik dat die lewe nie vir ons moet gaan oor besittings en om skatte te vergader, of om behep te raak met die sorge van die lewe nie, maar liewer dat ons moet RYK WORD IN DIE HERE.    Ook in Matt. 24:36-51 verduidelik Hy dat ons nie meer besig moet wees met die lewe, as met die Here nie!Ook in die verhaal v/d 5 verstandiges en die 5 dwase, gaan dit oor die feit dat ons die Here meer lief moet he as ons eie lewens - meer besig moet wees met Hom en bereid om op te gee ter wille v/d koninkryk.   Ons moet eerste Sy koninkryk soek, en Sy geregtigheid (nie later nie!).  Vgl. hierdie gerus met die gelykenis v/d saaier, met die 3 de groep wat hulle vrug verloor a.g.v. sorge v/d lewe, rykdom, genietinge en begeerlikhede!  Dit gaan daaroor dat ons selfs bereid moet wees om besittings, rykdom en genietinge vd lewe, op te gee (sodat Hy ons oor Sy besittings kan aanstel op daardie dag - Matt. 24:47; Luk. 12:44).  Daarom het Jesus ook verduidelik dat ons Sy koninkryk in so 'n mate moet begeer dat ons bereid is om enige iets daarvoor op te gee! (Mat 13:44)  "Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand". ; (Mat 16:26)  "Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?". Waar genietinge, sorge e.a. dinge so belangrik begin raak dat ons nie meer tyd het vir die Here nie, of tyd het om die waarheid te soek, of die evangelie te verkondig ens. nie, is daar fout! Dit is nie verniet dat Jesus juis met die GELOWIGES gesels het toe Hy hierdie dinge gese het nie.  Die gelowige wat nie ag gee hierop nie, sal sy vrug verloor!  Geloof moenie gaan oor wat ons kan kry uit die "deal" nie, soos materiele seen en voorspoed en eie wil nie, maar geloof gaan oor "opgee" - om jouself op te gee en jou vertroue in die Here te plaas.  Dit is dan ook om hierdie rede wat daar baie nood is onder Christene vandag, omdat elkeen net vir homself lewe!  Dit is ook om daardie rede dat mense nie meer tyd het vir mekaar nie, want die genietinge van die lewe het daardie tyd opgeneem.  Dit is inderdaad soos in die dae van Noag, mense "eet en drink" en steur hulle min aan die wil van die Here en het ook nie veel tyd om aan die Here te spandeer nie - dit gaan meer oor "die lewe", oor die genot in die lewe en dit wat hul lewe opmaak - mense werk hard vir allerhande onnodige besittings en begeer rykdom en sogenaamde voorspoed.  Hulle bekommer hulle meer oor die dag van more, as wat hulle vandag tyd met die Here spandeer.  Jesus het ons gewaarsku oor hierdie dinge.  Ons moet ag gee op die waarheid wat Hy vir ons kom deel het sodat ons die vrug tot heiligmaking kan dra. 
========================================================================

GEDAGTE:

(Luk 17:33)  Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.
 -  GAAN LEES DIE SKRIF IN LUK. 17 IN KONTEKS - OOK HIER PRAAT JESUS VAN SY WEDERKOMS (en dat dit sal wees soos in die dae van Noag - mense sal meer besig wees met die lewe as met Hom). 

(Joh 12:25)  Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.  ( IN konteks JOH. 12 PRAAT HY EGTER OOR SY DOOD - (Joh 12:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.)(Die gelowige moet ook eers sy eie wil afsterf, voor hy kan lewe vir die Here).

=================================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wat-dit-beteken-om-gereed-te-wees.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/wanneer-is-die-einde-van-die-wereld.html

Dinsdag 11 Februarie 2014

Die tyd is naby ?


Is dit verkeerd om te sê, "DIE TYD IS NABY" ?  In Luk. 21:8 het Jesus gewaarsku teen hierdie gesegde wat op 'n spesifieke tyd sal plaasvind... (Luk 21:8 - "En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie"). In hierdie konteks moet ons bedag wees wanneer ons die woorde "die tyd is naby" hoor. Om te sê dat "die tyd van Jesus se wederkoms naby is" is wel nie in wese verkeerd nie! - kyk bv. na hoe die dissipels ook hierdie woorde gebruik het in (Jak. 5:8) en (Openb. 1:3); en ook die engel in (Openb. 22:10)..., - ons moet altyd gereed wees.  Maar ons moet verstaan dat toe Jesus gewaarsku het teen die woordgebruik van "die tyd is naby" (in Luk. 21:8) het Hy nie die spesifieke woordgebruik afgeskiet nie, maar dit afgeskiet IN KONTEKS MET waaroor Hy gepraat het, nl. dat ons moet pasop om nie mislei te word deur valse christusse nie, want hulle sal sê "Dit is ek!", en "Die tyd is naby!" (hulle sal voorgee dat hulle Jesus Christus is). Daarom Sy woorde: "Gaan dan nie agter hulle aan nie".  Vgl. dit ook met Matt. 24:4,5. Gelowiges moet altyd leef asof die Here se wederkoms naby is, maar die probleem is dat sommige die Here vroeër sal verwag deur agter valse christusse aan te gaan.  Omdat hulle nie oor die nodige kennis beskik om te onderskei nie, of die kennis ignoreer, maak hulle hullself dan indirek gereed vir 'n valse messias.
--------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na vb. e in vandag se lewe waar die woorde "die tyd is naby" alreeds verkeerd gebruik word:
*  Bv., 'n Sekere rabbi het nie lank gelede nie gesê het dat hy die messias ontmoet het..., en het die Messias se naam op 'n papier geskryf  wat 'n jaar na sy dood oopgemaak moes word, en die dissipels onder hom geleer het dat die messias Yeshua is.... Wereldwyd is vele Christene baie opgewonde en stel hierdie rabbi voor as 'n ware profeet (?).  L.w. dat die rabbi o.a. gesê het dat die messias openbaar gemaak gaan word na 'n spesifieke politkus se dood - en kyk die woorde wat hierdie mense gebruik wanneer hulle die rabbi as 'n profeet voorstel:  "die tyd is naby"!  As jy gaan navorsing doen en kyk na wat presies die rabbi regtig geleer het oor hierdie messias, dan is dit duidelik dat hy van 'n "ander messias" gepraat het (nie van Jesus Christus nie), want hy het ook gesê dat die messias alreeds in Israel is (?) -ook gesê dat die messias se siel hom aangekleef het tot 'n persoon in Israel (?). Die manier hoe hy hierdie messias beskryf,  lyk of hy 'n  antichris beskryf het...- hy het bv. vertel hoe die messias geen amp sal hê aan die begin nie, maar tussen die mense sal wees en die media gebruik om met die mense te kommunikeer;  hoe almal nie onmiddellik sal glo in hom nie, en hoe sy openbaarmaking in twee dele gaan geskied;  hoe hyself aan die begin nie eens sal weet dat hy die messias is nie;  hoe almal, wanneer hy uiteindelik geopenbaar is, sal sê: "wat, is hy die messias?"; hulle sal sy naam ken, maar het nie geglo dat hy die messias is nie..(?????). Hierdie is nogal skokkend as jy die feite begin hoor. Wat baie nie besef nie is dat alhoewel hierdie rabbi sy dissipels geleer het dat Jesus die Christus is, hy net 'n halwe evangelie gebring het en bv. glad nie eens die opstanding gepreek het nie!  Dit is baie problematies... Gelowiges wat glo dat hierdie rabbi opreg was en hulle hoop in sy woorde sit, kan maklik gereed wees om 'n valse messias te ontvang.  Mag ons bid dat sy huidige dissipels tot volle insig sal kom en die hele evangelie sal hoor.
----------------------------------
*  Kom ons kyk ook na die leerstelling wat leer dat die "wegraping" voor die Groot Verdrukking gaan plaasvind (en wederkoms in 2 dele?). Baie gelowiges, wêreldwyd, glo vandag dat die Here Jesus enige dag (voor die Groot Verdrukking) gaan terugkom en hulle wegraap, en alhoewel hulle dit uit die Skrif probeer bewys is die waarheid dat hierdie lering nie skriftuurlik nie. Jy moet nogal deur lang leringe sit om by hierdie punt te probeer uitkom, net om te sien dat daardie leringe vreeslik uit konteks geneem is! Niemand weet die dag en uur waarop die Here Jesus Christus gaan terugkom nie, ja, maar daar is vir ons baie spesifieke tekens gegee sodat ons weet wanneer "die tyd naby is"! Ons moet nie hierdie tekens ignoreer nie. Een van hierdie tekens is dat Sy wederkoms eers na die Groot Verdrukking gaan plaasvind (Matt. 24:29,30) - en l.w. dat Jesus hierdie self vir ons geleer het!  Baie dinge moet gebeur voor die opstanding en wegraping (en l.w. dat die opstanding/wegraping gebeur saam met die tyd van die wederkoms). Nog 'n teken wat ook gegee word in Thess. is dat die afval eers moet plaasvind en die mens van sonde openbaar word, voor die wederkoms gaan plaasvind.... En wat van die tempel (Openb. 11)? Ons moet ag gee op hierdie tekens, want die wederkoms gaan nie "enige dag" gebeur soos daar somtyds geleer word nie.  As ons hierdie tekens alles sien gebeur het ja, mens van sonde openbaar, nuwe tempel, groot verdrukking..., ja, dan kan ons begin kyk na "enige dag"! Wat daar oor die "wegraping" geleer word is nie altyd presies korrek nie, en sekere leerstellings wat rondgaan in die kerke oor hierdie onderwerp kan veroorsaak dat mense die Here op 'n ander tyd verwag as wanneer Hy regtig terugkom (en as dit geval is, sal die woorde "die tyd is naby" inderdaad verkeerd gebruik word). Ons moet verstaan dat die Groot Verdrukking in 'n tydperk is voor die 7de seel (en l.w. dat die wederkoms eers onder die 7 de seel is...).
-------------------------
*  Nog 'n vb is die van Islam wat besig is om die woorde "die tyd is naby" te gebruik om mense gereed te maak vir 'n ander messias.....en so kan ons baie vb.e noem in vandag se lewe...
____________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


Daar is heelwat dinge wat in plek moet val voor die wederkoms.  Ons moet versigtig wees vir gesegdes soos "die tyd is naby" wat uit plek gebruik word, want Jesus het geleer dat dit ook sal gebruik word wanneer hulle 'n valse christus wil probeer inlui...   Daarom moet Christene seker maak dat hulle kennis op datum is oor dit wat geleer is oor die laaste dae. 

================================================================================